Intermediêre Fase Werkskedule
Graad
5
Sosiale Wetenskappe
VOORWOORD Beleidsimplementering is nie ’n ongekompliseerde taak nie. Dit is ’n proses van interpretasie en betrokkenheid wat oor ’n geruime tyd strek. Ons leer uit hierdie proses en probeer om ons intervensies aan te pas sodat hulle meer gepas en relevant is tot diverse kontekste. Dit wat ons in die afgelope dekade geleer het, het vir ons gewys dat ons almal moet praat, luister en oplossings vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Hierdie werkskedules is die resultaat van so ’n beleid en leerposes. Geletterdheid en Gesyferdheid, tesame met ander areas van werk in die Grondslag- en Intermediêre Fase, is belangrike fokuspunte vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Ons wil ons laerskole versterk en moontlikhede skep vir ’n standvastige fondament sodat ons die kanse van leerders in hul skolastiese loopbane kan verbeter. Ons glo dat hierdie fondament geletterdheidsen gesyferdheidsuitslae, slaagsyfers in die algemeen en die omsetsyfer kan verbeter. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land, en ons hoor in hierdie era van globalisasie, dat lande wat besig is om op te vang die nodige vaardighede moet ontwikkel. Lande soos ons is dus in staat om mededingend en stabiel te wees. Belangriker nog, is om oor ’n gemeenskap van geleerdes wat kan lees, skryf en van skoolgaan hou, te beskik. Die maatskaplike waarde van onderrig kan verbeter word indien die skolastiese poging verhoog word. Die werkskedules sal beskou word as ’n komponent van die pakket wat betrekking het op die Grondslag vir Onderrig-veldtog. Dit word beskou as ’n instrument om ondersteuning te bied en betekenis aan die veldtog te gee. Gesien in die lig van die persepsie dat veldtogte bloot retoriek is, sal die werkskedules as ondersteuningsmeganisme dien om betekenis te verleen aan die bou van fondamente vir geletterdheid en gesyferdheid. Dit is ’n poging om riglyne aan onderwysers te bied oor hoe om elke dag onderrig in skole te lewer. Die werkskedules sal uitgestuur word met die doel om terugvoering uit te lok. Hulle sal ook in geselekteerde skole getoets word. Die dokumente sal as riglyne in Januarie 2009 gesirkuleer word en kommentaar word teen Julie 2009 gevra. Die werkskedules sal ook gedurende Julie 2009 in die praktyk getoets word. Alle kommentaar sal verdere ontwikkeling van werkskedules lei. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is ʼn leerorganisasie en poog om sy omgewing ten alle tye te verstaan. Hierdie leerproses is ’n deurlopende een aangesien ons in so ’n dinamiese en vinnig veranderende konteks funksioneer. Met dit in gedagte, is die uitnodiging om kommentaar te lewer en praktykgebaseerde toetsing ’n poging om die idee van ’n leerorganisasie aan te gryp deur insigte te ontwikkel wat op die menings van onderwysers, asook van diegene in ander diverse kontekste binne ons provinsie, gebaseer is. Ons weet dat ’n sakpas-benadering nie ’n resep vir sukses is nie. Ons weet ook dat ons almal moet luister, praat en oplossings vir ons uitdagings soek. Praktykgebaseerde toetsing en ’n uitnodiging om kommentaar te lewer, sal ons die ruimte bied om te praat, luister en oplossings te soek soos ons voortbeweeg na ’n onderwysstelsel van gehalte vir al ons leerders.
Dr. S. Naicker, Hoofdirekteur: Kurrikulumontwikkeling
WERKSKEDULES SOSIALE WETENSKAPPE GRADE 4 – 6 INLEIDING Die Sosiale Wetenskappe-leerarea is daarop gemik om leerders toe te rus met die kennis, vaardighede, waardes en houdings wat hulle in staat sal stel om by ’n ekonomies ingewikkelde samelewing aan te pas, daaraan deel te neem en daarin te oorleef. Die Leerarea is ook daarop gemik om produktiwiteit, maatskaplike geregtigheid en volhoubaarheid van die omgewing te bevorder. ’n Verskeidenheid onderrig- en leerstrategieë moet gebruik word om vir leerders se verskillende leerstyle voorsiening te maak, met inagneming van alledaagse gebruike in die sakewêreld wat in die wêreld van werk lewendig en aktief is. NOTA VIR ONDERWYSERS OOR HOE OM HIERDIE WERKSKEDULE TE GEBRUIK Hierdie werkskedule is geskryf om die leeruitkomste en assesseringstandaarde in breë trekke weer te gee. Wanneer u as onderwyser hierdie werkskedule gebruik, behoort u in ’n posisie te wees om hierdie leerarea met groter duidelikheid en selfvertroue te onderrig. Die doel van die werkskedules is: • om te verseker dat onderwysers ’n gemeenskaplike begrip van die leeruitkomste en assesseringstandaarde het; • om te verseker dat onderwysers dieselfde kennisfokus soos voorgeskryf in die Nasionale Kurrikulumverklaring dek – en onthou om hulle leerders se kontekste in berekening te bring; en • om ’n gemeenskaplike werktempo in die provinsie te bereik. Die inhoud van die werkskedules is noukeurig trapsgewys uiteengesit om duplisering te vermy en voorsiening te maak vir ’n hoër vlak van moeilikheidsgraad oor die fase heen. Die werkskedules word vergesel van onderwysersgidse waarin die inhoud verduidelik en onderrigmetodes voorgestel word. Wanneer die beplanning vir die jaar gedoen word, kan die toepaslike bladsynommers in handboeke in die regterkantse kolom van die werkskedule aangeteken word. Neem ook kennis dat die werkskedules ontwerp is vir 40 weke en dat die inhoud met omsigtigheid versprei is oor ’n tydperk van 10 weke per kwartaal. Onderwysers moet die Beleidsdokument oor die Nasionale Kurrikulumverklaring as verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en kennisfokusraamwerk raadpleeg. Ons hoop dat hierdie dokument van nut sal wees. ERKENNINGS Hartlike dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedules vir die Intermediêre Fase ontwikkel het.
Direktoraat Kurrikulum: AOO
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE GRAAD 5 KWARTAAL 1 WK 1
LU & AS LU 1 & 2
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
OG Wk 1
Inleiding Stel die Sosiale Wetenskappe-leerarea bekend – Aardrykskunde en hoe die dissipline in die werklike lewe toegepas kan word. Hersien die volgende begrippe: o Wat is Aardrykskunde? o Hoe word Aardrykskunde in die werklike lewe toegepas? o Ondersoekproses. o Watter bronne gaan ons in Graad 5 gebruik? Stel Aardrykskundige kennis en begrip, bv. fisiese struktuur van SuidAfrika, bekend.
2
LU 1 & 2
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Konteks: Kaartwerk – Dwarsdeursnee
AS [5.1.1] [5.1.5] [5.2.1]
Sleutelvraag: Wat is fisiese (natuurlike) kenmerke?
Wk 2
Verduidelik, identifiseer en vind die fisiese kenmerke van die Hoëveld, plato, Karoo, ens op ’n reliëfkaart van Suid-Afrika. Teken nuwe begrippe op. Vind fisiese kenmerke op kaart.
3
LU 1 & 2
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Konteks: Fisiese kenmerke: Berge
AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.8] [5.2.1]
Sleutelvraag: Waar is die belangrike bergreekse in Suid-Afrika geleë?
Wk 3
Gebruik ’n atlas en stel simbole wat op ’n kaart van Suid-Afrika berge aantoon, bekend. Identifiseer en vind die fisiese kenmerke (berge): Drakensberge, Swartberge, Hottentots-Holland, Outeniekwa, Olifantsberg, Sederberge, Hexrivierberge en ander berge in julle omgewing o Voorsien die toepaslike bergreekse op ’n blanko kaart van SuidAfrika van byskrifte.
4
LU 1 & 2
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Konteks: Fisiese kenmerke: Hoëveld en plato
-1-
Wk 4
AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.4] [5.1.5] [5.1.8] [5.2.1]
Sleutelvraag: Wat is die bou van Suid-Afrika van oos na wes en van noord na suid? Vind en identifiseer die Hoëveld en Plato (fisiese kenmerke) op ’n reliëfkaart van Suid-Afrika in die Atlas. Teken die “vorm” van Suid-Afrika se bou van oos na wes en noord na suid. Voorsien die toepaslike fisiese kenmerke (Hoëveld en plato) op die dwarsdeursnitte van byskrifte.
5
6
LU 1 & 2
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Konteks: Fisiese kenmerke: Kusvlaktes
AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.2.1]
Sleutelvraag: Wat is die bou van Suid-Afrika van oos na wes en van noord na suid?
LU 1 & 2
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Konteks: Fisiese kenmerke: Riviere
AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.8] [5.2.1] [5.3.1]
Sleutelvraag: Waar sal jy die belangrike riviere in Suid-Afrika vind?
Wk 5
Vind en identifiseer die kusvlaktes op ’n reliëfkaart van Suid-Afrika in die Atlas. Wk 6
Verduidelik die fisiese kenmerke deur bekendstelling van simbole wat gebruik word om riviere aan te dui op ’n reliëfkaart van Suid-Afrika in die Atlas. Verduidelik fisiese kenmerke met visuele voorbeelde (bv. prente): takriviere, mond, oorsprong, dam, watervalle, stroomversnellings, meanders, standhoudende en nie-standhoudende riviere. Identifiseer en vind belangrike riviere op ’n kaart in Atlas, bv. Breë-, Berg-, Groot Vis-, Groot Kei-, Tugela-, Vaal-, Oranje-, Limpopo-, Olifants- en Gouritsriviere. Identifiseer redes hoekom riviere nie besoedel moet word nie.
7
LU 1 & 2
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Konteks: Fisiese kenmerke: Oseane
AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.8] [5.2.1]
Sleutelvraag: Watter oseane is aan Suid-Afrika se kuslyn? Verduidelik die volgende begrippe aan die hand van ’n fisiese kaart van Suid-Afrika in die Atlas : o Oseaan o Seestrome o Kuslyn
-2-
Wk 7
Identifiseer en kies fisiese kenmerke op ’n kaart van Suid-Afrika in die Atlas. Dui die rigting van die seestrome aan en sê wat die uitwerking / invloed van die seestrome is op die reënval en temperatuur aan die kuslyne waar hulle vloei. Bespreek die verwagtings by die bou van ’n reliëfmodel wat die fisiese struktuur van Suid-Afrika uitbeeld. 8
LU 1, 2 &3
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Fisiese kenmerke: Konteks: Die verhouding tussen fisiese kenmerke en menslike aktiwiteite
AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1]
Sleutelvraag: Hoe het fisiese kenmerke menslike nedersettings en aktiwiteite in Suid-Afrika beïnvloed?
Wk 8
Verduidelik begrippe: o Landskap o Riviere o Landbou o Energiebronne (elektrisiteit) o Besproeiing o Reservoir o Kunsmis o Plaagbeheer Verduidelik die effek van menslike aktiwiteite op die natuurlike omgewing aan die hand van ’n bron, bv. Sketskaarte / prente / skuifievertonings / video’s / DVD Ondersoek hoe die fisiese kenmerke ’n invloed gehad het op die keuses van die menslike aktiwiteite, bv. naby riviere, gelyk grond, bergagtige gebiede, ens. Stel ’n lys op van die menslike aktiwiteite wat in verskeie landskapprente duidelik is, bv. waar die meeste mense woon en hoekom hulle besluit het om daar te woon.
9
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1]
Die Fisiese struktuur van Suid-Afrika Fisiese kenmerke: Konteks: Hoe menslike aktiwiteite die fisiese landskap verander Sleutelvraag: Hoe het menslike aktiwiteite die fisiese landskap verander? Verduidelik begrippe: o Besoedeling o Gronderosie o Vleilande o Vloedvlaktes Kies dieselfde bronne as die vorige week (bv. prente van verskillende landskappe) wat toon hoe menslike aktiwiteit die fisiese landskap beïnvloed het. -3-
Wk 9
Ondersoek hoe menslike aktiwiteite die fisiese kenmerke in ’n gebied beïnvloed / verander het. Stel ’n lys op van hoe menslike aktiwiteite die fisiese kenmerke in ’n gebied positief sowel as negatief beïnvloed / verander het, bv. wat is langs die riviere gebou, maniere waarop die gemeenskap die gebied aan die ander kant van ’n bergreeks kan bereik en watter aktiwiteite ’n invloed op die landskap gehad het. 10
LU 1, 2 &3
Formele Assesseringstaak 1: Toets
-4-
Wk 10
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE GRAAD 5 KWARTAAL 2 WK 11
LU & AS LU 1 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.4] [5.1.5]
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
OG Wk 11
Kaartwerk: Teken sketskaarte Sleutelvraag: Hoe teken ’n mens ’n sketskaart? Verduidelik begrippe: o Bakens o Fisiese kenmerke o Simbole o Sleutels o Ruitnette o Koördinate o Kenmerke (natuurlik en mensgemaak) o Rigting Beskryf die proses van hoe ’n sketskaart geteken word.
12
LU 1 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.4] [5.1.5]
Kaartwerk: Konteks: Bekendstelling van kaartskale
Wk 12
Sleutelvraag: Hoekom gebruik ons verskillende skale op kaarte? Verduidelik begrippe aan die hand van ’n atlas: o Lynskaal o Verhoudingskaal o Direkte afstand o Roete-afstand, bv. spoorlyn en pad Beskryf die proses wanneer die skaal van ’n kaart vergroot en verklein word.
13
LU 1 & 2
Klimaatstreke van Suid-Afrika: Konteks: Bekendstelling van sewe klimaatstreke
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3]
Sleutelvraag: Watter klimaatstreke word in Suid-Afrika gevind? Verduidelik Begrippe: o Klimaat o Reënval, plato o Woestyn o Halfwoestyn o Mediterreens o Subtropies o Gematig
-5-
Wk 13
Vind en identifiseer die verskillende klimaatstreke in Suid-Afrika op ’n klimaatkaart van Suid-Afrika in die atlas. Dui die verskillende klimaatstreke op ’n blanko kaart van Suid-Afrika aan. 14
Klimaatstreke van Suid-Afrika: Konteks: Woestyn en Halfwoestyn
Wk 14
Sleutelvraag: Watter klimaatstoestande word in woestyne en halfwoestyne ondervind? Verduidelik Begrippe: o Reënvalseisoene o Jaarlikse reënval o Wintertemperature o Somertemperature Vind die woestyn- en halfwoestyngebiede op ’n kaart van Suid-Afrika in die atlas. Versamel inligting uit bronne en vergelyk inligting oor die temperatuur en reënval in woestyne en halfwoestyne – teken inligting grafies aan. Teken inligting aan oor die invloed van die klimaat op die ekonomiese aktiwiteite, bv. droogtes, soorte boerdery, vrugbaarheid van grond, ens. 15
LU 1 & 2
Klimaatstreke van Suid-Afrika: Konteks: Gematigde oostelike plato en gematigde kus
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3]
Sleutelvraag: Watter klimaatstoestande word in die gematigde oostelike plato-gebiede en in die gematigde kusstreke ervaar? Verduidelik begrippe: o Reënvalseisoene o Jaarlikse reënval o Wintertemperature o Somertemperature Vind die gematigde oostelike plato en die gematigde kusstreke op ’n kaart van Suid-Afrika in die atlas. Versamel inligting uit bronne en vergelyk inligting oor die temperature en reënval in die gematigde oostelike plato-gebiede en die gematigde kusstreke – teken inligting grafies aan. Teken inligting aan oor die invloed wat die klimaat op die ekonomiese aktiwiteite het, bv. droogtes, soorte boerdery, vrugbaarheid van grond, ens.
-6-
Wk 15
16
Klimaatstreke van Suid-Afrika: Konteks: Mediterreens, subtropiese platohange
Wk 16
Sleutelvraag: Watter klimaatstoestande word in die Mediterreense streek en teen die subtropiese hange ervaar? Verduidelik begrippe: o Reënvalseisoene o Jaarlikse reënval o Wintertemperature o Somertemperature Vind die Mediterreense streek en die subtropiese platohange op ’n kaart van Suid-Afrika in die atlas. Versamel inligting uit bronne en vergelyk die temperatuur en reënval in die Mediterreense streek en teen die subtropiese platohange. Teken inligting grafies aan. Versamel inligting oor die invloed van die klimaat op die ekonomiese aktiwiteite, bv. droogtes, soorte boerdery, vrugbaarheid van grond, ander aktiwiteite Teken inligting in die vorm van ’n tabel aan. 17
LU 1 & 2
Klimaatstreke van Suid-Afrika: Konteks: Plantegroei en skakels met ekonomiese aktiwiteite en nedersettings
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3]
Sleutelvraag: Hoe beïnvloed klimaat die natuurlike plantegroei en hoe hou dit verband met ekonomiese aktiwiteite en nedersetting?
18
Wk 17
Verduidelik begrippe: Natuurlike en uitheemse plantegroei, ekonomiese aktiwiteite, fynbos, grasland, savanna, woud Vind en identifiseer die verskillende plantegroei-streke met ’n plantegroeikaart van Suid-Afrika in die atlas.
Dui, met hulp, die verskillende plantegroei-streke op ’n blanko kaart van Suid-Afrika aan.
Wk 18
Toon begrip die verhouding tussen plantegroei en fisiese streke van Suid-Afrika deur gebruik van die kruisverwysingstegniek. 19
LU 1 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.8]
Wk 19
Kaartwerk: Konteks: Datahantering Werk met verskillende vorms van data (bv. statistiek, lyngrafieke, sirkelgrafieke, kolomme, ens.) om die vaardigheid om met grafieke te kan werk te versterk. -7-
Gebruik ’n weerkaart uit ’n koerant om temperatuur- / reënvaldata te versamel en ’n grafiek te trek (bv. ’n staaf- of lyngrafiek). Stel toepaslike vrae uit die data wat versamel is en die grafiek wat getrek is. 20
LU 1, 2 &3
Formele Assesseringstaak 3 vir: Projek (Navorsingswerkopdrag / Kreatiewe Respons)
-8-
Wk 20
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE GRAAD 5 KWARTAAL 3 WK 21
LU & AS LU 1 & 2 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.8] [5.2.2]
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG Hulpbronne: Hernieubare en nie-hernieubare hulpbronne: Konteks: Gebruik en misbruik van natuurlike hulpbronne in SA. Skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite
OG Wk 21
Sleutelvraag: Wat is hernieubare en nie-hernieubare hulpbronne? Verduidelik begrippe: o Hulpbronne o Hernieubaar o Nie-hernieubaar Gebruik prente van produkte van hernieubare en nie-hernieubare hulpbronne (steenkool, klere, boeke, elektriese toestelle, meubels), kategoriseer die hulpbronne onder die hofies hernieubaar of niehernieubaar. Versamel inligting oor die verband tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite (bv. mynbou, diamantfabrieke, juwelierswinkels, ens.) Illustreer die verband tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite
22
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Hulpbronne: Skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite Konteks: Impak van mynbou op nedersetting nou, en in die verlede. Sleutelvraag: Hoe beïnvloed mynbou ekonomiese aktiwiteite? Verduidelik begrippe: o Mineraal o Staal o Steenkool o Rif o Masjinerie o Arbeidsmag o Nedersettings o Trekarbeider o Migrasie o Gesinslewe Identifiseer waar en watter soort mynbou-aktiwiteite in Suid-Afrika plaasvind. Identifiseer skakels tussen mynbou- en ekonomiese aktiwiteite.
-9-
Wk 22
Bespreek mynbou-verwante siektes, trekarbeiders, ens. en skep sodoende ’n geleentheid om tussen feite en menings te onderskei. 23
Ondersoek probleme wat met mynbou verband hou, bv. veiligheid, hervestiging van gemeenskappe en totstandkoming van gesinslewe, hostelbewoners, ens.
Wk 23
Stel maniere voor om hierdie probleme op te los, bv. verbeter veiligheidsmaatreëls, mediese dienste, vernuwing van tegnologie om ongelukke te verminder, ens. Bespreek verskillende mynbou-tegnieke (verlede en hede). Dra inligting oor om mynbou-aktiwiteite in die verlede en hede / verskillende eindprodukte te toon. 24
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Hulpbronne: Skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite Konteks: Vervaardiging in S.A.: Die impak van vervaardiging op nedersettings nou en in die verlede.
Wk 24
Sleutelvraag: Watter proses word vanaf grondstof tot eindproduk gevolg? Verduidelik begrippe: o Ekonomiese aktiwiteite o Vervaardiging o Sekondêr o Tersiêr o Vaardighede o Uitvoer o Invoer o Goedkoop arbeid Identifiseer waar en watter soort vervaardigingsaktiwiteite in Suid-Afrika plaasvind. Ondersoek hoe primêre aktiwiteite verband hou met sekondêre en tersiêre aktiwiteite, bv. mynbou, bosbou, landbou – ontginning van hulpbronne (grondstof, die vervaardiging van die hulpbronne en die verkoop van die eindproduk). Teken inligting aan onder die hofies: primêr, sekondêr en tersiêr. Bespreek verskillende vervaardigingstegnieke (verlede en hede) en som dit op.
25
Ondersoek probleme wat met vervaardiging geassosieer word deur visuele aanbiedings, bv. veiligheid, stakings, geraasbesoedeling, uiterse temperature in fabrieke, gevaarlike masjinerie, ens. Ondersoek en bespreek maniere om die probleme op te los.
- 10 -
Wk 25
26
LU 1, 2 &3
Formele Assesseringstaak 4: Kaartwerk en Datahanterings Werkopdrag
Wk 26
27
LU 1, 2 &3
Hulpbronne: Hernieubaar en nie-hernieubaar Konteks: Water
Wk 27
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om water te bespaar? Bekendstelling aan ons plaaslike damme: Waar is hulle geleë? Verduidelik begrippe: o Bewaring o Huishoudelike gebruik o Besproeiing o Ontspanning o Reis o Nywerhede o Mynbou o Uitheems o Plantegroei o Besmetting Teken die persentasie water aan wat deur die verskillende gedeeltes van ’n nedersetting, bv. mynbou, nywerhede, sakeondernemings, wonings, ens. gebruik word. Ondersoek watter nywerhede die meeste water verbruik, en waarvoor dit gebruik word. Hou ’n dinkskrum oor hoe huishoudings water gebruik. Vergelyk waterverbruik deur bv. besproeiing en huishoudelike gebruik, ens.
28
Ondersoek probleme met betrekking tot water as ’n hulpbron en verken moontlike oplossings, bv. besoedeling, uitheemse plantegroei, besmetting, ens. Stel ’n projek oor die verantwoordelike gebruik van water bekend. Identifiseer skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite, bv. gebottelde water, ysblokkies, ontspanningsoorde, en die produksie van elektrisiteit. Identifiseer waterverwante siektes (malaria, cholera, bilharzia, diarree) deur visuele aanbiedings. Ondersoek hoekom party mense groter gevaar loop om siektes op te doen (informele nedersettings, rioolpype, swak sanitasie, ontoereikende mediese fasiliteite, swak begrip van higiëne) Kommunikeer maniere om risiko’s van siektes te verminder, bv. beter infrastruktuur, opvoeding van inwoners, verbeterde lewenstandaarde.
- 11 -
Wk 28
29
LU 1, 2 &3
Hulpbronne: Hernieubaar en nie-hernieubaar Konteks: Energiebronne
Wk 29
Sleutelvraag: Hoekom moet ons ons energiehulpbronne bewaar? AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
30
Identifiseer en tabuleer verskillende energiehulpbronne wat in die daaglikse lewe gebruik word (water, wind, son-biomassa, kern) onder hofies: Hernieubare en Nie-hernieubare hulpbronne Identifiseer probleme en vind kreatiewe oplossings vir die gevolge van kernkrag. Differensieer en kategoriseer inligting onder hofies: Feite en Menings. Doen navorsing oor skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite (mynbou, nywerhede, vervoer, werksgeleenthede en toerisme). Identifiseer probleme soos siektes wat met energiehulpbronne verband hou (uitstraling (kanker), velsiektes, en sigversteurings). Ondersoek hoekom party mense ’n groter risiko as ander loop om siektes op te doen. (Blootstelling aan gevaarlike elemente in die werkplek) Stel maniere, bv. beskermende kleredrag, voor om risiko’s van siektes te verminder. Dra antwoord oor deur ’n model te bou: ’n Huis wat selfonderhoudend sal wees en hernieubare energie gebruik.
- 12 -
Wk 30
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE GRAAD 5 KWARTAAL 4 WK 31
LU & AS
ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
LU 1, 2 &3
Bevolking Konteks: Verspreidings- en digtheidspatrone in S.A.
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.3]
Sleutelvraag: Wat is bevolkingsverspreiding en wat is bevolkingsdigtheid?
OG Wk 31
Verduidelik begrippe: o Verspreiding o Diversiteit o Digtheid o Migrasie o Xenofobie o Gedwonge verskuiwings o Informele nedersettings o Apartheid o Werksgeleenthede o Trek- en stootfaktore o Infrastruktuur o Verspreidingskaart Kry inligting uit die sleutelsimbole en identifiseer die digbevolkte streke in die verskillende provinsies (Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng, Noord-Kaap). Lewer kommentaar oor redes vir die bevolkingsverspreiding wat op die kaart gevind word deur bewyse uit bronne te steun (klimaatkaarte, hulpbronne in land, vrugbaarheid van grond, ens.).
32
Bespreek probleme soos oorbevolking, informele nedersettings, verkeersopeenhopings, infrastruktuur, ens.
Wk 32
Stel oplossings vir die probleme voor (staatsteun, snelweë, verkeersirkels, werkskepping, gesinchroniseerde verkeersligte, beter mediese dienste, verbetering van infrastruktuur, beter onderwys) Identifiseer skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese aktiwiteite, bv. o Mynbou: Kimberley o Bosbou: Grabouw, o Visvangs: Houtbaai, o Toerisme: Kruger-wildtuin / Wilderness 33
Beskryf maniere waarop die fisiese omgewing menslike aktiwiteite beïnvloed (oostelike helfte van Suid-Afrika word beïnvloed deur warm Mosambiek-seestroom met hoë humiditeit, wat die produktiwiteit van die arbeidsmag kan beïnvloed).
- 13 -
Wk 33
Versamel inligting oor siektes wat algemeen in sekere gebiede voorkom (malaria gekoppel aan die Trope, tuberkulose in eie Provinsie). 34
LU 1, 2, 3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Bevolking Konteks: Natuurlike en Sosiale Faktore (soos gedwonge verskuiwings) wat die bevolkingsverspreiding en digtheidspatrone in S.A. raak
Wk 34
Verduidelik begrippe: o Geboortesyfer o Sterftesyfer o Lewensverwagting o MIV & Vigs o Onderwys o Armoede o Gedwonge verskuiwing o Trekarbeid o Besoedeling o Natuurlike hulpbronne. Kry feite en menings uit verskillende soorte bronne om die geskiedenis van ons land te verduidelik. Doen ’n opname oor bevolkingsaanwas deur ’n sensus van die huidige kieserslys te doen.
35
Wk 35
Ondersoek redes vir die styging / daling in die getal leerders. 36
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Gesondheid en Welsyn Konteks: Verspreiding van siektes soos: Cholera Sleutelvraag: In watter gebiede sal cholera mees waarskynlik voorkom? Verduidelik begrippe: o Staande water o Bakterieë, kieme o Sanitasie, wanvoeding o Simptome o Behandeling o Voorkoming o Oorsake o Besmetting o Diarree. Voorsien bronne met betrekking tot o Oorsake o Behandeling o Voorkoming Kategoriseer inligting onder bogenoemde hofies in werkboeke. - 14 -
Wk 36
Identifiseer / toon cholera-gebiede op kaart van Suid-Afrika aan. Voorsien inligting uit bron (kliniek). Bewusmakingsplakkate om mense bv. op te voed oor sanitasie, die belangrikheid van skoon water. Bespreek die impak van besoedelde water / riviere op landelike nedersettings en informele nedersettings wat gevestig word. Ondersoek uitdagings: emmertoilette, puttoilette, geen sanitasie nie, ens. Beantwoord vrae oor die erns van die siekte in Suid-Afrika. Bespreek oorbevolkte informele nedersettings: sonder sanitasie, gebrek aan staatsintervensie, infrastruktuur, mediese opvoeding en ondersteuning, ens. Hou ’n dinkskrum / sorteer inligting oor oorsake, behandeling en voorkoming van cholera, teken dit aan en organiseer dit. Dra sleutelwoorde uit dinkskrumsessie by tot ’n klasbreinkaart. (Kyk klasbreinkaart in Week 39) 37
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Gesondheid en Welsyn Konteks: Verspreiding van siektes soos: malaria Sleutelvraag: In watter areas sal malaria mees waarskynlik voorkom? Verduidelik begrippe: o Staande water o Tropiese streke o Parasiete o Infeksie Voorsien bronne met betrekking tot o Oorsake o Behandeling o Voorkoming Kategoriseer inligting onder bogenoemde hofies in werkboeke. Identifiseer / toon malaria-areas op kaart van Suid-Afrika aan. Voorsien inligting uit bron (kliniek). Bewusmakingsplakkate (Medikasie teen malaria, dreinering van staande water, muskietnette, insektedoders) Bespreek die impak van staande water in tropiese streke, bv. Krugerwildtuin en omgewing. Beantwoord vrae oor die erns van die siekte in Suid-Afrika. Toon voorbeelde van voorkomende maatreëls. - 15 -
Wk 37
Bespreek kwessies soos subtropiese plekke, versuim om voorkomende medikasie te gebruik, versuim om onder nette te slaap, ens. Hou ’n dinkskrum/ sorteer inligting oor oorsake, behandeling en voorkoming van malaria, teken dit aan en organiseer dit. Dra sleutelwoorde uit dinkskrumsessie by tot ’n klasbreinkaart. (Kyk klasbreinkaart in Week 39) 38
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Gesondheid en Welsyn Konteks: Verspreiding van siektes soos: Tuberkulose Sleutelvraag: In watter gebiede sal tuberkulose mees waarskynlik voorkom? Verduidelik begrippe: o Aansteeklik o Koors o Wanvoeding o Inenting o Afsondering o Hospitalisasie o Medisyne o Epidemie o Voltooiing van ’n kursus tablette. Voorsien bronne met betrekking tot o Oorsake o Behandeling o Voorkoming Kategoriseer inligting onder bogenoemde hofies in werkboeke. Identifiseer / toon tuberkulose-areas op kaart van Suid-Afrika en teken inligting uit bron (kliniek) aan. Bespreek die impak van tuberkulose. Ontwerp bewusmakingsplakkate oor tuberkulose, hoekom dit belangrik is om die kursus tablette te voltooi. Ondersoek uitdagings: oorbevolkte informele nedersettings of swak landelike nedersettings, gebrek aan staatsintervensie, infrastruktuur, mediese opvoeding, ens. Beantwoord vrae oor die erns van die siekte in Suid-Afrika. Toon voorbeelde van voorkomende maatreëls. Bespreek kwessies soos oorbevolking: informele nedersettings, armoede, swak voeding, en gebrek aan onderrig oor TB, verwaarlosing van siek pasiënte, ens.
- 16 -
Wk 38
Teken inligting oor oorsake, behandeling en voorkoming van tuberkulose aan en organiseer dit. Dra sleutelwoorde uit ’n dinkskrumsessie by tot ’n breinkaart (Kyk klasbreinkaart in Week 39) 39
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.3] [5.1.5] [5.1.7] [5.1.8] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.2] [5.3.3]
Gesondheid en Welsyn Konteks: Verspreiding van siektes soos: Mynsiektes, bv. Asbestose Sleutelvraag: In watter gebiede sal mynsiektes mees waarskynlik voorkom? Verduidelik begrippe: Asbestose Voorsien inligting uit bron (boeke, internet) om gevare in myne te beklemtoon (siektes) Voorsien bronne met betrekking tot o Oorsake o Behandeling o Voorkoming Kategoriseer inligting onder bogenoemde hofies in werkboeke. Identifiseer / toon gebiede waar mynsiektes voorkom op ’n kaart van Suid-Afrika aan. Voorsien inligting uit bron (boeke, internet) om gevare in myne te beklemtoon (siektes). Vertoon foto’s/ video / koerant / DVD, leerders word bewus van die gevare met betrekking tot mynbou (stof). Ondersoek uitdagings: Gebrek aan ingeligte mynwerkers, nedersettings blootgesel aan veseltjies/ stofdeeltjies wat deur boorwerk in myne veroorsaak en deur die lug versprei word. Stel op grond van die bestudering van prente en video’s vrae oor die erns van die siekte in Suid-Afrika. Bespreek die ligging van mynnedersettings as hoë-risiko werk, of een wat blootgestel is aan siektes. Sorteer en organiseer inligting oor die oorsake, behandeling en voorkoming van mynsiektes en teken dit aan. Teken ’n breinkaart om inligting oor die oorsake, behandeling en voorkoming van mynsiektes te organiseer. Gebruik die breinkaarte om ’n aanbieding oor siekte van eie keuse te doen.
- 17 -
Wk 39
40
Formele Assesseringstaak 6: Eksamen
- 18 -
Wk 40
WERKSKEDULE GESKIEDENIS GRAAD 5 KWARTAAL 1 WK 1
LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
OG
LU 1, 2 &3
Inleiding
Wk 1
AS [5.2.1] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1] [5.3.3]
Hersiening van begrippe: o Geskiedenis o Verlede o Hede o Geskiedkundige o Ondersoekproses Verduidelik wat ’n bron is en hoe om in Geskiedenis met bewyse te werk. Bespreek verskillende soorte bronne wat ’n Geskiedkundige kan gebruik. Teken verskillende soorte bronne wat ’n Geskiedkundige gebruik, aan en kategoriseer dit. Verduidelik begrippe: o Chronologie en tyd o Tydlyn o Oorsaak en gevolg o Ooreenkomste en verskille o Geskiedkundige interpretasie
2
Wk 2
Dra antwoorde wat op geskrewe teks gegrond is, oor. 3
LU 1, 2 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.3]
Wk 3
Provinsiale Geskiedenis: Konteks: Erfenis en identiteit. Sleutelvraag: Wat is erfenis en identiteit? Verduidelik begrippe: o Teken op en kategoriseer o Erfenis o Identiteit o Erfenisterreine o Oorsaak en gevolg
Bespreek die belangrikheid van erfenisterreine in die Wes-Kaap. Kies bronne en identifiseer verskillende erfenisterreine in Suid-Afrika. Teken belangrike erfenisterreine in Suid-Afrika op en organiseer dit. Bespreek die belangrikheid van erfenisterreine en dra antwoorde oor die belangrikheid van erfenisterreine oor.
-1-
4
LU 1, 2 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.3]
Provinsiale geskiedenis: Konteks: Mondelinge tradisie en inheemse kennis van plekname, riviere, berge, bakens, insluitend inheemse en omgewingspraktyke
Wk 4
Sleutelvraag: Hoekom is ons provinsie spesiaal? Verduidelik begrippe: o Ooreenkomste en verskille o Mondelinge tradisie o Inheemse kennis. Bespreek hoekom eie provinsie spesiaal is, bv. die amptelike tale en ander tale as deel van mondelinge tradisie. Kommunikeer antwoorde oor die spesiale kenmerke van eie provinsie en identifiseer ooreenkomste en verskille. Konteks: Tradisie en inheemse kennis oor die betekenis van plekname, riviere, berge, bakens insluitend inheemse en omgewingspraktyke
5
Wk 5
Kies bronne en bou op voorkennis van die plaaslike gebied of distrik wat in Graad 4 gedoen is. Verduidelik begrippe: Inheemse en omgewingspraktyke. Teken inligting op oor die betekenis van die volgende erfenisterreine (spesiale plekke, riviere, berge en bakens met ’n geskiedkundige verbintenis in hulle name). Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen die provinsies in die verlede en hede, gebruik ou en nuwe kaart. 6
LU 1, 2 &3
Provinsiale geskiedenis: Konteks: Regering en simbole
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.4] [5.2.3] [5.3.3]
Sleutelvraag: Hoe word ons provinsie regeer?
Wk 6
Stel die verskillende regeringsvlakke in Suid-Afrika (nasionaal, plaaslik, provinsiaal) bekend, asook hoe eie provinsie regeer word – konsentreer bv. op die premier, LUK’s, burgemeester en raadslede. Bespreek eie Provinsiale Wapen. Kies bronne en verduidelik: o Voorstelling van die verlede. Bespreek die provinsiale regeringstruktuur en identifiseer die verskillende mense in die verskillende portefeuljes.
7
Sleutelvraag: Hoe lyk ons Provinsiale Wapen? Bespreek die Provinsiale Wapen -2-
Wk 7
Kies verskillende soorte bronne en vergelyk die Wapen van die WesKaap met dié van enige ander provinsie. Teken inligting oor eie Provinsiale Wapen op. 8
LU 1 & 2
Provinsiale geskiedenis: Konteks: Die rol van demokraties verkose leiers
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.3]
Sleutelvraag: Wat beteken demokrasie?
Wk 8
Kies verskillende soorte bronne en stel die begrip Demokrasie bekend (bou voort op kennis van Graad 4 – Demokrasie en menseregte – gebruik uittreksels uit die Grondwet). Teken inligting oor die rol van demokraties verkose leiers op. Bespreek inligting: o Hoekom is demokrasie noodsaaklik? o Is my skool ’n weerspieëling van demokrasie? o Wat is die verskil tussen Apartheid en demokrasie?
9
Konteks: Hoe om aan ’n demokrasie deel te neem
Wk 9
Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om te stem? Kies verskillende soorte bronne en bespreek deelname aan ’n verkiesing. Verduidelik begrippe: o Verkiesingsproses o OVK o Hoofverkiesingsbeampte o Kandidate o Kiesers o Stembrief o ID-dokument o Kieserslys Reël ’n kamma-verkiesing 10
Formele Assesseringstaak 1: Toets
-3-
Wk 10
WERKSKEDULE GESKIEDENIS GRAAD 5 KWARTAAL 2 WK 11
LU & AS
ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
OG
LU 1, 2 &3
Vroeë Beskawings: Egipte / Nubië Konteks: Oorsprong van die Egiptiese Beskawing Kenmerke van die Egiptiese samelewing Die rol van die omgewing in die vorming van die samelewing
Wk 11
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.3]
Sleutelvraag: Wat is ’n beskawing? Stel die begrip beskawing bekend, en hoe mense hul natuurlike omgewing begin verander het, bv. Hoekom, dink jy, het mense die dorpie langs die rivier gebou? Kies bronne en identifiseer redes / verklarings hoekom die Nyl ’n belangrike rol in die oorsprong van Egipte gehad het. Konteks: Die gebruik van hulpbronne: Landbou
12
Wk 12
Kaartwerk: Identifiseer Egipte op ’n Wêreldkaart. Teken inligting uit bronne op om die verskillende soorte boerdery van die Egiptenare asook party van die werktuie wat hulle gebruik het, te beskryf. Identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die boerderymetodes en -gereedskap van die Egiptenare en moderne boerderymetodes en -gereedskap. Identifiseer enige interessante werktuig wat die Egiptenare gebruik het en maak jou eie tekening/ plakkaat/ model daarvan. 13
LU 1 & 2 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.1] [5.2.2]
Vroeë Beskawings: Egipte Konteks: Die ontwikkeling van stede Tegnologie en handel Sleutelvraag: Hoekom en hoe het handel en tegnologie uit daardie tydperk ontwikkel? Verduidelik hoekom stede naby die Nyl en die Nylvallei ontwikkel het – konsentreer op boerdery, tegnologie en handel. Bespreek tegnologie en die bou van die piramides. Verduidelik tydlyn met dekades en eeue. Teken inligting op om tegnologiese metodes van die Egiptenare te illustreer.
-4-
Wk 13
14
Wk 14
LU 1, 2 &3
Vroeë Beskawings: Egipte Konteks: Kommunikasie
AS [5.1.3] [5.1.4] [5.2.3] [5.3.3]
Sleutelvraag: Hoe het die vroeë Egiptenare met mekaar gekommunikeer? Voorsien teks, bv. oor kommunikasie (Egiptiese alfabet) en stel vrae met betrekking tot hiërogliewe. Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen ons alfabet en hiërogliewe. Skryf eie naam of ’n sin in hiërogliewe.
15
LU 1, 2 &3
Vroeë Beskawings: Egipte Konteks: Geloofstelsels
AS [5.1.2] [5.1.4] [5.2.3] [5.3.1]
Sleutelvraag: Waaraan het die Egiptenare geglo?
Wk 15
Kies bronne om die begrip geloofstelsel bekend te stel – godsdiens, piramides. Beskryf die rol van piramides in hulle godsdiens. Kommunikeer antwoorde om die verskillende vlakke en status tussen die farao’s en die werkers in Egipte te vergelyk.
16
17
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.3]
Formele Assesseringstaak 2: Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag
Wk 16
Vroeë Beskawings: EEN VOORBEELD UIT DIE RES VAN DIE WêRELD: MESOPOTAMIË; INDUSRIVIERVALLEI; CHINA; DIE AMERIKAS Konteks: Oorsprong van hierdie beskawing; Sleutelkenmerke van hierdie samelewing; Die rol van die omgewing in die vorming van die samelewing
Wk 17
Sleutelvraag: Hoe het die omgewing ’n rol gespeel om hierdie samelewing te vorm? Kies bronne om die begrip samelewing en die manier waarop mense hulle natuurlike omgewing begin verander het, bekend te stel, bv. Hoekom, dink jy, het mense die dorpie langs ’n rivier gebou? Identifiseer uit bronne redes en verduidelik hoekom ’n rivier so ’n belangrike rol in die oorsprong van hierdie samelewing gespeel het.
18
Konteks: Die gebruik van hulpbronne: Landbou Kaartwerk: Identifiseer hierdie samelewing op ’n Wêreldkaart. Beskryf die verskillende boerderymetodes en werktuie.
-5-
Wk 18
Identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die boerderymetodes en gereedskap van hierdie samelewing en dié van die Egiptenare. Vergelyk dit met moderne boerderymetodes. Identifiseer enige interessante werktuig wat hierdie samelewing gebruik het en maak jou eie tekening/ plakkaat/model daarvan. 19
LU 1 & 2 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.1] [5.2.2]
Vroeë Beskawings: Keuse Konteks: Die ontwikkeling van stede Tegnologie en handel
Wk 19
Sleutelvraag: Hoekom en hoe het handel en tegnologie uit daardie tydperk ontwikkel? Kies bronne en verduidelik hoekom stede naby ’n rivier en ’n vrugbare vallei ontwikkel het – konsentreer op boerdery, tegnologie en handel. Teken inligting uit bronne op om voordele van hul tegnologiese metodes te illustreer. Verduidelik Tydlyn met dekades en eeue. Teken inligting oor hierdie beskawing op ’n tydlyn op. Dra antwoord oor om tegnologiese metodes wat gebruik is om skuilings te bou, te illustreer.
20
Wk 20
LU 1, 2 &3
Vroeë Beskawings: Keuse Konteks: Kommunikasie
AS [5.1.3] [5.1.4] [5.2.3] [5.3.3]
Sleutelvraag: Hoe het hierdie samelewing met mekaar gekommunikeer? Voorsien teks, bv. oor kommunikasiestelsel en stel vrae. Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen die kommunikasie van hierdie samelewing en die Egiptiese alfabet en hiërogliewe.
-6-
WERKSKEDULE GESKIEDENIS GRAAD 5 KWARTAAL 3 WK 21
LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
LU 1, 2 &3
Vroeë Beskawings: Keuse Konteks: Geloofstelsels
AS [5.1.2] [5.1.4] [5.2.3] [5.3.1]
Sleutelvraag: Waaraan het hierdie samelewing geglo?
OG Wk 21
Kies bronne en stel die begrip geloofstelsel bekend – godsdiens. Beskryf die rol van die omgewing, bakens, ens. in hulle godsdiens. Vergelyk hierdie geloofstelsel met Egipte.
22
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1]
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600 Sleutelvraag: Wie was die eerste Suid-Afrikaners en waar het hulle gewoon? Stel vroeë Suid-Afrikaanse samelewings tot 1600 bekend. Kies bronne om vroeë Suid-Afrikaanse samelewings op kaart te vind. Verduidelik dat hierdie samelewings uit die grond geleef het. Konteks: Jagter-versamelaarsamelewings
23
Wk 22
Sleutelvraag: Hoe het die omgewing ’n rol gespeel om hierdie samelewing te vorm?
Wk 23
Kies verskillende soorte bronne om te verduidelik hoe jagterversamelaars die omgewing gebruik het om te verseker dat hulle altyd kos gehad het. Teken inligting onder gegewe hofies op – bv. diere wat hulle gejag het, verskillende soorte kos wat versamel is – en kategoriseer dit. Vergelyk leefstyl van jagter-versamelaar met eie leefstyl. Teken inligting op. 24
LU 1 & 2 AS [5.1.1] [5.1.2]
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Jagterversamelaarsamelewings Konteks: Sosiale organisasie Sleutelvraag: Hoe het hulle mededeelsaamheid en samewerking in hul groep aangemoedig? -7-
Wk 24
[5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3]
Kies bronne, teken inligting oor die volgende op en kategoriseer dit: o Wie het gejag? o Wie was die versamelaars? o Wie was die leier? o Watter rol het die kinders gespeel? o Hoe groot was hierdie groepe? Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen hierdie samelewing en ons eie en dra antwoorde oor. Maak ’n opsomming van die sosiale organisasie van die jagterversamelaars.
25
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.3]
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Jagterversamelaarsamelewings Konteks: Gepaste tegnologie
Wk 25
Sleutelvraag: Was die jagter-versamelaars afhanklik van enige tegnologie? Kies verskillende soorte bronne en stel die gebruik van tegnologie en masjiene in die moderne tyd bekend – fokus leerders op ons afhanklikheid van tegnologie. Beantwoord die volgende vrae: o Waar en hoe het hulle teen die wind en reën geskuil? o Waar het hulle hul kos gaargemaak? o Hoe het hulle hulkos gaargemaak? o Wat het hulle gebruik om hul skuilings te maak? Identifiseer enige interessante werktuig wat hierdie samelewing vir jagof versamelaktiwiteite gebruik het en maak jou eie tekening / plakkaat / model daarvan.
26
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.1]
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Jagterversamelaarsamelewings Konteks: Stories wat geloofstelsels ondersoek Sleutelvraag: Hoekom het hulle ’n geloofstelsel gehad? Kies verskillende soorte bronne en stel die geloofstelsel van die jagterversamelaars bekend. Teken inligting op en organiseer dit. Konsentreer op die rotsskilderye, die rol van die sjamaan, die beswymingsdans, die rol van storievertellings om waardes en oortuigings in hulle samelewing te deel, ens. Dra inligting oor die betekenis van rotsskilderye oor.
-8-
Wk 26
27
LU 1, 2 &3 AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.1]
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Jagterversamelaarsamelewings Konteks: Samewerking en konflik
Wk 27
Sleutelvraag: Was daar enige onderlinge samewerking en konflik asook samewerking en konflik met ander groepe? Kies verskillende soorte bronne en stel begrippe van samewerking en konflik bekend. Uit bronne, teken inligting oor jagter-versamelaargroepe en hul onderlinge verhoudings op en organiseer dit. Beantwoord vrae uit bronne en gee redes en verduidelikings vir gebeure.
28
29
Formele Assesseringstaak 5: Projek (Navorsingswerkopdrag / Kreatiewe Respons)
Wk 28
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Veewagters Konteks: Rol van die omgewing
Wk 29
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1]
Sleutelvraag: Hoe het die omgewing ’n rol gespeel om hierdie samelewing te vorm? Kies verskillende bronne om te bepaal hoe die veewagters die omgewing gebruik het om te verseker dat hulle altyd kos gehad het. Teken inligting op en kategoriseer dit onder verskillende hofies, bv. diere wat hulle gejag het, verskillende soorte kos wat versamel is, ens. Vergelyk veewagters se leefstyl met eie leefstyl en dra antwoorde oor.
30
LU 1 & 2
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Veewagters Konteks: Sosiale organisasie
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3]
Sleutelvraag: Hoe het hulle mededeelsaamheid en samewerking in hul groep aangemoedig? Kies bronne, teken inligting op en kategoriseer dit deur op die volgende te konsentreer: o Wie het gejag? o Wie het versamel? o Wie was die leier? o Watter rol het die kinders gespeel? o Hoe groot was hierdie groepe? Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen hierdie samelewing en ons eie samelewing. Dra inligting oor die sosiale organisasie van die veewagters oor. -9-
Wk 30
WERKSKEDULE GESKIEDENIS GRAAD 5 KWARTAAL 4 WK 31
LU & AS
ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG
OG
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Veewagters Konteks: Gepaste tegnologieë
Wk 31
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.3]
Sleutelvraag: Was die veewagters van enige tegnologie afhanklik? Kies verskillende soorte bronne en bespreek die gebruik van tegnologie en masjiene in die moderne lewe – Fokus leerders op ons afhanklikheid van tegnologie. Teken inligting op en kategoriseer dit onder die volgende vrae: Waar het hulle teen die wind en reën geskuil? Waar het hulle hul kos gaargemaak? Hoe het hulle hul kos gaargemaak? Wat het hulle gebruik om hulle wapens van te maak? Identifiseer enige interessante werktuig wat hierdie samelewing vir jag of versameling gebruik het en maak jou eie tekening/ plakkaat/ model daarvan.
32
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Veewagters Konteks: Stories wat geloofstelsels ondersoek
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.1]
Sleutelvraag: Hoekom het hulle ’n geloofstelsel gehad?
Wk 32
Verkies verskillende soorte bronne en stel die geloofstelsel van die veewagters bekend. Teken inligting op en organiseer dit. Konsentreer op die maan, hulle twee gode, sing en dans, musiekinstrumente en storievertelling om waardes en oortuigings in hulle samelewing oor te dra. Dra inligting oor die geloofstelsel van die veewagters oor.
33
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Veewagters Konteks: Samewerking en konflik
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.1]
Sleutelvraag: Was daar enige onderlinge samewerking en konflik asook samewerking en konflik met ander groepe? Uit bronne, teken inligting oor Veewagters en hul onderlinge verhoudings op en organiseer dit. Beantwoord vrae uit bronne en gee redes en verduidelikings vir gebeure.
- 10 -
Wk 33
34
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Afrika-boere Konteks: Rol van die samelewing
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3] [5.3.1]
Sleutelvraag: Hoe het die omgewing ’n rol gespeel om hierdie samelewing te vorm?
Wk 34
Gebruik inligting uit verskillende bronne en bespreek hoe die Afrikaboere die omgewing gebruik het om te verseker dat hulle altyd kos gehad het. Teken inligting op en kategoriseer dit onder gegewe hofies, bv. diere wat hulle gejag het, verskillende kossoorte wat hulle versamel het. Vergelyk die Afrika-boere se leefstyl met jou eie – skryf minstens twee paragrawe en identifiseer ooreenkomste en verskille.
35
LU: 1 & 2
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Afrika-boere Konteks: Sosiale organisasie
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.2.3]
Sleutelvraag: Hoe het hulle mededeelsaamheid en samewerking in hul groep aangemoedig?
Wk 35
Teken inligting oor die volgende vrae uit bronne op en kategoriseer dit: o Wie het gejag? o Wie het versamel? o Wie was die leier? o Watter rol het kinders gespeel? Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen hierdie samelewing en ons eie. Hoe groot was hierdie groepe? Dra antwoorde op vrae oor.
36
37
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Afrika-boere Konteks: Gepaste tegnologie
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.3]
Sleutelvraag: Was die herders van enige tegnologie afhanklik?
Wk 36
Gebruik inligting uit bronne en bespreek die gebruik van tegnologie en masjiene in die moderne lewe. Teken inligting oor die volgende vrae op: o Waar het hulle teen die wind en reën geskuil? o Waar het hulle hul kos gaargemaak? o Hoe het hulle hul kos gaargemaak? o Waarvan het hulle hul wapens gemaak? Identifiseer enige interessante werktuig wat hierdie samelewing vir jag of versameling gebruik het en maak jou eie tekening/ plakkaat/ model daarvan. - 11 -
Wk 37
38
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Afrika-boere Konteks: Stories wat geloofstelsels ondersoek
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.1]
Sleutelvraag: Het hulle ’n geloofstelsel gehad?
Wk 38
Gebruik verskillende soorte bronne en stel die geloofstelsel van die Afrika-boere bekend. Teken inligting oor die Afrika-boere se geloofstelsels op en organiseer dit. Dra inligting oor geloofstelsels oor.
39
LU 1, 2 &3
Vroeë samelewings in Suid-Afrika tot 1600: Afrika-boere Konteks: Samewerking en konflik
AS [5.1.1] [5.1.2] [5.1.3] [5.1.4] [5.2.2] [5.3.1]
Sleutelvraag: Was daar enige onderlinge samewerking en konflik asook samewerking en konflik met ander groepe?
Wk 39
Bespreek die verhoudings van Afrika-boere in terme van samewerking en konflik. Teken inligting op en organiseer dit, met die klem op Afrika-boere en hulle onderlinge verhoudings. Beantwoord vrae uit die bronne en noem redes en gee verduidelikings vir gebeure.
40
LU: 1, 2 &3
Formele Assesseringstaak 6: Eksamen
- 12 -
Wk 40
Punte
TOETS (AARDRYKSKUNDE)
TOETS (GESKIEDENIS)
1, 2 & 3 1, 2 & 3
% 100
BRONGEBASEERDE & UITGEBREIDE SKRYFWE 1, 2 & 3
PROJEK (AARDRYKSKUNDE) 1, 2 & 3 100
%
SUB-TOTAAL
VLAK (1 – 4)
SUB-TOTAAL
HOD: …………………………………………………………………………… . ……/……/……
OPVOEDER: ………………………………………………………………………… ……/……/……
LU’e AS’e VAN & VOORNAAM
PROJEK (GESKIEDENIS)
KAARTWERK & DATA HANTERING 1, 2 & 3 1, 2 & 3
% 100
EKSAMEN (AARDRYKSKUNDE)
EKSAMEN (GESKIEDENIS) 1, 2 & 3 1, 2 & 3
% 100
400
CASS – TOTAL (TERM 1 – 4) VLAK (1 – 4)
SUB-TOTAAL
VLAK (1 – 4)
SUB-TOTAAL
VLAK (1 – 4)
OPTEKENINGSBLAD VIR SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING PRINSIPAAL: _______________________________________ OPVOEDER:_______________________________________ KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 2 3 4 5 6
100
%
SOSIALE WETENSKAPPE: GRAAD 5 SKOOL:_______________________________________ KWARTAAL 1 1 ASSESSERINGSTAAK NO
VLAK (1 – 4)