DEPARTEMENT VAN LANDBOU INHOUDSOPGAWE
1.
Struktuur van die Departement
2.
Funksies van die Departement
3.
Kontakbesonderhede van die adjunkinligtingsbeampte
4.
Handleiding deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor die manier waarop die Wet aangewend moet word
5.
Rekords 5.1
Beskrywing van onderwerpe waaroor die Departement rekords hou
5.2
Beskrywing van rekords wat outomaties beskikbaar is
5.3
Aanvraagprosedure
6.
Dienste beskikbaar vir die publiek
7.
Inrigting wat voorsiening maak vir betrokkenheid by die formulering van beleid en die uitvoering van funksies
8.
Regsmiddele beskikbaar ten opsigte van handelinge of versuim om te handel
1. STRUKTUUR VAN DIE DEPARTEMENT
PROVINSIALE MINISTER VAN LANDBOU
DEPARTEMENTSHOOF
HOOFDIREKTORAAT: ONDERSTEUNING EN ONTWIKKELING VAN BOERE
FIG. 2
DIREKTORAAT: VOLHOUBARE HULPBRONBESTUUR
FIG. 2 DIREKTORAAT:
VESTIGING VAN BOERE
DIREKTORAAT:
ONDERSTEUNING VAN BOERE
DIREKTORAAT:
VOEDSELSEKERHEID DIREKTORAAT: PLAASWERKERONTWIKKELING
HOOFDIREKTORAAT:
HOOFDIREKTORAAT:
VEEARTSENYKUNDIGE DIENSTE
GESTRUKTUREERDE LANDBOU-
FIG. 3
FIG. 4
DIREKTORAAT: TEGNOLOGIE, NAVORSING EN ONTWIKKELING
FIG. 3 DIREKTORAAT: DIEREGESONDHEID
DIREKTORAAT: VOEDSELVEILIGHEID EN UITVOERBEHEER
DIREKTORAAT: VEEARTSENYKUNDIGE LABORATORIUM-
DIREKTORAAT:
LANDBOUEKONOMIE
FIG. 4 DIREKTORAAT: SENTRUM VIR HOëR ONDERWYS EN OPLEIDING
DIREKTORAAT: SENTRUM VIR VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING
HOOFDIREKTORAAT: FINANSIëLE BESTUUR
DIREKTORAAT: KORPORATIEWE DIENSTE
2. FUNKSIES VAN DIE DEPARTEMENT Om landbou in die Wes-Kaap te bevorder DIREKTORAAT: VOLHOUBARE HULPBRONBESTUUR •
Bevordering van hulpbronbestuur
•
Ontwikkeling van implemente en doeltreffende waterbenuttingsmetodes
DIREKTORAAT: TEGNOLOGIE, NAVORSING EN ONTWIKKELING •
Bestuur van navorsingsdienste
•
Bestuur van infrastruktuurdienste
•
Bestuur van geïntegreerde inligtingsdienste
DIREKTORAAT: LANDBOU-EKONOMIE •
Verbetering van die mededingendheid van die landbou- en landboubesigheidsektor
•
Voorsiening van landbou-ekonomiese inligting vir doeltreffende besluitneming in die landbou- en landboubesigheidsektor
•
Ondersteuning van AgriSEB in die Wes-Kaap
HOOFDIREKTORAAT: ONDERSTEUNING EN ONTWIKKELING VAN BOERE •
Bevordering van die vestiging van boere
•
Verlening van steun aan boere
•
Bevordering van voedselsekerheid
•
Bevordering van plaaswerkerontwikkeling
•
Lewering van ’n adviserende steundiens
DIREKTORAAT: VESTIGING VAN BOERE •
Bestuur van die program vir die vestiging van boere
•
Koördinering van aktiwiteite in die munisipale distrikte Overberg en Boland met betrekking tot die ondersteuning en ontwikkeling van boere
DIREKTORAAT: ONDERSTEUNING VAN BOERE •
Bestuur van die program vir die ondersteuning van boere
•
Koördinering van aktiwiteite in die munisipale distrikte Eden en SentraalKaroo met betrekking tot die ondersteuning en ontwikkeling van boere
DIREKTORAAT: VOEDSELSEKERHEID •
Bestuur van die voedselsekerheidsprogram
•
Koördinering van aktiwiteite in die munisipale distrikte Eden en SentraalKaroo met betrekking tot die ondersteuning en ontwikkeling van boere
DIREKTORAAT: PLAASWERKERONTWIKKELING •
Koördinering van intervensies van staatsdepartemente ten opsigte van plaaswerkerontwikkeling
•
Fasilitering van opleidingsprosesse: − Assessering van opleidingsprosesse − Voorbereiding van sakeplanne en begrotings vir opleidingsprogramme − Bestuur van donateursfondse − Monitering van opleidingsintervensies
•
Instandhouding van ’n omvattende databasis
HOOFDIREKTORAAT: VEEARTSENYKUNDIGE DIENSTE •
Bekamping van dieresiekterisiko
•
Bestuur van voedselveiligheid
•
Bestuur van uitvoeraangeleenthede
•
Lewering van veeartsenykundige laboratoriumdienste
•
Lewering van ’n steundiens DIREKTORAAT: DIEREGESONDHEID •
Verbetering van die algehele doeltreffendheid van dieresiekte-observasie, -voorkoming en -beheer
•
Versekering van die lewering van dienste met betrekking tot dieresiekteobservasie, -voorkoming en -beheer in die Provinsie Wes-Kaap
DIREKTORAAT: VOEDSELVEILIGHEID EN UITVOERBEHEER •
Bestuur van voedselveiligheid
•
Bestuur van uitvoerbeheer
DIREKTORAAT: VEEARTSENYKUNDIGE LABORATORIUMDIENSTE •
Lewering van veeartsenykundige laboratoriumdienste
•
Lewering van ’n veeartsenykundige laboratoriumdiens op Oudtshoorn
•
Lewering van ’n veeartsenykundige laboratoriumdiens op Beaufort-Wes
•
Doen van toegepaste navorsing vir die veeartsenykundige laboratorium
•
Lewering van ’n gehaltebeheerdiens
•
Lewering van ’n administratiewe steundiens
HOOFDIREKTORAAT: GESTRUKTUREERDE LANDBOU-OPLEIDING •
Bepaling van strategiese rigting van landbou-opleiding in die Wes-Kaap
•
Toepassing van beleid ten opsigte van landbou-opleiding
•
Verskaffing van landbou-opleiding
•
Bemarking van landbou-opleiding
•
Koördinering van landbou-opleiding in die Wes-Kaap
•
Aangaan van (diensvlak-) ooreenkomste met die Departement van Onderwys en ander instellings
•
Lewering van ’n administratiewe en steundiens DIREKTORAAT: SENTRUM VIR HOËR ONDERWYS EN OPLEIDING •
Verskaffing van pomologie-opleiding
•
Verskaffing van groente- en agronomie-opleiding
•
Verskaffing van wingerdbou- en wynkunde-opleiding
•
Verskaffing van diereproduksie-opleiding
•
Verskaffing van landboubestuur-, agri-toerisme- en landbouvoorligtingsopleiding
•
Lewering van ’n administratiewe steundiens
DIREKTORAAT: SENTRUM VIR VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING •
Verskaffing van grondvlaklandbou-opleiding
•
Fasilitering van omvattende opleiding in streke
DIREKTORAAT: ADMINISTRATIEWE EN STEUNDIENSTE •
Lewering van ’n studenteadministrasiediens
•
Lewering van buitekurrikulêre dienste
•
Lewering van ’n kollege-steundiens
HOOFDIREKTORAAT: FINANSIËLE BESTUUR •
Versekering van doeltreffende begrotingsbestuur
•
Bestuur van die departementele rekeningkundige diens
•
Versekering van doeltreffende aanbodkettingbestuur
•
Versekering van doeltreffende interne beheer
L.W.: Toegang tot alle dienste kan verkry word deur die Departement te kontak by: Telefoonnommer: 021 8085111 of Faks: 021 8085120 of Webtuiste: http://www.elsenburg.com
3. KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE ADJUNKINLIGTINGSBEAMPTE ARTIKEL 14(1)(b) Me. J. Isaacs Departement van Landbou Provinsiale Regering van die Wes-Kaap Muldersvleiweg/Privaat Sak X 1 ELSENBURG 7607 Tel. : 021 808 5004 Faks: 021 808 5000 E-posadres:
[email protected]
4. HANDLEIDING DEUR DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE (SAMRK) OOR DIE MANIER WAAROP DIE WET AANGEWEND MOET WORD ARTIKEL 14(1)(c) Dit is die verantwoordelikheid van die SAMRK om ingevolge artikel 10 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (WBTI) ’n handleiding in maklik verstaanbare vorm en taal op te stel soos vereis mag word deur ’n persoon wat enige reg in die Wet bedoel, sou wou uitoefen. Hierdie handleiding is ook in al die amptelike tale beskikbaar by die SAMRK en enige navrae in hierdie verband moet gerig word aan: Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie Telefoonnommer
+27 11 484 8300
Faks
+27 11 484 1360
E-posadres
[email protected]
Posadres
WBTI-eenheid: Die Departement Navorsing en Dokumentasie Privaat Sak 2700 Houghton 2041
Straatadres
WBTI-eenheid: Die Departement Navorsing en Dokumentasie Boundaryweg, Isle of Houghton, Wilds View, Ingang 1 Houghton JOHANNESBURG
Webtuiste
www.sahrc.org.za
5.
REKORDS
5.1
BESKRYWING VAN ONDERWERPE WAAROOR DIE DEPARTEMENT REKORDS HOU ARTIKEL 14(1)(d) Administrasie • Elektroniese stelsels – Persal • Personeellêers • Lêers insake beserings aan diens • Organisasiestrukture • Diensstaat • Prestasiekontrakte • Prestasie-evalueringsverslae • Beurslêers • Opleidingshandleidings • Werkstudienavorsingsverslae • Verloflêers • Salarislêers • Lêerplanne • Register van inkomende en uitgaande items • Lêerregister • Diensvlakooreenkomste • Werwings- en keuringsrekords • Arbeidsbetrekkingesake • Ouditverslae • Betalingsbewyse • Bateregister • Reis- en verblyfkoste-eise • Bestellings • Kwitansies
• Fakture • Finansiële state en verslae • BRS (Basiese Rekenkundige Stelsels) • Kwotasies • Notules van tenderkomiteevergaderings • Tenderkontrakte • Instandhoudingslêers: IT-infrastruktuur • Databasis van verskaffers • Tenderevalueringsverslae • Toepassing: E-pos Volhoubare Hulpbronbestuur •
Projeklêers van Ingenieursdienste verskaf (al 6 distrikte)
•
Projeklêers van Grondversorgingsprojekte (al 6 distrikte)
•
Stawing deur bewyse (JPP)
•
Internskappe
•
Ramphulp verleen
•
Aansoeke om onderverdeling en/of hersonering van landbougrond
•
Bodverkryging
•
Notules van die Koördinerende Komitee oor Landbouwater
•
Organisasiestrukture
•
Diensstaat
•
Prestasiekontrakte
•
Prestasie-evalueringsverslae
•
Lêerregister
•
Bateregister
•
Reis- en verblyfkoste-eise
•
Kwotasies
•
Notules van die Provinsiale Waterskakelkomitee
•
Wes-Kaapse Strategiese Komitee insake Watervoorsiening
•
Verskillende waterstudieprojekte Ondersteuning en Ontwikkeling van Boere
•
Programprojeklêers (al 6 distrikte)
•
Stawing deur bewyse (JPP)
•
Departementele Projektoekenningskomiteevergaderings (DPTK-vergaderings)
•
Kommoditeitslêers
•
Kommoditeitsprojektoekenningskomiteevergaderings (KPTK)
•
Slimpen- (Smart Pen-) / Xcalibre-lêer
•
Manstrat
•
Omvattende Landbou-ondersteuningsprogram (OLOP)
•
Voorligtingsherlewingsprogram (VHP)
•
Ilima/Letsema
•
Staatsdienskommissie
•
Meganisering
•
Mentorskap
•
Interdepartementele Taakspan oor Voedselsekerheid
•
Provinsiale Vergoedingsreëlingskomitee
•
Provinsiale Toekenningskomitee (Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming - DLOGH)
•
CASIDRA (Kaapse Agentskap vir Volhoubare Geïntegreerde Ontwikkeling in Landelike Gebiede – KAVGOLG)
•
Interdepartementele Komitee insake Plaaswerkers
•
Plaaswerker-van-die-Jaar-kompetisie
•
Plaaswerkerspitsberade (nasionaal en provinsiaal)
•
Plaaswerkerverwysingsregister
Veeartsenykundige Dienste • Persoonlike kliënte-inligting • Laboratoriumverslae
• Navorsingsverslae • Epidemiologieverslae • Liassering (rekordhouding, met inbegrip van personeellêers) • Lys van geregistreerde abattoirs • Lys van gemagtigde vleisinspekteurs/-ondersoekers • Lys van sterilisasie-aanlegte • Lys van abattoirs goedgekeur vir die uitvoer van huide en velle • Lys van tussenverkooppunte vir die uitvoer van huide en velle • Lynfunksiejaarverslag Dieregesondheid • Verslae oor die uitbreek van dieresiektes • Dieresensusverslag • Gebeurlikheidsplanne en standaardprosedures ten opsigte van dieresiektes • Verslae oor dieresiekte-observasie • Verslae oor die voorkoming van dieresiektes en inentingsoptrede • Uitvoerige rekords van uitvoere Tegnologie-, Navorsings- en Ontwikkelingsdienste • Navorsingsprojekte • Stawing deur bewyse (JPP) • Algemene liassering (rekordhouding, met inbegrip van personeellêers, selfone, ens.) • Notules van personeelvergaderings • Rekords van grond-, water-, plant- en dierevoedingsontledings • Departementele navorsingskomiteevergaderings • Werkversoeke ten opsigte van instandhouding op die plaas • Instandhoudingslyste vir die uitvoering van projekte deur die Departement van Openbare Werke en Vervoer • Verslae, statistiek
Landbou-ekonomie • Grondhervormingsopnames • Opnames oor opkomende boere • Opnames oor swart boere • Aangekoopte subskripsiedata • Quantec-data • Technofresh-data Gestruktureerde Landbou-opleiding •
Toelatings-/slaagkoersrekords
•
Logis-betalingslêers
•
Verloflêers
•
Beurslêers
•
Eksamenvraestelle
•
Eksamenantwoordstelle
•
Arbeidsbetrekkinge-lêers
•
Personeelrekords
•
Koshuislêers
•
Studentestatistiek
•
Studentelêers
•
Lêers oor studenteverwante aangeleenthede
•
Tenderkontrakte
•
Eksamenuitslae
•
Spysenieringsinligting
•
Finansiële verslae
•
Faktuur- en eislêers
•
Fasiliteitebestuurslêers
•
Reis- en verblyfkoste-eise
•
Bateregister
•
Staatsvoertuie
•
Notules van personeelvergaderings
•
Notules van vergaderings van departementele voorsitters 5.2
BESKRYWING VAN REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS BESKRYWING VAN
WYSE VAN TOEGANG TOT
KATEGORIEË VAN
REKORDS
REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL 15(1) VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000 BESKRYWING
VAN
KATEGORIEË
VAN
REKORDS
WAT
OUTOMATIES BESKIKBAAR IS VIR KOPIËRING OF AANKOPE INGEVOLGE ARTIKEL 15(1)(a)(ii) (a) Jaarverslae
Kopieë van hierdie rekords kan teen
(b) Strategiese plan
betaling van die voorgeskrewe bedrag
(c) Kwartaallikse
verkry word van die Landboutak,
prestasieverslae (d) Diensstandaarde (e) Burgerlike verslae (f) LUR-toesprake (g) Finansiële state (h) Begrotingsverslae en -toesprake (i) Handleidings en direktiewe (j) Bestuursvergaderings
Privaat Sak X1, Muldersvleiweg, Elsenburg.
BESKRYWING
VAN
KATEGORIEË
VAN
REKORDS
WAT
OUTOMATIES GRATIS BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL 15(1)(a)(iii) (a) Brosjures oor
Kopieë van hierdie rekords is gratis
landbouverwante
beskikbaar
onderwerpe
Privaat
(b) Publikasies, pamflette,
by
Sak
die X1,
Departement, Muldersvleiweg,
Elsenburg
nuusbriewe, plakkate (c) Alle inligting is op die Die volgende inligting is beskikbaar op webtuiste beskikbaar.
die webtuiste (www.elsenburg.com): − Oor die Departement − Gebeure − Media − Radio Elsenburg − Gebeurekalender − Dienste − Navorsingsontwikkeling − Landboukundige Ontwikkelingsentrums − Inligtingsblaaie −
5.3
Elsenburg-kollege
AANVRAAGPROSEDURE •
’n Aanvraer moet Vorm A gebruik soos voorgeskryf in die regulasies gepubliseer ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Goewermentskennisgewing R223 van 9 Maart 2001). Aanvraaggeld ten bedrae van R35,00 is betaalbaar voordat die versoek verwerk sal word. Die betaling van die aanvraaggeld is nie van toepassing op ’n rekord wat aangevra word deur ’n onderhoudsbeampte of onderhoudsondersoeker vir
doeleindes van ’n onderhoudsondersoek of navraag ingevolge die bepalings van die Wet op Onderhoud, 1998, of die regulasies uitgevaardig kragtens
artikel
44
van
die
genoemde
Wet
nie
(volgens
Goewermentskennisgewing R991 van 14 Oktober 2005). Voorsiening word op Vorm A gemaak dat die aanvraer kan aandui of hy/sy ’n afskrif van die rekord wil hê of bloot daarna wil kyk. Vorm A maak ook daarvoor voorsiening dat ’n aanvraer kan aandui in watter taal die rekord verlang word, alhoewel die Departement onder geen verpligting is om dit te vertaal nie. ’n Aanvraer mag ook aandui in watter vorm (d.w.s. papierkopie, elektroniese kopie, ens.) toegang tot die rekord verleen moet word.
Dit
sal toegestaan word tensy voldoening daaraan op onredelike wyse sal inmeng met die funksionering van die Departement of omdat daar om praktiese redes nie in die vereiste vorm of medium toegang verleen kan word nie. Toegangsgeld is betaalbaar indien die persoon wat dit aanvra byvoorbeeld kopieë van die verlangde rekord nodig het. ’n Enkellopende persoon wie se jaarlikse inkomste nie R14 712,00 per jaar oorskry nie en getroude persone, of ’n persoon en sy of haar lewensmaat wie se jaarlikse inkomste nie R27 192,00 oorskry nie, word vrygestel van die betaling van toegangsgeld (volgens Goewermentskennisgewing R991 van 14 Oktober 2005). Betaling van die toegangsgeld is nie van toepassing op die persoonlike rekord van ’n aanvraer nie (volgens Goewermentskennisgewing R991 van 14 Oktober 2005). In bepaalde gevalle mag ’n aanvraer versoek word om ’n deposito te betaal. ’n Aanvraer mag intern appèl aanteken teen die betaling van die deposito en/of toegangsgeld. Indien ’n aanvraer intern appèl wil aanteken, moet Vorm C (soos voorgeskryf in Goewermentskennisgewing R223 van 9 Maart 2001) ingevul word.
Waar die interne appèlprosedure gevolg is en die aanvraer nog steeds nie tevrede is met die uitkoms nie, mag ’n hof genader word vir ’n toepaslike bevel. Toegang tot ’n rekord sal weerhou word tot tyd en wyl alle toepaslike gelde betaal is. Inligting mag namens ’n ander persoon aangevra word, maar die hoedanigheid waarin die versoek gerig word, moet aangedui word. Indien ’n aanvraer nie in staat is om te lees of skryf nie, of vanweë ’n gestremdheid nie die vorm kan invul nie, kan die versoek mondeling gerig word. Die inligtingsbeampte of ’n persoon vir dié doel aangewys moet dan die vorm namens sodanige aanvraer invul en aan hom/haar ’n afskrif van die ingevulde vorm beskikbaar stel. 6.
DIENSTE BESKIKBAAR VIR DIE PUBLIEK ARTIKEL 14(1)(f) Die Departement van Landbou het sowel interne as eksterne kliënte. Die interne kliënte van die organisasie bestaan uit die Ministerie en die Departement van Landbou, die organisasie se topbestuur, ander direktorate en subdirektorate binne die organisasie (bv. navorsers, voorligtingsbeamptes en opleidingspersoneel). Die eksterne kliënte bestaan uit boere (landbouprodusente en hul organisasies), landelike gemeenskappe, verbruikers van landbouprodukte, ander nasionale en provinsiale staatsdepartemente, verwerkers, handelaars en verskaffers van landboukundige voorrade, finansiële instellings, buitelandse handelsvennote, nieregeringsorganisasies, tersiêre opleidingsinstellings, ander landboukundiges, stadsbeplanners, konsultante, plaaswerkers, stadslandboukundiges, private veeartse,
natuurbewaringsorganisasies,
studente en munisipaliteite.
navorsingstrusts,
statutêre
rade,
Die organisasie lewer dienste op versoek van kliënte of deur bemarking van dienste tydens persoonlike kontak, boeredae en voorligtingsessies, asook deur middel van inligtingstegnologie (die Internet).
Bemarkingstrategieë met
betrekking tot die vestiging en lewering van dienste moet optimaal versprei word om aan te pas by die behoeftes van verbruikers, maar ook ooreenkomstig die beskikbaarheid van finansies en mensehulpbronne. Wat dienste betref, verskil die verhouding tussen verskaffer en verbruiker. Die kliënt maak staat op die verskaffer vir advies, en die kliënt verkies ook meer direkte kontak en onderhandeling met hierdie organisasie. 7. INRIGTING WAT VOORSIENING MAAK VIR BETROKKENHEID BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN DIE UITVOERING VAN FUNKSIES ARTIKEL 14(1)(g) Die Departement woon verskeie uitstallings by wat deur ’n hele reeks kliënte besoek word. Verskillende teikengehore word by loopbaanuitstallings, expo’s, boeredae en velddae, asook streekkongresse, ens. aangetref. Die Departement neem aan nywerheids- en landbouverwante forums deel. Die Departement betrek voorheen benadeelde boere deur die ondersteuning van die totstandbrenging van distriksvlakverenigings. ’n Stelsel vir ministeriële navrae word gevolg, wat voorsiening maak vir interaksie met individue of groepe gegrond op beleid. In gevalle waar beleidsriglyne nie bestaan nie, word die kwessies in beleidsformulering ingevoer. 8. REGSMIDDELE BESKIKBAAR TEN OPSIGTE VAN HANDELINGE OF VERSUIM OM TE HANDEL ARTIKEL 14(1)(h) Wetgewing wat op die Departement van toepassing is, mag voorsiening maak vir ’n interne heroorwegings- of appèlprosedure.
Indien sodanige prosedure nie ’n
oplossing bied nie, of waar geen voorsiening vir sodanige prosedure gemaak is nie, mag ’n hof genader word vir ’n toepaslike bevel.