WINTER 2016
R29 (BTW ingesluit)
C@ntrol MSS
Inhoud VOORGROND 6
Redakteursbrief Weerloos én waardevol
GEMEENSKAPPE 66
Perspektief ’n Taxi na ’n ander wêreld
8
Penorent & OppiWEB Bly op hoogte met die ATKV!
70
Heilsleêr ’n Lêplek vir die ontheemdes
10
Taalwag Rosie se ander naam
76
Fotostorie Die winkel anderkant die brug
11
Hemelbesem Die skerm regeer
82
Woordpret Blokkiesraaisel
13
Harry Kalmer Die stem
83
Koos Kombuis Die nuwe orde
15
Oppirak Die beste boeke en musiek vir jou lees- en luistergenot!
114
Godsdiens Wat’s jou storie?
26
Flori & Koelsoem Die kospotte van bonteheuwel
86
Standpunt Om die hoed te hou
29
Drikus Barnard ’n Disko op die hoofweg
87
Projekte Pret by KKNK en die Oesfees
32
Somerfaan Zombies en ruimtewesens
94
Onderwys Erkenning aan uitblinkskool
34
Kunstefeeste Die toekoms van kunstefeeste
96
Oorde Ontmoet Die Koekemoers!
42
Simon Witbooi HemelBesem vee met die taal
98
Lapa Sterk vroue in fiksie
46
Voorblad Liefde in die tyd van kwesbaarheid
100
VVA Word ’n boekfluisteraar
102
Taal Blink visse vir Afrikaans
107
Taknuus Ons takke dra die fakkel!
113
Ledesake Kom Tjiengelieng saam!
ONDERWYS 52
Geskiedenis Die verlede deur nuwe oë
TAAL 56
Moedertaalonderrig Ken jy die rykdom van ons tale
ATKV-NUUS
KULTUUR 60
4
Ballet Lyfvertolking TaalgenooT | WInTeR 2016
46
26
60
54
88
76
107
WINTER 2016 | TaalgENooT
5
Voorgrond | REDAKTEURSBRIEF
“Alles vAn wAArde is weerloos.” – LuCEBERT, de zeer oude zingt
Weerloos én waardevol
W
eerloos. Hulpeloos. Naak. Uitgelewer aan die opinie van die laagste gemene deler, aan die oordeel van die massa. En tog: Iets wat steeds – en juis vanweë bogenoemde – waardevol is. Soos Taalgenoot: Vir die afgelope vyf jaar al my kop se tuiste. En met dié uitgawe neem ek afskeid. Op pad na ’n ander, oper horison. Bittersoet, inderdaad. Die soet: Om met van Suid-Afrika se beste skrywers, fotograwe en illustreerders saam te werk, en saam met hulle iets te skep wat mense aan die praat – en aan die lees – gekry het. Carryn-Ann Nel se stem oor die foon toe ons haar laat weet sy’t ’n PICA vir haar Koos Kombuis-artikel gewen. My hart se gebons toe ek die eerste keer ’n e-pos van Adam Small in my inboks kry. Willem van der Berg se lieflike fotostories wat ’n mens behoorlik aan’t ween kon sit. Herman Lategan se wonderlike, weemoedige verhale. Alles dinge wat ons deel van een van die sterkste tydskrifte in Suid-Afrika gemaak het. En ons voorblaaie. Om saam met Juanita Kotzé te werk en iets betowerends te skep. Tannie Hettie se oorrompelende Rieldans-voorblad – een van die toptien voorblaaie in Suid-Afrika in 2015. Sandra Prinsloo. Willem Boshoff. Christiaan Olwagen. Om Antjie Krog, een van my ikone, deel te maak van ’n fotosessie. Ek het die voorreg gehad om een van Taalgenoot se mees weerlose – en waardevolle – voorbladfotosessies nóg by te woon met die skep van 2016 se winter-uitgawe. Erik Holm en Tinarie van Wyk-Loots
het vir ’n middag lank hul unieke verhouding met ons gedeel. Die akteurspaartjie se vertroue in ons het ons nederig gelaat. Maar meer nog – hul liefde vir mekaar is ontsagwekkend. En in een van die mooiste foto’s van die dag het dié twee saam met ons een van Annie Leibovitz se mees ikoniese foto’s herskep: Dié van Yoko Ono en John Lennon saam, Lennon kaal en weerloos, kort voor sy dood. Die oud-Beatle was blykbaar op die dag van die fotosessie heel nukkerig, niks lus om saam te werk nie. Die foto was nie wat Leibovitz beplan het of wou neem nie – maar dit was die foto wat móés gebeur het. In ons weergawe is Erik geklee, beskermd, en Tinarie naak – en saam is hulle kuns. Ongelukkig sal jy nie die foto in Taalgenoot sien nie. Dis deel van die bitter, dáái. Ons vernietig dikwels dinge van waarde omdat ons nie besef hoe delikaat dit is om in stand te hou nie, hoeveel dit gekoester moet word nie. En ook omdat ons die ongewone nie vertrou nie – alles móét asseblief tog net in ’n boksie pas. Maar, om Dylan Thomas so effe te slag: Gelukkig is daar ook altyd mense wat verwoed voortveg teen die kwyn van die lig. Dis immers die enigste manier om as mens voort te bestaan: Om elke nou en dan ’n ander perspektief aan te gryp. Bietjie te grawe, deur ander oë die wêreld te bekyk. Iets wat ek nou self gaan moet doen in die nuwe avonture wat op my wag. Skrikwekkend, maar tog wonderlik. So, hier is die winter-uitgawe van Taalgenoot. Sy’s lieflik. En weerloos. En waardevol. Lank mag sy voortleef. Donnay
RedakteuR Donnay Torr aSSISteNt-RedakteuR Johan Jack Smith PRodukSIeRedakteuR Martie Swart uItLeGkuNSteNaaR Marelise Scholtz taaLveRSoRGING Marli Swanepoel, Delia du Toit, Jacques Liebenberg en Marietjie du Plessis INtekeNaRe Lillian Meyer 011 919 9112 of
[email protected] of
[email protected] bemaRkING & adveRteNSIeS Brink Olivier: 072 842 1159,
[email protected] Johann Raath: 082 896 7197,
[email protected] dRukkeRS Paarl Media Cape veRSeNdING Prosource Technologies (Pty) Ltd taaLGeNoot Vir redaksionele of advertensienavrae Posbus 4586, Randburg 2125 Tel.: 011 919 9000 • Faks: 011 919 0208 Vrybelnommer: 0800 00 2209 E-pos:
[email protected] Webwerf: www.atkv.org.za atkv-HoofkaNtooR Vir adresveranderings of ledenavrae Posbus 4586, Randburg 2125 Tel.: 011 919 9000 • Faks: 011 919 0205 Vrybelnommer: 0800 00 2209 E-pos:
[email protected] Webwerf: www.atkv.org.za LaPa uItGeweRS Posbus 123, Pretoria 0001 Tel.: 012 401 0700 • Faks: 012 401 0734 E-pos:
[email protected] ooRde buffelspoort Die Oordbestuurder, Privaatsak X222, Mooinooi 0325 Tel.: 014 572 1000 • Faks: 014 572 1010 E-pos:
[email protected] drakensville Die Oordbestuurder, Posbus 53, Jagersrust 3354 Tel.: 036 438 6287 • Faks: 036 438 6524 E-pos:
[email protected] eiland Spa Tel: 015 386 8000 • Faks: 015 386 8032 E-pos:
[email protected] Goudini Spa Die Oordbestuurder, Posbus 47, Rawsonvile 6845 Tel.: 023 349 8100 • Faks: 023 344 3158 E-pos:
[email protected] Hartenbos Die Oordbestuurder, Posbus 3, Hartenbos 6520 Tel.: 044 601 7200/19/21 • Faks: 044 695 0770 E-pos:
[email protected] klein-kariba Die Oordbestuurder, Posbus 150, Warmbad 0480 Tel.: 014 736 9800 • Faks: 014 736 3457 E-pos:
[email protected] Natalia Die Oordbestuurder, Posbus 11, Winkelspruit 4145 Tel: 031 916 4545/6 • Faks: 031 916 2212 E-pos:
[email protected]
TG word uitgegee deur die ATKV, Posbus 4586, Randburg 2125. Die menings uitgespreek in TG weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunt van die ATKV nie. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Alle medewerkers, fotograwe en kunstenaars doen afstand van hul outeursreg sodra ’n bydrae in TG gepubliseer is. TG neem nie aanspreeklikheid vir die taalkorrektheid of voorkeur van die taal van adverteerders of advertensies nie. Die menings en standpunte uitgespreek deur lesers, skrywers en kunstenaars in TG is nie noodwendig die standpunt van die ATKV nie.
Koebaai, Donnay! Dis ’n nuwe seisoen. en nuwe seisoene bring veranDering. Donnay Torr heT seDerT haar aankoms by Die aTkv in 2011 TaalgenooT en HoeziT! na nuwe hoogTes geneem as reDakTeur. haar byDerweTse Denke, visie en enToesiasme heT gesorg DaT TaalgenooT een van Die besTe afrikaanse publikasies is waT wyD gesag afDwing. Die reDaksie by TaalgenooT en HoeziT!, asook Die aTkv, beDank haar vir haar voorTreflike Diens en wens haar alle sTerkTe Toe.
joernalistiek was aansteeklik. Jy het altyd die wonderlikste idees gehad en ’n algemene kennis soos min. Maar baie belangriker as dít, was die lekker vriendskap wat ons kon smee. – Fanie Viljoen, skrywer Donnay, dankie vir die afgelope twee jaar. Dit is wonderlik om te kan werk saam met ’n redakteur wat ewe veel omgee vir haar publikasie én haar skrywers. Dankie dat jy my vrye teuels gegee en my vertrou het om met ’n ordentlike artikel terug te kom. – Louise Ferreira, joernalis en skrywer
Ek kan nie glo ons tydjie van saamwerk is al verby nie. Dit voel soos nou die dag dat jy ons nuwe Hoezit!- en Taalgenoot-redakteur geword het. Jou entoesiasme vir
Dit is vir my hartseer dat jy vertrek omdat jy ’n vars stem met ’n oop kop na Taalgenoot gebring het. Jy het jou stempel op die publikasie afgedruk; ’n tydskrif wat nie net visueel prikkelend is nie, maar ook een wat woorde laat bewe en lewe. Op elke blad. Jy het my mallighede en onsekerhede met sensitiwiteit en empatie bestuur. Nie baie mense kry dit reg nie! Jou stil vertroue was die dryfkrag wat geboorte kon gee aan die ontwykende woorde op die leë bladsye voor my. Dankie. – Herman Lategan, skrywer
Hiermee wil ek dankie sê vir alles wat jy die afgelope paar jaar gedoen het. Al die lekker saamwerk by Taalgenoot en Hoezit! Ek het groot waardering vir hoe jy jou werk gedoen het; die onverskrokke manier hoe jy die leisels oorgeneem en jou briljante visie gebruik het om hierdie twee vlagskippublikasies te bestuur. Dalk weet jy dit, of dalk weet jy dit nie – maar Taalgenoot het onder jou leiding gegroei tot een van die gesaghebbendste tydskrifte in Afrikaans wat aandag getrek het oral waar mense dit gelees het. En, flippit, julle het mooi voorblaaie gemaak! – Jaco Jacobs, skrywer Vir meer briewe aan Donnay, besoek Taalgenoot se Facebook-bladsy.
7
Penorent Afrikaans, my taal Afrikaans is 91 jaar oud vanjaar en as ek die woorde in my hart glo, “Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van die see”, verrys ons taal wat al so lank heers. ’n Taal wat sag rol oor ons tong, suiwer klanke wat ons vul. Soms luister ek na ander tale, en dan tref die mooi van Afrikaans my weer. Ek is dankbaar oor die “groot waagstuk” in 1925, soos NP van Wyk Louw dit beskryf: “Dit was ’n groot waagstuk om Hollands as ’n gevestigde taal te laat vaar.” Vandag hang daar ’n vraagteken oor die bestaan van ons taal en ek glo saam met Breyten Breytenbach dat ’n taal aan die lewe gehou word deur sy mense wat hom praat, wat hom sing, wat hom lees en wat in hom preek. ’n Taal is ’n lewendige ding wat verander saam met die tyd. Dis my taal, elke Afrikaner se taal en ek glo dat ons almal nog lank Afrikaans sal praat. Die voortbestaan van ’n volk en taal is nie iets wat veilig weggebêre moet word nie, maar dit moet daagliks deur wil en daad geskep word. Afrikaans sal altyd voortleef solank ons ons mooi taal bly praat. – Heleen Malherbe
Heleen Malherbe ontvang ’n boekgeskenkpak ter waarde van R800 van LAPA Uitgewers.
Waanzin Ik ontving op het Woordfees het zomernummer van Taalgenoot (waarvoor dank). ATKV spant zich in voor het behoud van Afrikaans. Waarschijnlijk een zinvol initiatief. Het is voor mij als buitenlander onmogelijk om daarover te oordelen. Ik denk wel dat Afrikaans op termijn (2-3 generaties zal verdwijnen). Zie hiervoor de bijlage. Ik schreef dit in 2009. Daarmee moet men rekening houden bij het lezen. Maar veel verandert dit niet aan de conclusie. Dit is niet waarom ik schrijf. Op blz 7 is er het artikel van de redacteur (“Levensirkel”). Bovenaan staat een zin uit Le petit prince maar wel, o gruwel, in het Engels. Weet wel dat Antoine de Saint-Exupéry nooit in Engels schreef. Deze zin is de Engelse vertaling van een Franse zin. Waarom deze zin niet vertalen in het Afrikaans? Het gebruik van Engels voor citaten is algemeen in het Afrikaans. Volgens aanhalingen in Afrikaanse boeken schreven: Proust, Camus, Marx, Freud, .... in het Engels. Zelfs tijdens het romeinse rijk sprak men Engels. Waanzin!!! Als men een auteur waar dan ook citeert zijn er slechts twee mogelijkheden: 1. Citeren in de taal waarin het geschreven werd (Engels, Frans, Duits, Latijn, oud-Grieks....) 2. Het citaat vertalen in de taal van de tekst waarin het geciteerd wordt. Met de aanhaling uit Le petit prince waren er twee mogelijkheden: Frans en Afrikaans. Engels is geen mogelijkheid. Met vriendelijke groet. – Prof. dr. sc. Erik Van der Straeten
In AfrIkAAns, AsseblIef!
Ek het gister ’n Taalgenoot vir die eerste slag in die hande gekry. Wat ’n lieflike, insiggewende tydskrif – met interessante leesstof, en mooi uitgegee. Geluk daarmee! Wil net so ’n bietjie kla, en dit oor die hoofartikel: “Lewensirkel”. ’n Mooi artikel, met ’n onnodige Engelse aanhaling en term daarin. In Afrikaans sê mens liewer “lewenskring”. Dit was nie nodig om die aanhaling uit Saint-Exupèry in Engels aan te haal nie. Die klein prinsie is in die jaar toet reeds deur André P. Brink in Afrikaans vertaal. En selfs al kon jy nie die vertaling opspoor nie, kon jy die aanhaling 8
self uit die Engels vertaal het – of iemand gevra het om dit vir jou uit die Frans te vertaal. Kan tog nie so moeilik wees nie! Dit is ook heeltemal onnodig om die Engelse vertaling vir “lemoenvlinder’” in hakies aan te gee – so al of alleen die Engelse term nou eintlik gewig aan die Afrikaanse term verleen. Nee, wat! Beste wense vorentoe. Jy kan maar trots wees op jou tydskrif. – Marietjie Luyt (Ons bly op die uitkyk vir sulke goggas. – Red.)
TaalgenooT | WinTer 2015 IEtS tE Sê? Skryf VIr onS by
[email protected] of Stuur ’n brIEf na TaalgenooT, PoSbuS 4586, randburg, 2125.
Oppiweb teken in op taalgenoot Toe, jy weet jy wil! Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans. Jou opsies is: Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.
Kontak Lillian Meyer by
[email protected] of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die doen-dit-selfdrukbare vorm en besonderhede: http://www.atkv.org. za/Korporatief/Tydskrifte/Taalgenoot/TaalgenootIntekenvorm. ATKV-lede: Het jy geweet? Jy kan nou kies om óf ’n digitale weergawe van Taalgenoot óf ’n drukweergawe te ontvang! Gesels met Lillian Meyer vir meer inligting:
[email protected] of 011 919 9112. Sien bladsy 41 vir die kans om ’n Fossil-horlosie te wen!
Hoor dié geklets!
’n Proesel van die sêgoed en gesprekke op ons Twitter- en Facebook-bladsye.
jou taalgen
Ek het my nuwe Taalgenoot gespaar vir OOT die naweek en het dit pas deurgeblaai. N E G L A A T
ot
IN LIGTER
skerpskerts!
LUIM HERFS 2016
HER FS 2016 R29 (BTW ingesluit)
Dit is voorwaar ’n tydskrif om op trots te wees, van die gehalte papier wat gebruik word tot die artikels en besprekings. Ek is versot op my taal en waardeer ’n tydskrif wat moeite doen om sy lesers op te voed sowel as te vermaak. Afrikaans is nie slegs my taal nie, dit is my wese, dit is my ís! – Mariana Swanepoel Nel
My suster Yoma gesels hier met Taalgenoot en noem ’n hele paar diep goed! Dis baie meer as rympies en geluidjies maak. Daar is ’n groter betekenis in wat sy doen. Dankie, Taalgenoot! #YOMAisAFRIKAANS #KATALIS #Taalgenoot Hannie Rautenbach, dankie vir oulike prente by idiome. Sal beslis in onderwys die doel dien. Gawe gedagte, Hoezit!! Hermi Nel @herranel Sit en lees aan my @Taalgenoot en raak bladsy vir bladsy meer versot op die tydskrif, die
insiggewende rubrieke, die ongelooflike mooi illustrasies – en dit alles in die mooiste taal. #VersotVerliefVerslaaf Barend Grundling @BarendG Tyd vir ontspan. Ek en my kaggelvuur en my @Taalgenoot. #Salig Ek is absoluut mal oor julle nuwe voorblad. Dis treffend! – Antoinette Schoeman Wonderful to win an ATKV Media-Veertjie for our story that we did on Kruger’s road rules for 50|50! – Bonné de Bod Die artikel oor humor is baie insiggewend. Nooit gedink dat lag so ernstig kon wees nie! – Berto van Niekerk Henk Petzer @HenkieHenk Shoki Mokgapa het my hart gesteel in die Afrikaanse fliek Sink. Dankie, @Taalgenoot dat julle haar storie met ons gedeel het. Watter lekker verrassing om die godsdiensrubriek agterin Taalgenoot te lees! Dit laat my hart sommer warm klop. Wat ’n mooi storie. – Ds. Henk Botha
Klets saam
Kom kuier saam met TG en die ATKV in die kuberruim! TG is ook nou op Twitter, so kom neem deel aan die gekwetter. Gaan kuier sommer ook by die ATKV se amptelike Facebook-, Twitter- en YouTube-blaaie. Hier is die skakels: www.facebook.com/taalgenoot www.twitter.com/Taalgenoot www.youtube.com/ATKVBemarking www.facebook.com/ATKVSA www.twitter.com/ATKVSA WINTER 2015 | TaalgENooT
9
Rosie se ander naam Deur Dorette Prinsloo
T
oe “Willem Wikkelspies” donkiejare gelede oor die roos en haar naam gepraat het, het hy beslis nie geweet wat die Afrikaanssprekende “bende” (met sy uitspraak en moontlike onkunde) met name gedoen kan kry nie! Eintlik het die regerende party maar net gedink dat hy sekere landgenote se hokke met sy ontydige, en moontlik ontstellende, naamsveranderinge gaan skud. Die verrassende: Hy het dit mis! Niemand kry dit beter reg as juis óns nie! Ons was gewoond aan die ouer garde wat gereeld na “Jannewarie” en “Feberwarie” verwys het, maar tog is die jonger geslag nie ver agter nie. Die eerste voorsmakie het ek jare gelede in ’n redenaarskompetisie beleef. Die stukke wat leerders in die afdeling vir onvoorbereide lees gebruik, bevat nuuswaardige materiaal en derhalwe ook kundige uitsprake. Die onderwys was weer in die kollig, en byna sonder uitsondering is daar na “minister Pandora” verwys. (Ja-nee, hou toe! ’n Mens kan nie help om te wonder wat daar sou kon uitspring nie!) ’n Oos-Gauteng-redenaarsuitdun in 2016 (wat oor fliek handel) het vir die volgende kleurryke verwerkings gesorg: Leon “Choester”, Leon “van Nierdorp” en Barry “Roundzj”. (In hierdie trant kan ons “popkôn” maak en na “birleskwê” kyk!) Dis dan sekerlik ook nie vreemd dat alle lewensterreine geraak word nie. Op gesondheidsgebied kan ons van “Tim Noe-ha-kis” lees en wat musiek betref, het die geskiedenis interessante komponiste opgelewer: “Chou-pin”; “Biet-hou-win”, “Pêtschil-bêl” en (die skokkendste) “Batsch” was dalk in ’n vorige lewe Chopin, Beethoven, Pachelbel en Bach. Daarby was “Tou-tie-jis” vermoedelik eens Totius, maar… “Ag man, selle ding,” sê ons gewoonlik. (Seker maar die Rose se other name.) Wanneer jy ’n Suid-Afrikaner (met die klem op Afrikaans) is, is dit ook heel moontlik dat jy jou in ’n oogwink op ’n vreemde plek kan bevind. As jou man (oorspronklik van die Vrystaat) sê hy gaan Nelspruit (Mbombela) toe, maar jy vind later uit hy was in Pietersburg (Polokwane), het hy nie noodwendig
10
daaroor gelieg nie, want: “Polomolokwe kan mos enige blêddie plek wees, man!” As jy Eastgate toe gaan, kan jy by “Ster-Kaainkor” gaan fliek, en as jy aan die TUT studeer, kan “Tswane” (volgens laerskoolleerders) vele vorme aanneem: “Teisjoehane”, “Tscheshwene” of “Ts... Sw… Ag... universiteit.” (Ons voorouers sou hier seker maar na die allesinsluitende whatshimikollit, hoesenaam, watsenaam of watsedinges verwys het.) Só foeter al wat Afrikaans is ook met “Brussels” in plaas van Brussel en “Poland”, wat maar net Pole is. (Gelukkig werk dit darem nie so met Holland nie!) Ander name kan weer, snaaks genoeg, verkort word. As jy in Meyerton, Germiston of Alberton bly, kom jy gewoon van “die Tonne” af. Dis belangrik om te weet, want die Tonne word onderskei van “die Panne” (souterige, brakkerige panne…). As jy in die groter metropool van die “B-Triangle” bly, bevind jy jou in Boksburg, Benoni, Brakpan of “Brings”! (Smaak my hier sal beslis ook aan wiskunde aandag gegee moet word.) Die groot treffer is verkeerde klem, wat groot konsternasie (en pret) tot gevolg het. Charlene het trompet in die “kadi-tórkis” gespeel, en “si-dêrt” sy daar begin het, het haar familie al twee keer getrek. Hulle bly nou in ’n “gi-wêldakhuis” en haar pa kyk elke middag met die “vir-kyker” na die bure se agterplaas. Sy probeer die Bybel deurlees, maar trek nou eers by “Nu-meerie”. Sy lees Kringe in ’n bos en wonder wat die “pata-trank” is waarvan hulle praat. Haar sussie praat van “Aris-toe-têllis” en Charlene wonder of hy ook op die dorp bly… Eisj! Soms is dit dalk beter om eerder anderpad te kyk (of te luister). Ek vermoed as oom Willem vandag nog geleef het, het hy vir hom ’n stewige glas “mer-lót” geskink en maar ’n “Weilium” of twee gesluk!
taalgenoot | lente 2015
DORETTE IS DEEL VAN DIE ATKV-TAK KLANK-EN-KLEUR. ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN.