Nommer 1-Augustus
lE
1944
LIGD
TYDSKRiF
Vf\N
VERENIGING
AE
DIE CHRiSTELIKE
VAN
SUID-AFRIKA
..
JULLf
JESUS
TE WEET
CHRISTUS
EN
NIE
HOM
BfHALWE
AS
CEKRUISICDE • ItOR. t n•.•2...2,.
'osbus 275,
"
' '-~~--....---
~_
..
-
~ ~_.-._~---._-..
) INLEIDING.
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hotn sien, oak hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal 001' Hom rou bedryf; ja, Amen' Openb. 1 vers 7.
SAL
EK, SAL
(
(~
JY?
if
Iemand sal g"aan deur die hemelpoort, Reeds so naby, reeds so naby. Smaak van die vreugde so lank gehoord. Sal ek, sal jy? Sal ek, sal jy? Iemand sal gaan op die goue straat, Vry van gevare van sond' en kwaad, Deel reeds vir ewig die saal'ge staat. Sal ek, sal jy? Sal ek, sal jy?
I [ id)
i \
l
Iemand word gou van die kruis bevry, Nie meer te ly, nie meer te ly, Om van sy Heiland die kroon te kry. Sal ek, sal jy? Sal ek, sal jy? Hy sal die Koning dan daar aanskou, Vry van trane en smart' en rou, Ewig gered deur sy Heiland behou. Sal ek, sal jy? Sal ek, sal jy? Iemand sal klop by 'n deur gesluit, Buite moet bly. Buite moet bly. En Hy sal hoor: "Bly nou ewig uit!" Sal ek, sal jy? Buite moet bly. Iemand sal roep,maar nie word verhoor, Vind sy geluk is vir ewig verstoor, Hy het dan die kans vir 'n kroon verloor! SAL EK, SAL JY? SAL EK, SAL JY?
2
J
//
( \
\
\
\
(
(
Dit is 'net harte vol van dankbaarheid aan ons liefdevolle Hemelse Vader, dat ons waag om die eerste uitgawe van die tydskrif van ons Kerk die lig te laat sien. Die begeerte om so'n blad uit te stuur, het reeds lankal ontstaan, en die vertraging was grootliks toe te skryf aan die tekort aan werkers wat die verantwoordelikheid van die taak op hulle kon neem. As gevolg van die uitgestrektheid van ons gemeente en die onmoontlikheid om in 'n gedurige voeling met elke gemeentelid afsonderlik te bly, is besluit om hierdie tydskrif te laat druk. Langs hierdie weg wil ons dan ook vertrou op die onderlinge medewerking van elke lid van die gemeente, sodat die liggaam wat bestaan uit vele lede, tot volmaakte diensbaarheid kan groei, tot uitbreiding van die Koninkryk van Jesus Christus, en tot verheerliking van Sy Naam. Deur middel van die blad sal die lede op hoogte bly met die werksaamhede van ons kerk, wat ten doel het die redding van kosbare siele, en die verwesenliking van die geesgevulde toegewyde kind van God, op die weg van Heiligmaking, volgens Sy woord. Die geleentheid word u aangebied, leser, om u deeltjie by te dra tot die uitvoering van hierdie groot en heel' like werk, deur middel van getuienisse, voorbidding, danksegging, of 'n woordjie van 8anmoediging aan verlore siele. of aan kinders van die Heel' wat reeds koud geword het. Liewe broer en suster, moet tog nie langer uitstel nie, dit mag u laaste roepstem wees, en waar gaan u dan die ewigheid deurbring? Tel die dinge van die wereld dan meer as u eie kosbare siel, wat onsterflik is? Word stil en luister na die noodkreet van siele wie oomblik na oomblik verder wegsink na 'n ewige rampsaligheid, en u staan magteloos daarteenoor, omdat u nog nie die gereinigde kanaal is waqrdeur die Heiland Sy lewende water kan laat vloei na 'n verlorer:,aande wereld, om te red uit die mag van die duisternjs. Sal (}od nie een of meer van daardie siele van u eis omdat u, die lig geken het, die weg geweet het, Sy stem gehoor _,het, maar nie gedoen het nie? Mag ons op u gebede staatmaak to sodat ons deur die krag en genade van ons Hemelse Vader kan . volhard met hierdie werk. wat begin is in die na~."1 van Jesuf Christus, die Gekruisigde.
S. P.SI\h.
BOODSKAP VAN ONS LERAAR.
Graag ·neem ek die geleentheid te baat om die verskYfling van die eerste uitgawe van ons tydskrif, "Die Ligdraer", van harte te verwelkom. My gebed is dat die Heel' se rykste seen daarop sal rus, en dat dit tot groot seen mag wees vir aImal, en sal strek tot uitbreiding van Sy Koninkry~, en verheerliking van Vader, Seun en Heilige Gees. 3
•
Reeds vir 'n geruime tyd het ek verlang om deur mid del van 'n tydskrif al my broers' en susters toe te spreek. Ek begeer dat julle volkome bewus sal wees van aUes wat die Here van tyd tot tyd aan my bekend gemaak het. So vel' dit in my vermoe is. sal ek al die Goddelike openbaringe aan u bekendstel. In Desember 1941 het die Here die volgende boodskap aan die gemeente gestuur, nl. dat almal in 'n veilige plek moet invlug, want ons lees: "Hulle wat sit in die skuilplek van die Allerhoogste, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige." Bwers en susters. dit is 'n dringende roepstem, want ek weet nie wat die Here ten doel het nie, maar vlug in. voordat dit te laat is, sodat julle behoue kan word. Daar in die Veilige Oord by Christus het ons 'n bewaarplaas, waar die dood lig is, die verdoemenis gesluit; daar ondervind die mens die volle krag { van die Heilige Gees, die volmaakte Liefde van God in sy hart, en word die mens aangedaan met die volle wapenrusting Gods. Efese 6 vel'S 10 tot 18: Vvaarvoor alle magte van satan terugdeins; daar is dit waar die Here se: "Kyk ek gee u volle mag 001' die krag van die vyand: Efese 6. Die Here bring die mens in 'n waardige staat, al sy sonde word vergewe, hy ontvang 'n nuwe hart en lewe versigtig, welbedag, nederig en verdraagsaam. 'n Paar maande gelede het die Here weeI' aan my geopenbaar dat Hy nie tevrede is met Sy yolk nie. Hulle verlustig hulle te veel in wereldse gesprekke en deel in sake wat die geestelike lewe benadeel, hulle besoek mekaar te min, praat nie genoeg van die Here, en verwaarloosdie gemeenskaplike gebed. Dit doen die Heel' se Naam oneer aan om van mekaar kwaad te praat, want dit breek die volmaakte liefde en vernietig die Goddelike plantjie in die siel wat moet opwas vir die Ewige Lewe, Die Here verlang u moet meer vir Horn werk, meer praat oar die Ewige Dinge. vir mekaar bid en volhard in die gereelde I Godsdiensoefeninge. Die swakste lid is onmisbaar vir die liggaam en:;;o ook is die persoon wie die swakste is en wie horn die swakste gevoel, bruikbaar in die diens van ons Heel', om vir krankes te bi( siele na Jesus te lei, vir verlore siele te bid en om soekende Biele aan t', nelp, en om 'n lewende getuie te wees vir die Here: 001<- o,,:: Le doen wat u hand vind om te doen, sodat die Koninkryk van Christus uitgebrei sal word. Hulle wat geroep is om die Evangelie te versprei, moet hulle roeping waardig uitvoelj het gese: Jullebo-op is die lig van die Wereld. en diewant sout die van Here die aarde. 'n Stad 'n berg kan nie verberg word nie. Die Here verwag dat alle lede moet meehelp om siele te wen vir die Hemelse Koninkryk. Gedurende Pinkstertyd het die Here geopenbaar dat Sy yolk mekaar van harte moet vergewe. As daar enige geskil is, moenie met andere daaroor praat nie, maar gaan praat met die betrokke persoon. Ons lees in Joh. 17 v. 21, 23: "Opdat zij all en 4
(
een zijn, gelijkerwijs Gij Vader in Mij en Ik in D, dat ook zij in ons een zijn, opdat de wereld geloof dat Gij Mij gezonden hebt." v. 23: "Ik in hen en Gij in Mij, opdat zij volmaakt zijn in een, en ppdat de wereld bekenne, dat Gij Mij gezonden hebt, en hun lid 'gehad hebt gelijk Gij Mij liefgehad hebtl" Hier sien ons die gesindheid wat die Here verlang van Sy volgelinge .. Ons lees in vel'S 20: "En Ik bid niet alleen voor deze, maar ook voor degenen die door hun woord in mij gelooven zullen." Die Here verwag dat Sy kinders die volle liefde besit, Versoen met mekaar en vergewe mekaar. Die liefde is die band van die volmaaktheid wat die Vader ons wil gee, want God is Liefde. Die liefde verdra alles, is lankmoedig, goedertieren, is nie afgunstig nie, handel nie ligvaardiglik, is nie opgeblaas nie, handel nie ongeskiktelik, soek nie haarself nie, word nie verbitter nie, dink nie kwaad nie, en is nie bly 001' die ongeregtigheid, maar is bly met die Waarheid. Die liefde bedek alle dinge. geloof alle dinge verdra alle dinge. 1 Kor. 13. Paul us se: "Wie salons skei van die liefde van Christus? Verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede, of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons s'al kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie." Rom. 8 v. 35, 38 en 39. So verstaan ons dat die Here van sy Volk begeel' eensgesindheid, Heiligheid, lidde en vrede. Laat ons dan saam staan in die ~werli:van ons Meester. Die swakste lid moet oak behulpsaam wees', dan kan ons seker wees dat herlewing waarna ons so vuriglik verlang, spoedig in ons midde sal begin F. J. ROOS.
ONTSTAAN ,(
VAN DIE CHRISTEUKE SUID·AFRIKA.
VERENIGING
VAN
In 1885 het lede van verskillende kerke, o.a. die Ned. Herv, of Gere£. Kerk, en die Ned. Hervormde Kerk. die noodsaaklikheid ingesien om ernstig te bid vir die ontvangs van die Heilige Gees. P. A. Swanepoel, na wie weeI' later verwys word, was ouderling van die Ned. Herv. Kerk te Witpoort, distrik Wolmaransstad, en was die gekose leier van die bidure. Ander persone wat in die biduur gedeel het. was: J. J. van Rensburg (oak ouderling van dieselfde gemeente), J. A, Labuschagne, ;I.H./van Rensburg, L. J. Swanepoel, A. Spies, P. J. Visagie, A. C. Flel11ming en G.A. Rossouw. Laasgenoemde is die enigste van bogenoemde wat nog lee£. Vir 6 jaar was die bidure, wat op elke eerste Woensdag in die maand gehou was, tot groot s·een. Die aand van die 26e Desember 1891 was die biduur gel'eel in die 5
•
huis van ouderling P. A. Swanepoel. Nadat die biduur 'n aanvang geneem het, met die geleentheid vir gebed, het die leier net 'n paar woorde gebid, toe 'n ongekende krag die vertrek gevul het, wat die aanwesiges tot diepe verootmoediging gestem het. Die Heilige Gees het besit geneem van die siele en verskeie persone het die hande opgesteek met die woorde: "Dank, Here, my "iel is gered." Baie het onder oortuiging van sonde gekom, belydenis gedoen, en vergiffenis ontvang. Hierdie belydenisse is almal gedoen met gebroke harte, in droefheid en met 'n diepe gevoel van sondeskuld. Die voorval was eel'S vir die leier vreemd, maar later het hy verstaan dat dit 'n kragdadige werking van die Heilige Gees was. Wyle R. J. Swanepoel wie in die nabyheid van die huis van P. A. Swanepoel was, het getuig dat hy dieselfde tyd 'n skerp ( Jig op die huis gesien het. Hy het dadelik te perd na Klipspruit en ander omliggende plase gery en aan die mense meegedeel dat iets wonderliks gebeur het in die huis van sy broer P. A. Swanepoel. te Baviaankrans, distrik Leeuwdoornsstad. Die volgende dag het die berigte. dat die Heilige Gees op die men se neergekom het, versprei, en ook, dat baie mense tot bekering gekom het. 'n Groot deel van die mense het dit geglo en ook by die bidure aangesluit en tot bekering gekom, maar die meerderheid het dit weerspreek en op spottende wyse dit geminag. Sodoende was baie kwalike gerugte omtrent hierdie gebeurtenis versprei. 1 Kor. 2 vel'S 14. (Word vervolg in volgende uitgawe). CERED
EN HERLEWING.
In hierdie tyd van groot verwarring op geestelike. sedelike en maatskap like gebied, en gejaagdhei'd na wereldrykdom en plesier, is daar tog 'n diepgevoelde en ernstige behoefte aan ontwaking op geestelike gebied. Ons sien dat dte tyd al ernstigel' en die toekoms steeds donkerder word. en hoe hartverskeurend is dit om te sien dat Christene wat van hierdiE! toestand) bewus is. daardie onverskillige' houding inneem om die sorg•.) vuldighede van die lewe op die voorgrond te stel. Ons begeer 'n herlewing op geestelike gebied en sien die noodsaaklikheid daarvan in; maar hoe weinig is daar wat in alle erns vorentoe beur. om handelend ap te tree. Dit skyn of die magte van Satan selfs die kind el'S van die Heel' oorweldig. en hierdie sorgwekkende toestande waarin ons lewe teweegbring. Dit is betreurenswaardig om te aanskou hoedat Christene wat helde en heldinne van die Kruis was, geleidelik afdwaal. en hulle uiteindelik ook in hierdie toestand bevind. Laat ons probeer deur ons eie lewens siele na Jesus trek, en hulle begerig maak na die ewige dinge, want hoe sal ons ontvlug as ens op so'n groat saligheid nie ag geenie? Daar is maar een uitweg en dit is na die binnekamer waar ons in stille ootmoed met ons Meester kan praat. Die vurige gebed
van die regverdige het groot krag, en dis hierdie krag wat nodig is vir herlewing. Is u gewillig om saam te staan, broer en suster, en te volhard in gebed totdat herlewing 'n werklikheid geword het? Begin dan nou met 'n gebedslewe, en moet nie rus voordat herlewing in u eie hart plaasgevind het nie. Dan kan u versekerd wees dat 'n algemene herlewing begin het, en dit sal namate u getrou bly en 'n biddende lewe voer, uitbrei tot 'n kragtige wapen ter vernietiging van satans mag. Lees Ps. 85: 7. Ps. 95: 6, 7, Rom. 3: 26, Eseg. 22: 30, Joh. 6: 63, Sag. 4: 6, 2 Kron. 7: 14. Joh. 10: 10. S. P. SMIT.
j ,f
TVE
1 I
((
VAN
VERKWIKKING.
Wie kan Sondagaand 9 April 1944 vergeet, toe 'n klompie kruisgesante vel'gad er het in die huis van broer Hannes Strydom te Bentevrede. Almal was ernstig en het gevoel dat die reeks dienste \vat Maandagaand te Kaalplaas sou begin, die spesiale aandag en guns van die Hemel dringend nodig het. Dadelik is toe oorgegaan tot gebed. Smeekstemme, en trane, kenmerkend by elke gebed, het die diepe erns geopenbaar vir die redding van kosbare siele. Soos die smeekstem van die Kananese vrou, wat tevrede sou. wees met net maar die krummels wat van die tafel afvaL het ons pleitstemme saamgesmelt voor die troon van genade. Die Heel' het geantwoord. Almal was daarvan versekerd. Maandagaand 10 April het die dienste 'n aanvang geneem in die huis van suster M. Strydom. Al die opkomste was baie bevredigend. Die Heel' kon lieflik praat met siele, en Sy lieflike teenwoordigh"id was ondervind by elke diens. Elke middag om twee-uur was daar spesiale gebede opgestuur deur belangstellendes. by verskillende buise, op die landerye, en in die veld, vir die aanddienste. Kinders van die Heel' het 'n halfuur voor die aanvang van elke diens in 'n afgesonderde kamer bymekaal gekorn om die aangesig van die Heel' te soek, om die diens wat daarop sou valg. aan Horn op te dra. Na die afloop van elke diens was geleentheid aangebied vir soekende en heilbegerige .sieIe om saam te kom vir gebed. en om reg te maak met hul God. en ernstig bet ons saamgevoel en saam gepleit met die behoeftiges totdat die bloed van Jesus menige harte wit gewas het. Vrydagamd met die afsluitingsdiens het die Heilige Gees kragdadiglik in ons midde gewerk. Siele het onder diepe 001'tuiging gekom van sonde, trane van berou is gestort om also hul Verlosser met Sy reddende genade te ontmoet. Saam kon menigeen met ons uitroep en se: "Neem die wereld, gee my Jesus: Werelds vreugd gaan ras verby, maar die liefde van my Heiland bly vir ewig rvk en vry."
6
7
•
11
Na afloop van die diens het oom Willie du Preez die aan·· wesiges toegespreek. Sy woorde het tot die dieptes van elke hart deurgedring. Opnuut het sieleblydskap en Hemelsvreugde trane geeis. Kan ons ooit oom Willie se treffende sluitingswoorde vergeet toe hy met nadruk gese het: "Ek is van niks so seker <'ISdat hierdie werk Gods werk is." Op versoek van oom Willie is ons toegesing die laaste vel'S van Psalm 34: "Dat's Heeren zegen op u daal." Na hierdie laaste diens is ons op 'n wonderbare wyse gelei na 'n naburige plaas, waar die Heel' kragdadiglik ontmoet het met drie sie1e, wie hune onvoorwaardelik aan Jesus oorgegee het. Die dienste was verby en ons harte verkwik. Met 'n lafhed is ons huiswaarts. Ons loof en dank ons Heel' en Meester. want Hy het dit alles gedoen. S. P. SMIT. HUlLE
HOOGSTE
(
OFFER ....
In die jaar 303, terwyl Maximus landvoog van Cilicie "vas, met sy hoofkwartiere te Tarsus, is drie Christene met name Tarachus, Probus en Andronicu5, terwille van hulle geloof voar die landvoog gedaag. Tarachus, wie die oudste van die drie was. is eerste voorgebring. Maximus "Wat is jy?" Tarachus: "Ek is 'n Christen." Maximus (gebelg): "Wat is jy?" Tarachus: "Ek is 'n Christen."· Maximus: "Ek raai jou aan om aan die afgode te offer aangesien dit die enigste wyse is waarop jy rykdom, eel' en aansien kan verwerf. Selfs die keisers het gedoen wat ek jou aanraai." Tarachus: "Geldgierigheid is sonde en goud is net so'n afskuwelike afgod as al die and er. Wat aansien en ereposte betref, dit begeer ek nie, aangesien ek geen pos kan aanvaar waardeur ek verplig "al word om aan afgode te offer nie. Wat eel' betref. begeer ek;,;een groter eel' as om 'n Christen te wees nie. Die keisers mislei hulleself deur afgode te a,anbid en word deur die dui we1 self op die dwaalspoor gelei." 001' hierdie woorde is Tarachus se kakebeen verbrysel, is hy gegesel, met kettings gebind en in die gevangenis gewerp .. Daar moes "w le tot die ander twee ook verhoor is. Maximus (aan Probus).: "Wat is jou naam?" Probus: "Die naam wat vir my diemeeste werd is van al die name wat ek besit is ,Christen.'" Maximus: "Daardie naam sal jon nie veel baat nie. Offer aan die afgode, dan kan jy seker wees van my vriendskap en die keiser se guns." Probus: .,Ek het 'n aansienlike vermoe prysgegee om 'n krygsman van Christus te word en ek gee nie om vir jou vriendskap of vir die keiser se guns nie."
(
Hieroor is Probus ongenadig gegesel en toe Demetrius, die oifisier-in-bevel, horn op die bloed wat uit sy wonde stroom wys, antwoord hy: "Dit is vir my aangenaam om so te ly. Hoe meer my liggaam' ly en die bloed daaruit stroom, hoe kragtiger word my siel en hoe groter is my wins." Daarna is ook hy in die gevangenis gewerp en sy hande en voete in die stok geplaas. Aan Andronicus is dieselfde vraag gevra en hy het dies'elfde sired ondergaan. Drie daelater is hulle weer voor Maximus gedaag. Toe Tarachus volhou in sy weiering om aan die afgode te offer, is hy olp die verskriklikste wyse gepynig. Eel'S is vuur in sy handpalms geplaas. Daarna is hy aan sy voete met sy hoof Ha ander opgehang en 'n mengsel van sout en asyn in sy neusgate gegooi. Daarna is Probus weer voorgebring: Maximus:' ..Is jy nou bereid om te offer aan die afgode?" Probus: "Ek is nou meer' as ooit bereid om te sterf, want wat ek reeds gely het, het net my besluitvaster gemaak. Doen aan my wat jy kan en jy sal uitvind dat nog jy, nog jou meester, die keiser, nog die afgode wat julle dien, nog die duiwel wat julle vader is, my daartoe sal dwing om afgode, wat ek nie erken nie, te aanbid." Sy liggaam is toe met warm ysters geskroei, op 'n pynbank oopgespalk en gegesel. Daarna is sy kop kaalgeskeer en met gloeiende kole gebrand. Toe Andronicus nog volhou met weier, ishy gegesel en sy "vonde met sout ingevryf. Vir die derde maal is hierdie bloedgetuies van Christus voorgebring en 70e hulle volhou met hulle geloof, is hulle vir die wilde diere gegooi, en alhoewel die diere uitgehonger was, het hulle geweier om die Christene aan te raak. Toe is 'n groot beer, wat die dag reeds drie ander mense verskeur het, asook 'n verwoede leeuwyfie gebring, dog ook hulle het geweier om vir Tarachus, Probus en Andronicus aan te raak. Hulle is eindelik op 11 Oktober in die jaar 303 met die swaard gedood. So was die diere dan meer genadig as die mense. Ingestuur deur Kosie Pretorius, Pretoria.
VERSLAG
VAN
EVANGELlEREISE
IN BETSJOEANALAND.
Met betrekking tot die jongste Evangeliereise wat gedurende April 1944 in Betsjoeanaland afgele is, vers'kaf dit ons genoee om 'n verslag daarvan te gee soos meegedeel deur die twee Evangeliste wat dit waargeneem het, naamlik broers Jan Labuschagne en Attie Marais. Ons reisDlan was as volg:1) Blackheath. Die eerste besoek was afgele by broer Andries en suster Bettie Swanepoel, waar ons nie lank vertoef het nie, 9
8
•
2) MadiaGham: Ons inleidingsdiens is waargeneem in die woning van broer Sarel Smit. Dit was aangenaam om so baie mense teenwoordig te sien. Bo alles was ons dankbaar vir die teenwoordigheid van die Heel' self. 3) Brenten: In die woning van broer Pieter Smit, tydens die besoek ook aan broer Antonie Swanepoel, aIdaar, het ons 'n tweede diens waargeneem. Die opkoms' was bevredigend en die volgende dag is ons reis voortgesit na mnr. en mev. Van del' Merwe, asook broer Jim Wallaee en andere op die pIaas No. 5. 4) Ascot. Graag wil ons die geIeentheid te baat neem om mm. F. Rossouw baie hartlik te bedank vir die gasvryheid wat ons hier kon geniet, asook die aanwesiges vir hulle beIangstelling, om die diens by te woon. 5) Deelfontein. Ons volgende besoek was aan broer Stepha- ( nus Strydom en hier was die opkoms ook bo verwagting. Ons is die Heel' dankbaar vir seeninge uit Sy Milde Hand. 6) Bentevl'ede: Vanaf Deelfontein was ons reis hervat na broer Hannes Strydom. Hier het ons ook van die geleentheid gebruik gemaak om broer Peet Strydom te besoek. 7) Op Kaalplaas het ons 'n diens by suster Martie Strydom waargeneem. Ons kan ook hier ons innige dank aan haar ouers, oom Willie du Preez en sy eggenote, betuig vir hul liefcle en vriendelikheid aan ons betoon. 8) Tarree: Met behulp van die Spoorwegbus het ons hier broer Gerrie Rossouw, Roelie Wallaee en andere besoek. Nadat ons hi er ook 'n paar dae vertoef het, en 'n paar dienste waargeneem het, is ons weer terug na Deelfontein wat die sentrum van ons reisplan was. 'n Baie geseende tyd is hier deurge bring en daarna het ons vertrek na die pIaas Verlang waar broer Johnie Strydom en sygesin ons 'n hartlike welkom geheet het. Hier kon ons uok die voorreg geniet om die blinde ou moeder, suster Mieta Swanepoel te besoek. Ons kannie and el'S as om die Here te prys vir Sy teenwoordigheid hier, betoon. 9) dudea: Daar broer Jannie Duminy se plaas ongeveer die middelpunt van al die aangrensende plase in hierdie omgewing is, het ons die diens in die Kerk gehou en ook die volgende, broers besoek: Broers Fransie Roos, Henning Viljoen, Lewienie Roos, Faan Visagie, Lewies Kriel, Sarel du PIooy, en ook mm. Van Eeden en andere. 10) Kameeikop: Dit was 'n voorreg om ook 'n diens waar te neem in die huis van broers Willie en Hansie Strydom. Die belangstelling was hier net so opmerklik soos op al die ander plekke tydens ons reis. 11) Kaalspl'uit: Vanaf Kameelkop was die volgende diens by broer Kalie Strydom se huis bestel, en hi er is ook mev. Seholtz op die plaas Aliwal-Noord besoek, en ook broer Willie Fourie enmster Hester Smit te Winterhoek. Daar ons nou ons terugreis aanvaar het, het ons nog aangegaan by oroer Koot Rossouw en seun Pi et er en broer Hans
I
'\ \11
(
Pfhal. Hierv'1ndaan is ons toe na Klerksdorp, waar ons reis beeindig is. , Met verlcmgende harte het ons nog uitgesien na die volgende reise en dit was 'n genoee om die reis na Coligny waar te neem, waar ons in kort die volgende plekke besoek het: Coligny: Broer Thys Cairneross en gesin he et ons welkom en vandaar gaan ons na Bodenstein waar die huisgesinne van broers Joaehim en Willie van Loggerenberg, Abraham Labusehagne, en Fransie Labuschagne besoek is. Ook het ons besoek broer Benjamin en Barend Botha, en broer Fransie Botha te Kaalkraal. Ons sien met verlangende harte uit na onS' volgende sendingreis en vertrou dat die Heel' ook dan voor ons sal gaan. Ons kan sien dat die Here besig is om Sy Bruid klaar te maak! J. LABUSCHAGNE en A. MARAIS.
I<ENNISGEWING.
Hierdie eerste uitgawe van ons blad word gratis uitgestuur aan al die led,' van ons kerk en indien lede begerig is om in te tekel1 op die blad wat driemaandeliks sal verskyn, kan die lede dan ondersta:mde vormpie invul en aan die redakteur stuur tesame met hu lie intekengeld. Ingeval eenof ander lid nie hierdie uitgaw(' (Jtltvang nie of weet van iemand wat dit nie ontvang het nie. ,:al ons bly wees om op ontvangs van die adres van so'n lid dit aan te stuur. As iematld miskien gevoel om 'n getuienis of 'n verslag van 'n evangeJ iedjens in te stuur vir publikasie, sal dit ook baie welkom wees en hoog waardeer word. .•••••••••••
(
"ll."".lI.IIt:l""
••n •••••••
II••••
IIl•••••••••••••
11".lIlJD(1I1
•••aQI:n:ltlllll.l:lI••,."lJ ••••••••
"" •••llHl••"'allllllall~!lUllllll""llllllll.ill""'~lllIlIlU.II.El'lll:l
•• IIl11Q ••IlIll.1l11'
Die Redakte~1r, ~0IE LIGDRA ER, Pos'bus 275, KLERKSDORP. Stuur
asseblief
aan my die Ligdraer vir 'n tydperk van
... , .. jaar. waarvoor ek hierby die som van 4s. per jaar insluit. Naam Adres
11
10
•
DIE
SONDAGSKOOL.
In die afgelope vier jaar het die Sondagskool besonder baie vordering gemaak, waarvoor ons die Heer baie dankbaar is vir Sy getroue :Jnciersteuning in al ons verrigtinge. Daar is voorsiening gema:lk vir 'n biblioteek wat reeds' beskik oor 'n groot versameling Van geestelike boeke wat steeds vermeerder word deur die aan:mop van nuwe uitgawes. Ons is bly om die belangstel1ing van ons lede ook op hierdie gebied te bespeur, en wil vertrou dat hulle die nodige voedsel daaruit mag put, wat tot seen van hulle geestelike loopbaan sal strek. Die Jonge1ingsvereniging wat die laaste Sondag van elke maand gehou word, word baie getrou bygewoon, en 'selfs die klein kindel'fjies is baie ywerig om hulle deeltjie by te dra, hetsy deur bybelteksc op te se of sangstukke te lewer. . Ons dink ook aan al die ander jong lede van die gemeente op verskillende plekke, wat ook saam met ons stry, en hoewel van mekaar verwyder, vergaar ons almal boustof vir dieselfde gebou waarin (ms hiernamaals wil gaan woon. Laat ons altyd mekaar opdra in die gebed, want as Paulus, die kragtige prediker, daar behoefte aan gevoel het dat sy medeChristene vir hom moes bid, hoeveel te meer het ons dit nie nodig nie! In die volgende uitgawe sal die Sondagskool weer sy plekkie inneem. A.L. MARAIS (Supt.) .
•
V.B.-177J7-30ll-1.ll.A4 .12