Junie 2012
K L E I N F O N T E I N B O E R E B E LANGE KOÖPERATIEF BP
K
www.kleinfontein.net
Kleinfonteinnuus
Dis heerlike lente
Redaksie REDAKTEUR: Marisa Haasbroek
Foto: Annamaria Haasbroek
Uitslag oor formalisering hopelik voor September
Liewe leser
K
’n Mens weet dis winter op Kleinfontein as die langsteelaalwyne in die koppe hulle pienk blomme afgooi en as ’n sms om jou aan ’n vergadering in die Gemeenskapsaal te herinner die woorde “trek warm aan” bevat. Dan raak dit tyd dat jy vir jou inwonende bergwagtertjie-gesin kaaskrummels uitgooi om hulle so bietjie makliker deur die kouer dae te help. En jy weet dis weer tyd dat jy onthou om jou wasgoed eers ná halfnege in die oggend te begin was, want jy help mos soos al die ander Kleinfonteiners dat ons nie ons kragpieklas oorskry nie.
leinfonteiners behoort hopelik teen die einde van Augustus ’n positiewe uitspraak van die Tribunaal wat oor Kleinfontein se formalisering moet beslis, te verwag. Met dié uitspraak sal die sogenaamde DFA-proses afgehandel wees. Die volgende fases van formalisering word deur ander wetgewing gereël. Die span konsultante wat die formaliseringsproses onder leiding van Peter Dacombe van Planpraktyk namens KBK bestuur,
verwag dat die Tshwane Metroraad Kleinfontein se aansoek met voorbehoud sal goedkeur. Van die vereistes wat die Metroraad waarskynlik sal stel voordat die volgende fase afgehandel kan word, is dat sekere paaie wyer en moontlik stofvry gemaak sal moet word en dat enige Eskom serwitute wat tans deur byvoorbeeld tuinhuisies oorskry word, herstel word. “Dit gaan fyn onderhandelingswerk en takt verg om met die Metroraad oor sy vereistes en tyd-
29 Junie 2012
okureurs dié dag sal die pr e, al die Voorverhoor. Op tre unaal gaan op ib Tr ie d s n e d il. Die wat ty t mekaar uitru e m e si ta n e m die nodige doku uit kundiges in n a ta es b t a w Tribunaal, f, sal planningsbedry e sb k e re st n e stadsvan die soek om ’n idee be k oo n ei nt fo Klein terrein te kry. 13 Julie 2012
g Tribunaalsittin
Alle ve rslae v an die ko nsulta nte, is nou op dat askyf b eskikb aar by die KBK kanto or.
fontein se wanneer Klein rmaliseaansoek om fo er gaan ring gedebatte ering word. Dié vergad van die kan deur lede oon word, publiek bygew ene wat maar net dieg sal ’n vooraf gereël het, . ry spreekbeurt k Niël de Beer van KBK by Peter Dacombe van Planpraktyk.
raamwerk te beding om seker te maak dit bly bekostigbaar vir ons gemeenskap. Kleinfontein se ontwikkeling sal weens finansiële redes in stadiums afgehandel moet word, beginnende met die gebied noord van die Rhenosterfonteinpad. Daarna sal die Tandem- en Pioniershoewes en dan die verre suidelike gebied aan die beurt kom, ” sê Niël de Beer, KBK se verteenwoordiger tydens die formaliseringsproses. Hy voeg by dat nie een van die lede van die formaliseringspan uitspraak gelewer het dat nuwe ontwikkeling op Kleinfontein gestaak word tot formalisering afgehandel is nie. “Almal van hulle begryp dat die plek intussen bestuur en bedryf moet word.” “Fase een van formalisering, die DFA-proses, kan beskou word as ’n tegniese fase. Fase twee is wanneer regsaspekte soos watter bedryfs- en eienaarskapvorm ons verkies en watter beperkings ons op die verhandeling van eiendom gaan plaas om die missie van Kleinfontein te bly verskans, aandag sal kry. Eiendomsbelasting aan die Metroraad en hoe dit geïn gaan word, sal ook in die tweede fase beslis moet word,” sê Niël. “Formalisering maak die deur oop dat Kleinfontein na ’n ander bedryfsvorm kan oorgaan, maar die huidige koöperatiewe bedryfsvorm kan ook onbepaald behou word indien ons voel dat dit ons ideale die beste beskerm,” sê direkteur Andries Haasbroek wat ook by formalisering betrokke is.
Die vinger van God
D
is beskamend dat heidene soms die werk van God duideliker sien as gelowiges en tot ’n belydenis van sy Naam kom. Soos Naäman of Nebukadneser of die Romeinse offisier by die kruis van Jesus. In Exodus 8:19 sê die Egiptiese towenaars: “Dis die vinger van God!” Hoe voer Hy sy program in Egipte uit? Deur Moses, sy profeet, en Aäron, sy priester. Moses kry die opdrag: “Gaan sê vir die Farao . . .” én die belofte: “Ek gee aan jou gesag.” (Letterlik in die Hebreeus: Ek maak jou ’n God vir die Farao.) Die Here weet vooruit Farao sal weier, maar Hy toon nietemin sy wonders. ’n Wonderwerk is ’n gebeurtenis wat die wette van die natuur oorskry, dis bo-natuurlik, ’n bewys van die vinger van God. Aäron gooi sy kierie op die
MEDEWERKERS: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Ria Pretorius en Francois Malan ADVERTENSIES: Elisabeth Malan
Maar dié jaar is dit anders. Dié jaar is dit al of daar in die hartjie van die winter ’n Septembermaand lentigheidjie aan’t roer is. Miskien het dit met ons mooi groen rugbyveld te doen en die opwinding wat daar weke in die lug was oor ons kragmeting teen Orania. Dalk is dit al die Kleinfonteiners wat spontaan begin mure en paaie en voetslaanroetes bou. Miskien is dit die nuwe hoop dat daar vir ons Boere-Afrikaners ook ’n plek in die son sal wees as ons dorp amptelik en formeel op die owerheid se boeke is. Miskien is dit net omdat Kleinfonteiners besluit het om meer te grond, en dit word ’n slang. Die Egiptiese towenaars doen dit ook, maar Aäron se slang sluk hulle s’n in. Die eerste plaag, water in bloed, doen die towenaars na. Die tweede plaag, paddas, doen hulle ook, maar hulle kon dit nie weer wegneem nie. Hulle mag begin kwyn. Die derde plaag, muggies, maak die sosiale en ekonomiese lewe onmoontlik. Die Egiptiese towenaars het ook probeer doen, maar hulle kon nie. En ons sien God se vinger, want die plae kom nie in Gosen, die woonplek van die Israeliete, voor nie. Die towenaars kan die kwaad vererger, maar nie wegneem nie. Farao was soos ’n god, beklee met mag, gestut deur sy ideoloë. Maar hy ontmoet die heerskappy van die lewende God. As God sy vinger lig, moet Farao die knie buig. Telkens as God in die geskiedenis ingryp, is die magtiges ontsteld. Toe Jesus gebore is, word Herodus bedreig deur ’n hemelse koninkryk
FOTO’S: Estelle Cronjé, Gert van Tonder, Annemarie Joubert, Dawie Malan, Betsie Steyn en Annamaria Haasbroek
Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan achasie@ plotnet.net bou en minder af te breek, meer te lag en minder te kla, meer te werk en minder fout te vind. Dalk is dit waarom ’n mens in Junie uit volle bors “Dis heerlike lente, die winter is verby,” wil begin sing.
Marisa oordenking
Ds Nico en Dorothea Steenberg van die NG Kerk. Nico stel ook in wedvlugduiwe belang en Dorothea is by CVO Kleinfontein.
van liefde, vrede en geregtigheid. Die vinger van God kan ’n oordeel oor ’n lewe skryf, soos oor koning Belsasar. Onthou u Dan 5:22? Maar dit kan u ook bewus maak van die Here se teenwoordigheid. Ons sing mos: Op berge en in dale en oral is my God. Elke keer as die weer dreun of die son opkom, is dit die vinger van God. As jy oor jou lewe terugkyk en sien hoe jy bewaar is, is dit die vinger van God. Glo in Hom, eer Hom in jou eie lewe, en in die lewe van andere. Nico Steenberg
Ek wil weet . . .
Kareeparkers nog lank nie oor die muur
dis my plek
1.
Cathy en Claudia Nel woon in die woonwapark en het uit hul eie kom hand bysit met die oprig van die 105 meterlange muur tussen hulle en Kareepark. FOTO 1: Dié Kareeparkers het eiehandig die muur opgerig. Hulle is van links Daan Koekemoer, Koos Erasmus, Talbot Smith en Frik Oberholster. Lourens du Plessis en Gawie Marais is nie op die foto’s nie, maar het ook ywerig met die muur gehelp. FOTO 2: “Ons was entoesiasties en wóú suksesvol wees. Ek daag alle Kleinfonteiners uit om deur beter samewerking as ’n gemeenskap vorentoe te beur,” sê Frik Oberholster (regs), Kareepark se wyksverteenwoordiger, hier aan die werk saam met Daan. FOTO 3: Dries Oncke laat hom van niks onderkry nie.
“D
2
Gedurende November 2011 vra die aandeelhouers van Kareepark dat KBK dié muur
1
Wie is die mense wat tydskakelaars op Kleinfontein installeer wat geisers tydens spitstye laat afskakel? Dis ’n maatskappy met die naam EA Control & Electrical, ’n goedgekeurde Eskom verskaffer. KBK se Direksie het gereël dat hulle die werk doen. Hulle voldoen aan Kleinfontein se arbeidsbeleid.
2.
Hoekom is dit nodig?
’n Geiser is die grootste enkele kragvreter in ’n huishouding. As die geisers in ons almal se huise vanself oor spitstye afskakel, kan dit daartoe lei dat KBK se maksimumaanvraag van elektrisiteit verminder. Dit sal ’n kleiner elektrisiteitsverhoging beteken en as ons boonop beduidend minder krag in spitstyd verbruik, sal KBK selfs kan oorskakel na ’n voordeliger tarief.
3
3. voltooi. KBK stem in om die materiaal aan te koop, maar vra dat die Kareeparkers self vir die arbeid, sement en ander dinge sorg. Johan Foley help met die aankoop van die voorafvervaardigde muur, De Wet Cilliers stoot die terrein gelyk en Flip Coetser en die manne van KBK se Werkedepartement verwyder al die wattels. Op 18 April spring ses Kareeparkers saam met Willie Hough, Dries Oncke en Danie van Zyl ( wat naure gehelp het) aan die werk. “Om ’n 2,1 meter hoё muur waarvan die stutpale 600 cm diep
Koos Erasmus en Danie van Zyl dra ’n paneel aan.
Wat gaan dit kos om die skakelaars te laat insit?
Absoluut niks. Eskom betaal volledig hiervoor.
Foto’s: Dawie Malan
is die netjiesste stuk bouwerk wat ek nog gesien het!” Só sê Niël de Beer van die splinternuwe muur tussen Kareepark en die woonwapark. Nie ’n slegte kompliment van ’n siviele ingenieur aan die onervare, maar baie entoesiastiese “bouers” wat die muur opgesit het nie.
dis my plek
geplant moes word, op te rig, het aan ons klompie afgetredenes gevát,” lag Daan Koekemoer. “Die koffie, koeldrank en eetgoed wat die vrou-ens aangedra het, het natuurlik baie gehelp.” Binne ses werksdae, op Woensdag 25 April is die muur voltooi. “Ons was maar dankbaar vir die langnaweek tussenin om ons seer lywe bietjie rus te gee,” spot Frik. “Ons wil graag vir Irene Groenewald en Louis Pretorius dankie sê vir hul finansiële hulp waarmee ons sement, snywiele en ander benodigdhede kon aankoop en vir Dries, Willie en Danie vir hulle arbeid kon vergoed,” voeg hy by.
4.
Kan ek reël watter tyd my sal pas?
Ja, EA Control & Electrical sal by u kom aanklop en ’n afspraak maak.
5.
Ek gebruik ’n sonverhitter. Wat nou?
Die tydskakelaars het ’n stelling wat by u sonverhitter aangepas kan word.
6.
Sê nou die water is koud net mooi wanneer ek wil bad of stort? Navorsing wys dat die verbruiker nie eens agterkom dat die geiser afskakel tydens spitstye nie.
Die KBK werkers wat die sloot gegrawe het, is agter van links Koos Steyn, Rudi de Beer, Johan Nel, Hansie Breedt en Philip Pretorius. In die middel is Johan Porter, Danie van Zyl, Marius Greyling, Johnny Lightfoot en Shaun Meiring. Voor staan Dirk Joubert.
Groot sloot kant en klaar
D
ie oostelike en westelike elektrisiteitstoevoerpunte van die Nedersetting is onlangs verbind. “Danksy dié verbinding kan ons nou ons toegelate maksimumaanvraag na goeddunke tussen dié twee punte verskuif. Dit kan vir KBK groot besparings in sy Eskom rekening meebring,” verduidelik Louis Pretorius, Direkteur gemoeid met elektritsiteit. Om die verbinding moontlik te maak, is ’n 600 meterlange sloot vanaf die winkelsentrum tot in Kareepark gegrawe en ’n hoogspanningskabel is daarin gelê. “Die grootste terugslag wat ons beleef het, was die Magaliesberg kwartsiet rotsbank wat ons oorkant die Gemeenskapsaal teëgekom het. Dit het ons weke gekos om daar deur te kom,” sê Phlip Coetser, KBK se Bedryfsingenieur.
stukke te kry om uit te haal. Waar die rotsbank te diep in die grond gestrek het, moes ’n grondlaag oor die rotsbank gegooi word om te keer dat die kabel nie aan die rots raak en weens inkrimping en uitsetting stukkend skuur nie.
Die sloot is ook vir 120 m met die hand deur Kareepark gegrawe. Dit het 22 mandae gekos. Johnny Lightfoot en Shaun Meiring het meestal gegrawe. Daar is ’n serwituut, maar sommige van die inwoners het daar tuin gemaak. “Almal het saamgewerk toe hulle sien dat ons baie versigtig is en hulle gras en bome weer netjies teruggeplant het toe ons klaar was,” vertel Johan Porter, wat ook hand bygesit het met die sloot. “Dis die netjiesste sloot wat ek nog gesien het,” beaam Daan Koekemoer, KBK Direkteur wat self in Kareepark woon.
Hy vertel dat hulle ’n groot, Die KBK Werkespan is tans besig warm vuur op om die hele Kleinfondie rotse geDaar is meer as 3 000 kruiwa- tein netjies te kry vir maak het en ens grond uitgehaal, teruggesit die inspeksiebesoek dan koue water van die lede van die daaroor gegooi en gekompakteer in die deel van die sloot wat die werkers Tribunaal wat KBK se het om die formalisering gaan rotse te kraak. met die hand gegrawe het. oorweeg. Dié tyd van Die rotse is dan die jaar maak hulle ook soos gemet lugdrukbore en –beitels woonlik ywerig voorbrande. bygedam om dit in klein genoeg
dis my plek
dis my plek
Hoe de dinges werk ons watsenaam? Al die suiwering vind in die septiese tenk plaas en die sypelsloot neem net gesuiwerde water weg. Die sepOnwaar. tiese tenk
Kleinfonteiners sal eersdaags moet besin oor watter bedryfsvorm hul ideale tot selfbeskikking die beste gaan dien. Volgens ’n direkteur van die Wêreldbank bied ’n koöperasie die volgende voordele: hoër vlakke van deelname, eienaarskap, selfbeskikking en gemeenskapsorg. Dit is tipiese eienskappe wat ons op Kleinfontein sien met die pannekoekbakkers van Gemeenskapsorg (bo) wat vrywillig en sonder betaling fondse insamel vir die gemeenskap. ’n Mens sien dit ook by inwoners wat uit hul eie ontwikkeling inisieer en finansier soos wat onlangs by die sementpad in die Wildpark gebeur het en wat nou al ’n hele 300 meter ver strek.
VN verklaar 2012 as die jaar vir koöperasies
D
ie Verenigde Nasies het 2012 tot die jaar van koöperasies verklaar. Dit bied ’n goeie geleentheid om die besonderse geskiedenis van koöperasies te ondersoek, om hul sterk en swak punte te evalueer. So sê dr Mahmoud Mohieldin, ’n besturende direkteur van die Wêreldbankgroep en voormalige minister vir belegging in Egipte in ’n artikel wat op 5 Junie in Sake24 verskyn het. Na raming is meer as 800 miljoen mense wêreldwyd lede van koöperasies. Koöperatiewe bewegings het in die 1800’s in die Amerikas, Europa, Australië en Japan posgevat. Talle het ontstaan uit die eenvoudige beginsel dat gewone mense struikelblokke in die mark kan oorkom deur saam te staan om goedere teen billike pryse te koop en te verkoop. Daar is gou
besef dit hou ook die voordele in dat kennis gedeel, deelname bevorder en maatskaplike kapitaal opgebou word. Volgens die internasionale koöperatiewe alliansie (ICA) is ’n koöperasie ’n onderneming in gesamentlike besit en onder demokratiese beheer. Onderliggend hieraan is die ryke beginsels van vrywillige verwantskap, aanspreeklikheid vir strategiese besluite en sorgsaamheid in die gemeenskappe wat die koöperasie dien. Die Wêreldbank is wêreldwyd aktief betrokke by die ontwikkeling van koöperasies. In Indië het die Wêreldbank ’n suiwelkoöperasie opgerig wat werksgeleenthede aan ’n kwartmiljoen mense bied. In Mexiko is ’n finansiële koöperasie opgerig wat miljoene inwoners op die platteland bedien.
Deur ’n koöperasie word dinge wat vir ’n indiwidu onmoontlik is haalbaar deur ’n kollektiewe model, sê Zacharia Matsela, voorsitter van die SA Behuisingskoöperasies Assosiasie (SAHCA) . Op dié organisasie se webwerf word gesê koöperatiewe behuising beteken dat ’n groep mense hulle geld, vaardighede en tyd saamgooi en dan ’n koöperasie opstel wat dan ’n wettige entiteit is. ’n Tipiese voorbeeld is waar ’n groep inwoners saam ’n (dikwels vervalle) woonstelblok koop, herstel en dan saam bestuur. In 2010 was daar 23 sulke projekte in Sentraal-Tranvaal, 11 in Noordwes, 3 in die Wes-Kaap, 10 in Natal en 11 in die Oos-Kaap. Lees Mohieldin se volledige artikel deur by www. kleinfontein.net op die regte skakel te klik.
en die grond werk saam om die afvalwater suksesvol te kan suiwer. As enige een van die twee faal, faal die septiesetenkstelsel. Op Kleinfontein faal die grond in die sypelstelsel baie meer as die septiese tenk self.
As my septiese tenk oorloop moet dit net uitgepomp word en alles is dan weer reg.
Soms waar.
By tenks wat baie jare in gebruik is en by huise met baie inwoners, gebeur dit dat die septiese tenks te veel onverteerde slyk en skuim opbou sodat dit nie meer die invloei
Verrottingtenks is van die oudste sanitasiestelsels in die wêreld. Niël de Beer, ’n siviele ingenieur wat Kleinfontein se rioleringstelsel help ontwikkel het, slaan ’n paar mites oor septiese tenks hok. kan hanteer nie. Dan is die oplossing om die septiese tenk leeg te laat suig. Op Kleinfontein loop die meeste septiese tenks egter oor omdat die sypelslote verstop en die water dan terugstoot en by die septiese tenk uitloop.
As my septiese tenk vol is, is daar êrens fout en moet hy leeg gepomp word.
’n Septiese Onwaar. tenk moet
altyd vol wees. Bo moet ’n skuimlaag wees wat dryf en wat nie uit die septiese tenk kan ontsnap nie, in die middel moet ’n laag helder water wees wat al ver gesuiwer is en wat nog verder in die grond gesuiwer gaan word en onder moet ’n slyklaag wees wat wemel van goeie bakterieë wat die slyk verder verteer. Slegs die helder middelwater vloei uit na die sypelsloot in die grond in waar die finale suiwering plaasvind. Slegs wanneer die slyk op die bodem so hoog gestyg het dat dit die bek van die uitlaatpyp
toemaak of die drywende skuim het so hoog geword dat dit in die uitlaatpyp begin inloop, is dit nodig dat die septiese tenk uitgesuig word. In ’n goedontwerpte, goedgeboude septiesetenkstelsel, behoort dit nie nodig te wees dat ’n septiese tenk meer as eenmaal elke drie tot vyf jaar uitgesuig te word nie.
As ’n septiesetenkstelsel gebou en in werking is, hoef ’n mens niks verder te doen nie.
Onwaar. ’nNethuissoosver-
sorging en onderhoud nodig het, het ’n septiesetenkstelsel dit ook nodig. Moenie chemikalieë wat die goeie bakterieë doodmaak in toilette, wasbakke, baddens en dreins gebruik nie. Dié goeie bakterieë doen die suiweringswerk kosteloos vir jou. Inspekteer die inlate en uitlate van die tenk eenmaal per jaar om seker te maak dat die bene van die T-stukke nie afgeval het nie. Kontroleer dat die in- en uitlate nie verstop het nie. Maak seker dat die septiese tenk nie lek nie, dit moet vol bly. Kontroleer dat die sypelsloot nie verstop het en dat water op die grond begin uitloop of dat die septiese tenk begin oorloop nie.
Ons septiese tenks bedreig ons fonteinwater.
Baie ontOnwaar. wikkeling
Omdat die roete van die hoogspanningskabel wat onlangs gelê is deels ooreenstem met ’n toekomstige rioollyn, is die rioolpyp gelyktydig gelê. Die duurste deel met die lê van ’n rioolpyp is om die sloot te grawe. Deur die sloot vir krag en riolering te benut, is baie geld bespaar. Phlip Coetser, KBK se Bedryfsingenieur (in die bakkie) vertel dat dit fyn beplanning gekos het sodat die sloot die regte val het om deurgaans die vloei van die riool te kan hanteer. Hier help Dannie de Beer (links) vir Marius Greyling om die sif reg te skuif. Dannie het ook die sloot benut om ’n optieseveselkabel vir Wipronet te lê om sy internet-infrastruktuur op Kleinfontein te verbeter.
het reeds op die platorand plaasgevind en talle septiesetenksypelslote is reg bokant die fonteingebied gebou. Hierdie sypelslote is verlede jaar uitgeskakel. ’n Sypelsloot van ongeveer 100 m lank is ver weg, wes van die fonteingebied gebou. Die werk is in 2011 reeds afgehandel en die woonwapark, skool, al die huise bokant die fontein en talle ander huise op die roete se sypelriole is reeds uitgeskakel.
L
ampies en Charlotte dis my plek en sy mense Lamprechts is op 5 Mei hier op Kleinfontein getroud. Lampies se seun Burger en Charlotte se seun Jan-Hendrik het in Januarie vanjaar besluit dis tyd dat Lampies en Charlotte mekaar wéér raakloop. Jare ge lede was die twee mans, albei suksesvolle atlete, se ma’s goeie vriendinne. “Ek en Lampies het mekaar daardie jare net gegroet, maar nooit regtig gesels nie, maar toe ons mekaar nou weer sien, was daar dadelik aanklank tussen ons,” vertel Charlotte. “Ons is albei lief vir die natuur en ons politieke oortuigings is dieselfde.” Sy werk in die finansiële afdeling van Afriforum en het ook haar eie onderneming wat lone vir maatskappye behartig. “Ek bly baie lekker in die Wildpark en dink Kleinfontein is ’n wonderlike plek,” sê Charlotte.
dis my plek en sy mense
A
s jy in die Sorgsentrum by die eerste deur uit die eetkamer links in die nuutgeverfde groen gang draai, kom jy by Petro Badenhorst se kamer. Dis verstommend wat sy op drie en tagtig jaar met haar hande vermag. Sy maak kaartjies van gedroogde blomme en blare. Eers word die blomme en blare versamel. Elke blom word dan uitmekaar gehaal en elke blaartjie apart binne sneespapier vir drie weke lank in ou telefoongidse gepars. Dan word die allerfynste blommetjies uit hierdie brose blaartjies opgebou. Petro het al geleer watter blomme se kleure mettertyd verbleik.
’n S
Foto: Betsie Steyn
V
ir die vierde keer het die Kleinfonteinspan wat jaarliks aan die NG Kerk Rayton se Bybelvasvra deelneem met die louere weggestap. Die span het bestaan uit Hennie Brisley (tweede van links), Olivia Steyn (met die trofee), Gerrie Lubbe, Alet Brisley en Sarie Carpenter. By hulle op die foto is ds Ockie Olivier. Die vasvra was dié keer oor die profeet Amos en ses spanne het deelgeneem. “Dit was die snelvuurafdeling wat op die ou end die knoop vir ons deurgehaak het en ons met een punt laat wen het,” vertel Olivia, wat saam met Alet een van die oorspronklike lede van die span is.
panpoging van Wag-’nBietjie se inwoners en almal wat jaffels gekoop het, het weer ’n mooi bedraggie opgelewer vir ’n volgende kamer se Novilon in die Sorgsentrum. Theresa en Gert Myburgh spook steeds met die opknap van die vloere en mure van die kamers. Daar is nog ’n klompie kamers oor wat op Novilon wag. Baie dankie aan julle twee getroues! Is dit julle wat die gang ook so pragtig saggroen ‘getoor’ het? Marietjie Fourie
Jo-den gaan elke dag na die Nuwe Hoop Skool in Menlopark. Daar kry hy onder meer arbeids-, spraak- en fisioterapie. “Daar is iemand wat sy skoolgeld borg, maar selfs met ’n saamrygeleentheid sukkel ons om die brandstof vir die ses weeklikse ritte by te bring en sal baie bly wees as iemand ons net met die helfte daarvan, dit beteken tagtig liter per maand, kan help,” vra Johan. Johan is KBK se voorman van die water-afdeling. Priscilla is ’n bekende gesig by die winkelsentrum, want sy maak weekliks die kantore van KBK en die Huis van Oranje skoon. Skakel vir Johan by 082-307-5626.
ie gesin Thompson is doeners. Hulle woon nog nie eens ses maande in die Wildpark nie, maar het klaar ’n verskil gemaak. Pa Jacques en Ma Ursulla en Keanu (15) en Keziah (13) het die bloekombos by die suidelike dam in die Wildpark ingevaar en begin skoonmaak. Wat eens ’n ondeurdringbare boskasie was, is nou ’n heerlike ontspanningsgebied met ’n stappaadjie en plekke langs die dam waar enige Kleinfonteiner die natuur kan geniet. “Elke aand oornag ’n swerm hadidas in die bos en daarom noem ons dit die Hadida-wandelroete,” vertel Jacques wat ’n sportveldontwikkelaar en –bestuurder is. Hy het ook hand bygesit om die rugbyveld reg te kry vir die wedstryd teen Orania.
Foto: Estelle Cronjé
Die Agapantusse en Krismisrose met kantblommetjies vir stuifmeeldraadjies word ’n blou skepping wat met sagte vrouehaarvaringblaartjies roerend mooi is. Die Goldenshower se vrolike oranje dartel die papier vol. Petro plak die blare goed vas en verseël dit met deurskynende kleefpapier. Sy maak ook ryspapierkaartjies. Gaan kyk gerus op ons komende stokperdjie uitstalling daarna. Marietjie Fourie
A
s Jo-den Leon Porter se pa, Johan, hom terg, slaan hy sy pa kamstig. Maar anders as wat seuntjies van vyf gewoonlik doen, doen hy dit met sy voetjies. “Jo-den is van kleinsaf baie handig met sy voete,” vertel sy ma, Priscilla. “Hy eet met hulle, tel speelgoed daarmee op en sit dit dan in sy handjies.”
D
“Ek en ek alleen kyk na hom,” raak Johan Nel ewe besitlik oor die nuwe grassnyer wat KBK onlangs aangekoop het. Johan sny die gras by die Sorgsentrum, op die rugbyveld en by al die krag- en waterpunte waar inspeksies nodig is met die nuwe bielie van ’n grassnyer. “Met die nuwe grassnyer kan ek binne ’n dag die werk doen wat my gewoonlik ’n week met die bossiekapper gevat het,” vertel hy.
“Ons het nog baie planne vir die dam. Ons sal wil sien dat die kinders van Kleinfontein hulleself hier gate uit geniet deur te swem, vis te vang en op die dam te roei,” voeg Ursulla by. “En ons wil braaiplekke bou en ’n paar bankies oprig. Dalk kan ons selfs ’n houtkaai bou.” Ben Prins en Wynand van der Berg het alreeds begin help, maar die Hadida-roete kort nóg hande en rande. Skakel Ursulla by 071-762 -0802 as jy wil help.
9 Junie 2012 Berig saamgestel deur Álet Erasmus, Foto’s : Annemarie Joubert, Tobie Erasmus en ander
Ons maak reg
Ons vier fees
dis my mense
Die pret, die pyn, die plesierigheid
D
ie Kleinfontein Krygers Rugbyspan het op 9 Junie 34-12 met die Orania Rebelle klaargespeel. Dit was ’n harde wedstryd op ’n yskoue veld, maar die ondersteuners se warm entoesiasme het vergoed vir die koue. Die volledige Kryger oefenspan was Jan Beyers jr (kapt), Gunther Helberg, Peter van der Poel, Gerben van Nieuwkoop, Theron le Roux, Petrus Jordaan, Gerhard Schutte ( tweede kapt), Deon van Zyl, Cobus Pretorius, Willem van Nieuwkoop, Frederick van der Graaf, Tobie Erasmus, Awie Erasmus, Jan Conradie, Jannes van Tonder, Bennie Geldenhuys, Bart Beyers, Frik Harmse, Deon Stans, Hendrik Verwoerd en Jako Brummer. Gerben van Nieuwkoop (2), Awie Erasmus, Jan Beyers en Gunter Helberg het vir Kleinfontein drieë gedruk. Willem van Nieuwkoop het 9 punte met sy skopskoen bygevoeg. Kom ons begin ’n rugbyspan en kom ons daag Orania uit, het ’n klompie Kleinfonteiners vanjaar tydens die Majubafees besluit. Só is die Volkstaattrofee, geskenk deur die Oranje Sakekamer, gebore. Kleinfonteiners moes spring om die vaal tuisveld betyds speelbaar te kry. Daar is ingeklim en gras gesny, rugbypale geverf (spesiaal dankie aan Sean Oberholzer wat gereël het vir die leen van die trok), kunsmis gegooi, be sproeiing gelê, advertensie-borde opgesit en tarentaalgate toegemaak . . . weer en weer en weer! Die truie, broeke en kouse is geborg deur Agri Logic, Riaan Taylor Stroperdienste, Wipronet en Bastion Opleiding. Driaan Beyers was spanbestuurder en Ben Geldenhuys die afrigter.
Ons wen
Die rugbywedstryd het saamgeval met die herdenking van die Slag van Donkerhoek, wat deur die Verkenners gereël is. Henk van der Graaff het as spreker opgetree en het onder meer gesê geskiedenis is die DNS van ’n volk. Daar was ook ’n vertoning deur Ankie Stalle met heelwat Kleinfonteiners onder die ruiters. Talle gaskunstenaars, ook ’n eerbiedwaardige President Paul Kruger, was te sien en die toeskouers kon smul aan die kos by die stalletjies. Daar is nog foto’s op die “Kleinfontein Krygers” se bakkiesblad .
“Ons wil dit ’n jaarlikse instelling maak en sommer netbal, jukskei en skyfskiet ook inbring,” sê Ben Gelden huys, meesterbrein agter dié suksesvolle dag.
Pure elektrisiteit
Volop avontuur vir Jan Die jong Jan Boer (in die middel) by sy gesin en soos wat hy vandag op sy motorfiets lyk. Die ou foto is in Nederland geneem, kort voordat die gesin na Java, Indonesië vertrek het, waar Jan se pa ‘n sendelingonderwyser was. “Die Gereformeer-de leer het my vroeg geleer waar ek vandaan kom, waarheen ek op pad is en wat die Here van my verwag,” sê Jan.
J
an Boer het avontuurlike jeugjare op Java gehad maar in 1939, toe hy sestien jaar oud was, laat sy ouers hom by sy ouma in Groningen in Nederland agter vir verdere skoolopleiding. Hy het die verwoesting van Rotterdam (1940) en Arnhem (1944) gesien en het die hongerwinter van 1944 self ervaar. Sy ouers met drie boeties en drie sussies het in Japanese konsentrasiekampe in Indonesië beland. Hulle kon eers in 1946 na Holland terugkeer. In 1949 vertrek hy na Nederlands Nieu-Guinee om onder meer in die hoofstad Hollandia (deesdae Jayapura) nuwe woonwyke te beplan en op te bou. Na ses jaar keer hy vir ’n jaar terug na Nederland en ontmoet sy vrou, Sjaan, op ’n voetslaantog in Oostenryk. Hulle is dieselfde jaar getroud en sy gaan
dis my mense
Omskep ’n probleem in ’n geleentheid
“T
oe krag ’n gemiddelde huishouding net R200 per maand gekos het, was dit vir niemand nodig om te probeer krag spaar nie. Maar met die wêreldwye energiekrisis en elektrisiteit wat so duur geword het, moes almal krag versigtiger begin gebruik en dis net hier waar my kans gelê het om my onderneming te begin,” vertel Ronel Burger. saam met hom na Papoea Nieu Guinee, waar hy toe paaie en vliegvelde bou. Onder politieke druk moes die Nederlandse regering Papoea Nieu Guinee aan Indonesië oordra. Tot vandag toe veg die Papoeas vir hul vryheid. Die enigste land wat in 1962 in die Ver-enigde Nasies teen die gedwonge oorgawe geprotesteer het, was dr Verwoerd se Suid-Afrika. Dit laat Jan besluit om na Suid-Afrika te immigreer. Toe Jan in 1964 in Suid-Afrika aankom, moes hy verneem dat sy kwalifikasies nie in die RSA aanvaar word nie. Op 42 jarige leeftyd begin hy weer klas draf en behaal sy BSc (Bouk) en MSc (Stads- en Streeksbeplanning) aan UP. Hy werk onder meer aan die Blyderivierpad tussen Graskop en Ohrigstad en daarna by verskeie argitekte in Pretoria, asook by Yskor, Eskom (Koeberg) en laastens tot sy 70ste jaar by die Stadsraad van Pretoria as stadsbeplanner. Jan het onder meer die HNP, Die Bond van Konserwatiewe Afrikaners, Volkswag en KP help oprig. In 1994 is hy en Sjaan terug na Nederland. Vir tien jaar het hulle elke jaar vir drie maande in SuidAfrika by hul kinders en ou vriende kom kuier. In 2003 besluit hul-
Foto: Estelle Cronjé
le om permanent na Suid-Afrika terug te keer. Kort voor hul beplande terugkoms is Sjaan skielik in Holland oorlede. Sy is in Pretoria begrawe. Jan kry uiteindelik sy staanplek in Wag-’n-Bietjie op Kleinfontein, langs Cecilia Erasmus, ’n ou vriendin. Die ou vriendskap het opgebloei en op ’n troue uitgeloop. Onder sy leiding is die Bokmakierielaan baksteenpad gebou en straatligte aangebring. Hy leen sy grassnyer en randsnyer uit en sy sleepwaentjie karwei tuinafval na die stortingsterrein. Marietjie Fourie
VOEDSELKETTING Jan vertel: “In Manokwarie, Indonesië het ons saans meestal op die stoep gesit. Rondom die staanlamp het dit gewemel van insekte. Op ’n aand sien ons ’n spin* wat loer om ’n goggatjie te vang. Die spinnetjie het nie geweet dat ’n klein hagedissie** weer ’n oog op hom het nie, ook nie dat die kat op sy beurt die hagedissie dophou nie. Toe die spin op die goggatjie spring, bespring die hagedissie die spin en die kat spring op die hagedissie en kry met een hap alles in sy bek!“
* spinnekop **akkedis
Ronel en haar man, Gideon bedryf ’n onderneming, GRC Inkomstebestuur, wat voorafbetaalde elektrisiteit verskaf. Die Burgers woon al sedert 2003 op hul hoewe op Kleinfontein. Die idee vir GRC het by ’n probleem begin. Die Burgers het verskeie eiendomme wat hulle verhuur en soos wat elektrisiteit duurder geword het, het van hul huurders nie hul kragrekenings kon vereffen nie en het die skuld begin ophoop. “As ek daarmee sukkel, sukkel ander verhuurders ook daarmee,” het Ronel besef en sy het na die moontlikheid van voorafbetaalde krag begin kyk. “Vir agtien maande lank het ek ’n maatskappy wat krag verkoop besoek en hulle stelsels bestudeer. Ek het besef dat ’n goedontwerpte biometriese rekenaarstelsel onontbeerlik gaan wees en dat ’n mens ook goeie gehalte meters moes gebruik,” vertel sy.
Sit af!
“Ek glo daaraan dat ’n mens in beheer van jou eie beleggings moet wees,” sê Ronel Burger. Sy bedryf haar eie onderneming saam met haar man, Gideon. Die Burgers se enigste seun, Stoffel (10), is in CVO Pretoria. Vandag het sy 750 kliënte in Pretoria, Johannesburg, aan die Oosrand en selfs so ver as Ellisras. Dis nie net huurders wat by Ronel krag koop nie, maar ook eienaars. Van haar grootste kliënte is meenthuiskomplekse waar almal vooraf hulle krag koop. Sy het ook onlangs ’n diens begin om mense te help wat ’n buitensporige rekening van hul stadsraad ontvang om dit so gou as moontlik reg te stel. “Voorafbetaalde krag hou voordele vir die verhuurder sowel as die huurder in. Deur sy krag vooraf te koop, kan die huurder baie beter
Onthou van Kleinfontein se winterreëling wat keer dat ons nie ons elektrisiteitpieklas oorskry nie. Moet asseblief nie wasmasjiene, tuimeldroërs of skottelgoedwassers gebruik nie van:
Half 6 tot half 9 soggens en saans
begroot. As hy die maand nie geld het nie, gebruik hy eenvoudig minder krag en bespaar onmiddellik. My kliënte sê almal dat hulle minder krag gebruik vandat hulle dit vooraf koop, want hulle is meer besparingsbewus en prop byvoorbeeld toebehore uit as dit nie gebruik word nie. “Die verhuurder kom met die huurder ooreen dat sou die huurder geld inbetaal vir krag, skuld eerste gedelg word. So word die verhuurder gevrywaar teen agterstallige skuld,” verduidelik Ronel. “Om suksesvol te wees in enige besigheid verg geduld. Jy moenie dink jy gaan oornag begin geld maak nie,” sê Gideon. Hy is ’n elektriese ingenieur wat vir ’n Eskom maatskappy werk. Hy doen tans projekbestuurswerk op die Medupi kragsentrale by Ellisras. Ronel sê Gideon help ”Jy moenie baie met al die dink jy gaan syferwerk en oornag begin het ook gehelp om vir hulle geld maak die regte soort met ’n produk en stelsel te kies besigheid nie. en te Dit verg ontwikkel. Sy geduld.” behartig die bemarking, Gideon Burger administrasie en skakel met die kliënte. Die Huis van Oranje lewer vir haar rekenkundige dienste. “Die belangrikste raad wat ek vir jong Afrikanerondernemers het, is om te vergeet van ’n vreeslike omset en liewers te fokus op die werklike wins wat jy maak. Jy moet jou koste ook fyn dophou en spaar waar jy kan. En moet nooit dink dat jy dadelik skatryk gaan word nie. Dit vat jare om jou besigheid op te bou,” sê Ronel.
vinnig en doeltreffend met sy lede te kommunikeer. Enige belanghebbende mag so ’n sms laat uitstuur. Wanneer dit ’n amptelike teksboodskap is, begin dit met “KBK Kantoor”. As dit ’n nieamptelike sms is, word die betrokke persoon se naam vermeld. Produkte of dienste mag ook deur sms’e bemark word.
KORT EN KRAGTIG
HOE REËL MENS DIT? Die boodskap moet volledig uitgeskryf word en by die KBK kantoor ingehandig word. Dit mag nie
WAT KOS DIT? Dit kos tans R115 om so ’n groepboodskap te laat uitstuur.
HOE STAAK MENS DIT? Moet asseblief nie ’n sms stuur na die nommer waarvandaan dit kom nie. Indien jy nie meer hierdie sms’e wil ontvang nie, skakel KBK se kantoor by (012) 802-1583 of kortnommer 6090.
dis my plek
Steeds ’n winskoop KBK se vullisverwyderingskoste vir die Nedersetting is verhoog na R40 per maand. Dit is steeds meer as twee keer goedkoper as die tarief in groter Pretoria, insluitende Rayton, waar dit nou R95.72 per maand kos. Die beste nuus is dat Johan van der Merwe, wat dié diens namens KBK verskaf, nooit staak nie en dat sy helpers ook nie asblikke omsmyt nie. Boonop verwyder hy die vuilgoed twéé keer per week.
dis my mense
Hulle spaar krag so wat hulle kan D
ie veertig inwoners van Dagbreek Woonwapark het afgelope April meer as R4000 minder krag as verlede jaar gebruik. “Dis ’n klomp klein dingetjies wat almal doen wat vir dié prestasie verantwoordelik is,” vertel Johan van der Merwe wat die park bestuur. “Almal stort vir ’n korter tyd, kook net soveel water as wat regtig nodig is en dra truie eerder as om verwarmers aan te skakel.
Ian Kelfkens
briewe Blackie en Rita Swart
Hier dra mense mekaar Ek wil besonder baie dankie sê aan die mense van Kleinfontein vir hul ondersteuning en simpatie tydens die siekte en die afsterwe van my vrou, Sylvia. Ons het hier gesien – veral in Wag-’n-Bietjie – hoe mense mekaar bystaan, dra en ondersteun. Dit was vir ons ’n riem onder die hart en maak die hartseer en gemis ligter. Dankie ook aan die besondere meegevoel van die Kleinfontein Gemeenskapsorg. Ek spreek, op hulle versoek, ook
Sondag 3 Junie het O pBennie van Niekerk na die
behandel was verstom oor hoeveel sy gevorder het,” vertel haar ma, Antjie. Antjie gaan help Anien elke pouse om toilet toe te gaan. Ds Pieter van Wyk van die Gereformeerde Kerk Bronkhorstspruit het ook onlangs huisbesoek by elkeen van die woonwapark-inwoners gedoen. “Hulle het dit geweldig waardeer,” sê Johan.
my kinders Adrian, Alida en die gesin van Pretoria, en Ferdinand en Mandi in Australië se waardering uit. Ian Kelfkens
Dankie vir sulke vriende Ek wil die inwoners en lede van die Kleinfontein gemeenskap bedank vir sms’e, kaartjies, besoeke en gebede wat vir my gestuur en gedoen is tydens my siekte, operasies en hospitalisering. Ek en Rita waardeer dit innig en is dankbaar dat ons deel kan wees van so ’n gemeenskap! Blackie Swart
IN MEMORIAM Bennie van Niekerk
Die veertig warm komberse wat die Roodeplaat Christelike Maatskaplike Raad geskenk het, het baie gehelp. Die meisie wat hierbo so knus in haar nuwe kombers toegewikkel is, is Anien Espach (5). Anien is gestrem en het onder meer ’n nier-kwaal. Sy hoort eintlik in ’n spesiale skool, maar is van die begin van die jaar as ’n spesiale vergunning in CVO Kleinfontein. “Die personeel daar is ongelooflik. Die dokter wat haar
Foto: Gert van Tonder
gebruik massa-teksK BK boodskappe (sms’e) om
meer as 160 karakters (spasies ingesluit) bevat nie. Die Hoofbestuurder keur die boodskap eers goed om te verseker dat dit aan die Gedragskode vir Publikasies voldoen. Teksboodskappe mag nie gebruik word om Kleinfontein en/ of enige inwoner te benadeel nie.
Foto’s: Estelle Cronjé
HOEKOM SMS’E?
Vaderhuis vertrek. So dikwels in die pyngevulde ure het sy gesê sy het die Here gevra om haar te kom haal. Oor haar Bestemming het sy nie getwyfel nie. Ons gun haar die rus. Wat ons sal onthou, is haar mededeelsaamheid: ’n pierinkie varsgebakte gemmerkoekies, bruin beskuit, Maartmaand se geelperskes, die plaasaartappels, boontjies en appelkose. As Bennie gekry het, het sy uitgedeel. Sy wou nie so graag aan die ontvangkant wees nie ... veel eerder wou sy gee. Dankie aan diegene wat so getrou vir haar boeke gebring het; sonder leesstof was sy verlore. Dankie ook
Jack van der Schyff
aan almal wat haar gereeld besoek en bygestaan het en winkel toe geneem het.
D
it is met deernis dat ’n mens van die afsterwe van Jack van der Schyff verneem het. Hy was reeds sewe en tagtig jaar oud en sy beste jare was agter die rug toe hy in Wag-’n-Bietjie beland het. Wat hy wel behou het, was sy passie om te sing. Saans kon jy hom sien aanstryk Sorgsentrum toe om daar sy kant by die aandgodsdiens te bring. Hartseer was dit toe hy dit ook nie meer kon bybring nie. Gelukkig is sang een van die heerlike dinge waaraan ons en veral Jack in die Hemel sal kan meedoen. Marietjie
Fourie
Geweerkenner, kol Chris van Wyk
Eers glo, dan skiet was op 1 JuK leinfonteiners nie bevoorreg genoeg om ’n
geweer te sien wat Portugese seevaarders in die 1500’s gebruik het. En nog beter: daar was nog een wat waarskynlik in die Slag van Bloedrivier in 1938 gevuur het. Die geleentheid was die Republiekdagvieringe en die man met die wonderlike gewere was Kolonel Chris van Wyk. Sy skietgoed is saam met dr Willie Burger se knipmesse uitgestal. Kolonel van Wyk het die belangrikste veldslae in die Afrikaner se geskiedenis behandel en het daarop gewys hoe belangrik geloof in elkeen van hulle was. Dit was duidelik dat dié Kolonel as militaris geweet het waarvan hy praat en selfs meer nog as gelowige.
Marietjie Fourie
WENNER
Wilcocks is die wenner C arli van die vorige wedstryd in Kleinfonteinnuus. Sy het ’n R50 geskenkbewys van die Kleinfontein Minimark gewen. Dankie aan Kobus Malan van die Minimark wat die prys geborg het.
Pasop, daar is ’n slang in die gras en BRUIN M OLSLANGE HUISSLANGE
is skadelose egalig-bruin slange. Hulle is konstriktors wat hul prooi (hoofsaaklik muise en rotte) in lyfkronkels vasdraai tot hulle versmoor en dan afsluk. Hulle is van ons beste plaagbestryders en kan veilig met rus gelaat word. Die molslang met ʼn gepunte kop, word groot (1-2 m lank) en sis en pik venynig sodat mense hulle dikwels onnodig doodmaak. Die bruin huisslang (46 – 120 cm) met ’n slanke kop, het twee kenmerkende dun geel strepe op sy kop, vanaf neuspunt tot oogbank en eet hoofsaaklik knaagdiere. MAMBAS en K OBRAS, RINKHALSE is vinnige en uiters giftige slange met senugif en is potensieel dodelik. Die meeste van hulle lig hul voorlywe aggressief en maak ʼn bak maar kan dan net sover pik as die geligte gedeelte terwyl hulle eers moet afsak grond toe om vinnig voort te seil! Die beste raad is om doodstil te staan tot die slang padgee. Sommige ‘spoeg’ hulle gif meer as ʼn meter ver en hoewel dit nie dodelik is nie, kan oë permanent beskadig word. Geen slang kan egter vinniger seil as wat iemand kan hardloop nie – wag en tree stadig agteruit tot buite bereik en hardloop as jy voel jy moet! Met senugif (miotoksies) is die uitwerking verlamming van die senustelsel en spiere – dood is ge-
Francois Malan vertel dié keer van nog ’n paar slange. Slange het swak gehoor, sig en reuk, maar is uiters sensitief vir grondtrillings. Hulle weet gewoonlik van jou lank voor jy van hulle weet en sal meestal padgee. As jy tyd in die veld wil deurbring, sorg dat jy die veld en diere ken. En dra stewige stewels en loshangende klere en loop stampvoet.
D
S
As ’n kobra, mamba of rinkhals jou pik, is die enigste werklike hulp die toedien van teengif of slangbytserum.
Nuwe Intrekkers
Wie bou?
Jaco en Johan Brummer, Tandemhoewes
Willem en Anita Mostert, Wag-’nBietjie
Chris en Isabel Venter, Kareepark
Michelle Jones, Wag-’n-Bietjie
In baie Europese lande, veral gedurende die koue wintermaande, word pannekoeke by pannekoekstalletjies verkoop. In ons eie sonnige SA is pannekoeke net so gewild. Wie kan nou by ’n pannekoekstalletjie van ’n kermis of sportbyeenkoms verbystap? Sommige mense hou daarvan dat die kaneelsuiker nog lekker moet kraak met die eerste hap, ander hou weer daarvan as die kaneelsuiker reeds gesmelt het en so ’n lekker dun stropie vorm. Dié resep kan jy op enige plek aanmaak solank jy ’n bak en ’n klitser het.
AAR IS ’N SLANG. WAT NOU? Die gevaarlikste situasie is waar ʼn slang reeds in jou huis is en kinders, ouer mense en troeteldiere bedreig. MOENIE uithardloop om iets te kry om hom mee dood te maak nie. Bel liewer ʼn kundige om te kom help en hou die slang dop. Moenie dapper probeer optree en dalk jou lewe in gevaar stel nie.
Indien jy ʼn slang op jou werf opmerk en hy bedreig nie jou veiligheid nie, kan jy hom gerus net dophou tot hy self verdwyn. As jy egter bang is, of die slang meer dikwels opgemerk word, bel ʼn woonlik as gevolg van asemhakundige om die slang te kom lingsprobleme of verlamde hartverwyder, maar hou hom intussen spiere. Dit tree baie vinnig toe aan- dop. gesien die gif deur die limfstelsel As jy ʼn slang in die veld versprei; soms ʼn kwessie van ure teenkom, staan net stil tot hy of hoogstens dae. Noodhulp sluit weggaan – moenie wild te kere die toepassing van kunsmatige gaan en hom met armgeswaai asemhaling en KPR deur kundige ontstel nie. Daar is honderde persone in. Die enigste werklike slange in die veld wat jy selde sal hulp is die toediening van teengif sien en hulle is belangrike helpers (slangbytserum), verkieslik in ʼn teen ongewenste peste soos muise hospitaal – party mense is alleren rotte wat ons andersins skade gies vir serum wat in perde gekan berokken. kweek is en ʼn dokter moet gereed wees om dan adrenalien, antihistamien en steroïede toe te dien. AND-, GRAS– en BOSSLANGE is lang, dun slange met langwerpige strepe langs die lyf af. Hulle gif is onskadelik vir mense. Hulle is gewoonlik rats en vang hulle prooi (akkedisse, ander slange en klein knaagdiere) met spoed.
Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: Pannekoek
dis my plek se slange
Sonja Kruger, E143 Louis en Magda Swart, Kareepark
Bestanddele: 1 kop koekmeelblom ½ t sout 1 t bakpoeier 1 t olie 1 ½ kop water
WEN R150 SE BILTONG Wat kan in dun skyfies gesny word, afgerond met ’n smeerseltjie mosterd of mayonnaise en met ’n kraakvars slaaiblaar op ’n toebroodjie geëet word? a) biltong b) salami c) droëwors Skryf jou naam en telefoonnommer en die letter A, B of C op ’n papier en gaan gee dit voor of op 30 Junie in by Die Koöperasie Tuisnywerheid in die Uit en Tuis Winkelsentrum. Jy is dalk die gelukkige wenner van R150 se biltong.
1 t suurlemoensap 1 geklitste eier
Metode: 1. Sif die droë bestanddele saam en voeg die water, olie, suurlemoensap en geklitste eier by en meng goed tot ’n gladde beslag.
2. Smeer die pannekoekpan, maak hom goed warm en bak ten minste 6 – 8 pannekoeke met ’n middelslag pannekoekpan. 3. Bestrooi met kaneelsuiker of vul met oorskiet hoendervleis in ’n witsous of vir die waagmoediges: gaar botterskorsieblokkies, fetakaas en soetrissiesous. Dis BAIE lekker!
Smul aan biltong uit ons eie Wildpark
K
leinfonteiners kan nou wildswors, biltong, maalvleis, droëwors en salami koop wat van ons eie wild gemaak is. Tot voor die 2012 jagseisoen het Kleinfontein se wildtrop aangegroei van 157 diere tot 175. Die wild wat uitgeskiet word, word onder beheerde omstandighede en met die nodige kundigheid gesorteer en met ’n kruisboog gedood. Die wild word nie lewendig verkoop nie omdat sekere boksoorte, soos blesbokke en rooihartbeeste, kan uitbaster wanneer hulle in een kamp loop. Dit is verder ook nog nie betalend vir die
hoeveelhede van ons troppe nie. Die karkasse word verwerk deur ’n slagter met koelgeriewe. Kleinfonteiners kry eerste die kans om die verwerkte vleis teen ’n uiters billike prys te koop en daarna word dit met die hulp van die Jagtersvereniging na buite bemark. Vir bestellings van biltong, droëwors, maalvleis, braaiwors, blokkiesvleis en salami, bel vir Elmi Bezuidenhout by 082-7743764. Wat gebeur met die geld wat geïn word? Alles word noukeurig aangeteken en die fondse word in Kleinfontein teruggeploeg. Dit gaan onder meer gebruik word om heinings in stand te hou, skuilings te bou en ons eie slag– en koelgeriewe op te rig. Álet Erasmus