Kaapse Verbruikers (Edms) Bpk Laer-Burgstraat 20,Posbus 2181, Kaapstad 8000 Telefoon 021 409 7600; Faks 086 698 2606 E-pos:
[email protected] Tuisblad: www.capeconsumers.co.za
Kaapse Verbruikers (Edms) Bpk AANSOEK OM BEGROTINGSREKENING
GEEN FAKSE
A. PERSOONLIKE BESONDERHEDE Rekeningnommer
ID nommer
Titel
Voorletters
Van
Woonadres
Poskode Tel (h) Faks
(
)
(
)
Tel (w) Sel
(
)
(
)
E-pos
B. GADE (indien getroud binne gemeenskap van goedere) Volle naam
ID nommer
Sel
Tel (w)
(
)
C. DIENSBESONDERHEDE Huidige Werkgewer
Beroep Aansoeker
Maandelikse inkomste (Heg asb bewys van inkomste aan)
R
Begrotingsfasiliteit benodig
R
Gade R (Voltooi indien getroud binne gemeenskap van goedere)
(mag nie oop-rekening limiet oorskry nie)
D. BEMARKINGSOPSIES (U mag kies om bemarkingsmateriaal te ontvang deur die blokkies hieronder te merk) Ek wil graag bemarkingsmateriaal van Kaapse Verbruikers se eie produkte (lenings, begrotings, huurkope ens) ontvang.
Ja
Nee
Ek wil graag e-pos of sms-boodskappe van Kaapse Verbruikers ontvang ivm spesiale aanbiedinge van hul verskaffers.
Ja
Nee
Ek wil graag e-pos of sms-boodskappe van sleutelverskaffers ontvang wat spesiale aanbiedinge namens Kaapse Verbruikers het.
Ja
Nee
Ek wil by telebemarkingsveldtogte wat deur of namens Kaapse Verbruikers gehou word ingesluit word.
Ja
Nee
Ek wil graag oorweeg word vir ’n outomatiese jaarlikse kredietlimiet verhoging.
Ja
Nee
E. RENTEKOERS Voorbeeld Periode 3 6 9 12 15 18 21 24 27 30 33 36
R 1,000.00 Paaiement 333.33 166.67 111.11 83.33 66.67 55.56 47.62 41.67 37.04 33.33 30.30 27.78
Rente 23.33 40.83 58.33 75.83 93.33 110.83 128.33 145.83 163.33 180.83 198.33 215.83
Die rentekoers per jaar is 5% bo Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers en sal saam met Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers wissel. 'n Bonus van tot 5% is van toepassing op die kapitale deel van die paaiement.
ONS LAAT NIE BEGROTINGSAANKOPE TOE OP ALKOHOL, VOEDSEL OF PETROL NIE Aankope onder R300 kwalifiseer nie vir die begrotingsfasiliteit nie.
Aansoeker se paraaf: Gade:
KAAPSE VERBRUIKERS (EDMS) BPK IS 'N GEREGISTREERDE KREDIETVERSKAFFER IN TERME VAN DIE NASIONALE KREDIETWET Registrasienommer: NCRCP501
F. BETALING VAN U REKENING U sal maandelikse state ontvang by wyse van pos of e-pos, soos per u voorkeur, wat sal aandui hoeveel u moet betaal op die laaste dag van die maand. GERIEFLIKE BETAALMETODES: 1. EERSTE NASIONALE BANK DEPOSITO'S U kan deposito's by enige Eerste Nasionale Bank maak.
G. BEKOSTIGBAARHEIDSANALISE Afskrif van nuutste salarisstrokie/s moet verskaf word Aansoeker
Maandelikse inkomste Bruto maandelikse salaris (voor aftrekkings) en ander inkomste
Gade (getroud binne gemeenskap)
A
Aftrekkings op salarisstrokie bv. Mediese fonds; B
Pensioen; Inkomstebelasting; Ander
U moet die volgende besonderhede verskaf: Rekeningnaam: Tak: Takkode: Rekeningnommer: Verwysing:
Kaapse Verbruikers Kaapstad Korporatief 204109 5026 00123 79 U Kaapse Verbruikers rekeningnommer
2. ELEKTRONIESE BETALINGS U kan reëlings tref met u bank om te betaal deur middel van 'n outomatiese tellermasjien (Autobank).
Netto inkomste (na aftrekkings)
A-B
Totale maandelikse inkomste Maandelikse verpligtinge Verband-; huurpaaiement Belasting; water; krag; ens. Kos Vervoer
3. INTERNET
Onderwys / opleidingskostes
Registreer vir internetbetalings by u bank. Teken aan op u bank se webwerf, kies “Cape Consumers” of “Kaapse Verbruikers” en tik u Kaapse Verbruikers rekeningnommer in die begunstigde verwysingsveld.
Kommunikasie: telefoon; selfoon
4. SAPO EN SHOPRITE U kan ook betalings maak by enige Poskantoor of Shoprite Geldmark. U moet u staat by u hê as u hierdie betaling maak.
Ander Sub-totaal
C
Rekeninge (maandeliks) Persoonlike lenings Kredietkaarte / Winkelkaarte
FOOIE
Motorvoertuigfinansiering Ons sal die volgende kostes, indien van toepassing, verhaal:
Kontant deposito fooi: 65c per R100 (Minimum fooi van R5.50 van toepassing) Tjek deposito fooi:
Meubelrekeninge Klererekeninge Ander
R5.50
Elke betaling by die Poskantoor: R9.81 Elke betaling by Shoprite Geldmark: R5.63 (Onderhewig aan verandering)
Sub-totaal
D
Totale maandelikse verpligtinge
C+D
H. TOESTEMMING, ERKENNING EN BEVESTIGING VAN AANSOEK JA, ek/ons stem toe dat Kaapse Verbruikers my/ons kredietrekord/s by enige kredietburo of ander Kredietverskaffers kan nagaan en alle inligting wat ek/ons hier gegee het, vergelyk en kontroleer. Ek/ons bevestig dat ek/ons die terme en voorwaardes gelees het en dat die inligting wat ek/ons gegee het, volledig en korrek is. Ek/ons bevestig dat ek/ons alle risiko’s, verpligtinge en kostes wat van toepassing op die ooreenkoms is, begryp en verstaan. Indien ek/ons onder administrasie is, stem die administrateur toe dat ons kan aansoek doen vir die begrotingsfasiliteit en onderteken die aansoek saam met ons om die toestemming te bevestig.
Handtekening van Aansoeker
Handtekening van Gade
Toestemming deur Administrateur
(Indien binne gemeenskap van goedere getroud)
Geteken te
op hierdie
(Indien onder administrasie)
dag van
KOSTE VAN KREDIET
21 Junie 2012
Betalingsfooie: Ons sal die volgende fooie verhaal: Kontantbetalings by Eerste Nasionale Bank – Kontant deposito fooi (per R100.00): (Minimum fooi van R5.50 van toepassing)
R 0.65
Tjek deposito fooi
R 5.50
Elke betaling by die Poskantoor Elke betaling by Shoprite Geldmark
R 9.81 R 5.63
SMS balansnavraag (opsioneel)
R 3.00 per sms
Rentekoers: 1. Die rentekoers is 5% bo Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers en sal saam met Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers wissel. 'n Bonus van tot 5% is van toepassing op die kapitale deel van die paaiement. 2. Ons sal rente hef teen Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers plus 6% per jaar op enige bedrag wat nie op die betaaldatum betaal is nie. Hierdie koers sal wissel saam met Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers. Bonus: U verbeur u bonus op enige bedrag wat nie op die betaaldatum betaal is nie. Transaksiefooie: Transaksiefooi (per transaksie): 60c Maandeliks: Heffing op aankope: Die onderstaande heffings is u bydrae tot u bonus wat in November elke jaar uitbetaal word: Alle aankope by Shoprite, Checkers, Checkers Hyper, Liquor Store, House & Home en OK Grocer/Mini Market/Food/Meubelwinkels:
2.50%
Woolworths, Spar-Groep, Tops Drankwinkels, Pick n Pay Familiewinkels Pick n Pay Drankwinkels, Seven Eleven en Fruit & Veg City:
2.00%
Builders Warehouse, DionWired, Game en Game Drankwinkels:
1.25%
Alle aankope by apteke (geen bonus):
1.25%
Bogenoemde heffings en kostes is onderhewig aan verandering en indien daar ’n verandering is sal ons u in kennis stel.
TERME EN VOORWAARDES 1.
DEFINISIES:
1.1 “ooreenkoms” beteken die kwotasie saamgelees met hierdie terme en voorwaardes; 1.2 “rekening” beteken u rekening by ons; 1.3 “wet” of “NKW” beteken die Nasionale Krediet Wet Nr 34 van 2005 en die Regulasies wat gepubliseer is in terme van die NKW; 1.4 “aansoek” beteken die skriftelike aansoek aan ons vir ‟n begrotingsfasiliteit; 1.5 “begrotingsfasiliteit” beteken die gedeelte van die kredietfasiliteit wat u gebruik vir aankope in terme waarvan u die uitstaande bedrag oor „n verlengde tydperk betaal, met „n maksimum tydperk van 36 maande; 1.6 “Kaapse Verbruikers” of “ons” of “kredietverskaffer” beteken Kaapse Verbruikers (Edms) Bpk, registrasie Nr: 1955/003218/07, van Laer Burgstraat 20, Kaapstad; 1.7 “kaart” beteken die geldige elektroniese kaart wat ons uitreik aan verbruikers om te gebruik vir transaksies tussen die verbruiker en die verskaffer; 1.8 “verbruiker” of “u” beteken die persoon wat „n ooreenkoms met ons aangegaan het op hierdie terme en voorwaardes vir „n begrotingsfasiliteit en kaart en wat as “koper” beskryf word in ons Akte van Oprigting en Statute; 1.9 “kredietburo” beteken: Experian (Hoofkantoor), kontaknommer 0861 105 665, TransUnion (Hoofkantoor), kontaknommer 0861 482 482, Compuscan (Hoofkantoor), kontaknommer 0861 514 131, Expert Decision Systems (XDS) (Hoofkantoor), kontaknommer 0860 937 000 1.10 “limiet” beteken die maksimum bedrag volgens die kwotasie wat die verbruiker in terme van die begrotingsfasiliteit kan spandeer; 1.11 “betaaldatum” beteken die laaste werksdag van elke kalendermaand; 1.12 “primakoers” beteken die prima uitleenkoers van Eerste Nasionale Bank Beperk; 1.13 “kwotasie” beteken die skriftelike kwotasie wat die limiet en ander inligting soos deur die wet vereis, spesifiseer; 1.14 “verskaffer” beteken enige verskaffer van goedere of dienste met wie ons gekontrakteer het om goedere of dienste aan „n verbruiker te verskaf teen betaling met die kaartfasiliteit; 1.15 “handelsperiode” beteken die periode wat begin op die 16de dag van elke maand en eindig op die 15de dag van die volgende maand, of enige ander periode wat ons bepaal; 1.16 “koste van krediet” beteken die tabel wat deel van die ooreekoms vorm met die titel “KOSTE VAN KREDIET”.
2.
AANSOEK:
2.1
Die verbruiker het vir „n begrotingsfasiliteit aansoek gedoen by ons. Kaapse Verbruikers het „n kwotasie en vooraf –ooreenkoms soos die NKW vereis aan die verbruiker voorsien en die verbruiker het die terme daarvan aanvaar.
2.2
Die ooreenkoms sal die verhouding tussen Kaapse Verbruikers en die verbruiker met betrekking tot die begrotingsfasiliteit wat aan die rekening gekoppel is, reël, wat u sal toelaat om aankope oor ‟n verlengde tydperk van tot 36 maande te betaal.
2.3
Die NKW is van toepassing op die ooreenkoms.
Aansoeker se paraaf: Gade:
3.
BETALINGS:
3.1
Die verbruiker moet die verskuldigde maandelikse paaiement op die laaste werksdag van elke kalendermaand betaal.
4.
REKENINGSTAAT:
4.1
Kaapse Verbruikers sal maandeliks ‟n rekeningstaat aan u lewer deur dit te pos, of e-pos, soos u verkies.
4.2
Die rekeningstaat sal die volgende wys: 4.2.1 4.2.2 4.2.3 4.2.4 4.2.5
Die totale bedrag verskuldig op die datum van die rekeningstaat; Die totale aankope vir die maand; Die totale heffings vir die maand; Die jaarlike rentekoers wat op enige uitstaande balans van toepassing sal wees; Die rente wat die verbruiker vir die maand moet betaal.
4.3
Dit is u plig om seker te maak dat u die rekeningstaat ontvang. Indien u dit nie ontvang het nie, moet u ons skriftelik in kennis stel. Indien u vir enige rede nie „n rekeningstaat ontvang het nie, beteken dit nie dat u die bedrag wat verskuldig en betaalbaar is, nie hoef te betaal nie.
4.4
Indien u kies om ons met ‟n tjek deur die pos te betaal, dra u alle risiko daarvan. Dit sluit in maar is nie beperk nie tot bedrog deur „n derde party, diefstal of die tjek wat verlore raak.
4.5
Dit is belangrik dat u die rekeningstaat nagaan om seker te maak dat dit korrek is. Indien u nie saamstem met enige item of inskrywing op die rekeningstaat nie, moet u binne 30 (DERTIG) dae van die datum van die maandstaat vir ons skriftelik in kennis stel sodat ons dit kan ondersoek, die relevante dokumentasie kry en die regte navrae maak. Intussen moet u steeds die bedrag wat volgens die rekeningstaat verskuldig is, betaal.
5.
ADMINISTRASIEKOSTES BY WANBETALING: Ons sal die volgende kostes hef indien u nie betaal voor of op die betaaldatum nie: Onbetaalde debietorders/tjeks: R 78.10 Fooi vir aanmaningsbrief: R 33.06
6.
VROEË AFLOSSING: Die verbruiker kan die totale uitstaande balans enige tyd aflos. U hoef ons nie voor die tyd in kennis te stel nie, maar as u die volle bedrag wil aflos, moet die totaal van die onbetaalde balans van die hoofskuld op die betrokke tyd, saam met enige onbetaalde rente en alle ander fooie en kostes wat aan ons verskuldig is, betaal word.
7.
VERBRUIKER SE REGTE TOT BEëINDIGING:
7.1
U kan die ooreenkoms beëindig deur die volle bedrag wat aan ons verskuldig is te betaal, soos in terme van klousule 6.
7.2
Voor u betaal, moet u die volle verskuldigde bedrag van ons aanvra en ons sal u telefonies, deur e-pos of faks daarvan inlig.
8.
ADRES VIR KENNISGEWING:
8.1
Kaapse Verbruikers kies die adres op die aansoekvorm as die adres waar hulle dokumente, pleitstukke en kennisgewings met betrekking tot die ooreenkoms, sal ontvang.
8.2
Die verbruiker kies die woonadres op die aansoekvorm as die domicilium citande et executandi (die adres waar ’n dagvaarding en ander belangrike regsdokumente aan u afgelewer sal word) adres waar u die diening van alle dokumente, pleitstukke en kennisgewings met betrekking tot hierdie ooreenkoms, sal ontvang.
8.3
Indien Kaapse Verbruikers of die verbruiker hierdie adres wil verander, moet die ander party skriftelik in kennis gestel word van die nuwe adres.
9.
VERMINDERING VAN BEGROTINGSLIMIET: U kan enige tyd skriftelik versoek dat ons u begrotingslimiet verminder of „n maksimum limiet vir die fasiliteit vasstel.
10.
KREDIETBURO INLIGTING: Die verbruiker bevestig, stem toe en aanvaar dat:
10.1 ons enige inligting oor u aansoek, opening en sluiting van 'n rekening aan die kredietburo mag gee en die kredietburo mag hierdie inligting met ander geregistreerde kredietverskaffers deel; 10.2 ons inligting van ander geregistreerde kredietverskaffers mag ontvang, oorweeg en verifieer wanneer ons u aansoek en kredietwaardigheid oorweeg; 10.3 ons navrae by derde partye mag doen om te kyk of die inligting wat u aan ons gegee het tydens aansoek of enige ander tyd tydens die ooreenkoms, korrek is. 10.4 indien u nie die ooreenkoms nakom nie, ons dit aan die Kredietburo sal rapporteer. Ons sal u 20 dae voordat ons beplan om dit te doen, in kennis stel dat ons hierdie inligting gaan bekend maak; 10.5 die kredietburo 'n kredietprofiel en „n krediettelling van u kredietwaardigheid verskaf; 10.6 Kaapse Verbruikers die bogenoemde inligting aan enige ander derde party kan verskaf indien: 10.6.1 10.6.2 10.6.3
dit tot u voordeel sal wees; ons in terme van die reg dit moet doen; ons glo dat dit in ons of die publiek se belang is om dit te doen;
10.7 wanneer dit vereis word, ons u persoonlike inligting aan die kredietburo mag voorsien. Alle intekenare van die kredietburo het toegang tot die inligting; 10.8 u die Kredietburo kan kontak en versoek dat u rekords aan u beskikbaar gestel word. U kan ook daarop aandring dat enige inligting wat verkeerd is, reggestel word; 10.9 u „n klagte by die Nasionale Krediet Reguleerder by 0860 627 627 of by die Nasionale Krediet Tribunaal kan lê.
11.
VERBRUIKER SE REGTE:
11.1 Ons bevestig dat u „n b-Smart kaarthouer is en „n kredietfasiliteit met ons het in terme van „n vorige ooreenkoms wat ons aangegaan het. In terme van hierdie ooreenkoms sal ons ‟n begrotingsfasiliteit, soos uiteengesit in die kwotasie aan u voorsien. 11.2 U is geregtig om die begrotingsfasiliteit wat gekoppel is aan die b-Smart kaart rekening op die terme van die ooreenkoms te gebruik. 11.3 U sal ‟n jaarlikse bonus van tot 5% van u aankope tydens die vorige finansiële jaar, naamlik Julie tot Junie, ontvang. Let asseblief op dat die persentasie wat ons gebruik om die bonus vir die jaar te bepaal, van jaar tot jaar kan verskil, afhangende van hoe goed Kaapse Verbruikers gedurende die jaar gedoen het. Die bonus sal bereken word en op die November rekeningstaat as „n krediet toegeken en gewys word. Verbruikers dra by tot die bonus deur middel van die heffing, soos uiteengesit in die koste van krediet en rekeningstaat.
Aansoeker se paraaf: Gade:
11.4 Kaapse Verbruikers kan in hul diskresie besluit om bydraes tot die verbruiker se Reserwefonds te maak. Ons Akte van Oprigting en Statute (hierdie verwys na sekere maatskappy dokumentasie wat bepaal wat ons mag en nie mag doen nie) laat ons toe om hierdie fondse proporsioneel aan verbruikers te betaal wanneer die ooreenkoms beëindig word. Indien die ooreenkoms beëindig word weens u kontrakbreuk, sal geen betaling aan die verbruiker gemaak word nie. 11.5 Indien die verbruiker daarvoor vra, sal ons „n lys van verskaffers aan die verbruiker gee. 11.6 Die verbruiker kan die kaart vir betaling van goedere en dienste aanbied tot die maksimum bedrag van die verbruiker se begrotingslimiet en Kaapse Verbruikers sal die verskaffer namens die verbruiker betaal in terme van die ooreenkoms. 11.7 Kaapse Verbruikers is nie aanspreeklik om enige handelaar wat nie „n verskaffer in terme van die ooreenkoms is, namens „n verbruiker te betaal nie. 11.8 Indien u ons versoek het om outomaties u limiet van tyd tot tyd te verhoog, sal ons dit in terme van die NKW doen. 11.9 Indien u u krediet of begrotingslimiet enige tyd wil verhoog, kan u dit skriftelik vra en ons aansoekvorm voltooi. Ons sal die aansoek oorweeg. Hierdie versoek vir ‟n verhoging is nie dieselfde as die jaarlikse outomatiese verhoging waarvoor u moontlik in die korrekte spasie op die aansoekvorm, aansoek gedoen het nie. 11.10 Indien u enige probleme met hierdie ooreenkoms ondervind, kan u: 11.10.1 11.10.2 11.10.3 11.10.4
aansoek doen by ‟n skuldberader om te verklaar dat u te veel skuld het; 'n geskil met ons deur middel van „n alternatiewe dispuut oplossingsagent, verbruikershof of ombud met jurisdiksie, oplos; ‟n klagte teen ons by die Nasionale Kredietreguleerder indien; en ‟n aansoek by die Tribunaal indien.
11.11 Die Nasionale Kredietreguleerder se besonderhede is: 15de Straat 127, Randjespark, MIDRAND Skakelbord: 011 554 2600 Oproepsentrum: 0860 627 627 of 0860 NCR NCR E-pos:
[email protected] of
[email protected], Webtuiste: www.ncr.org.za 11.12 Die Ombudsman vir Krediet se besonderhede is: Oproepsentrum: 0861 662 837 of 0861 OMBUDS E-pos:
[email protected], Webtuiste: www.creditombud.org.za
12.
VERBRUIKER SE VERPLIGTINGE:
12.1 Die verbruiker stem toe om alle kostes soos ons in die kwotasie uiteengesit het, te betaal. Die kwotasie sal deel van hierdie ooreenkoms vorm. Ons sal die kostes in die maandelikse rekeningstaat uiteensit. Dit sal die administrasiekostes en rente insluit. 12.2 ‟n Sertifikaat deur een van ons bestuurders is prima facie (op die oog af) bewys van die uitstaande balans by ons en die verbruiker en u stem toe dat indien u dit betwis, u die teendeel moet bewys. Ons hoef nie die aanstelling van die bestuurder te bewys nie. 12.3 U mag nie die limiet oorskry nie. 12.4 Ons moet ‟n verhoogde limiet skriftelik bevestig. As ons ‟n verkoopbewys van ‟n verskaffer betaal wat die effek het dat u limiet oorskry word, beteken dit nie dat ons die limiet permanent verhoog het nie. 12.5 Die verbruiker is 'n houer van 'n b-Smart kaart ingevolge 'n aparte ooreenkoms met ons. Indien die verbruiker versuim om betalings te maak in terme van hierdie ooreenkoms of enige ander ooreenkoms wat u met ons mag hê, sal alle gelde verskuldig aan ons in terme van hierdie ooreenkoms, of enige ander ooreenkoms, onmiddellik verskuldig en betaalbaar wees en sal die uitstaande balans op al die rekeninge soos vermeld, rente dra teen 6% per jaar bo Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers en sal wissel saam met Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers. 12.6 Indien u meer as een ooreenkoms met ons het, moet u duidelik aandui in terme van watter ooreenkoms u „n betaling maak indien u „n vroeë betaling op die lening of begrotingsfasiliteit maak. 12.7 U bevestig dat u die ooreenkoms se terme en die gevolge en effek daarvan verstaan. Indien u dit nie verstaan nie sal u vir Kaapse Verbruikers vra om dit aan u te verduidelik in ‟n taal wat u verstaan.
13.
KONTRAKBREUK EN BEëINDIGING VAN DIE OOREENKOMS:
13.1 Indien u nie betaal soos u moet in terme van die ooreenkoms nie, sal u ekstra rente betaal op die agterstallige bedrag, soos ons in die kwotasie aangedui het. 13.2 Ons kan ook met regsaksie voortgaan om die ooreenkoms af te dwing of te beëindig. 13.3 Die volle bedrag wat aan ons verskuldig is, sal onmiddellik opeisbaar en betaalbaar wees en u sal ook verantwoordelik wees vir die betaling van ander kostes, soos invorderingsfooie, wat ons geregtig is om te hef in terme van die reg. 13.4 Alle uitstaande bedrae op persoonlike lenings en begrotingsrekeninge sal by beëindiging van die ooreenkoms na die verbruiker se kaartfasiliteit oorgedra word.
14.
EFFEK VAN KONTRAKBREUK:
14.1 Indien die verbruiker enige terme van die ooreenkoms verbreek, het Kaapse Verbruikers die reg om sonder enige benadeling van hul regte die verbruiker se kaart/e te kanselleer en op te eis, die rekening te sluit, en die volle bedrag verskuldig aan Kaapse Verbruikers onmiddellik te vorder. 14.2 Indien die verbruiker die ooreengekome begrotingslimiet oorskry, sal dit neerkom op kontrakbreuk en sal alle bedrae wat aan Kaapse Verbruikers verskuldig is onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word sonder kennisgewing. 14.3 Indien ons regstappe teen die verbruiker neem vir die verhaal van enige bedrag verskuldig, stem die verbruiker toe: 14.3.1 14.3.2
tot die jurisdiksie van die Landdroshof, selfs al is die bedrag wat geëis word meer as wat normaalweg in „n Landdroshof geëis kan word; en om alle regskostes op prokureur- en kliëntskaal te betaal. Dit sal rente, opsporingsfooie en invorderingskommissie insluit.
14.4 Die partye kom ooreen dat hierdie ooreenkoms aangegaan word by die plek waar die verbruiker vir Kaapse Verbruikers meedeel dat hy of sy die kwotasie en ooreenkoms aanvaar. 14.5 Die verbruiker sal die voorregte en gelde, insluitend die jaarlikse bonus (klousule 11.3) en die verbruiker se aandeel in die Reserwefonds (klousule 11.4) verbeur indien die verbruiker kontrakbreuk pleeg. 14.6 Die verbruiker stem toe dat ons „n opsporingsagent kan aanstel indien die verbruiker kontrakbreuk pleeg en ons hom, of haar nie kan opspoor nie.
15.
AANSOEK OM SKULDHERSIENING:
15.1 Die verbruiker het die reg om aansoek te doen by ‟n skuldberader om oorverskuldig verklaar te word. 15.2 Die verbruiker mag nie hiervoor aansoek doen indien ons reeds met regsaksie teen hom of haar begin het nie. 15.3 Die skuldberader sal bepaal of u oorverskuldig is en indien u beweer dat ons roekeloos krediet verleen het, sal die skuldberader ook ‟n bevinding hieroor maak. 15.4 Die skuldberader kan u aansoek verwerp of aanbeveel dat beide van ons oorweeg om ooreen te kom om die skuld te herrangskik. 15.5 Die skuldberader kan „n voorstel maak waarin hy aanbeveel dat die landdroshof „n gepaste bevel maak, indien hy bevind dat u wel oorverskuldig is.
Aansoeker se paraaf: Gade:
15.6 Indien die skuldberader se aanbeveling deur albei partye aanvaar word, kan die ooreenkoms in die vorm van ‟n bevel vervat word en indien al die partye toestem daartoe, sal die skuldberader dit liasseer as ‟n bevel by ooreenkoms. 15.7 Die verbruiker kan met die toestemming van die gepaste landdroshof direk na die hof gaan vir „n gepaste bevel indien die skuldberader „n voorstel verwerp. 15.8 Die kontakbesonderhede van die National Debt Mediation Association (NDMA) is as volg: Hulplyn: 086 111 6362 of 086 111 NDMA E-pos:
[email protected], Webtuiste: www.ndma.org.za
16.
INVORDERINGSPROSES:
16.1 Ons sal u skriftelik in kennis stel indien u nie u betalings in terme van die ooreenkoms maak nie en ons sal voorstel dat u die ooreenkoms na „n skuldberader, ‟n alternatiewe dispuut oplossingsagent, die Verbruikershof of die ombud met jurisdiksie verwys, met die bedoeling dat die partye die dispuut oplos of op ‟n plan ooreenkom om betalings op datum te bring. 16.2 Indien u vir skuldhersiening aansoek gedoen het in terme van artikel 86 van die Wet en die hersiening nie binne 60 (sestig) besigheidsdae nadat u aansoek gedoen het afgehandel is nie, kan ons ‟n kennisgewing in terme van Artikel 86 (10) van die Wet stuur, in terme waarvan die skuldhersiening beëindig word. 16.3 Ons sal slegs met regsaksie voortgaan indien 16.3.1 u op die tydstip meer as 20 (twintig) besigheidsdae in versuim is om te betaal in terme van die ooreenkoms en 16.3.2 daar reeds ten minste 10 (tien) besigheidsdae verloop het, nadat die aanmaningsbrief of kennisgewing afgelewer is (die 10 dae-periode kan dieselfde tyd as die 20 daeperiode loop); en 16.3.3 u nie gereageer het op die kennisgewing wat ons gestuur het nie, of u die voorstel wat ons gemaak het om die saak te verwys na ‟n skuldberader, „n alternatiewe dispuut oplossingsagent, die Verbruikershof of die ombud met jurisdiksie, verwerp het.
17.
SESSIE:
17.1 Die verbruiker stem toe dat ons enige regte, titel en belang in terme van die ooreenkoms aan „n derde party kan sedeer (oordra). 17.2 Die verbruiker mag net enige regte, titel en belang in terme van die ooreenkoms aan „n derde party sedeer (oordra) met ons skriftelike toestemming. 18.
GEEN-WYSIGING: Hierdie is die volle ooreenkoms en geen veranderinge sal enige effek hê behalwe indien dit skriftelik is en albei partye dit onderteken nie.
19.
AFSTANDDOENING: Ons doen nie afstand van enige van ons regte indien ons nie „n reg uitoefen waarop ons geregtig is nie.
20.
VIR EN NAMENS REGSENTITEITE: Indien die verbruiker „n regspersoon is, waarborg die persoon wat die kwotasie/kredietfasiliteit namens die regspersoon aanvaar dat hy behoorlike magtiging het en aanvaar hy as borg en medehoofskuldenaar van die regspersoon aanspreeklikheid vir die betaling van alle verskuldigde bedrae in terme van die ooreenkoms.
Handtekening van Aansoeker
Handtekening van Gade (Indien binne gemeenskap van goedere getroud)
Geteken te
op hierdie
dag van
VIR KANTOORGEBRUIK
Bestuurder
Begrotingslimiet goedgekeur
Datum
Ontvang te Kaapstad