UITGAWE 24: JULIE 2009 1.DIE WEGSPRING By die Voortrekkermonument Atletiekklub is Juliemaand nou reeds tradisioneel bekend as Springbok Vasbyt maand. Die Dinamika Springbok Vasbyt vind plaas op Saterdag, 18 Julie 2009 en die wiele is reeds aan die rol om hierdie wedloop weer „n groot sukses te maak. En soos gewoonlik doen ons „n beroep op elke lid om te help ten einde hierdie wedloop die beste in die land te maak. Kyk asseblief deeglik na paragrawe vyf, ses en sewe waar belangrike inligting omtrent die wedloop weergegee word. Ons vertrou dat julle almal reeds lank terug hierdie datum op julle dagboek uitgeboek het en dat almal op die groot dag teenwoordig sal wees om te help met die aanbied van die wedloop. In hierdie uitgawe kan julle meer lees oor die reëlings vir die Dinamika Springbok Vasbyt, die helperswedloop, die Atleet van die Jaar-kompetisie, die top vyf rangorde en die huidige stand in die AGN Liga. Julle sal ook in paragraaf 8 lees oor die voorgestelde naamsverandering van ons klub se webwerf. Let asseblief daarop dat lede tyd het tot Vrydag, 31 Julie 2009 om „n nuwe naam voor te stel. In hierdie maand se uitgawe ontmoet ons vir Alfred Mans. Alfred is sedert die begin van verlede jaar lid van ons klub en het homself reeds as „n staatmaker bewys. Dit is heel gepas dat Alfred hierdie uitgawe se atleet van die maand is, aangesien hy onlangs sy tiende Comrades-medalje verower het en nou „n trotse lid van die groen nommer klub is. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om Dinamika Makelaars te bedank vir die borg van hierdie nuusbrief. Dinamika Makelaars borg die Springbok Vasbyt hierdie jaar vir die derde agtereenvolgende jaar en ons dra uitgawe 24 op aan Willem Smit en sy dinamiese voorslagspan van Dinamika Makelaars. Die Voortrekkermonument Atlektiekklub het besondere waardering vir die ondersteuning en bydraes wat hulle aan ons klub bied. Die Voorslag salueer hulle. 2.VOORSITTERSWOORDJIE Wat „n voorreg om met die mense van hierdie Klub my lewe te kan deel. Ek het al menige maal geskryf oor die betrokkenheid van die lede by ons aktiwiteite. Ja, hardloop/stap is nog steeds „n speletjie. Daar is ander dinge wat belangriker is. Ons het huise, gesinne, beroepe, kerke en ander belangstellings. Maar dit sê nie ons moet nie by ons sport uitkom nie. Ons is gebalanseerde mense. Ons beplan, ons maak plek vir ons sport. En so saam met die sport maak ons toe vriende. Kwaliteit mense. Mense wat ook so oor ons voel. Mense wat my vriende geword het. WWW.DINAMIKA.CO.ZA
1
So hoog ag hierdie vriende ons as vriende dat Adri en At hulle verlowing op „n tydtoets kom doen! Jis, ons voel geeerd. BAIE GELUK! Ek stem saam met Marna, hierdie is nie net „n klub nie, dit is „n vriendekring. Die Entabeni was „n reuse geleentheid. Dankie aan almal wat daarin gedeel het. Die Muller Potgieter was „n mooi sukses. Ons het nie ons eie standaarde in die steek gelaat nie. Dankie vir almal wat hulle kant gebring het. Vir die Blou Bul Babes en vir die mooi foto wat Louis vir ons gestuur het. Die Springbok Vasbyt is reeds twee maal uitgemerk, die gras is gesny. Dit gaan „n toffie wees. Dankie vir almal wat so ver gehelp het. Ek wil asseblief vir almal vra om te kom help op 18 Julie. Ons het 25 marshalls nodig, plus nog al die ander helpers. So bring jou vriende, jou familie, jou kennisse. Ons het soveel hande nodig as ons kan kry. Groetnis Leon 3.VERJAARSDAE Baie geluk aan almal wat hierdie maand verjaar. Mag die jaar wat voorlê baie geseënd en voorspoedig wees. NAAM DATUM Leon Uys 1 Julie 2009 Nadia Gouws 5 Julie 2009 Alexander Hattingh 7 Julie 2009 Steve Spalletta 18 Julie 2009 Lizelle Jacobs 22 Julie 2009 Natasja Struwig 26 Julie 2009 Elize Van Staden 27 Julie 2009 Willie Beneke 30 Julie 2009 4.MULLER POTGIETER GEDENKWEDLOOP Die Muller Potgieter Gedenkwedloop het plaasgevind op Saterdag, 6 Junie 2009, en dit was weereens „n reuse sukses. Al die terugvoer was positief en opbouend. Daar was 832 atelete wat aan die 15 kilometer-wedloop deelgeneem het en sowat 150 atlete wat die pretdraf gedoen het. In totaal was daar net minder as „n duisend deelnemers. Indien mens in gedagte hou dat hierdie wedloop in bibberkoue weer beslis is, was die opkoms glad nie te sleg nie. Die tyd is egter nou ryp om hierdie wedloop na die somermaande te skuif. Ek dink die meeste van ons sal saamstem dat hierdie wedloop dan selfs tot groter hoogtes sal ontwikkel. Dit was ook „n riem onder die hart om so baie lede by die wedloop te sien wat kom help het. Dit was die eerste keer in die driejarige bestaan van die klub dat ons meer as dertig lede gehad het wat kom help het met die aanbied van „n wedloop. Baie dankie aan Leon, Annetjie, Steve, Franna, Robert, Erich, Joep, Wilhelm, Corne, Casper, Leon Uys, Louis Fourie en Beneke, Roelf, Werner, Martin, Dewald, Nadia, Lizelle, Adri, Lorraine Boshoff en De Wet, Zelda, julle is almal groot staatmakers. Baie geluk aan Lorraine wat ook die klub se naam hoog gehou het toe sy die algehele vierde plek in die dameswedloop losgeslaan het met „n puik tyd van 1:05:12. Die Muller Potgieter Gedenkwedloop is tans in die algehele tweede plek op die Runners World gradering vir vyftien kilometer wedlope met 79%. Dit is slegs die Berg en Dal 15
2
kilometer wat tans beter as ons vaar met 80%. Ek wil graag almal aanmoedig om vir ons wedloop te stem of jul hardloopvriende van ander klubs aan te moedig om te stem by www.runnersworld.co.za. 5.DINAMIKA SPRINGBOK VASBYT Die Voortrekkermonument Atlektiekklub bied, soos verlede jaar, die Springbok Vasbyt met die trotse samewerking en borgskap van Dinamika Makelaars aan. Dinamika Makelaars is ook betrokke by die Afrikaanse Nuusagentskap (www.afna.co.za) en Watermaker („n maatskappy wat water uit lug maak). Beide vennote is passievol oor ons taal en kultuur en skroom nie om ons volk se ryke geskiedenis te herdenk nie. Dit is nou reeds „n instelling dat die Dinamika Springbok Vasbyt wedloop elke jaar met „n besondere tema gepaard gaan wat hulde bring aan die oudsoldate van die SuidAfrikaanse Weermag en ander gevegsmagte. Met hierdie jaar se wedloop word daar hulde gebring aan „n lewende legende genaamd Herman Grobler, „n polisieman en voormalige lid van die Koevoet Eenheid wat groot heldedade tydens „n skermutseling in 1988 in die voormalige Suidwes-Afrika verrig het. Herman se heldhaftige optrede het verskeie van sy makkers se lewens gered. Ten spyte van „n ernstige wond aan sy regterbeen, het hy enduit saam met sy makkers geveg totdat die vyand tot oorgawe gedwing is. Herman se regterbeen is later weens die erns van sy beserings bokant sy knie geamputeer. Ten spyte van sy heldedade het Herman nooit die nodige erkenning ontvang nie, en daarom is die Voortrekkermonument Atlektiekklub, Dinamika Makelaars, die Afrikaanse Nuusagentskap en Watermaker geweldig bevoorreg om hulde te bring aan Herman Grobler, „n soldaat wat met trots en toewyding vir sy vaderland geveg het. Dit is dan ook heel gepas dat „n afbeelding van Herman op hierdie jaar se medalje verskyn. Herman sal ook op die dag van die wedloop by die wegspring teenwoordig wees. Die volle verhaal van Herman Grobler se heldedade kan op die Vootrekkermonument Atlektiekklub se webwerf gelees word by www.tekkieraces.co.za. Soos dit nou reeds tradisie is by die Dinamika Springbok Vasbyt, word die wedloop afgeskop met „n kanonskoot, en „n verbyvlug van die historiese Harvards gevegsvliegtuie wat terugdateer na die Tweede Wêreldoorlog, doedelsakmusiek deur die SA Irish Pipes and Drums, trompetspel en tradisionele boeremusiek. Die nuwe roete van die Dinamika Springbok Vasbyt is net so uitdagend soos vorige jare, maar beloon deelnemers met „n asemrowende uitsig oor die Jakarandastad. „n Groot gedeelte van die roete vind plaas in die natuurreservaat wat deel uitmaak van die Voortrekkermonument se Erfenisterrein en atlete kan ook „n groot verskeidenheid wild besigtig, wat „n mak Springbok insluit, terwyl hulle hierdie geskiedkundige roete aanpak. Een van die groot hoogtepunte op die roete van die Dinamika Springbok Vasbyt is die laaste kilometer waar atlete die voorreg het om binne die ringmuur van die Voortrekkermonument te hardloop. Ander bekende bakens op die roete sluit in Fort Schanskop, die Suikerbosvoetpad, Suikerboskop en die Ou Kanonpad. Die Dinamika Springbok Vasbyt bestaan uit „n wedloop oor die afstand van 23,5 kilometer en „n wedloop oor die afstand van 10,5 kilometer. Die wegspring vind plaas om 07h30 en inskrywings kan die oggend van die wedloop gedoen word vanaf 06h00. Die koste verbonde aan die 23,5 kilometer wedloop is R50-00 en die R35-00 vir die 10,5 kilometer wedloop. Atlete wat nie geregistreer is nie, moet ook „n tydelike lisensie aanskaf teen R20-00. Deelnemers is ook welkom om aanlyn in te skryf by
3
www.enteronline.co.za of www.sa-active.com. Vooraf inskrywings word ook geneem by Run-Away Sport (Glenfair Winkelsentrum in Lynnwood), Running Inn (Waterkloof Glen) en by Fourways Runner in Randburg. Die sluitingsdatum vir vooraf inskrywings is Dinsdag, 14 Julie 2008. Daar is ook „n pretdraf oor die afstand van vyf kilometer vir die minder avontuurlustiges. Hierdie wedloop, wat as Die Bokkie bekend staan, vind plaas sowat tien minute na die wegspring van die hoofwedloop en die inskrywingskoste beloop R25-00. Die helfte van die inskrywingsgeld van hierdie wedloop word geskenk ten bate van kankernavorsing. 6.SPRINGBOK VASBYT HELPERSWEDLOOP Weens enkele wysigings aan die klub se jaarprogram, sal die Springbok Vasbyt Helperswedloop nou plaasvind op Saterdag, 11 Julie 2009 om 07h00, en nie op Saterdag 4 Julie 2009 nie. Lede kan kies tussen die 10.5 of die 23.5 km roetes. Ons spring weg op dieselfde plek waar die amptelike wedloop begin en volg ook die amptelike roete. Alle lede word dus uitgenooi om die helperswedloop te kom hardloop en die nuwe opwindende roete te geniet. Onthou asseblief dat geen lid aan die amptelike Springbok Vasbyt wedloop mag deelneem nie, aangesien ons almal moet help met die aanbied van die wedloop. Jou enigste kans om dus die roete te ervaar is die Helperswedloop wat die 5de Julie 2009 plaasvind. Daar sal na die tyd ook soos gewoonlik verversings geniet word. DINAMIKA MAKELAARS: 0861 846 644 7.DINAMIKA SPRINGBOK VASBYT MEDIASTRATEGIE Soos wat die geval was verlede jaar, gaan ons die wedloop weer aggresief bemark in die gedrukte media, sowel as die luggolwe van verskeie radiostasies. Die persverklaring insake die Springbok Vasbyt is ook reeds aan verskeie instansies en hardloopklubs reg oor die land gestuur. Berigte oor die Springbok Vasbyt sal, onder andere, verskyn in die Beeld, Rapport, Rekord, The Centurion, Pretoria News en Die Afrikaner. Julle kan ook maar gerus voor die draadloos inskuif en na verskeie onderhoude oor ons trotse wedloop luister. Hier volg die bondige voorlopige program: DATUM RADIOSTASIE WOORDVOERDER 7 Julie: 07h30 Radio Pretoria Leon/Willem 9 Julie:17h00 Radio Rippel Leon 10 Julie: 17h00 Oos Rand Stereo Willem 11 Julie: 09h00 RSG Leon 13 Julie: 13h00 Radio Laeveld Leon 14 Julie: 17h00 Bosveld Stereo Willem 15 Julie: 17h00 Radio Platorand Willem 16 Julie: 13h00 Radio Solidariteit Leon 8.NAAMSVERANDERING VAN KLUB SE WEBWERF In Suid-Afrika is ons nou al tot vervelens toe blootgestel aan naamsveranderinge en meestal is die rede negatief van aard of sommer net kwaadwillig. In uitsonderlike gevalle word „n naamsverandering nodig om relevantheid te handhaaf. Die klub se bestuur is van mening dat die tyd nou ryp is om die naam van die klub se webwerf te verander. Die huidige naam, tekkieraces, is oorgeneem van die ou Technikonklub waar Leon ook die voorsitter was. Om koste te bespaar het ons die eerste drie jaar van ons klub se bestaan hierdie webwerf met enkele uitsonderinge net so behou. Ons klub het egter tot op hede
4
sodanig gegroei dat die tyd nou ryp is om „n naam te kies wat relevant is tot die Voortrekkermonument Atlektiekklub. Alle lede word derhalwe uitgenooi om met voorstelle vorendag te kom. Voorstelle vir „n nuwe naam kan tot en met Vrydag 31, Julie 2009 aan my gestuur word. Al die voorstelle sal tydens die volgende klubvergadering, wat D.V. op Dinsdag, 11 Augustus 2009 sal plaasvind, ter tafel gelê word, en alle lede teenwoordig sal stemreg hê ten einde die mees geskikte naam vir ons webwerf te kies. Ek vertrou dat alle lede diep sal nadink oor „n gepaste naam en sinvolle insette sal lewer. 9.ATLEET VAN DIE MAAND:ALFRED MANS 1) Hoelank is jy al by padwedlope betrokke? 11 jaar 2) Hoekom hardloop jy? Stresverligting 3) Wat is jou gunsteling wedloop? Loskop 4) Wat is jou aangenaamste ervaring tot dusver as atleet? Om groen te ontvang 5) Het jy enige stokperdjies? Hardloop 6) Wat is jou gunsteling gereg? Boerekos (vleis, rys, aartappels en groente) 7) Van watter tipe musiek hou jy? Alle musiek 8) Wie is jou gunsteling sanger? Celine Dion 9) Watter fliek is jou gunsteling van alle tye? Ghost 10) Wie is jou gunsteling akteur en aktrise? Steven Seagal / Demi Moore 11) Waar hou jy graag vakansie? Suidkus 12) Is daar enige persoon of legende wat jou inspireer om te hardloop? Oom Wally 13) Wat is jou mikpunte vir jou hardlooploopbaan? Dubbelgroen 14) Watter wedloop sal jy graag eendag wil hardloop? Caltex Voet van Afrika 15) Het jy ‘n spesifieke oefenprogram of geheime oefentegniek wat jy met lede wil deel? Nee, ek hardloop maar net. 16) In watter dorp/stad is jy gebore? Pretoria 17) In watter dorp/stad het jy grootgeword? Pretoria 18) By watter skool het jy gematrikuleer? Pretoria-Wes 19) Watter beroep volg jy tans? Korrektiewe Beampte 20) Het jy ‘n gunsteling gesegde wat jou motiveer in die lewe en/of ‘n gesegde wat jy ander mense probeer motiveer? As jy iets aanpak, wees positief en voltooi dit 10.ATLEET VAN DIE JAAR KOMPETISIE Die kompetisie het nou die halfpadmerk bereik en dinge verloop baie interresant. Ons eie pas verloofde Adri is nog steeds voor in die vroueafdeling met 161 punte, maar Lorraine blaas in haar nek met 149 punte. Annetjie het spoedige opgang gemaak en sy beklee nou die derde plek met 121 punte terwyl Tilde met 108 punte die vierde plek beklee. Enige van hierdie dames het nog „n kans om met die kroon weg te stap. In die afdeling vir mans is dinge heelwat meer voorspelbaar. Erich is steeds los voor met 231 punte en Robert in „n goeie tweede plek met 174 punte. Leon het sy derde plek behou met 143 punte en Henning is kort op sy hakke in die vierde plek met 122 punte. Dit wil op hierdie stadium voorkom asof slegs „n besering vir Erich van die manstitel kan weghou. Die huidige puntestand sien as volg daaruit: MANS PUNTE DAMES PUNTE 1.Erich 231 1.Adri 161 2.Robert 174 2.Lorraine B 149 3.Leon 143 3.Annetjie 121 5
4.Henning 5.Alexander 6.Werner 7.Franna 8.Wilhelm 9.Joep 10.Louis F
122 111 106 100 98 95 89
4.Tilde 5.Marna 6.Lizelle 7.Nadia 8.Ane 9.Elize 10.Marietjie
108 107 106 97 68 65 59
11.TOP 5 RANGORDE Die top 5 rangorde het onveranderd gebly. Miskien het die winterkoue ook „n impak op die tye. Oor die algemeen is al die tye baie vinniger as die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Dit lyk my asof Slagtersnek „n goeie uitwerking het. 10KM MANS WEDLOOP TYD DAMES WEDLOOP TYD Erich Bizzhub 44:32 Lorraine Tuks 43:26 1 Werner Akasia 45:35 Marna Jackie M. 55:55 2 Robert Bizzhub 46:13 Nadia Hyundai 57:07 3 Willie Bizzhub 46:27 Tilde Hyundai 57:24 4 Cilliers Bizzhub 47:03 Marietjie Hyundai 57:33 5 21KM MANS WEDLOOP TYD DAMES WEDLOOP TYD Akasia 1:43:39 Lorraine Derdepoort 1:38:34 1 Erich Mc Carthy 1:44:16 Marietjie Kentron 2:07:11 2 Robert Deloitte 1:49:10 Adri Mc Carthy 2:10:41 3 Werner Kentron 1:49:11 Marna Deloitte 2:14:47 4 Cilliers Kentron 1:54:02 Elsabe Mc Carthy 2:23:52 5 Alexander 42KM MANS WEDLOOP TYD DAMES WEDLOOP TYD Robert Wally H. 4:24:47 Elsabe Ottosdal 5:18:47 1 Erich Deloitte 4:28:35 2 Cilliers Deloitte 4:39:18 3 Alfred Mans Akasia 4:46:42 4 Alexander Deloitte 4:59:16 5 12.AGN LIGA Aangesien die klub se wegwedloop op dieselfde dag as die Ysbreker ligawedloop plaasgevind het, was die opkoms swakker as gewoonlik. Daar was darem agt lede wat die bibberweer getrotseer het om die klub te verteenwoordig en te help om ons eerste plek te verdedig. Baie dankie aan Wilhelm, Dewald, Elsabe, Zelda, Lorraine, Koos en Paul vir jul ondersteuning. Met die skrywe van die nuusbrief is die finale uitslag in die ligakompetisie nog nie beskikbaar nie. Julle sal dus in die volgende nuusbrief van die nuutste stand van sake ingelig word.
6
WWW.DINAMIKA.CO.ZA 13.UITSLAE: JUNIE 2009 SILVER OAKS WEDLOOP: SATERDAG 13 JUNIE 2009 9.3KM NAAM TYD 1. Wilhelm Neethling 64:33 2. Paul Van Rooyen 94:03 15KM NAAM TYD 1. Tilde Steinberg 90:24 2. Jaco Steenkamp 94:03 3. Martin Bezuidenhout 94:04 4. Lorraine de Wet 2:06:40 5. Zelda Uys 2:06:41 DIE YSBREKER: SATERDAG 20 JUNIE 2009 NAAM TYD 1. Alexander Hattingh 57:49 2. Dewald Muller 60:33 3. Elsabe Joubert 65:46 4. Koos Beneke 69:15 5. Wilhelm Neethling 6. Paul Van Rooyen 69:15 7. Zelda Uys 84:54 8. Lorraine De Wet 85:02 ENTABENI BIG 5: SATERDAG 20 JUNIE 2009 NAAM TYD 1. Lorraine Boshoff 2:02:39 2. Werner Kriel 2:02:43 3. Roelf Boshoff 2:28:45 4. Marna Liebenberg 2:30:04 5. Corne Boshoff 2:39:38 6. Tilde Steinberg 2:53:08 7. Martin Bezuidenhout 2:58:19 8. Annetjie Bezuidenhout 3:05:37 9. Adri Scheepers 3:05:37 10. Leon Bezuidenhout 3:05:38 11. Franna Struwig 3:09:21 12. Robert Avery 3:09:22 13. Erich Jacobs 3:09:22 14. Louis Fourie 3:09:22 15. Henning Strauss 3:19:12 16. Helmuth de Lange 3:19:12 17. Nadia Gouws 3:20:24 18. Lizelle Jacobs 3:20:24 19. Maggie du Toit 3:48:15 20. Maureen Muller 3:48:15
ALGEHELE PLEK 199 319 ALGEHELE PLEK 330 371 372 583 584 ALGEHELE PLEK 177 629 808 887 1114 116 117 ALGEHELE PLEK 6 (tweede dame) 7 12 14 15 17 19 25 26 27 29 30 31 32 38 39 40 41 52 53
7
DINAMIKA MAKELAARS:011 749 7300 14.WEDLOPE IN JULIE 2009 Ten spyte van die feit dat ons nou in die hartjie van die winter vasgevang is, is daar nog steeds heelwat wedlope om uit te kies. Let asseblief daarop dat die Springbok Vasbyt Helperswedloop nou „n week later as aanvanklik beplan, sal plaasvind. WEDLOOP DATUM PLEK TYD KONTAK Jolly Jumbo 4 Julie 2009 Swartkops Lapa 07h00 Shaun 10/21km Badenhorst: 082 454 1598 Springbok 11 Julie Voortrekkermonument 07h00 Leon Vasbyt 2009 Bezuidenhout: Helperswedloop 082 326 0405 10.5/23.5km Dinamika 18 Julie Voortrekkermonument 07h30 Leon Springbok 2009 Bezuidenhout: Vasbyt 082 326 0405 5/10.5/23.5km New Balance 25 Julie Fonteinedal 07h00 Pierre Jordaan Trail Race 2009 082 821 9836 10km 15.OP DIE LANGPAD: ENTABENI WEGNAWEEK Met „n groot gejuig trek ek en Fransios saam met die dames Vrydag 16:30 weg uit Pretoria, net om agter te kom dat hy sy chip vergeet het en ons al die pad moet terugry na sy huis toe. Ook maar goed so want anders sou ons presies dieselfde tyd as Robert en Louis gery het. Dit sou beteken hulle tydjie by die dorsmasjien in Naboom sou nog korter gewees het! In elk geval, ons kom uiteindelik op Lekkerbreek aan sonder enige verdere ernstige voorvalle, behalwe vir „n amper motordiefstal toe die dames die Landie probeer hi-jack het toe ons „n ligte ietsie vat vir die keel net so buite Lekkerbreek, maar dit daar gelaat. Die vure was reeds volstoom aan die gang toe ons by die huis opdaag en daar is sommer dadelik gebraai en gekuier saam met die medelede van die Klub. Almal was maar heel rustig want wat die volgende dag op ons gewag het, was reeds duidelik op die ervare manne se gesigte te siene! Saterdagoggend: 05:30: Dis nog pikdonker en vrek koud maar almal is op en dit gaan rof in die kombuis. Dis net beskuit, pap, koffie, suiker, melk wat van een hand na die ander gaan. Almal kry darem ietsie in en ons val in die pad na Entambeni. Op die oop LandCruisers het ons bitterlik koud gekry en ek het regtig gewens daar was „n OBS wat die ergste koue kon afweer, maar daar was ongelukkig nie. Almal het by die ontvangs aangekom en almal skryf in. Ons bewonder die mooi dam en pragtige uitsigte en wonder wat gaan vandag op ons wag. Net na agt uur spring ons weg en die groepie om my vat dit heel rustig. Ons bewonder die mooi natuurskoon en maak nuwe vriende. Dit is regtig „n pragtige wedloop en mens droom weer van „n plaas wat jy nie het nie. So voor die groot Grand Canyon sien ons darem „n paar wildebeeste en blesbokke wat te lekker hardloop oor die veld. Ek kry die gevoel van Crocodile Dundee. Moet ek aanval en iets kry vir die pot of moet ek hulle laat gaan? Pragtig. Toe tref die s*#% die fan. Ons gaan teen „n helling van „n hele paar honderd grade af en af en af. Die lug raak koud, daar is skielik „n trek deur die kloof. Almal se monde is stil en
8
ongeloof begin intree, want hier moet ons weer terug uit. Dit is nimmereindigend en met elke tree voel jou knieë of dit gaan ingee en hierdie is maar net die afkomslag. Aan die onderpunt is daar gelukkig „n waterpunt en almal stop daar om te bepeins oor wat nou net gebeur het en wat gaan nou met ons gaan gebeur met die terugkomslag. Die kalahari-sand wat daarop volg is nou net die regte medisyne vir die opdraende terug. Jou bene is net lekker lam van al die ski-ski in die sand dan begin die pad boontoe. Ons stop gelukkig weer by die “basis” waterpunt om krag te kry vir die opdraende. Niemand by die waterpunt het ietsie sterkers om krag te gee nie en ons val maar in die pad, een voet na die ander. Dit is een meneer van „n opdraende. Alles is lam en alles pyn. Jou asem is weg. Agteruitloop werk ook nie. Kant toe loop ook nie, maar jy moet hier uit. Net voor jy dink ek kan nou wragtig nie meer nie, dan plat die paadjie se bietjie af en net om die volgende draai dan tref die helling jou weer met „n krag x. Na dit so 3 keer gebeur het, is jy uiteindelik bo en die volgende waterpunt is nie meer ver nie. By hom kry ons 2 Charles Lagers waaroor ons nou nog bitter dankbaar is en ons het weer krag vir daardie laaste 5 km of wat. Ons almal maak in „n goeie tyd klaar en is dankbaar vir die mooi medalje. Na „n lange toustaan is almal ook deur die storte waarna ons „n heerlike buffet ete gaan geniet het. En ons het geëet! Want 21 km bo-oor „n berg maak mens honger. Almal is toe weer in die Land Cruisers terug na die hek en van daar met ons eie motors terug Lekkerbreek toe. Ons het daar die res van die middag net lekker gerus en lekker vuurgemaak vir die potjie wat sou kom. Leon het weer uitgeblink met „n heerlike pot vir die aand en ek is seker dit sal nou maar „n tradisie word elke jaar. Na die laaste man so na 12 geval het, was die Saterdag toe op sy einde. Sondagoggend het gesorg vir „n heerlike ontbyt met die grootste spul spek wat ek in my lewe gesien het. Shame, die arme varkies. Almal het opgepak, gegroet en mekaar gelukgewens op „n suksesvolle naweek. Die lang pad terug Pretoria toe is aangedurf maar met min ywer. Niemand wou die plaaslewe skielik vir die stad se lawaai verruil nie, maar mens moet die pot aan die kook hou! In elk geval, ek sien julle almal volgende jaar: selfde tyd, selfde plek, selfde aksie! Erich Jacobs 16.DINAMIKA MAKELAARS ATEKSANA BEPERK handeldrywend as DINAMIKA MAKELAARS is „n trots AFRIKAANSE maatskappy wat uiters kliëntgesentreerd is. Hierdie fokus veroorsaak dat DINAMIKA baie meer gesteld is op goeie verhoudings en diens. Hierdie feit negeer egter nie die feit dat hierdie maatskappy nog steeds goeie oprengste met konserwatiewe beleggings lewer nie. Hierdie strewe na goeie opbrengste uit konserwatiewe kombinasie van beleggings bring mee dat DINAMIKA slegs met maatskappye wat deur die Raad op Finansiële Dienste goedgekeur is, verbintenisse het. Daar word dus geen fondse by DINAMIKA belê nie, dit is nou behalwe die belegging wat langer bestaande kliënte by wyse van aandeelhouding gemaak het. Dit is met trots wat genoem word dat een aandeel in ATEKSANA BEPERK vyfvoudig in waarde verhoog het gedurende die laaste vyf jaar. Hierdie aandele kan op hierdie stadium slegs bekom word deur dit van bestaande aandeelhouers te koop. Dit word egter in die vooruitsig gestel dat die maatskappy in die toekoms dalk voorkeuraandele mag uitreik. Die aandele sal dan, mits die direksie dit goedkeur, „n gewaarborgde uitkeerbedrag na 6.5 jaar oplewer asook „n gewaarborgde jaarlikse dividend.
9
Die aantal kliënte van DINAMIKA is tans meer as 4 000 persone wat oorwegend Afrikaans en ook oorwegend ouer as 50 jaar is. Uit hierdie stelling kan reg afgelei word dat die hooffokus van ons bedrywigheid beleggings is. DINAMIKA het „n plan met elke belegging! Die plan waarna hier verwys word spruit voort uit die feit dat daar nie sommer net beleggings gemaak word nie. Die werkswyse is hier „n konserwatiewe kombinasie van beleggings wat aangewend word om die unieke behoeftes van elke kliënt te bevredig met die oog daarop om bepaalde doelwitte oor „n lang tydperk te behaal. So is die doel van „n belegging na aftrede daarop gemik om die kliënt vir sy lewensverwagting te versorg met die kapitaal en ook soveel kapitaal vry te stel by die dood vir afhanklikes. Dit veroorsaak dat daar nie buitensporige inkomste direk na aftrede toegelaat word nie, maar dat daar tred gehou word met die verhoging in inflasie en die gepaardgaande uitwerking daarvan op inkomste. Geen sodanige plan is suksesvol as die bestuurder van die plan onverwags tot sterwe kom of die kliënte se diens verlaat nie. Ten einde sulke probleme te vermy het DINAMIKA „n unieke terugvalstelsel. Die personeel wat kliënte bedien het tans saam bykans 100 jaar se ondervinding, maar heelaas begin van die spesialiste nou oud word. Aangesien dit die geval is, is daar „n tweede persoon wat altyd op hoogte gehou word van wat in „n kliënt se lêer aangaan. Willem Smit Kontak Dinamika Makelaars sommer vandag nog by 0861 846644 of besoek hul webwerf by www.dinamika.co.za. 17.IN ‘N LIGTER LUIM Trek jou hardloopklere, tekkies met jou warm mus, „leg warmers‟ en warm baadjie aan. Strek goed. Kry die waaier en sit dit voor die stort in die badkamer neer. Druk die nommer 2knoppie. Draai die kouewaterkraan van die stort so halfpad oop. Klim met jou winterhardloop “kit” binne in die stort. Moenie die deur van die storthokkie toemaak nie, anders werk die waaiereffek nie. Hardloop op die plek so teen 50% pas vir 20 minute (Schanskop), na 10 minute moet jy omdraai en in die teenoorgestelde rigting hardloop, dan nog 10 minute vir „n groot sirkel. Robert hoef net „n klein sirkel te doen na Schanskop. Maar hy kan hom stap (15 minute). So kry julle die winterrëen-hardloopervaring in die gemak van jou eie huis. Die arme pêrre daar in die Kaap het dit elke dag, maar buite die huis. Maar as julle die Kaapse effek wil hê moet julle die waaier op nommer 4 sit as dit die vinnigste is wat hy kan, anders nommer 5. Kry dan ook iemand om na elke paar minute yswater met „n beker in jou gesig te gooi. Sodra jy klaar is, trek die nat klere en skoene uit. Sit die fan waaier, maak die warm kraan oop en vat „n warm stort. Beweeg daarna na die leefvertrek waar die kaggel/verwarmer is. Gooi „n grootglas OBS en neem stelling in voor die TV. Jou tande sal naderhand minder op mekaar klap. Sit voor die kaggel/verwarmer met die glas OBS.
10
Jou kinders sal weldra vir hou kom vertel hoe MAL hardlopers is. Moenie aanstoot neem nie. Hulle is reg. Leon Bezuidenhout 18.VANDAG IN DIE VOLKSGESKIEDENIS *Izak Wilhelmus van der Merwe (Boerneef), skrywer, dosent, digter en opsteller van talle Afrikaanse Woordeboeke, is vandag in 1967 in Kaapstad op 70 jarige leeftyd oorlede. *Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, is vandag in 1909 gestig. Medestigterslede sluit in: E.G.Jansen, J.B.M.Hertzog, D.F.Malan, M.T.Steyn en J.D.Kestell. 19.UIT DIE WOORD Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie en te gou kwaad te word nie. (Jakobus 1:19) 20.GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is vele voorbeelde van sterwende mense se woorde wat opgeteken is en gesê het: “Ek is spyt dat ek „n ateïs was” of “Ek is jammer dat ek God verwerp het en nie geglo het nie” of “Ek is spyt oor die sondige lewe wat ek gelei het”. Nog nooit was daar egter „n geval opgeteken van iemand wat met sy of haar laaste asem gesê het:”Ek is jammer dat ek „n Christen was” of “Ek is spyt dat ek vir die Here geleef het” nie – Isak Burger. 21.DOODSKOOT Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Leon, Erich, Willem en Alfred te bedank vir hul bydraes in die nuusbrief. Dit word opreg waardeer. Ek het dit al heelwat in die verlede gemeld, en ek wil dit weereens benadruk dat hierdie ons almal se nuusbrief is. Almal is dus welkom om bydraes te lewer. In die nabye toekoms sal Die Voorslag ook op ons klub se webwerf beskikbaar wees. In volgende maand se uitgawe ontmoet ons vir Cilliers Kriel. Die volgende Voorslag verskyn D.V. op Woensdag, 5 Augustus 2009. Hardloopgroete en seen. Alexander Hattingh
HIERDIE NUUSBRIEF IS MET TROTS GEBORG DEUR DINAMIKA MAKELAARS. KONTAK SOMMER VANDAG NOG VIR WILLEM SMIT EN SY SPAN DESKUNDIGES VIR DIE BESTE FINANSIËLE ADVIES IN DIE WÊRELD BY 011 749 7300.
11