Jaar 11 - Uitgawe 29 Kontak ons:
[email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za
5 September 2014
Beste Vrypossers In hierdie uitgawe vier ons steeds die lente saam met die natuur wat daarbuite ontwaak en met gemeentes wat lentetee’s- en sangdienste aanbied...
LENTE 2014
1.
GEMEENTES BIED AAN:
KYK OOK BY PT 9 (HERHALINGS): weke daarna – moenie uitmis nie!
Hierdie naweek gebeur daar sommer heelwat dinge, asook in die
NG KERK ONZE RUST VIER HUL 50 JAAR VAN GENADE: Alle oud-lidmate en leraars word hartlik uitgenooi om hierdie heuglike geleentheid tydens die naweek van 12 tot 14 September 2014 saam met die gemeente te kom vier! Vrydagaand 12 September 2014 - ‘n sangaand waartydens Du Preez Stoltz in die kerk sal optree. Kaartjies @ R30pp is beskikbaar by die kerkkantoor 051 522 3367 (k/u Do 10:30 – 12:30), of Nic Prinsloo, 082 926 4729, of by Frikkie Jamneck 083 262 0779. Saterdag 13 September 2014 - die jaarlikse Kermis. Sondagoggend 14 September 2014 – ‘n gemeentelike Nagmaalsfees en ‘n tee vir die gemeente en besoekers ná afloop van die erediens.
1
NG GEMEENTE PELLISSIER:
NG GEMEENTE DEWETSDORP:
2.
JAARLIKSE SAKOV-STREEKSBYEENKOMS IN REITZ: Alle predikante, orreliste en orrelliefhebbers in die Vrystaat word versoek om asseblief van die volgende geleentheid kennis te neem: Die SAKOV Vrystaat-Streeksbyeenkoms word op rotasiebasis ook na ander dele van die Vrystaat geneem, aangesien almal in die verlede altyd vanaf die platteland na die Bloemfontein byeenkomste moes kom. Gevolglik word dié byeenkoms vanjaar op Saterdag 13 September om 08:00 in Reitz aangebied om saam te val met die 100-jarige gebruik van die pyporrel in die NG Kerk Reitz Moedergemeente. Daar 2
word dus geen ander streekbyeenkomste vanjaar in die Vrystaat aangebied nie en ondersteuning vir hierdie byeenkoms op Reitz word gevra. Klik hier vir meer inligting, asook ‘n program vir hierdie geleentheid. Die volgende SAKOV-geleentheid vind op Sondagmiddag 26 Oktober 2014 vanaf 15:30 in die Gereformeerde Kerk Bethlehem, plaas. Dit sal bestaan uit ‘n Psalmfees met solosang, orrelspel, samesang en tromboon.
3.
RELEVANTE TEOLOGIESE STUDIE VIR LIDMATE EN PREDIKANTE AAN DIE UV: Die Fakulteit Teologie aan die UV bied verskillende akademiese programme (aanlyn, voltyds, deeltyds en blokkursusse) om gelowiges vir hul werk in God se Koninkryk toe te rus – klik hier vir meer besonderhede, sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 30 September 2014.
4.
UITNODIGING - JAARVERGADERING VAN NIMSA:
Alle persone van enige kerklike denominasie wat op die een of ander manier (as leraar of as brugleraar) by gemeentebediening betrokke is, word hartlik uitgenooi om NIMSA se jaarvergadering by te woon. Die besonderhede is soos volg: Datum: 2 Oktober 2014 Plek: NG Kerk Greymont, Johannesburg (rigtingaanwysings word by inskrywing voorsien) - die terrein is naby die N1 snelweg en naby Rosebankstasie van die Gautrein Tyd: Registrasie begin 09:30 - die vergadering duur van 10:00 tot 19:00 Koste: R 100 per persoon (sluit alle koste en etes in) Tema: Gemeentebediening vindingryk bekyk Spreker: Ds Hannes J van Rensburg van die Ned Hervormde Kerk, Zuurfontein. Hy het die voorreg gehad om die onlangse konferensie van die Interministry Network in St Louis, Missouri by te woon waar nuut oor die eietydse bediening en gemeente-wees gedink is. Die onderwerp is van groot waarde vir die brugbediening, asook vir elke leraar se gewone bediening en help om eietydse kerk-wees te verstaan. Vir meer besonderhede oor NIMSA, besoek gerus die webblad by, www.nimsa.co.za. Laat weet asseblief so gou moontlik indien u sou belangstel om die geleentheid by te woon - kontak vir dr Martin Lazenby by
[email protected], of skakel 079 493 4957.
4.
NG KERK STELLENBERG SE FEESMARK: Daar was ‘n versoek vanaf die organiseerders om
hierdie bekende feesmark in die Durbanville-omgewing, ook in Vrypos te adverteer, aangesien verskeie Vrystaters graag by hierdie mark besoek aflê. Vir enige navrae, kontak vir Sanel Joubert by
[email protected], of skakel 021 976 4519:
3
5.
NUUSBRIEWE:
BYBELMEDIA 14/2014: Hierdie week is die fokus op die Kerkbode van 5 September 2014 met die Nuwe hart-bylae, asook die September-uitgawe van Kruisgewys – leraars, neem asseblief kennis van hierdie twee punte. Klik hier vir volledige nuusbrief.
EMMAUS SENTRUM 28 & 29 AUG 2014: Kyk na opwindende nuwe kategesemateriaal in nuusbrief van 28ste, asook vir inligting rakende ‘n kort kursus oor Mark Devries se boek, Sustainable Youth Ministry, in nuusbrief van 29ste.
6.
7.
BEROEPENUUS:
Ds Dougy Bubb, tans mede-leraar van die NG Gemeente Bethlehem-Efrata, wat die beroep na die NG Gemeente Bainsvlei, Bloemfontein aanvaar het, se bevestiging vind op Sondag 30 November 2014 plaas. (Seënwense met julle bediening in Bloemfontein, mag julle baie gelukkig in jul nuwe omgewing wees – Red).
Emeritus-leraar, ds JS (Johan) Wepener, is vanaf 1 September 2014, as Vastetermynleraar (2jr kontrak), by die NG Gemeente Allanridge, aangestel. (Ons verwelkom vir ds Johan en sy vrou, Magda in die Vrystaat, mag dit vir julle ‘n baie geseënde ervaring wees – Red).
MET DANKBAARHEID:
Ons kondig met groot vreugde aan dat, wanneer julle hierdie uitgawe ontvang, Amanda de Lange reeds uit die hospitaal ontslaan is nadat sy die afgelope vyf weke reeds drie keer geopereer moes word en vele dae in die intensiewe eenheid moes deurbring – (baie dankie vir almal se gebede vir haar, Hennie en hulle kinders. Dit was regtig ‘n baie moeilike en traumatiese tyd waardeur hulle as gesin is en ons glo en vertrou dat sy nou amptelik op die herstelpad is. Amanda, in Sy Hand is jy altyd veilig, hou elke dag aan Sy Groot Genade vas! – Red) 4
8.
VAKATURES:
Kyk by pt 9 (Herhalings) vir leraarposte wat verlede week geadverteer is.
Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Amptelik - Vakatures.
ORRELIS: Die NG Gemeente Kroonheuwel-Noord, Kroonstad wag aansoeke in vir hierdie pos diensaanvaarding moet vanaf Januarie 2015 geskied. Stuur ‘n CV per e-pos na
[email protected], of handig dit in by die Kerkkantoor te Hertzogstraat 2, Presidensia, Kroonstad. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 30 September 2014.
KOORAFRIGTER: Die NG Gemeente Aandbloem, Bloemfontein is opsoek na 'n persoon om hulle kerkkoor af te rig – dit is 'n klein groepie van ongeveer 15 bejaarde persone. Belangstellendes kan vir Petro skakel by 051 407 7631 (k/u Ma-Vr 08:00 tot12:00, of op 072 380 0030.
9.
NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis! Algemeen: Vrystaat Nasorg – Pretstap en Lentemark: 5/9 vanaf 08:00 – 13:00 Navorsingsprojek – Kerklike jongmense en geloof: Vanaf Sept – Okt Mooigenoegkamp – Hoërskoolleerlinge: 4 – 9/10 Alg Sinode 2013 – Handelinge beskikbaar
Gemeentes bied aan: NG Univ-Wes – Piet Smit: 5/9 vanaf 19:00 NG Rouxville – Gemeentefees: 6/9 vanaf 07:30 NG Uitsig – Oppi-Koppi Fietsfees: 6/9 vanaf 09:00 NG Estoire – Amazing Race: 6/9 NG Virginia – High Tea met Brenda Myburgh: 6/9 vanaf 09:30 NG Univ-Wes – Lentetee met Elsabé Aldrich: 6/9 vanaf 09:30 NG Berg en Dal – Orrelfees met Deon Lamprecht: 7/9 vanaf 18:30 NG Fichardtkruin – Oesfees Basaar: 13/9 vanaf 08:00 NG Steynsrus – 4x4 Pretnaweek: 12-14/9 NG Brandfort – Gholfdag: 13/9 vanaf 11:00 NG Heuwelsig – Familiefees (heeldag) & eenmantoneelstuk om 18:30, die Klaagliedere van ds Tienie Benade, deur Frank Opperman: 24/9
Vakatures: Leraar, Vastetermyn (1jr): sluit 19/9 Medeleraar – NG Bethlehem-Efrata: Sluit 3/10 Nuwe sendelingpaar vir Japan – Missie Japan: Rig navrae vóór 31/10 5
10.
VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars en personeellid wat gedurende die komende week, hul verjaarsdae vier - mooi wense vir ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar: 7 Sept: Dr Marius Terblanché - ONZE RUST - 051 522 7711, 073 426 2317,
[email protected] Ds Cornis, Botha – VENTERSBURG - 078 973 3307,
[email protected] 11 Sept: Mnr Johan Coetzer - SINODALE KERKKANTOOR - 051 406 6723, 082 925 0596,
[email protected]
11.
TEN SLOTTE:
Groetnis, tot volgende keer.
THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel:
[email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821 INDIEN U OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) AS U VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!) Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by
[email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na hierdie adres
VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier
6
SAKOV-STREEKSBYEENKOMS IN REITZ: “n Baie interessante aanbieding oor die werking van die pyporrel en orrelbou, word deur twee jong orrelbouerbeurswenners van Gauteng, Pieter-Jan Bouwer en Ferdi la Grange, aangebied. Die aanbieding behoort dus ook vir nie-orreliste insiggewend te wees. Hierna volg ‘n orrelkonsert deur vier Vrystaatse orreliste vanaf 11:00 tot 12:30 waar die orrel in al sy fasette gehoor sal kan word. Die koste beloop R100pp en verversings is hierby ingesluit – gratis vir skoliere. By hierdie geleentheid sal die heel nuutste SAKOV Bundel Nr 3, met voorspele vars uit die oond deur Suid-Afrikaanse komponiste, te koop wees @ R260 per boek. Dit sal reëlings baie vergemaklik indien u die toegangsfooi vooraf kan inbetaal en die betalingsbewys per e-pos kan aanstuur na
[email protected]. Gebruik asseblief jou naam en van as verwysing. Die bankbesonderhede is as volg: Rek Naam: C van Niekerk SAKOV Bank: ABSA Rek nr: 480 882 199 Vir enige navrae, kontak vir Connie van Niekerk (Vrystaat Streekverteenwoordiger) op 083 377 2244.
PROGRAM: 07:30 - 08:00 08:00 - 08:20 08:20 - 08:30 08:30 -10:30
-
10:30 - 11:00 11:00 - 12:30
-
12:30 - 13:00
-
Registrasie, tee/koffie, boekuitstalling Opening en verwelkoming Foto vir SAKOV nuusbrief Bou en werking van die (elektro-pneumatiese sleeplaai) orrel van Reitz wat nou 100 jaar oud is - demonstrasie deur PieterJan Bouwer en Ferdi la Grange, SAKOV orrelbou-beurswenners Tee en verversings en boekuitstalling Orrelkonsert: Bouwer en Marilise van Rooyen, Theunis Marais, Rolyn du Plessis en Connie van Niekerk Boekuitstalling
TERUG NA INHOUD BYBELMEDIA NUUSBRIEF 14/2014: LEES IN DIE KERKBODE VAN 5 SEPTEMBER: Jeugmentors ‘leer kinders om te leef’: In Benoni aan die Oos-Rand het ’n stelsel van jeugmentors die afgelope klompie jare sy beslag gekry. Jeugmentors is jongmense wat primêr deur gemeentes aangestel word, maar hoofsaaklik in skole werk. Hulle help tieners met allerlei lewensvrae, onder meer op geestelike terrein en die skole kan nie dink hoe hulle sonder hulle sou kon klaarkom nie. Dit is ’n model waarna die res van die kerk met vrug sou kon kyk. Jaun Truter... het jare in die tronk gesit. Deur die Alpha-kursus het hy in die gevangenis by die Here uitgekom. Vandag is hy die koördineerder van die Alpha-kursusse in gevangenisse in die Wes-Kaap. Die Optog van die Narre... is ’n jaarlikse instelling in die middestad van Pretoria. Dit is deel van ’n groter bediening wat allerlei maatskaplike probleme hanteer en mense help om heel te word. 7
Lees ook: Die omvang van die NG Kerk se maatskaplike werk. In Bloemfontein gaan geloof oor tot aksie. Geloof is ’n reis saam met Jesus. NUWE HART-BYLAE: Die derde van 2014 se Nuwe Hart-bylaes is ingebind in die jongste Kerkbode. Met die tema, Luister na mekaar, sluit dit aan by die Seisoen van Menswaardigheid. Gebruik, waar moontlik, van die inligting tydens die erediens op Sondag 14 September 2014. KRUISGEWYS: Die inhoud van die September-uitgawe van Kruisgewys, belig die Seisoen van Menswaardigheid uit verskeie hoeke. Dié publikasie word hierdie week na al die leraars per pos versend. Indien enige leraar die Kruisgewys nie ontvang as gevolg van gemeentewisseling, aftrede of ander rede, is jy welkom om jou adresbesonderhede per e-pos te stuur na:
[email protected] en jou besonderhede sal op die databasis reggestel word. INLIGTING, NAVRAE EN DIENSVERSKAFFING: Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822; of stuur jou bestelling per e-pos na:
[email protected]; of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
TERUG NA INHOUD HERHALINGS: INHOUD 1.
ALGEMEEN: VRYSTAAT NASORGSENTRUM SE PRETSTAP EN LENTEMARK: Hierdie geleentheid vind op Vrydag 5 September 2014 vanaf 08:00 tot 13:00 plaas. Die dag word afgeskop met ‘n pretstap waaraan ongeveer 600 gestremdes gaan deelneem en begin om 09:00 by die Botaniese Tuin. Belangstellende gestremdes wat wil deelneem, kan hul deelname by Jani du Preez op 051 436 6034/5 bespreek, sodat almal verversings (geborg deur Chas Everitt) kan ontvang - die inskrywingsfooi is R5.00 per deelnemer. Op die Lentemark sal daar soos altyd, produkte wat in die Nasorgsentrum se bakkery, houtwerk- en naaldwerkafdelings, asook in hul pottebakkery en drukkery vervaardig is, te koop aangebied word. Die publiek word uitgenooi om hierdie verdienstelike saak te gaan ondersteun. Kontak vir Stefan Vosser, Direkteur: Vrystaat Nasorg op 051 436 6034 (k), of stuur ‘n e-pos aan
[email protected] NAVORSINGSPROJEK - KERKLIKE JONGMENSE EN GELOOF IN SUID-AFRIKA: Dr Zander van der Westhuizen (projekleier) en prof Malan Nel (Universiteit van Pretoria) skryf: Gedurende September en Oktober 2014 skop die grootste navorsingsprojek van sy aard in kerklike geskiedenis af! Dié projek wat poog om die profiel en persepsies van jongmense (16-35 jaar) in die kerk in detail te beskryf en na te vors, is van kardinale belang. Klik hier vir meer inligting oor die projek. MOOIGENOEGKAMP VIR HOëRSKOOLLEERLINGE: Hierdie jaarlikse kamp vir leerlinge vanaf graad 8 tot 12, word vanaf Saterdag 4 Oktober tot Donderdag 9 Oktober 2014 by die Mooigenoeg Kampterrein in Bloemfontein aangebied. Dr Wollie Grobler, Attie Rall en Morné Bruwer is die aanbieders en koste beloop R800pp – inskrywingsvorms is by die kerkkantoor van die NG Gemeente Bloemfontein-Noord (Klipkerk) te Tweedestraat beskikbaar, of skakel 051 448 1419 (k/u Ma-Vr 08:00-12:00). 8
HANDELINGE - ALGEMENE SINODE 2013: Die Handelinge van die Algemene Sinode 2013 is beskikbaar – klik hier om dit af te laai.
2.
GEMEENTES BIED AAN: UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK) - MUSIEKAAND: Die bekende gospelsanger, Piet Smit tree Vrydagaand 5 September 2014 vanaf 19:00 in die kerkgebou op (geleë h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstr, Universitas). Die vertoning is gratis, ‘n kollekte ten bate van die Stranddienstespan, sal wel opgeneem word. ROUXVILLE - GEMEENTEFEES: Dié gemeente in die Suid-Vrystaat hou op Saterdag 6 September 2014 hul Gemeentefees. Ontbyt word vanaf 07:30 bedien en as dit jou innerlike nie gevul het nie, kan jy ook pannekoek, vetkoek, koeke, terte en nog baie meer teen uiters lae pryse aankoop. Kom koop gerus geskenke vir Kersfees, die huis, of vir jouself – daar sal ook heerlike plaasvleis in alle snitte beskikbaar wees! Hierdie is plattelandse gasvryheid op sy beste! UITSIG – OPPI-KOPPI FIETSFEES: Saterdag 6 September 2014 vanaf 09:00 by hul kerkgebou te Werdasingel 20, Uitsig. Die volgende lekker kos kan gekoop word: Pannekoeke, hamburgers, sosaties, boeredog en lewertjies, kerrie en rys en Bunny Chow’s, poeding, Chip Twisters... Hope pret vir kinders - baie motorfietse en toertjies sal te sien wees, vir inskrywings hiervoor, kontak vir Phillip Eloff by 082 561 2332, of vir Annelize by 072 109 6498. ‘n Fotokompetisie word ook aangebied – skryf foto’s in wat jy self geneem het @ R10 per foto (dit kan foto’s van fietse wees, of enige ander foto, ook met selfoon geneem). Foto’s kan enige grootte wees, net nie digitaal nie – kontak vir ds Hein Kotzé op 082 465 1402. ESTOIRE – THE AMAZING RACE: Kom geniet op Saterdag 6 September 2014, ‘n dag van pret en plesier saam met die gemeente en neem deel aan die raaisel, leer Bloemfontein ken terwyl jy op die ontdekkingsreis van jou lewe gaan – R5000 se pryse kan gewen word! Slegs laat inskrywings tot 4 September 2014, word nog aanvaar –kontak Johan Vos by 082 577 5266. VIRGINIA – HIGH TEA MET BRENDA MYBURGH: Vind op Saterdag 6 September 2014 vanaf 09:30 by die Virginia Volkskool plaas. Kaartjies vir hierdie geleentheid is by die kerkkantoor beskikbaar, skakel 057 212 5524 (k/u Di-Vr 08:30 – 13:00) – vir meer inligting, skakel vir Obie Vermeulen by 072 407 9950. UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK) – LENTETEE: Hierdie geleentheid met die uiters gewilde Elsabé Aldrich as die gasvrou, word op Saterdagoggend 6 September 2014 vanaf 09:30 in die kerksaal aangebied. Kaartjies is R100pp en die opbrengs gaan ten bate van die projek, Help save a child’s future van Huis Carpe Diem en Ons Kinderhuis. BERG EN DAL – ORRELOPVOERING: Die opvoering wat deur Deon Lamprecht uitgevoer gaan word, vind op Sondagaand 7 September 2014 om 18:30 in die gemeente se kerkgebou (h/v Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar). Geen toegang word gevra, slegs ‘n sagte kollekte sal opgeneem word. Werke van Martin Luther (1483-1546) – Wir glauben all an einen Gott (Ons glo in een God), Dietrich Buxtehude (1637-1707) – Praeludium in G-mineur (Bux WV149), asook Johann Sebastian Bach (1685-1750) – Koraal en Variasie nr 10 uit die Partita op Sel gegrusset, Jesu gutig (BWV 768) sal uitgevoer word. 9
FICHARDTKRUIN – OESFEES BASAAR: Hierdie jaarlikse geleentheid, vind op Saterdag 13 September 2014 vanaf 08:00 plaas. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor op 051 522 8903 (k/u Di-Vr 07:30 – 12:30) STEYNSRUS - 4 X 4 PRETNAWEEK: Naweek van 12 - 14 September 2014 by Riverside-oord naby Steynsrus. Vir navrae, kontak vir Thinus Crous by 082 573 4836, vir akkommodasie, skakel 056 471 0812 of 083 444 5499, of Van Niekerkshof Gastehuis by 082 414 3174. Indien iemand die gemeente met borgskappe vir hierdie naweek kan ondersteun, kontak asseblief ook vir Thinus Crous. BRANDFORT – GHOLFDAG: Hierdie geleentheid vind op Saterdag 13 September 2014 plaas, die afslaantyd is 11:00. Daar is groot vleispryse op die spel – kontak vir Emil Gordon (besprekings) op 074 458 9677, of vir Kobus Bezuidenhout (organiseerder) op 082 374 5022. Die hele gesin met hul kinders is welkom – vermaak word aangebied. WOODLAND HILLS – VINTAGE HIGH TEA MET ELIZMA THERON: Dit vind op Saterdag 20 September 2014 om 09:30 by die Woodlands Function Venue, plaas. Koste R280pp, vir kaartjies, kontak Annemarie op 083 500 6970 , of skakel die kerkkantoor by 051 451 1261 (k/u Ma-Vr 08:00 – 13:00). HEUWELSIG – FAMILIEFEES: Hierdie jaarlikse gebeurtenis vind op Woensdag 24 September 2014 (‘n vakansiedag), op hul kerkterrein te Gilles van de Wallstraat, Dan Pienaar plaas. Dieselfde aand om 18:30 in die kerkgebou word ‘n eenmantoneelstuk, Die Klaagliedere van ds Tienie Benade, deur die bekende akteur Frank Opperman opgevoer. Ds Tienie Benade is ‘n middeljarige predikant van die Moedergemeente aan die onderkant van Voortrekkerstraat en hy bevind hom permanent in ‘n penarie. Sy gemeente se lot is dieselfde as baie ander gemeentes: getalle is drasties aan’t daal, die skuldlas groei en sy senior kerkraadslede is knorrig en te oud om van hulp te wees. Vir enige navrae oor beide geleenthede, kontak vir Annetjie du Randt in die kerkkantoor op 051 436 1967 (Ma-Vr 08:00-13:00). VENTERSBURG – ‘N LEKKER FEES: Die Wille Doringboom Fees, vind vanaf 26 – 27 September 2014 by die Aldam vakansieoord plaas. Heelwat aktiwiteite soos ‘n pretstap, ma-enbabakompetisie, die sanger Steve Hofmeyer wat gaan optree en vele meer, vind by hierdie fees plaas. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar, kontak vir Charlotte op 073 275 1921.
3.
VAKATURES: LERAAR – VASTETERMYN (1 JAAR KONTRAK): Die NG Gemeente Steynsrus wag tans aansoeke in vir hierdie pos – daar is ‘n wedersydse opsie om die kontrak na ‘n jaar, vir ‘n verdere tydperk te verleng – klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 19 September 2014 en diensaanvaarding vanaf 1 Desember 2014. MEDELERAAR – NG BETHLEHEM-EFRATA: Die gemeente beskik binnekort oor ‘n vakature vir ‘n medeleraar – klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 3 Oktober 2014 – diensaanvaarding Januarie 2015, onderhandelbaar. NUWE SENDELINGPAAR VIR JAPAN: Missie Japan wil begin met ‘n proses om nuwe sendelinge na Japan uit te stuur. Gelegitimeerde leraars van die NG Kerk kan hiervoor aansoek doen – klik hier vir meer inligting. Navrae hieroor moet vóór Vrydag 31 Oktober 2014 aangestuur word.
TERUG NA INHOUD
10
LERAAR – VASTETERMYN (1 JAAR KONTRAK), NG STEYNSRUS: GEMEENTEPROFIEL: Steynsrus is ‘n klein plattelandse dorpie, geleë in die Noordoos-Vrystaat, 50 km van Kroonstad, +/- 60 km van Senekal en +/- 120 km vanaf Bethlehem. Tans is daar 254 belydende lidmate en 40 dooplidmate. Die gemeente is 104 jaar oud en bestaan uit ses dorpswyke, sewe plaaswyke en ‘n tehuis vir bejaardes. LERAARSPROFIEL:
‘n Gelegitimeerde in die NG Kerk Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak. ‘n Leraar met ‘n passie vir die plattelandse bediening. Pastorale-, siek- en huisbesoeke is belangrik – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die Kerkraad.
VERGOEDING: Totale koste van vergoeding (TKV) - R245 000 per jaar. Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) - munisipale rekening vir eie koste. AANSOEKE: Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel wees van ‘n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en preekbeurt – reiskoste tot en met R500 sal voorsien word. RIG AANSOEKE AAN: Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus, per e-pos aan
[email protected] SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 19 September 2014 DIENSAANVAARDING: 1 Desember 2014 NAVRAE:
Magda Uys - 082 7080 477 Kobus Groenewald - 082 771 3390
Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
TERUG NA INHOUD
MEDELERAAR – NG BETHLEHEM-EFRATA: Die kerkraad stel die vakature vir ‘n medeleraarspos bekend en wag biddend aansoeke in. LERAARSPROFIEL: Proponente en leraars word vir die vakature oorweeg. Moet ‘n aanvoeling vir jeugwerk en bejaardes hê. Bereidheid tot gemeentewerk in sy breedste omvang (KO Art 9). Persoonlikheid vir samewerking in medeleraarskap. Gereformeerde benadering veral ten opsigte van prediking en erediens-inkleding. Inpas by bestaande gemeente-spiritualiteit. GEMEENTEPROFIEL: Bethlehem-Efrata is een van sewe NG gemeentes in Bethlehem. Hulle is ‘n gasvrye gemeente wat werk binne ‘n tradisionele omgewing. Die lidmate se ouderdomme is gebalanseerd met baie ouer en jonger lidmate. VERGOEDING: Vergoeding en byvoordele is ooreenkomstig sinodale riglyne en sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word. 11
AANSOEKE: ‘n Aansoekvorm/vraelys en CV kan per e-pos aangestuur word na die Skriba by
[email protected]. Aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar, skakel 058 303 4554. Navrae kan gerig word aan die kerkkantoor, of aan ds Tertius Lamprecht (082 499 0590), Gerrie Roetz (082 771 5574), of At Cilliers (082 412 2558). SLUITINGSDATUM: 3 Oktober 2014 DIENSAANVAARDING: Januarie 2015, onderhandelbaar met die geskikte kandidaat.
TERUG NA INHOUD NUWE SENDELINGPAAR VIR JAPAN: Missie Japan - ʼn Vennootskap tussen die NG Kerkfamilie en die Reformed Church in Japan In biddende afhanklikheid wil Missie Japan begin met ʼn proses om nuwe sendelinge na Japan uit te stuur. Profiel:
Gelegitimeerde leraar van die NG Kerkfamilie (verkieslik getroud), of ʼn gekwalifiseerde onderwyser (of getroude egpaar) met ondervinding. Tussen 25 en 40 jaar oud. Oortuigde sendingroeping - om sendeling in Japan te wees, is ʼn lewenslange roeping. Nederigheid, aanpasbaarheid en deursettingsvermoë, veral in ʼn kruiskulturele konteks. Bereidheid om Japannees aan te leer. Verankering in die gereformeerde (en evangeliese) tradisie, met sensitiwiteit vir ander gelooftradisies, godsdienste en kulture.
Rig navrae voor 31 Oktober 2014 aan: Dr Gideon van der Watt Missie Japan Kantoor Posbus 11412 Universitas 9321 E-pos:
[email protected] Tel: 051 406 6729 (k)
TERUG NA INHOUD Vrywaring / Disclaimer - Klik hier
Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld
12