Dr. M.C.A. SeyíTert Departement Afrikaans-NederiancU IS REISPROSA JOERNALISTIEK? O m na ’n bekende land te reis, om die aard van die landskap, die mense en hul lewenswyse d aar te leer ken, bly nog steeds ’n opw indende ervaring. Die revolusie w at die m oderne tegniek ten opsigte van lugvervoer teweeggebring het, het die wêreld benouend klein gemaak. W at vroeer ’n onbereikbare wêrelddeel was, het nou skokkend naby gekom, intiem bekend geword. O m dié rede is die m erkw aardige opbloei van reisprosa in die eietydse w êreldliteratuur verstaanbaar. D it bly ’n debatteerbare saak of reisprosa streng genome literatuur is, en of dit bloot as joem alistiek gesien moet word. Dit is w aar dat die reisigerskry wer se wyse van verslagdoen van die w aargenom e dinge in die vreem de ’n opvallende joernalistieke tendens vertoon. V erder is die aannam e seker nie te vergesog dat reisprosa nie volgens die ekskulsiewe literêre norm e tot die literatuur behoort nie. W at egter in die artikel geponeer word, is dat die verskeie tipes van hierdie subgenre naam lik die reisroman, reisdagboek, reisbrief, reisskets, ensovoorts volgens sy eie norm e as ’n eiesoortige kategorie gesien moet word. Die term “joem alistiek” moet, w at sy betekenis en betrekking tot die reisprosa betref, nie uit verband geruk word nie, w ant dit bly uiteraard aan die periodieke pjers en spjesifiek aan die dagbladwese gebonde. Dit is immers “ ’n skryfw^se soos dié wat vry algemeen by joem aliste voorkom, aan joernaliste eie is, of veronderstel word om aan joem aliste eie te wees en gewoonik nie die kunspeil bereik nie” (W AT, dl. 5:58). Die koerant, wat in sy algemene voorkoms en betekenis vir niks anders as nuusverspreiding bekend staan nie, word dus m et die joem alistiek in verband gebring. Die joem alistiek, soos die begrip m et die koerantwese aaneengeskakel word, dui op ’n periodick gedrukte blad w at op die aktualiteit gerig is en na vorm en inhoud ’n kontinuiteit vertoon en vir die algemene publiek geskryf is. Die reisigcr-skrywer se wyse van verslaggewing van die waargenom e werklikheid, soos dit in die reisprosa gevind word, kan van ’n reisdokum ent deur die beskry wingskuns tot selfs suiwere verbeeldingsliteratuur ontwikkel. Hoe groter die afstand wat die waarnem er-skrywer tussen hom en sy waargenom e werklikheid kan skep, hoe neutraler kan hy teenoor die bereisde realiteit staan — in dié m ate sal die beskry wing meer objektief word en die klem kan dan maklik na joernalistieke detail, soos geografiese en
historiese besonderhede, die weersgesteldheid, landstradisies en kursoriese reisvertellinge verskuif. H ierdie joernalistieke elem ent, w at die opvallendste kenm erk van die vroeëre Afrikaanse reisprosa was, kan aan die hand van die volgende p aar voorbeelde geillustreer word: W at anders is dit as joernalistieke verslaggewing as Bontekoe tydens die lum ier van die Blanke-volksplanting aan die suidpunt van Afrika die gevolge van ’n skeepsbrand op ’n seereis in sy lournaal so weergee: “De brand en wilde niet slissen en niem and konde int ruym schier langer harden door den stinckende roock (ais-verhaelt is). W y h id d en achter nae gaten in den O verlocp en goten gheweldigh m et w ater daer door en door de Luycken; m ochte evenwel niet helpen” (Bontekoe, 1969: 30). Lichtenstein (1811: 215), w at tydens sy driejarige verblyf aan die K aap die land en sy m ense goed leer ken het, het veral tydens die reise w at hy saam m et De M ist m eegem aak het, die opkoms van ’n algem ene taal onder die koloniste op joernalistieke wyse gedokum enteer. Sy w aarnem ings van die opkom ende taal vertel hy soos volg: “ ... zij noem den een heuvel ‘rug’, eenen bergtop ‘kop’, een H ottentot dorp, uit hoofde van deszelfs gelijkvormigheid m et eenen snoer kralen, dien m en om den hals draagt, ‘kraal’, elke soort van schietgeweer ’roer’, het rundvee bij uitstek ‘beesten’, het gansche geslacht van Antilop>en ‘bokken’, enz. R eisjoernalistiek w at hier en d aar m et historiese informasie toegelig word, is ’n opvallende kenm erk w aar T heo W assenaar (1928: 60) die paleis van M inos op die eiland K reta te Knossos só beskryf^: “ E n tog is die gebou so ingewikkeld as die Sjinese skrif self. D it is ’n styl w at feitlik nie nageaap kan word nie, eenvoudig om dat toeval sy grondbeginsel is. As ons die labirint van Knossos deurkyk, is d aar heelw at interessante besonderhede w at ons aandag trek. Eerstens is d aar die plate van albasterklip...” . Die reisboekskrywers van die preliterêre periode kon die prinsipiele gebondenheid van dié subgenre nie s6 m anipuleer dat dit bo die vlak van die reisjoernalistiek kon uitstyg nie. O m dié rede was die verslag, dagboek en reisjoernaal in dié periode die belangrikste verskyningsvorme van die subgenre. Aangesien die essensiële m ateriaal van ’n reisboek van die geografiese, antropologiese en historiese gegewens afhanklik is, word dit nie van die skrywer verw ag om ’n kam eraoog te wees en sodoende sy w aarnem ings op joernalistieke wyse so getrou m oontlik weer te gee nie. Die reisiger-skrywer moet eerder die w etensw aardighede op prikkelende wyse weergee. D eur sy seleksie van die w aargenom e dinge, sy reaksie op die gebeure rondom hom.
kan hy aan sy reisbeskrywing ’n eiesoortige karakter gee. ’n M ens kan die bogenoem de gedagte met die volgende voorbeeld bewys: In Totius seBybellande deurreis kan ’n mens “ Betlehem” as ‘n reisessay isoleer. In sy geheel gesien, het ’n mens in die reisskryfwerk ’n weergawe van die skrywer se w aarnem ings — “ ’n dokum entere stuk van A tot Z, ooggetuieverslag” (Grové, 1969: 14), m aar die enige, persoonlike reaksie soos ’n mens dit alleen by Totius sal vind, is onm iskenbaar. Die skrywer se self: “ Ek was dan ook weke lank m et Betlehem besig... besig in my gedagtes” (Grové, 1969: 39). H ieruit lei ’n mens af dat hy op grond van sy verworwe kennis van Betlehem oor sy voorgenom e besoek aan die dorp besin het, m aar hy hct ook vanaf die hoogtes van T alpiot Betlehem met behulp van ’n “verkyker” bespied. Die verkyker kry feitlik hier ’n beeldende funksie, naam lik om indringend te kan “ sien” . W anneer sy w aarnem ings dan met die historiese gegewens ooreenstem, bely hy onverbloem d sy geloof in Jesus Christus: “ Dit stem ooreen met ons algem ene Christelike belydenis w at die geboorte en dood van Jesus ten nouste verbind: Ek glo in Jesus Christus wat gebore is...” (p. 39). Die hele aanbod en inhoud, die eerlike bieg van die skrywer verhef die passasie bo die m onotoonheid van die reisjoernalistiek. Elize Botha (1977: 20) se beskouing van Bybellande deurreis erken ’n interpreteerbare inhoud en in haar volgende uitspraak word die reisboek bo reisjoernalistiek verhef: “ Die verteller gee homself op ’n besondere wyse as getuie en as verteller te kenne; hy lei ons op ’n besondere wyse na die plekke w at by uitnem endheid sy getuienis en vertolking moontlik m aak.” Elsa Joub ert verkies om ’n reisboek vanuit ’n bepaalde probleem stelling te begin. In h aar reisbeskrywing Suid van die wind stel sy haarself die volgende ten doel: “ O m te sien hoc die rasse wat m ekaar op hierdie eilande ontm oet het, vandag saam woon, is een van die redes w aarom ek na die drie eilande — M auritius, Réunion, M adagaskar — wou kom” (Joubert, 1962: 9). Hoewel so ’n selfopgelegde opdrag ’n steun by die seleksie van die gegewens kan wees en as ’n eenheidskeppende beginsel kan dien (Aucamp, 1978: 98), kan die besondere informasie tot ’n gespesialiseerde reisjoernalistiek lei. Sy bied ook “ die verhaal van die drie eilande” volgens die chronologie van die reisplan aan, wat op die kaart soos dit op die skutblad verskyn, duidelik aangetoon word. U iteraard kan joernalistiek, w at as elem ent in enige reisprosa aangetref w ord, nie uit ’n reisboek geweer w ord nie. Afgesien van die chronologie in die bogenoem de reisboek, die stewige informatiewe substansie en die soms toeristiese nietighede, vind ’n mens die hoofstuk “ Die woud wat sterwe” wat
al kiassiek in die Afrikaanse reisliteratuur geword het. Elsa Joubert (1972; 50) sc om trent die hoofstuk die volgende: “ D aar het die ondervinding self oorgeneem: dit was ’n verskriklike en bangen ontw rigtende ondervinding” . Hoe nieer sy in die reisgebeure betrokke geraak het, hoe m eer sy as hooikarakter die afstand tussen haai en medereisgenote vernou het, hoe ’n groier rol het die verbeelding gespeel. ’n M ens m aak die aileiding dat die reis vir die skryfster nie net ’n avontuur was nie, m aar ook ’n verruim ing en verdieping van h aar aanvanklike doeistellings w at h aar tot ’n nuw e insig van haar m edem ens gcryp het, w ant vir die eerste keer op haar busreis “ kyk (sy; na die kind en die m oeder langs (haar), asof'hulle mense is en nie iets om tev erd u u rn ie” (Joubert, 1962: 177). Inhoudelikenstilisties isdieeentonige reelm aat van die beriggew ende vertelwyse hieroorbrug, en vind ’n mens in die ware siu van die woord in die eerstepersoonsvertelling die uitdieping van ’n karakter, m et ar.der woorde karakterisering soos dit in die reisprosa aangetref word. Nêrens in Elsa Jo ub ert se reisskrywerk kry ’n mens die idee dat sy die pretensie i*ct om spesifiek reisjoernalistiek te skryf nie H aar tweede reisboek I)ie verste reis, gctuig van stim ulerende informasie wat sy onderhoudend vertei en stilisties keurig versorg het. Sy sal eerder m inder feite verstrek, m aar in vervoenng oor ’n w aargenom e situasie raak, byvoorbceld die Paryse lente wat in ’n bespiegeling uitloop: “ M aar sommige dae langs die Seine, w aar die plataanbom e nou koel skaduwees oor die w arm kaaie gooi en die hengeiaars hulle lyne oor die w ater span — is dit dan nie lente in Parys nie? — het ek gewonder: is d aar werklik ’n vreem de? Is d aar grense?” (Joubert, 1959: 159). Elsa Jo ub ert se reisboeke getuig geensins dat sy ’n jagter na tocristeaantreklikhede is nie, sy is geen kiiom eterverslinder nie, m aar die misterie van menswees soos sy dit ook telkens in die vreem de ervaar het, het haar in haar reisskryfwerk ook versigtig laat “spel... aan die kort sillabe: m ens” (Brink, 1964: 40). Die skryfster se benadering van ’n reis en hoe dit uiteindelik in die geskrewe woord gestalte aanneem , kan nie vergelyk word m et dié van die A m erikaner w at glo met sy besoek aan Parys die Louvre binnegehol en uitgeroep het nie: “ W here’s the M ona Lisa? I’m doubleparked outside” . O m Elsa Jo ub ert se reisoeuvre, v\aarvan hier net enkele voorbeelde gebruik is, as reisjoernalistiek te etiketteer, sou sekerlik ’n negatiewe bydrae tot die Afrikaanse reiswoordkuns wees. O or die bew enng dat reisprosa en joernalistiek ’n eensoortige prosaverskynsel is, parodieer Brink ten aanvang van sy eerste skets, “Son in die w inter” , in sy bundel Parys-Parys: Retoer soos volg: “ ’n Efiens onnodige tradisie — so bietjie nouveau riche — wil dit mos nou eenm aal dat reisboeke
in Afrikaans met ’n vliegrit begin, en wie is ek om af te wyk? Goeie geleentheid vir natuurbeskryw ing en so. Desemberson oor die Transvaal, soos vloeibare vuuruitgegietoorveld en goue m ynhope...” (Brink, 1969:1). In dieselfde reissketsbundel vind ‘n mens “ Die nag van die barrikades” w aarin die skrywer die luime van die stad met die som berder aspekte soos die opstand van die studente, kontrasteer. In dié skets vind ’n mens wel informatiewe passasies wat ook as knapjoernalistiek kan deurgaan, m aar dit is so onderhoudend aangebied dat die gesprek tussen die w aarnem erskry wer en die oppervlakte wat hy verken, nie verlore gaan nie. Die reisskets is baie m eer as ’n statistiese weergawe van die w aarnem er-skryw er se indrukke van die studenteopstand, want ’n mens vind hierin insiggewende interpretasies: “ V an oudsher af'is die jeug revolusionêr; as dit nie so was nie, sou die wêreld lankal verstar het. ’n M ens onthou Van Wyk Louw se woorde dat die werklike gevaar vir ’n samelewing daarin sou lê dat ’n hele generasie sonder protes verbygaan” (Brink, 1969: 32' ’n Element van joernalistiek kan in die reisskets nie ontken word nie, rr.i,ar dat dit eerder as bellettrie onderskei kan word, is bewysbaar. Die reisverslag en -joernaal moes plek m aak vir reisprosa wat al hoe meer vertolkend geword het. Die aksent het nie m eer soseer op die daaglikse reisgebeure en oppevlaktebeskry wings geval nie, “ m aar op die vorm en insig wat ’n fyn en opmerksam e w aarnem er aan sy belewenisse daar kan gee” (Botha, 1965: 127). Die reisiger-verteller het nie net objektiewe w aarnem er gebly nie, m aar m ettertyd is hy in so ’n m ate betrek dat hy ’n karakter in sy woordewêreld geword het, byvoorbeeid in “ Die woud w at sterwe” van Elsa Joub ert in Suid van die wind. N am ate ’n gecstelike reis met die fisiese reis gepaard gegaan het, het die bcskouende gees van die reisiger na selfbeskouing oorgegaan. H ennie A ncam p het met sy reiskortverhaal, “ My tante wat in Chelsea woon” wat in die vierde afdeling van Spitsuur gevind word, 'n verdere ontwikkeling in die reiswoordkuns hier te lande teweeggebring. A.P, Grové (1969: 198) se opm erking oor dié reiswerk toon duidelik dat die intensie van die skrywer nie net op die inform atiewe gerig was nie. “ Dit word egter gou duidelik dat ons hier iets anders heeltem al anders het as die gewone reisverhaal. Die reis en die reiservaringspeel wel ’n rol, m aar die reisgegewe word geleidelik en sienderoë om gebou tot ’n stukkie verbeeldingswerk. ’n K ortverhaal wat ons iets se om trent die mens se lot” . Dit is ’n onderskeidende kenmerk van die kortverhaal dat daar iewers ’n keerpunt moet wees en dat die hoofkarakter d aarna tot ’n nuwe insig moet kom. In die lig hiervan is “ M y tante wat in Chelsea woon” onom wonde ’n
kortverhaal en hoort dit nie m eer tot die tradisionele reisjoernalistiek nie. O p die stram ien van die reisverhaal het die ek-verteller gaandew eg sy reiserv aringe so herskep dat dit ’n fiktiewe karakter aangeneem het. D aar dit hier oor die binneruim tes van die menslike gees gaan, het ’n mens met ’n m eerduidige idee in die reiskortverhaal te doen: • Dit gaan oor die mens se ewige soeke n a geluk, verw agting en die droom, m aar alles het verydel tot ’n valse hoop. • Die reisverhaal besit ook iets van die ironie van die menslike lot: die w anverhouding wat d aar tussen verw agting en verwesenliking kan bestaan. Die reiskortverhaal toon weer eens dat die struktuur van die reisprosa in die hand van die verbeeldingryke skrywer die inherente potensiaal het om in enige subgenre van die epiek ’n w aardige plek in te neem. Isis Isis Isis (1969) verteenwoordig ’n hoogtepunt in die Afrikaanse reisprosa. G edagtigaan die teoretiese beskrywing dat ’n rom an ’n fiktiewe teks is w aarin karakters vir die gebeure in ’n bepaalde tyd en ruim te verantw oordelik is, \slsis die eerste en enkele reisrom an in Afrikaans. Aan die einde van die eerste hoofstuk lig die knolskry wer-aan-die-w oord die leser in dat hy m et ’n skryfhandeling besig is. U it die aard van sy w oordkunstenaarskap: “ Ek het ’n boek g e s k r y f le i’n mens v erderaf dat hy vanuit die ruim te van sy studeerkam er “ in sy wit huisie” begin het met 'n kreatiewe skryfdaad. Die leser word ook vooraf ingelig dat dit ’n “reisbeskrywing na binne” sal wees en d at hy na sy “ Osirifikasie” eenheid in die m ultiplisiteit soek wat in die veelheid van Isis verteenwoordig word. M et die mededelings van die skrywer en dit w at die leser d aaru it veronderstel, is die vervN-agting van ’n werklikheidillusie gemotiveer. Die reism otief word op verskillende vlakke in Isis aangetref: Die Europ>ese reis van die knolskrywer w aar hy vroulike personasies met wie hy homself wou identifiseer en wat verteenw oordigend van oor die hele wêreld is, ontm oet het. V erder vind ’n mens ’n psigologiese reis w at op die basis van die Isis-mite, m aar in sy om gekeerde vorm gebou is, w aarin hy na die bestediging van sy eie individualiteit soek. D an die mitologiese reis wat op dié van Ra, die songod gebaseer is en Isis, ’n afstam m eling van Ra, se soektog na die gedissekteerde Osiris w at in die rom an die allegoric word van die soektog van die knolskrywer na sy identiteit. Die reism otief het dus in die werk ’n bindende funksie en deur die herhaling daar\-an word dit die “centraal m otief iib erh au p t” , met ander woorde die tema.
Die knolskrywcr w at tegelyk ook verteller en spesifiek ’n personale verteller is, lig die leser as vertellende hooikarakter in oor sy sintuiglike w aarnem ings en geestelike belewenisse w at hy tydens sy reis ervaar het. V anuit die perspektief van die fiktiewe verteller en volgens die ordeningsprinsipes van die rom an word ’n verbeeldingsw êreld wat vir die leser ’n bepaalde w aarde het tot taal gekonstrueer. W aar die reisiger-verteller en die waargenom e tyd en ruimte, sowel as reisgebeure in die tradisionele Afrikaanse reisprosa werklikheidsgetrou was, word die konstituente in Isis op die wyse, soos die verhaalkunswerk dit verlang, tot fiksionaliteit verhef. In die lig van die organisasie en integrasie van elem ente in ’n kunswerk is karakterisering in Isis die prim êre struktuurkom ponent. Die knolskrywer is hier die sentrale figuur en deur self te reis en na Isis te soek, wil hy in die m ultiplisiteit eenheid soek om sodoende “ ’n begrip van sintese” te kry. Dit plaas ’n mens m idde-in die sfeer van die reisprosa, naam lik die verhaal van ’n reis wat deur die reisiger-skrywer vertel word; die ervarings met sy reisgenote, die ontm oetings van vreem de k?rakters en geestesgenote in die vreemde, en die onthullings wat daaruit m a^ voortspruit. Die slotsom waartoe ’n mens kom, is dat d aar ten opsigte van die subgenre ’n duidelike onderskeid tussen nie-rciswoordkuns en reiswoordkuns gemaak kan word. V an die eersgenoem de kategorie is die reisgids en reisverslag goeie voorbeelde. Die reisverslae van die sewentiende en agtiende eeu hier te lande, waar van J a n van Riebeeck se Scheepsjournael en de Daghregister'n goeie voorbeeld is, het vandag wel kultuurhistoriese waarde, m aar weinig literere belangrikheid. Hoewel die basiese konstituerende struktuurkom ponente van die verhalende prosa; karakterisering, tydruim te en gebeure ook in die reisliteratuur werksaam is, en vanuit ’n bepaalde vertelhouding aangebied word, funksioneer dit op so ’n eiesoortige wyse dat die reisprosa daardeur sy eie intrinsieke w etm atighede verkry. Hiervolgens kan die reisprosa van ander letterkundige kategorieë onderskei word. Die feit dat reisboeke uit vorige periodes, onder andere Totius se Bybellande deurreis. Op safari van Sangiro, Solysombra (Uys Krige) en Ernst van H eerden se Ftikette op my kofjer die tyd w eerstaan het en vandag nog genotvolle leesstof is, gee die subgenre ’n m cerdere w aarde as joernalistiek. Die verskyning van Isis Isis Isis (Leroux, 1969) m aak dit ’n bewese feit dat reisprosas van die ieitlik gebonde, sewentiende-eeusc reisverslae en -joernale tot die fiksionaliteit van die rom ankuns en spesifiek die reisronian ontwikkcl het. Die dinam iek in die reisprosa het die subgenre deel van die verhaalskat van die Afrikaanse literatuur gemaak.
BRONNE A N O N . 1960. Die verste reis. Tydskrif vir letterkunde, jg. 10:2. A U C A M P, H. 1978. K ort voor lank. K aapstad, Tafelberg. B O N T E K O E , W.Y. 1969. Jo ern aal — W illem Ysbrantsz Bontekoe. In: V an der M erwe, H .J.J.M . samest. Scheepsjournaal ende Daghregister. Pretoria, V an Schaik. B O TH A , Elize. 1965. Afrikaanse essayiste. K aapstad, H um an en Rousseau. BO TH A , Elize. 1977. Die “ letterkundige w aarde” van Bybellande deurreis. In: Scholtz, M. samest. Die lewende Totius. K aapstad, Tafelberg. B R IN K , A ndré P. 1969. Parys-Parys: Retoer. K aapstad, H um an & Rousseau. G R O V E , A.P. Trekvoëls. Johannesburg, Voortrekkerpers. JO U B E R T , Elsa. 1972. Die reis verhaal. Tydskrif vir letterkunde, 10.3. JO U B E R T , Elsa. 1959. Die verste reis. Johannesburg, Dagbreek. JO U B E R T , Elsa. 1962. Suid van die wind. K aapstad, Tafelberg. L IC H T E N S T E IN , H .C. 1811. Reisen im Siidlichen Africa en den Jah ren 1803, 1805 und 1806, dl. I. Berlyn. SN IJM A N , F.J. red. W oordeboek van die Afrikaanse taal, dl. 5, Pretoria, Staatsdrukkers. W ASSENAAR, T. 1933. Uit my Grieksedagboek. Johannesburg, Voortrekker pers. W E L L E K , R. en W A R R E N , A. 1956. T heory of literature. M iddlesex, Penquin Books.