Volledige Afriklok-brosjure: Let op dat alle pryse BTW uitsluit
Itemkode, prys en illustrasie
Beskrywing
AF1: R3200 elk
Afriklok Standaard Vaste klok Hierdie is ons mees populêre model, ontwerp om vandalisme en toevallige beskadiging te weerstaan. Dit is ‘n battery-aangedrewe eenheid wat geen bekabeling benodig nie. Dit benodig ‘n oorlaaistasie (sien hieronder) om data na die rekenaar oor te laai.
DOCK: R400 elk
Oorlaaistasie
READER: R400 elk
Drukknoppie-leser
AP1: R3500 elk
Standaard draagbare klok
http://www.clock.co.za
Dit word gebruik om data tussen die klok en die rekenaar oor te laai. U benodig EEN van hierdie per installasie, maak nie saak hoeveel klokke u gebruik nie.
Dit word gebruik vir die identifikasie en toewysing van drukknoppies aan werkers. U benodig EEN van hierdie per installasie, maak nie saak hoeveel klokke u gebruik nie.
Hierdie is ‘n ten volle draagbare klok met ‘n ingeboude oorlaaistasie, wat direk aan die rekenaar gekoppel word vir data-oordrag. Dit gebruik ‘n standaard-USB kabel hiervoor.
Telefoon 012 654 5804/1619
[email protected]
AP1MOUNT: R200 elk
Monteerstel vir draagbare klok
AP2: R3500 elk
Geharde draagbare klok Hierdie klok is vir rowwe omgewings ontwerp. Dit het geen knoppies of vertoonskerm nie, en het ‘n sterk, stofdigte konstruksie. Let wel: Dit is NIE WATERDIG NIE!! Die klok is met ‘n ingeboude oorlaaistasie toegerus, wat direk aan die rekenaar gekoppel word vir data-oordrag. Dit gebruik ‘n standaard-USB kabel hiervoor.
BUT: R32 elk
Dallas i-button (modelnr DS1990) Hierdie drukknoppies word aan werkers uitgereik om mee te klok. Elke drukknoppie het ‘n unieke serienommer, wat in die sagteware aan elke werker gekoppel word. Bestellings van R1000 of meer gratis verskeep, andersins word ‘n fooi van R60 plus BTW gehef vir posgeld en verpakking.
BUT-SUP: R50 elk
Toesighouer-drukknoppie Dit stel u in staat om kloktye direk op die vaste en draagbare klok te sien sonder om eers na die rekenaar af te laai. Dit kan nie op die “Geharde draagbare” klok gebruik word nie, aangesien hierdie model nie ‘n vertoonskerm het nie.
http://www.clock.co.za
Telefoon 012 654 5804/1619
[email protected]
MEMORY: R150 elk
Bykomende geheue-modules Vir vaste klokstelsels alleenlik
Sagteware: Klokdata alleenlik: GRATIS met enige van die klokmodelle
Hierdie sagteware voorsien drukstukke van kloktye alleenlik. Geen berekenings word gedoen nie, en die eindresultaat is soortgelyk aan ‘n klokkaart wat deur ‘n standaardtipe kaartklok gedruk word. Geen jaarfooie is betaalbaar nie.
TIMECALC: R1000 per installasie, verpligte jaarfooi R500 vanaf jaar 2 en verder
Tydsberekeninge-sagteware Hierdie program doen volledige berekenings van tyd gewerk, oortyd, korttyd en verlof. Dit stel u ook in staat om oortyd en korttyd teen mekaar af te speel.
Betaalstrokie-sagteware PAYSLIP: R2000 per installasie, verpligte jaarfooi R500 vanaf jaar 2 Hiermee skep u betaalstrokies, gebaseer op die resultate van die tydsberekeninge reeds gedoen. Dit maak en verder, plus R200 vir EasyFile voorsiening vir aftrekkings, bonusse, WVF, LBS ensomeer. gebruikers SD: R2000 per installasie, verpligte Diesel-sagteware jaarfooi R500 vanaf jaar 2 en verder Hiermee verwerk u die dieseldata afkomstig van ons dieselbeheerstelsel, en druk onder andere dieselrabatverslae om u SARS eis te ondersteun.
Installasie: Die pryse hierbo gemeld sluit BTW en enige installasiefooie uit. Dit is heeltemal haalbaar om om die klok en sagteware self te installeer as u redelik rekenaargeletterd en handig is – ons het “rocket science” uit die stelsel gehou, en u kan uself sodoende ‘n koste van R3000-R4000 bespaar. Die telefoniese opstelling en opleiding word teen ‘n koste van R1000 plus BTW gedoen. Indien u wel vereis dat ons die stelsel kom installeer, sal dit apart gekwoteer word, en afhangend van afstande kan dit tipies tussen R3000 en R4000 kos (BTW uitgesluit)
Skakel ons asseblief op 012 654 5804 of 012 654 1619 as u meer inligting verlang.
http://www.clock.co.za
Telefoon 012 654 5804/1619
[email protected]
Keuse tussen drukknoppie-klokke en biometriese klokke (vingerafdrukke en gesigherkenningsklokke) Daar bestaan ‘n algemene opvatting dat vingerafdrukke ‘n wonderkuur is vir alle probleme rondom tydhouding. Dit is ongelukkig, soos in die meeste gevalle van wonderkure, slegs gedeeltelik waar. Lees asseblief die volgende paar paragrawe om ‘n meer ingeligte keuse te kan maak. GEEN vingerafdruk-klok kan ‘n mens se vingerafdruk herken as die vingerafdruk vuil en/of beskadig is nie. Presies dieselfde geld as die ogie waar mens se vinger gedruk word, vol stof of olie of ander vuiligheid is. Enigiemand wat mens iets anders probeer wysmaak is ‘n verkoopsman wat nie die verantwoordelikheid hoef te dra as die tegniese ouens hulle doodsukkel om sy beloftes na te kom nie. Dus: Ons beveel GLAD NIE vingerafdruk-klokke in die boerdery- of konstruksie-omgewings aan nie, met die moontlike uitsondering van melkerye waar die mense nie ander hande-arbeid verrig nie, en waar daar tipies met skoon hande gewerk word, en die tipe werk nie slytasie of beskadiging van vingerafdrukke veroorsaak nie. Ons is verder van mening dat die eenvoudige ou drukknoppie-klok by verre die goedkoopste, mees betroubare en geharde oplossing is. Daar is beide vaste en draagbare modelle hiervan beskikbaar, en die klokke het die toets van die tyd deurstaan. Hierdie klokke se installasie kan ook op ‘n doen-dit-self basis hanteer word, met ‘n beduidende kostebesparing. Die vingerafdruk-klokke en gesigherkenningsklokke moet wel deur ons self geïnstalleer word sodat ons kan verseker dat die omstandighede geskik is vir betroubare werking van die klok. Dit is wel ook waar dat mense maklik vir mekaar kan klok met ‘n drukknoppie-stelsel, en mens moet dus verbeterde toesighouding rondom die klok handhaaf. Dit behels dus die teenwoordigheid van toesighouers wanneer daar geklok word, of dan die installasie van CCTV kameras wat die klok in die oog kan hou, en dus die mense duidelik laat verstaan dat hulle probleme gaan kry as hulle mekaar sou wou help. Ons aanbeveling in omgewings waar “buddy clocking” ‘n wesenlike probleem is, is om gesigherkenning te gebruik. Dit is ‘n bewese tegnologie, en ons het reeds heelwat van hierdie klokke oor die afgelope twee jaar geïnstalleer. Dit is wel so dat hierdie klokke baie spesifieke vereistes rondom installasie het – enige variasie van lig (soos byvoorbeeld, naby aan ‘n buitedeur of buitevenster van ‘n gebou) het die potensiaal om die werking van die klok te ontwrig. Ons verkies dus ‘n skemer omgewing soos ‘n gang weg van enige vorm van daglig af, waar ons die beligting dan baie konstant kan hou. Daar is ook een klokmodel wat beide gesigherkenning en vingerafdrukke kan hanteer en dus ‘n wyer spektrum van mense kan hanteer – dit kos natuurlik ook meer as die suiwer gesigherkenningsklok of die suiwer vingerafdrukklok. Battery-leeftyd: Die biometriese klokke is hoëtegnologie-produkte wat deurlopende kragvoorsiening benodig (hulle word wel met bystand-batterye voorsien wat sowat 24 uur werking verseker as die kragtoevoer onderbreek word), terwyl die drukknoppie-klokke tipies tussen ses maande en ‘n jaar loop op ‘n stel alkaliese selle (byvoorbeeld Duracell, Energizer of Camelion). Herstelwerk en instandhouding: Voor u die keuse maak, moet u ook asseblief verstaan dat die biometriese klokke, soos enige ander elektronika, kan faal, en (veral) as u op ‘n afgeleë plek is, kan dit lank neem vir ‘n tegnikus om by u uit te kom. Die biometriese klokke is spesialis-produkte wat in die vervaardiger se eie werkswinkels herstel moet word, wat tyd en geld beteken. As u die drukknoppie-klokke gebruik, kan ons foutiewe komponente uitruil omdat dit maklik is, en dan stuur ons die komponente sommer per koerier, wat meebring dat daar net ‘n baie kort wagperiode vir enige herstelwerk is. Die koste van enige herstelwerk is dan ook beduidend laer.
http://www.clock.co.za
Telefoon 012 654 5804/1619
[email protected]
Tipiese kostevergelykings van die verskillende opsies (installasiekoste op volgende bladsy)
Drukknoppie-stelsels Beskrywing
Prys
AF1
Vaste klok
3200
Reader
Drukknoppie-leser
400
Dock
Oorlaaistasie
400
BUT
Dallas-drukknoppies
STC
Sagteware: Tydsberekeninge
STCA
Tydsberekeninge: Jaargelde vanaf jaar 2
SPS
Sagteware: Betaalstrokies
SPSA
Betaalstrokies: Jaargelde vanaf jaar 2
R32 elk 1000 500 2000 700
Vingerafdruk-stelsels Beskrywing
Prys
AF9
Vingerafdrukklok (Vaste model)
5000
STC
Sagteware: Tydsberekeninge
1000
STCA
Tydsberekeninge: Jaargelde vanaf jaar 2
SPS
Sagteware: Betaalstrokies
SPSA
Betaalstrokies: Jaargelde vanaf jaar 2
Gesigherkenning
Beskrywing
FCMINI
Gesigherkenningsklok (model vir tot 80 werkers)
6000
STC
Sagteware: Tydsberekeninge
1000
STCA
Tydsberekeninge: Jaargelde vanaf jaar 2
SPS
Sagteware: Betaalstrokies
SPSA
Betaalstrokies: Jaargelde vanaf jaar 2
http://www.clock.co.za
Telefoon 012 654 5804/1619
500 2000 700
Prys
500 2000 700
[email protected]
Installasie-koste Installasie kan op meer as een manier aangepak word, afhangende van watter vermoëns u het in terme van handigheid en rekenaarvaardigheid. Die goedkoopste opsie is uit die aard van die saak self-installasie met telefoniese hulp van ons kant af. Hierdie opsie is ongelukkig slegs vir die drukknoppie-klokke beskikbaar. Selfinstallasie vereis uit die aard van die saak ook redelike internet-toegang sodat ons die opstelling en opleiding met behulp van Teamviewer direk op u rekenaar kan doen.Dit kos R1000 plus BTW vir onbeperkte telefoniese hulp met die opstelling van die sagteware. Die tweede opsie behels installasie en opleiding op terrein. Dit is vir al die modelle beskikbaar en kan uit een of twee besoeke bestaan, weereens afhangend van hoe gemaklik u met ‘n rekenaar is. As dit met een besoek hanteer word, is die installasiekoste R3000 (dus R2000 vir die besoek en R1000 vir daaropvolgende telefoniese opleiding), en met twee besoeke styg die koste na R4000.
http://www.clock.co.za
Telefoon 012 654 5804/1619
[email protected]