Vir tussengangers
Maart 2015
Sanlam Belastingvrye Beleggings Sanlam Belastingvrye Beleggings, ’n Sanlam Lewens produk, bied kliënte die geleentheid om belastingvrye opbrengs op hul belegging te verdien. Dit is ontwerp ontwerp volgens Nasionale Tesourie se beginsels van eenvoud, deursigtigheid en buigsaamheid.
Die hoekstene van hierdie produk is: Pasgemaakte beleggingsopsies
Omvattend vanaf R500 per maand Basies vanaf R300 per maand
Eenvoudige en deursigtige heffingstruktuur
Bepaalde heffings vir administrasie, batebestuur en advies
Sosiale spaargroepe
’n Geleentheid vir kliënte om hulle administrasieheffings-% verder te verminder
Buigsaamheid om in kliënte se behoeftes te voorsien
Geen heffings indien betalings gestop / verminder word en vir volle/gedeeltelike onttrekkings
Die effek van saamgestelde rente, of om beleggingsopbrengs op beleggingsopbrengs te verdien, word verhoog in ’n belastingvrye spaarrekening te danke aan die belastingverligting op die beleggingsopbrengs. Hoe langer kliënte belê, hoe meer voordeel sal hulle kry.
5
10
Totale betalings
Sanlam is a Lice Sanlam is ’n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste
15
Jare
16.67
Groei na belasting
20
25
Belastingbesparing
Sanlam Belastingvrye Beleggings
Pasgemaakte beleggingsopsies Binne Sanlam Belastingvrye Beleggings is daar twee beleggingsopsies: Omvattende Opsie
Basiese Opsie
Met hierdie opsie het kliënte die buigsaamheid om hulle eie beleggingsfondse te kies uit ’n verskeidenheid SIM, SATRIX en eksterne batebestuursfondse wat teen die laagste moontlike koste vir die kliënt beskikbaar is.
Dis ’n vereenvoudigde opsie wat geen beleggingsfondskeuses het nie en in plaas daarvan ’n leeftyd beleggingsopsie bied.
’n Aanvanklike betaling van ten minste R500 per maand word vereis.
’n Aanvanklike betaling van ten minste R300 per maand word vereis.
Kliënte kan nie van die Omvattende Opsie na die Basiese Opsie verander nie.
Kliënte sal na die Omvattende Opsie kan opgradeer sodra hulle die minimum betalingsvlak bereik het en hulle fondskeuses vereis. ’n Eenmalige transaksieheffing van R300 is van toepassing.
Eenvoudige en deursigtige heffingstruktuur Ooreenkomstig Nasionale Tesourie se bedoelings is ’n vereenvoudigde heffingstruktuur van toepassing op Sanlam Belastingvrye Beleggings. Daar is bepaalde heffings vir die administrasie, batebestuur en advies.
Administrasieheffing Vir elke betaling bygevoeg, of vir elke rand groei wat op die plan verdien word, sal die administrasieheffing verminder vanaf 1.45% per jaar tot 0.20% per jaar wanneer die fondswaarde R1m bereik, vanwaar die heffingspersentasie gelykblywend is. Hierdie heffing word op ’n maandelikse basis bereken as ’n persentasie van die gekombineerde fondswaarde van die herhalende en eenmalige betalings, wat beteken die persentasie word deur 12 gedeel om die maandelikse bedrag te bereken. Dit word maandeliks van die fondswaarde afgetrek deur eenhede tot die waarde van die heffing te verkoop.
Fondswaarde
Administrasieheffing as ’n persentasie van die fondswaarde
R0
1.45% per jaar
R1 000 000 en meer
0.20% per jaar
Vir fondswaardes tussen R0 en R1 000 000, bepaal ons die persentasie wat gebruik moet word, as ’n interpolasie tussen die twee persentasies wat in die tabel aangedui word.
Byvoorbeeld: Vir ’n fondswaarde van R500 000 is die administrasieheffingspersentasie van toepassing op die totale fondswaarde 0.825% per jaar. Wanneer die fondswaarde R1 000 000 bereik, is die administrasieheffingspersentasie van toepassing op die totale fondswaarde 0.20% per jaar en gelykblywend daarna.
2
Sanlam Belastingvrye Beleggings Administrasieheffing- % 1.60% 1.40% 1.20%
1.14%
1.00% 0.83%
0.80% 0.60%
0.51%
0.40% 0.20%
0.20%
R1 500 000
R1 400 000
R1 300 000
R1 200 000
R1 100 000
R1 000 000
R900 000
R800 000
R700 000
R600 000
R500 000
R400 000
R300 000
R200 000
R100 000
R0
0.00%
Fondswaarde
Kliënte het die opsie om die administrasieheffingspersentasie op hulle individuele plan te verminder deur by ’n sosiale spaargroep aan te sluit of een te skep. Kliënte in ’n sosiale groep se administrasieheffingspersentasie word bereken op die gekombineerde fondswaarde van die groep eerder as die grootte van hulle individuele fondswaardes. (Kyk ‘Sosiale groepe om meer individue aan te moedig om te spaar’ later in hierdie dokument.) Die administrasieheffing is onderworpe aan ’n minimum randbedrag en word jaarliks met inflasie aangepas. Die minimum administrasieheffing vir die Basiese Opsie is R25 per maand en vir die Omvattende Opsie is dit R40 per maand. Hierdie minimum randbedrag is van toepassing per individuele plan en word nie deur die gekombineerde fondswaarde van die sosiale groep beïnvloed nie. ’n Betalingsheffing van 3.5% van elke betaling is van toepassing op aftrekorderbetalings. Dit word van die betaling afgetrek vóór dit belê word. Daar is geen betalingsheffing vir debietorderbetalings nie.
Batebestuursheffing ’n Batebestuurder hef ’n batebestuursheffing. Hierdie heffing vir elke fonds word in ag geneem wanneer die daaglikse eenheidsprys bereken word. Dit is ’n persentasie van die plan se gedeelte van die markwaarde van die bates in ’n beleggingsfonds. Die heffing word op ’n daaglikse basis bereken, wat beteken die persentasie word deur 365 gedeel om die daaglikse bedrag te bereken. Alle beleggingsfondse wat vir hierdie produk beskikbaar is, lê geen prestasieheffing op nie.
Batebestuursafslag Sommige batebestuurders gee ’n afslag op hulle batebestuursheffing. Ons gebruik kortingvrye klasse waar beskikbaar of anders gebruik ons die afslag wat ons ontvang om hierdie heffing te verminder deur ekstra eenhede vir die kliënt te koop. Die grootte van die afslag verskil tussen beleggingsfondse en kan oor tyd verander.
Aanvanklike bemarkingsheffing Die aanvanklike bemarkingsheffing word gebruik om die onderhandelde tussengangervergoeding te verhaal. Hierdie heffing kan wissel van 0% tot 2.85% van elke betaling, en word afgetrek van die herhalende en eenmalige betalings vóór die betaling belê word.
3
Sanlam Belastingvrye Beleggings
Sosiale groepe om meer individue aan te moedig om te spaar In ooreenstemming met Nasionale Tesourie se doelwit om meer individue aan te moedig om te spaar, het ons Sanlam Belastingvrye Beleggings op ’n volgende vlak geplaas deur die bekendstelling van die konsep van sosiale spaargroepe.
Sosiale spaargroepe bied kliënte ’n geleentheid om die administrasieheffingspersentasie op hulle Sanlam Belastingvrye Beleggings te verminder deur vriende en familie aan te moedig om hulle eie plan uit te neem en by hulle sosiale groep aan te sluit. Hoe meer mense in ’n sosiale groep, hoe laer is die administrasieheffingspersentasie vir elkeen in daardie groep Binne elke sosiale groep sal kliënte se administrasieheffingspersentasie bereken word gebaseer op die gesamentlike fondswaarde van al die planne in daardie groep, en hoe groter die fondswaarde (Kyk ‘Eenvoudige en deursigtige heffingstruktuur’ vroeër in hierdie dokument), hoe laer die administrasieheffingspersentasie. Kliënte kan totaal anoniem by ’n sosiale groep aansluit. Hulle persoonlike en individuele planbesonderhede sal op geen stadium aan die ander kliënte in die sosiale groep bekend gemaak nie. ’n Onbeperkte getal kliënte mag aan ’n soiale groep behoort. Ons mag egter in die toekoms die getal planne in ’n sosiale groep beperk. Sosiale groepe kan op verskillende maniere opgestel word: Tussengangers kan groepe skep vir hulle verskillende kliënte, of kliënte kan hulle eie sosiale groep skep, en vriende en familie uitnooi om aan te sluit. Op nuweversekeringstadium moet kliënte aandui of hulle ’n nuwe sosiale groep saamstel of by ’n bestaande sosiale groep aansluit. Indien laasgenoemde gekies word, moet kliënte die unieke identifiseerder van die sosiale groep waarby hulle wil aansluit, op die aansoekvorm aandui.
Die potensiële voordeel van aansluit by ’n sosiale groep word op sal op die nuweversekeringskwotasies aangedui deur twee persentasies vir vermindering in opbrengs (VIO) aan te toon: die VIO vir ’n enkele kliënt (geen deelneming nie) en die VIO gebaseer op (byvoorbeeld) ’n groep van 10 kliënte wat deel in ’n sosiale groep.
Byvoorbeeld: Geen deelneming
10 wat deelneem
3.50% 3.00%
3.00%
2.20%
2.50% 2.20% VIO
2.00%
1.80% 1.50%
1.50%
1.20% 1.30%
1.00%
1.00% 0.50%
0.90%
0.80%
0.00% 5
10
15
20
25
Jare Aannames: R2 500 p.m. wat teen 5% p.j toeneem; Omvattende Opsie: SATRIX Balanced Index Fund; Kommissie = 2.50% van elke betaling; Bruto illustratiewe beleggingsopbrengs 10% per jaar
4
Sanlam Belastingvrye Beleggings
Buigsaamheid om in kliënte se behoeftes te voorsien Teikenspaardatum Hierdie produk het ’n oop termyn, maar, om met finansiële beplanning te help, mag kliënte ’n beplande spaartermyn op hulle nuweversekeringskwotasie kies. Die einde van die gekose termyn word die “teikenspaardatum” genoem. Hierdie termyn sal gebruik word vir die berekening van die vermindering in opbrengs, asook vir die leeftyd beleggingsopsie se outomatiese omskakelings.
Minimum betalings Herhalende betalings
Slegs eenmalige betaling
Eenmalige betaling in kombinasie met herhalende betalings
Basiese Opsie
R300 per maand
R5 000
R2 500
Omvattende Opsie
R500 per maand
R5 000
R2 500
Ad hoc verhogings in herhalende betalings: R250 per maand Ad hoc eenmalige betalings: R2 500 Eenmalige betalings kan aan die begin van die plan bygevoeg word of enige tyd daarna. Herhalende betalings kan net aan die begin van die plan bygevoeg word. Ad hoc betalings sal beperk word gebaseer op betalings wat reeds gemaak is en toekomstige verwagte herhalende betalings vir die volle belastingjaar. Kontraktuele betalingsgroei is opsioneel.
Wysigingsheffing Geen wysigingsheffing is vir ’n gedeeltelike onttrekkings, vroeë beëindiging (d.w.s. vóór die teikenspaardatum) of betalings wat verminder of gestaak word, van toepassing nie. Daar is ook geen transaksieheffing op enige van hierdie gebeurtenisse van toepassing nie.
Afkopings, onttrekkings en lenings Volle en gedeeltelike afkopings word enige tyd toegelaat, maar geen lenings nie. Die minimum oorblywende fondswaarde ná ’n gedeeltelike onttrekking of gedeeltelike oordrag na ’n ander diensverskaffer se belastingvrye spaarrekening, is R5 000. (Kyk “Oordragte” later in hierdie dokument.) Gereelde onttrekkings word toegelaat op die Omvattende Opsie slegs as die fondswaarde R40 000 of meer is. Die minimum gereelde onttrekkingsbedrag is R150 per maand. Indien die fondswaarde R2 500 bereik, word gereelde onttrekkings beëindig. Gereelde onttrekkings is nie moontlik terwyl herhalende betalings gedoen word nie. Onttrekkings en gedeeltelike afkopings verminder die voordele wat kliënte met ’n belegging in belastingvrye spaarrekeninge kan kry, want enige betalings om die bedrae wat voorheen onttrek is te vervang, is onderworpe aan die jaarlikse en leeftydlimiete.
5
Sanlam Belastingvrye Beleggings
Hoe help ons om betalings binne die limiete te bestuur? Maksimum betalings Volgens wetgewing word die volgende maksimum betalings per individu toegelaat: Jaarlikse betalingslimiet (tans) R30 000 per belastingjaar Leeftyd betalingslimiet van R500 000 Ons mag die kontraktuele betalingsgroei (indien van toepassing op ’n plan) aanpas sodat die jaarlikse betalingslimiet nie oorskry word nie. Indien geld van ’n ander belastingvrye spaarrekening na hierdie produk oorgedra word (Kyk “Oordragte” later in hierdie dokument.) is die jaarlikse betalingslimiet nie van toepassing op die bedrag wat oorgedra word nie.
Verklaring op aansoekvorm Kliënt sal op die aansoekvorm moet verklaar indien bydraes in die lopende belastingjaar tot ander belastingvrye spaarrekeninge by Sanlam of ander produkverskaffers gemaak is. Indien “Ja”, moet die tussenganger die totale betalings tot ander belastingvrye spaarrekeninge in die belastingjaar bepaal en die implikasies bespreek van bydraes wat die limiet oorskry. Individue sal verantwoordelik wees om seker te maak dat hulle totale jaarlikse betalings in belastingvrye spaarrekeninge binne die jaarlikse limiet bly. Indien die totale betalings die jaarlikse limiet oorskry, word die bedrag van die oorskryding teen 40% belas. ’n Soortgelyke reël is van toepassing op betalings wat die leeftydlimiet van R500 000 oorskry.
Kennisgewing aan kliënte oor hulle beskikbare kapasiteit Ons sal in Januarie elke jaar met kliënte kommunikeer oor hulle beskikbare kapasiteit vir die belastingjaar. Ons sal die randbedrag van die kapasiteit wat die kliënt aan die einde van die belastingjaar sal hê aandui in die veronderstelling dat hulle voortgaan om volgens hulle betalingsfrekwensie by te dra.
Algemene inligting Hierdie produk is net beskikbaar vir individue en net een versekerde lewe word op ’n plan toegelaat. Begunstigdes mag aangewys word om die opbrengs by die dood van die versekerde lewe te ontvang. Indien die opbrengs aan begunstigdes betaal word, word geen eksekuteursgelde betaal nie, maar dit sal steeds deel van die oorledene se boedel vorm vir boedelbelastingdoeleindes.
Sessies Geen sessies word op hierdie plan toegelaat nie.
Oordragte Tot verdere duidelikheid deur Nasionale Tesourie gegee is, sal oordragte tussen belastingvrye spaarrekeninge tussen produkverskaffers nie in die eerste jaar toegelaat word nie.
Rapportering aan SAID Jaarlikse IT3-state vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal aan kliënte gestuur word. Soos tans die geval is, ontvang kliënte ’n jaarlikse voordeelstaat met inligting oor hulle belegging. Hierdie voordeelstaat kan ook enige tyd van Secure Services op die Sanlam-webblad verkry word.
6
Sanlam Belastingvrye Beleggings
Beleggingsfondse Omvattende Opsie
Kliënte mag een of meer beleggingsfondse kies om in te belê. Hulle kan enige tyd tussen enige van die beleggingsfondse wat vir hierdie opsie beskikbaar is, verander. Die eerste vier omskakelings in ’n planjaar is gratis. Vir elke daaropvolgende omskakeling in ’n planjaar is ’n transaksieheffing (tans R600) van toepassing. . Fondsnommer
Fondsnaam
Fondsnaam
Batebestuursheffing1
841
SATRIX Balanced Index Fund
Matig
0.29%
855
SATRIX Low Equity Balanced Index Fund
Versigtig
0.29%
847
SIM Active Income Fund
Vaste rente
0.46%
842
SIM Balanced Fund
Matig
0.68%
844
SIM General Equity Fund
Aandele
0.68%
830
SIM Inflation Plus Fund
Versigtig
0.68%
822
SIM Managed Conservative Solution
Konserwatief
0.68%
823
SIM Managed Cautious Solution
Versigtig
0.68%
824
SIM Managed Moderate Solution
Matig
0.68%
825
SIM Managed Moderately Aggressive Solution
Matig aggressief
0.68%
826
SIM Managed Aggressive Solution
Aggressief
0.68%
845
SIM Money Market Fund
Kontant
0.23%
843
SIM Value Fund
Aandele
0.68%
846
Absa Absolute Fund
Versigtig
0.97%
828
Coronation Money Market Fund
Kontant
0.17%
848
Coronation Property Equity Fund
Eiendom
0.97%
839
Coronation Strategic Income Fund
Konserwatief
0.51%
840
Investec Opportunity Fund
Matig
1.14%
838
Investec Property Equity Fund
Eiendom
0.97%
1 Batebestuursheffing sluit batebestuursafslag en BTW in (waar van toepassing) Alle beleggingsfondse lê geen prestasieheffings op nie.
Die SATRIX Leeftyd Beleggingsopsie (hieronder beskryf) is ook beskikbaar. Basiese Opsie
Onder hierdie opsie, word die belegging verdeel tussen die SATRIX Balanced Index Fund en die SATRIX Low Equity Balanced Index Fund, en die gedeelte wat aan elke fonds toegedeel word hang af van die uitstaande termyn van die plan. Fondsnommer
Fondsnaam
Fondsnaam
Batebestuursheffing1
841
SATRIX Balanced Index Fund
Matig
0.29%
855
SATRIX Low Equity Balanced Index Fund
Versigtig
0.29%
Soos die plan die target savings date nader, skuif ons geleidelik die toedeling van die belegging van die SATRIX Balanced Index Fund na die SATRIX Low Equity Balanced Index Fund om te verseker dat die belegging op die target savings date ten volle in ’n stabiele beleggingsfonds belê is. Wanneer ons die beleggingsfonds omskakel, verkoop ons eenhede in die SATRIX Balanced Index Fund waaruit die omskakeling gedoen word, en koop eenhede in die SATRIX Low Equity Balanced Index Fund waarna die omskakeling gedoen word. Geen transaksieheffing word vir hierdie omskakelings opgelê nie.
7
Sanlam Belastingvrye Beleggings
Tussengangervergoeding Betalingsgebaseerde kommissie
Die maksimum betalingsgebaseerde kommissie is 2.50% van elke herhalende en eenmalige betaling.
Dis van toepassing op nuweversekering en verhogings, op die kliënt se versoek of weens kontraktuele betalingsverhogings.
Vir herhalende betalings word die kommissie oor 5 jaar verdiskonteer en vooraf uitbetaal aan die begin van die plan, asook op elke 5de planverjaardag as betalings steeds aktief is.
Vir betalingsverhogings word die kommissie vir die verhoging verdiskonteer van die einde van die 5-jaarperiode tot die begindatum van die verhoging.
Die betalingsgebaseerde kommissie wat vooruitbetaal word, vestig oor sestig maande, volgens die frekwensie van die betaling.
Ongevestigde kommissie word teruggeskryf indien die kommissie afwaarts heronderhandel word, die plan verval, by die dood van die versekerde lewe, of indien die betaling verminder of gestaak word. Fondsgebaseerde fooi
’n Fondsgebaseerde fooi is slegs op die Omvattende Opsie beskikbaar waar fondskeuses beskikbaar is. Dit word egter nie toegelaat nie indien die leeftyd beleggingsopsie die onderliggende fonds is.
Tot 1.14% per jaar van die fondswaarde van ’n individuele kliënt se plan, afhangende van die vlak van die onderhandelde betalingsgebaseerde kommissie.
Byvoorbeeld: Onderhandel …
Dan, maksimum toegelaat …
Betalingsgebaseerde kommissie
2.5% van elke betaling
0% per jaar van fondswaarde
Fondsgebaseerde fooi
1.14% per jaar van fondswaarde
0% van elke betaling
Kombinasie
1.25% van elke betaling
Tot 0.57% per jaar van fondswaarde
Indien ’n fondsgebaseerde fooi op ’n plan onderhandel is, word dit afgetrek in die vorm van ’n onttrekking (gelyk aan die bedrag van die fondsgebaseerde fooi) op die plan. Die onttrekking word geneem deur eenhede ter waarde te kanselleer.
Soos wat tans die geval is met enige fondsgebaseerde fooi, word die bedrag wat in enige gegewe jaar betaal word, in kliënte se jaarlikse voordeelstaat aan hulle bekendgemaak.
Die fondsgebaseerde fooi mag enige tyd oor die termyn weer onderhandel word.
Aansoekvorm: AEB2003
8
Produkkode: E99