Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987
1
Oogmerk van die wet
1
2
Basiese beginsels
2
2.1
Die gade as enigste erfgenaam
2
2.2
Afstammeling(e) as enigste erfgenaam(e)
3
2.3
Gade en afstammeling(e) as erfgename
4
2.4
Ouers as erfgename
6
2.5
Ouers en afstammeling(e) van ouers as erfgename
6
2.6
Afstammeling(e) van oorledene se ouers as erfgename 7
2.7
Afstammelinge van slegs een ouer van die oorledene
9
2.8
Ander bevoogde erfgename
9
2.9
Aangenome kinders
9
2.10
Gebore buite die eg
9
2.11
Kind aanvaar as eie kind kragtens gewoontereg
10
2.12
Afstanddoening indien langslewende gade ook geregtig is om te erf
2.13
10
Onbevoegdheid of afstanddoening indien geen langslewende gade
11
1
OOGMERK VAN DIE WET
1.1
Die Wet op Intestate Erfopvolging, 81 van 1987, het op 18 Maart 1988 in werking getree. Die oogmerk daarvan is om die reg insake intestate erfopvolging opnuut te reël.
___________________________________________________________________________________________ [Februarie 2011] [Uitgawe 21]
Hoofstuk 12 - 2
Selfstudie Aktekursus - Deel 3
Abrie 1 verduidelik die oogmerk van hierdie wet soos volg: "Wanneer 'n persoon te sterwe kom en daar is nie 'n geldige testament beskikbaar nie, of indien sy testament of 'n gedeelte daarvan om die een of ander rede ongeldig is, word sy boedel of die gedeelte daarvan wat nie volgens die bepalings van 'n testament verdeel kan word nie, ooreenkomstig die beginsels van die intestate erfreg verdeel. 'n Persoon se boedel kan dus in sy geheel of gedeeltelik intestaat vererf. Wanneer daar 'n boedel of gedeelte van 'n boedel is wat intestaat moet vererf, is die bepalings van die Wet outomaties van toepassing. Die Wet reël in watter verhouding sekere persone van die intestate erflater sal erf." 1.2
Gemeenregtelik is 'n persoon se bloedverwante sy aangewese erfgename. Hierdie wet het egter die gemenereg ingrypend verander deur ook gades en aangenome kinders tot intestate erfgename te verhef. Intestate erfgename word op die sterfdatum van die erflater bepaal.2
2
BASIESE BEGINSELS "Die breë beginsels wat gevolg word is die volgende: Indien die erflater deur slegs 'n gade oorleef word, erf die gade die intestate boedel. Indien die erflater deur slegs afstammelinge oorleef word, erf hulle die intestate boedel. Indien daar 'n kombinasie van 'n gade en afstammelinge (kinders of kleinkinders) is, erf hulle saam die boedel in 'n bepaalde verhouding. Indien daar geen gade of afstammeling is nie, erf die erflater se ouers en/of hulle afstammelinge (syverwante van die erflater) die boedel. Indien daar nie ouers of afstammelinge van ouers is nie, erf grootouers en ander syverwante die boedel hoofdelik (per capita)." 3
2.1 Die gade as enigste erfgenaam Indien 'n oorledene 'n gade nalaat, maar geen afstammelinge nie, erf die gade die hele intestate boedel - (artikel 1(1)(a)).
1 2 3
a)
Indien die oorledene en langslewende gade binne gemeenskap van goed met mekaar getroud was, kry die gade een helfte van die boedel weens die huwelik binne gemeenskap van goed en die ander helfte kragtens artikel 1(1)(a) van die Wet.
b)
Indien die oorledene en langslewende gade buite gemeenskap van goed met mekaar getroud was, erf die gade die hele boedel kragtens artikel 1(1)(a) van die Wet.
Op cit., p.9. Ibid. Abrie, op cit, p.18. ___________________________________________________________________________________________ [Uitgawe 21] [Februarie 2011]
Intestate Erfopvolging
Hoofstuk 18 - 3
Gade 100%
Oorledene
Indien die oorledene oorleef word deur gades maar nie oorleef word deur enige afstammelinge nie, word die boedel by „n poligame gewoonteregtelike verbintenis gelykop tussen die gades verdeel. 4
2.2 Afstammeling(e) as enigste erfgenaam(e) Indien 'n oorledene afstammelinge nalaat, maar geen gade nie, erf die afstammeling(e) die hele intestate boedel - (artikel 1(1)(b)). Afstammelinge is dus die enigste erfgename. Hulle erf staaksgewys deur representasie. Verdeling van 'n intestate boedel onder afstammelinge vind staaksgewyse plaas en representasie word toegelaat - (artikel 1(4)(a)). 'n Staak is 'n kind van die oorledene, of 'n vooroorlede kind wat lewende afstammelinge nalaat. 'n Oorledene het dus soveel stake as wat hy lewende kinders of vooroorlede kinders wat lewende afstammelinge nalaat, het.5
Oorledene
Afstammeling 25%
Afstammeling van vooroorlede afstammeling een helfte van 25% 4
Vooroorlede Afstammeling 25%
Afstammeling 25%
Afstammeling 25%
Afstammeling van vooroorlede afstammeling een helfte van 25%
Deeds Practice Manuals, p. 1-178. ___________________________________________________________________________________________ [Februarie 2011] [Uitgawe 21]
Hoofstuk 12 - 4
Selfstudie Aktekursus - Deel 3
2.3 Gade en afstammeling(e) as erfgename Indien 'n oorledene deur sowel 'n gade as afstammelinge oorleef word, erf die gade die grootste van R125,000.00 of 'n kindsdeel van die intestate boedel (artikel 1(1)(c)(i)), terwyl die afstammelinge die restant (as daar is) van die intestate boedel erf - (artikel 1(1)(c)(ii)).
Balans vir verdeling: R480 000,00 Die grootste van R125 000,00 of „n kindsdeel = Gade R160 000
Oorledene
Afstammeling (aangenome kind) R160 000
2.1
Afstammeling (eie kind) R160 000
Artikel 2(1) van die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009, bepaal dat die boedel of deel van die boedel van enige persoon wat aan gewoontereg onderworpe is en wie ná 20 September 2010 sterf, en wie se boedel nie kragtens „n testament vererf nie, kragtens Wet op Intestate Erfopvolging moet vererf, onderhewig aan die bepalings uiteengesit in artikel 2(2).
2.2
Artikel 2(2) van Wet 11 van 2009, bepaal dat waar die oorledene oorleef word deur „n gade sowel as afstammelinge, erf sodanige gade die grootste van R125,000.00 of 'n kindsdeel van die intestate boedel - (artikel 2(2)(a) van Wet 11 van 2009).
5
Abrie, op cit., p.13. ___________________________________________________________________________________________ [Uitgawe 21] [Februarie 2011]
Intestate Erfopvolging 2.3
Hoofstuk 18 - 5
In artikel 2(2)(b) & (c) , word na twee tipes “vroue” verwys, naamlik a)
„n vrou, (anders as „n gade van die oorledene) met wie die oorledene „n gewoonteregtelike verbintenis in ooreenstemming met die gewoontereg aangegaan het vir die doel om kinders vir sy gade se huis te produseer; en
b)
„n vrou wie kragtens gewoontereg met die oorledene (wat ook „n vrou was) getroud was, vir die doel om kinders vir die oorledene se huis te produseer.
Hierdie twee tipes vroue moet as afstammelinge van die oorledene geag word by die toepassing van die Wet op Intestate Erfopvolging. 2.4
Alhoewel hierdie vroue afstammelinge is, word hulle geag “gades” te wees in die uitleg van artikel 1 van die Wet op Intestate Erfopvolging - (artikel 3(1) van Wet 11 van 2009).
2.5
Derhalwe, waar die oorledene deur gades (en vroue) sowel as afstammelinge oorleef word, is elke gade (en vrou) geregtig op „n kindsdeel of R125 000,00, welke ookal die grootste is.
Balans vir verdeling: R480 000,00 Die grootste van R125 000,00 of „n kindsdeel =
Afstammeling R57 500
2.6
Gade R125 000
Oorledene
Afstammeling R57 500
Gade R125 000
Afstammeling R57 500
Afstammeling R57 500
Waar die intestate boedel nie voldoende is om aan elke oorlewende gade en vrou (na verwys in artikel 2(2)(a),(b)(c) van die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009) R125 000,00 te voorsien nie, sal die boedel gelykop tussen die gades en vroue verdeel word - (artikel 1(1)(c) van die Wet op Intestate Erfopvolging, saamgelees met artikel 3(2) van Wet 11 van 2009).
___________________________________________________________________________________________ [Februarie 2011] [Uitgawe 21]
Hoofstuk 12 - 6 3
Selfstudie Aktekursus - Deel 3
'n Kindsdeel word bereken deur die geldwaarde van die boedel te verdeel deur 'n getal gelykstaande met die getal lewende kinders van die oorledene of vooroorlede kinders wat lewende afstammelinge nalaat, plus
een (naamlik die gade); of
die aantal gades en vroue na verwys in artikel 2(2)(a),(b) en (c) van Wet 11 van 2008
welke ookal van toepassing is - (artikel 1(4)(f), saamgelees met artikel 3(3) van Wet 11 van 2009).
2.4 Ouers as erfgename Indien 'n oorledene nie deur 'n gade of afstammelinge oorleef word nie, maar oorleef word deur beide sy ouers, erf sy ouers die intestate boedel in gelyke dele (artikel 1(1)(d)(i)).
Vader 50%
Moeder 50%
Oorledene
2.5 Ouers en afstammeling(e) van ouers as erfgename Indien 'n oorledene nie deur 'n gade of afstammelinge oorleef word nie a)
maar oorleef word deur een van sy ouers, erf die oorlewende ouer een helfte van die intestate boedel en die afstammelinge van die oorlede ouer die ander helfte - (artikel 1(1)(d)(ii)); of
b)
indien daar geen sodanige afstammelinge is nie, erf die oorlewende ouer die hele intestate boedel - (artikel 1(1)(d)(ii)).
___________________________________________________________________________________________ [Uitgawe 21] [Februarie 2011]
Intestate Erfopvolging
Vader 50%
Hoofstuk 18 - 7
Vooroorlede Moeder 50%
Oorledene
Afstammeling van moeder 25%
Afstammeling van moeder 25%
2.6 Afstammeling(e) van oorledene se ouers as erfgename Indien 'n oorledene nie deur 'n gade of afstammeling(e) of ouers oorleef word nie, maar oorleef word deur –
a)
afstammelinge van sy oorlede moeder wat slegs deur haar aan die oorledene verwant is, sowel as deur afstammelinge van sy oorlede vader wat slegs deur hom aan die oorledene verwant is; of
b)
afstammelinge van sy oorlede ouers wat deur beide sodanige ouers aan die oorledene verwant is; of
c)
enige van die afstammelinge in (a) en (b) hierbo,
word die intestate boedel in twee gelyke dele verdeel en erf die afstammelinge wat deur die oorlede moeder aan die oorledene verwant is een helfte van die boedel en erf die afstammelinge wat deur die oorlede vader aan die oorledene verwant is die ander helfte van die boedel - (artikel 1(1)(e)(i)).
Met ander woorde: Indien albei die erflater se ouers oorlede is en die erflater ook nie 'n gade en kinders nalaat nie, erf die vooroorlede ouers se afstammelinge (syverwante van die erflater, m.a.w. sy/haar broers en susters), die intestate boedel in 'n bepaalde verhouding. 6
6
Op cit. p.27. ___________________________________________________________________________________________ [Februarie 2011] [Uitgawe 21]
Hoofstuk 12 - 8
Selfstudie Aktekursus - Deel 3 Vooroorlede vader van Oorledene 50%
Afstammeling van slegs die vader
Vooroorlede moeder van Oorledene 50%
Afstammeling van vader en moeder
Afstammeling van vader en moeder
Oorledene
Een derde van 50% vanaf die vader se kant
Een derde van 50% vanaf die vader se kant en een half van 50% vanaf die moeder se kant
Een derde van 50% vanaf die vader se kant en een half van 50% vanaf die moeder se kant
___________________________________________________________________________________________ [Uitgawe 21] [Februarie 2011]
Intestate Erfopvolging
Hoofstuk 18 - 9
2.7 Afstammelinge van slegs een ouer van die oorledene Waar net een van die vooroorlede ouers van die oorledene afstammelinge (syverwante van die oorledene) nalaat, erf daardie afstammelinge die hele intestate boedel - (artikel 1(1)(e)(ii)).
2.8 Ander bevoegde erfgename Indien 'n oorledene nie deur 'n gade, afstammeling(e), ouers of afstammelinge van ouers oorleef word nie, erf die ander bloedverwante van die oorledene wat die naaste in graad aan hom/haar verwant is, die hele intestate boedel in gelyke dele (artikel 1(1)(f)).
2.9 Aangenome kinders Die aangenome kind word geag die wettige kind van sy aannemende ouer te wees. Die aangenome kind kan van sy aannemende ouers en hulle bloedverwante erf (artikel 1(4((e)(i)). Eweneens kan die aannemende ouer en hulle bloedverwante van die aangenome kind erf - (artikel 1(5)). Die aangenome kind kan egter nie van sy natuurlike ouers en hulle bloedverwante erf nie - (artikel 1(4)(e)(ii)), en hulle kan ook nie van hom/haar erf nie - (artikel 1(5)). „n Aangenome kind kan egter van sy natuurlike ouer erf indien hierdie ouer ook sy aannemende ouer is of indien sy natuurlike ouer of ten tyde van die aanneming met die aannemende ouer getroud was - (artikel 1(4)(e)(ii)).
2.10 Kinders gebore buite die eg Buite-egtelikheid sal nie die bevoegdheid van een bloedverwant om intestaat van „n ander bloedverwant te erf, affekteer nie - (artikel 1(2)). 7
7
Dit sal die geval wees ongeag die bepalings van enige wet, die gemenereg of die gewoontereg, maar onderhewig aan die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging en artikels 40(3) en 297 (1)(f) van die Kinderwet 38 van 2005. ___________________________________________________________________________________________ [Februarie 2011] [Uitgawe 21]
Hoofstuk 12 - 10
Selfstudie Aktekursus - Deel 3
2.11 Kind aanvaar as eie in ooreenstemming met gewoontereg 1
„n Persoon wat nie „n afstammeling kragtens die Wet op Intestate Erfopvolging is nie, maar wie, gedurende die leeftyd van die oorledene, deur die oorledene kragtens gewoontereg as sy of haar eie kind aanvaar is,8 sal geag word i)
die afstammeling van die oorledene wat hom of haar as sy of haar eie kind aanvaar het, te wees;
ii)
nie die afstammeling te wees van sy of haar natuurlike ouer of ouers nie, behalwe in die geval waar die natuurlike ouer ook die ouer is wat daardie kind in ooreenstemming met die gewoontereg as sy of haar eie kind aanvaar het of ten tyde van aanvaarding van die kind getroud was met die ouer wat sodanige kind aanvaar het - (artikel 1(4)(eA) van die Wet op Intestate Erfopvolging).
2
Indien „n persoon wat nie „n afstammeling kragtens die Wet op Intestate Erfopvolging is nie, maar wat, gedurende die leeftyd van die oorledene, deur die oorledene as sy of haar eie kind aanvaar is in ooreenstemming met die gewoontereg 9, en wat geag word
die afstammeling van die oorledene te wees; of
nie die afstammeling van sy of haar natuurlike ouer te wees nie,
sal die oorledene geag word die voorouer van sodanige kind te wees; of nie die voorouer van sodanige kind te wees nie, na gelang van die geval - (artikel 1(5A) van die Wet op Intestate Erfopvolging).10
2.12 Afstanddoening indien langslewende gade ook geregtig is om te erf Indien „n afstammeling 11 van die oorledene saam met die langslewende gade van die oorledene, geregtig is op „n voordeel uit die intestate boedel en hierdie
Hierdie persoon vorm deel van die definisie van „n “afstammeling” in artikel 1(a) van die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009. 9 Hierdie persoon (kind) vorm deel van die definisie van “afstammeling” in artikel 1(a) van die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009. 10 Artikel 1(4)(eA) en 1(5A) is ingevoeg deur die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009. ___________________________________________________________________________________________ [Uitgawe 21] [Februarie 2011]
8
Intestate Erfopvolging
Hoofstuk 18 - 11
afstammeling van sy reg om sodanige voordeel te ontvang afstand doen, sal sodanige voordeel in die langslewende gade vestig - (artikel 1(6)).
2.13 Onbevoegdheid of afstanddoening indien geen langslewende gade Indien „n persoon a)
onbevoeg is om „n erfgenaam in die intestate boedel van die oorledene te wees; of
b)
van sy reg om „n erfgenaam in die intestate boedel van die oorledene te wees, afstand doen
sal enige voordeel wat hy sou ontvang het a)
indien hy nie sodanig onbevoeg was nie; of
b)
indien hy nie daarvan afstand gedoen het nie
vererf asof a)
hy nie sodanig onbevoeg was nie; of
b)
hy onmiddellik voor die dood van die oorledene gesterf het - (artikel 1(7)).
Let wel dat hierdie vererwing onderhewig is aan die bepalings van artikel 1(6) soos uiteengesit in paragraaf 2.12 hierbo.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------vir verdeling is R300 000,00.[4]
Vraag: A sterf op 15 April 2008 intestaat. Wie sal bevoeg wees om te erf in die volgende gevalle en hoe sal sy boedel verdeel word: 1.1
1.2
hy word oorleef deur sy vrou en drie kinders. Die huwelik was buite gemeenskap van goed en die balans beskikbaar vir verdeling is R335 000,00.[4] hy was ongetroud en word oorleef deur sy vader, twee broers en twee susterskinders (sy suster het drie jaar gelede gesterf). Die balans beskikbaar
1.3
hy was buite gemeenskap van goed getroud en word oorleef deur sy vrou, een kind gebore uit die huwelik, „n aangenome kind en „n stiefkind (die kind van sy vrou uit haar vorige huwelik). Die balans beskikbaar vir verdeling is R480 000,00.[4]
Antwoord 1.1: Die langslewende gade sal R125 000,00 ontvang. Elke kind sal R70 000,00 ontvang.[4] Antwoord 1.2
Uitgesluit „n minderjarige of geestesongestelde afstammeling. ___________________________________________________________________________________________ [Februarie 2011] [Uitgawe 21]
11
Hoofstuk 12 - 12
Selfstudie Aktekursus - Deel 3
A se vader sal 50% van sy boedel ontvang, dit is R150 000,00. A se twee broers sal elk R50 000,00 erf. Die twee kinders van A se suster sal elk R25 000,00 erf[4] Antwoord 1.3 Die langslewende gade sal R160 000,00 erf. Die kind uit die huwelik met die oorledene sal R160 000,00 erf. Die aangenome kind sal R160 000,00 erf.[4] Nota op vraag 1.3 Indien die partye binne gemeenskap van goed getroud was, sal die antwoord as volg wees, naamlik:-
Die vrou sal geregtig wees op R365 000,00 wat bestaan uit:R240 000,00 (50% van die boedel as gevolg van die gemeenskap van goed); en R125 000,00 (die R125 000,00 is groter as „n kindsdeel) Die kind gebore uit die huwelik sowel as die aangenome kind sal beide geregtig wees op R57 500,00, synde die balans van die boedel (R480 000,00 - R365 000,00 = R115 000,00) gedeel deur twee. Die stiefkind is nie geregtig op enige iets nie.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Eksamenvrae oor Hoofstuk 12 Die kort vrae wat in hierdie hoofstuk gevra is, kom uit vorige jare se eksamenvraestelle. Vir diegene wat graag die vrae uit ou vraestelle wil nagaan, word die vrae hieronder gelys: Bladsy 11-12 Vraag 8 (Deel 2) September 2008[12] Ook gevra in Vraag 11 (Deel 2) Mei 2007[12] Vraag 2 (Deel 1) September 2001[10] Vraag 2 (Deel 2) Mei 1998[12]
___________________________________________________________________________________________ [Uitgawe 21] [Februarie 2011]