die
INGELIGTE VERBRUIKER Kantoor van die Verbruikersbeskermer
Wat is ’n verbruiker? Die meeste van ons is verbruikers. Onthou dat, indien u produkte of dienste koop, huur, verkry of gebruik, u ’n verbruiker is.
Waarom het u dié gids nodig? Dié gids sal u bemagtig om:
u regte as verbruiker te ken en te weet hoe om hulle af te dwing 2 u geld verstandig te gebruik 4 u eie begroting op te stel 6 ’n plan te maak met u skuld 9 gebruik te maak van verbruikersbeskermingsowerhede 11
DEPARTEMENT VAN EKONOMIESE ONTWIKKELING EN TOERISME
ONDERSTEUN • ENERGISEER • SKEP • STIMULEER • GROEI
regte en verantwoordelikhede as ’n verbruiker U
U het die reg op: Veiligheid. Verbruikers moet beskerm word teen produksieprosesse, produkte en dienste wat gevaarlik is vir gesondheid of lewe. Inligting. Verbruikers moet voorsien word van feite wat nodig is om ingeligte keuses uit te oefen en het die reg om beskerm te word teen oneerlike of misleidende reklame of etikette. Keuse. Verbruikers het die reg om te kies uit ’n verskeidenheid goedere en dienste van gehalte wat teen mededingende pryse verkoop word. Verteenwoordiging. Verbruikers se belange moet verteenwoordig word in die opstel en uitvoering van regeringsbeleid en in die ontwikkeling van produkte en dienste. Verhaal. Verbruikers het die reg op verhaal (terugneem / terugbetaling) met betrekking tot hul griewe oor minderwaardige, onveilige en oormatig duur goedere en dienste, onbillike eise en ander onbillike verbruikerspraktyke. Verbruikersopvoeding. Verbruikers het die reg op opvoeding wat hulle sal bemagtig om met vertroue ingeligte keuses oor goedere en dienste uit te oefen. ’n Gesonde en volhoubare omgewing. Verbruikers het die reg om te lewe en te werk in ’n omgewing wat nie hul gesondheid en lewe bedreig nie en nie ’n gevaar inhou vir teenswoordige of toekomstige geslagte nie. Bevrediging van basiese behoeftes. Verbruikers moet toegang hê tot basiese goedere en dienste soos voldoende kos, klere, behuising, gesondheidsorg, onderwys, skoon water en sanitasie. 2
Daar is verskeie wette en regulasies in Suid-Afrika wat verbruikersregte beskerm. Dié wette is deur die regering opgestel om te verseker dat verbruikers soos u teen verskeie onbillike sakepraktyke beskerm word. Dié wette is geïmplementeer maar dit bly die verantwoordelikheid van die individuele verbruiker en die sakeonderneming om te verseker dat die verbruiker se regte afgedwing en eerbiedig word. Daar is agt internasionaal erkende standaardverbruikersregte wat in Suid-Afrika aanvaar word. Dié regte kan as volg opgesom word:
U het ’n verantwoordelikheid om: Die gehalte en veiligheid van produkte te bevraagteken. Lees die instruksies op produkte en gebruik die produkte soos bedoel is. Die voorwaardes van ’n kontrak te verstaan voordat u dit teken. ’n Aanbod wat te goed klink om waar te wees, ís waarskynlik te goed om waar te wees. Indien u onseker is oor iets, vra dan vrae en verkry advies voordat u teken. Pryse te vergelyk en oor verskille tussen produkte uit te vind.
Te laat blyk wat u behoeftes en verwagtinge is. Neem deel aan die aktiwiteite van verbruikersgroepe.
Na die sakeonderneming terug te keer indien u nie met ’n produk of diens tevrede is nie. Moenie skroom om te kla nie. Kontak die betrokke verbruikersbeskermingsowerheid om u klagte te ondersoek. Gebruik te maak van geleenthede om meer oor u regte as ’n verbruiker te leer.
Bedag te wees op produkte wat ’n gevaar vir die omgewing kan inhou.
Hulpbronne soos water op verantwoordelike wyse te gebruik sodat alle gemeenskappe toereikende toegang tot sodanige hulpbronne kan hê. kantoor van die verbruikersbeskermer 0800 007 081 tolvry |
3
Verbruikerswenke U en u geld • • • • • •
Die beste opsie is altyd om kontant te betaal vir ’n item; Met kontant in die hand kan u rondsoek vir die beste prys; Open ’n spaarrekening by die bank waarin u geld kan deponeer; Die gebruik van ’n debietkaart is soos kontant, maar baie veiliger; Hanteer u kaart soos kontant en moet dit nie laat rondlê nie; Begin om elke maand geld te spaar.
Om op krediet te koop • Vermy dit sover moontlik om op krediet te koop. • Indien u ’n lening of enige krediet soos ’n meubel- of klererekening verkry, het u ’n kontrak met die uitlener van die geld aangegaan en het u die verantwoordelikheid om dié geld volgens die bepalings en voorwaardes van die kontrak terug te betaal. • Lees die bepalings en voorwaardes van die kontrak noukeurig deur. • Om geld te leen, kos geld. • Vra die kredietverskaffer wat u elke maand sal moet betaal vir die leen van die geld of watter rente die winkel op u rekening sal hef. • Dit is vinnig en maklik om ’n rekening te open, maar nie so maklik om dit af te betaal nie. • Maak seker u het die produk werklik nodig. Moenie krediet roekeloos gebruik nie. • Wees eerlik wanneer u vir krediet aansoek doen. • Ondersoek alternatiewe opsies voordat u besluit om ’n krediettransaksie te sluit.
Pasop vir geldskieters • Pensioentrekkers en ontvangers van maatskaplike toelaes is die teiken van geldskieters wat hulle uitbuit deur lenings teen hoë rentekoerse aan te bied. • Verreweg die meeste geldskieters is nie by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer nie en kom nie die bepalings van die Nasionale Kredietwet na nie; • Geldskieters word nie toegelaat om u toelaebetalingskaart, debietkaart of identiteitsdokument in hul besit te hou nie.
4
Kontrakte • ’n Getekende kontrak is ’n regtens bindende ooreenkoms tussen twee of meer partye. • As ’n verbruiker moet u toesien dat u die verantwoordelikheid aanvaar om die bepalings en voorwaardes van die kontrak te lees en te verstaan voordat u dit teken. • Kontrakte is deel van ons lewe, byvoorbeeld om ’n rekening te open of vir ’n selfoon te teken. • Moenie u haas nie; vra vir duidelikheid en die kontrak moet in maklik verstaanbare taal verduidelik word. • Verkry advies oor die kontrak indien u onseker is. • Onthou, dis beter om u nie te haas nie en advies te verkry voor u die kontrak teken, in plaas daarvan om die bepalings en voorwaardes later te betwis.
Begrafnispolisse • Wees versigtig wanneer begrafnisversekeringspolisse gekoop word. • Die doel van begrafnisversekering is om met die betaling van uitgawes verbonde aan begrafnisse te help. • Die versekering moet deur ’n geregistreerde langtermynversekeringsmaatskappy onderskryf word. • Die polishouer moet ’n afskrif van die polisdokument ontvang wat die naam moet bevat van die langtermynversekeringsmaatskappy wat die polis onderskryf. • Die polishouer / lid moet voorsien word van ’n lidmaatskapsertifikaat, wat inligting vermeld soos die naam van die onderskrywer (versekeraar); die premie wat betaalbaar is; die voordele wat betaalbaar is; wanneer die dekking begin; wat die uitsluitings is; wagtydperke en eisprosedures.
ONTHOU ALTYD:
INDIEN ’N AANBOD TE GOED KLINK OM WAAR TE WEES, ÍS DIT WAARSKYNLIK kantoor van die verbruikersbeskermer 0800 007 081 tolvry |
5
U eie
BEGROTING Hoe om te begroot Wanneer u meer geld bestee as wat u verdien, stuur u af op ’n finansiële ramp. Indien u weet hoeveel geld u moet bestee en waarop u u geld bestee, behoort u nie finansiële probleme te ondervind nie.
Wat is ’n begroting? ’n Begroting dui aan wat u inkomste en uitgawes is sodat u kan sien hoeveel geld u elke maand tot u beskikking het. Mense ondervind gewoonlik finansiële probleme omdat hulle: • Te veel geld bestee; • Op rekening koop en nie kan bekostig om die maandelikse paaiemente terug te betaal nie; • Deur spesiale aanbiedings van winkels uitgelok word om nou te koop en later te betaal; • Nie vooruit beplan vir onvoorsiene uitgawes soos herstelwerk en verhogings in rentekoerse of instandhoudingskoste nie; • Geld leen van mikroleners, vriende, familie, ens.
Voorbeeld van ’n begroting: STE INKOM s ri Sala ade e van g Inkomst e st kom Totale in ES UITGAW Huur eld Skoolg iersware e Kruid n trisiteit k le e n Water e r Vervoe Klere Selfoon itgawes Totale u spaar r om te Geld oo
6
R2500 R2000 R4500
R1000 R200 R2000
R100 R400 R200 R100 R4000
R500
Stel u begroting op Stap 1: Bereken u inkomste Gebruik betaalstrokies en bankstate om die volgende op te tel: U maandelikse of weeklikse inkomste, u gade se inkomste, maatskaplike toelaes, onderhoudsbetalings en enige ander inkomste wat u ontvang. Stap 2: Maak ’n lys van u vaste uitgawes Vaste uitgawes is uitgawes wat u elke maand moet aangaan en wat elke maand dieselfde bly. Voorbeelde is: U verband, munisipale gelde, meubel- en klererekeninge, lenings, skoolgeld, ens. Stap 3: Maak ’n lys van u wisselende uitgawes Dit is uitgawes wat nie elke maand dieselfde is nie. • Wisselende uitgawes wat u nodig het, sluit in: Kos, water, elektrisiteit, telefoonkoste, herstelwerk, ens. • Wisselende uitgawes wat u wil hê, sluit in: Sport, geskenke, kitskos, alkohol, sigarette, vermaak, ens.
Wenk: Hou afskrifte van alle rekeninge en betalings om tred te hou van die spandering. Bereken elke sent wat u daagliks spandeer, al is dit hoe min.
Stap 4: Verander die wyse waarop u geld bestee Vra uself die volgende vrae af: Wat is die belangrikste uitgawes? Dit is die noodsaaklike uitgawes wat u moet betaal, soos huur, verband, lewensversekering, munisipale rekeninge, ens. Hoe kan ek my uitgawes besnoei? Bestudeer die lys van u uitgawes en vra uself dié vrae af: • Is dié uitgawe te hoog? • Is daar enige manier waarop ek dié uitgawe kan verminder? • Is dié uitgawe werklik nodig? • Kan ek iets anders koop, bv goedere sonder handelsmerke? kantoor van die verbruikersbeskermer 0800 007 081 tolvry |
7
Maak planne om u uitgawes te verminder Hoeveel skuld het ek regtig? Met groter skuld, is u minder buigsaam om u uitgawes te bestuur. Maak ’n plan om skuld so gou as moontlik af te betaal. Belê enige besparings wat u danksy die vermindering van u onnodige uitgawes bewerkstellig, in u skuld. Hoeveel geld sal ek tot my beskikking hê ná my skuld afbetaal is? Die antwoord sal u motiveer om u skuld te betaal en vir die toekoms te beplan. Dít sal u toelaat om langtermynplanne te maak vir u toekoms, bv vir u kinders se opvoeding. Stap 5: Neem beheer oor van u geld Noudat u ’n begroting het, kan u beplan oor hoe u graag u geld wil bestee. Reël ’n gesinsvergadering en bespreek wat u kan doen om geld te bespaar. Verminder u uitgawes op produkte met handelsmerke en soek vir goedkoper plaaslike produkte van dieselfde gehalte.
Wenke oor begrotings:
8
•
Stel u maandelikse begroting op. Skryf die werklike uitgawes in langs u begrote bedrae om vas te stel of u meer of minder bestee as waarvoor u begroot het. Neem al die uitgawes in aanmerking wanneer u die begroting vir die volgende maand opstel.
•
Laat spaargeld deel word van u maandelikse uitgawes; dit sal u help om u tot ’n deurlopende spaarprogram te verbind.
•
Stel ’n besparingsdoelwit — vir onderwys, ’n nuwe motor, ’n vrieskas of u aftrede. Indien u byvoorbeeld vir ’n vrieskas spaar en dit slegs koop sodra u al die geld gespaar het, sal u baie geld aan rente spaar.
•
Indien u ervaar dat u uitgawes, vergeleke met u inkomste, buitengewoon hoog is, moet u besnoei op onnodige besteding. ’n Begroting sal dit duidelik aantoon.
Maak ’n plan met u
SKULD
Wat dit beteken om oorverskuldig te wees ’n Aanduiding dat u oorverskuldig is, is wanneer u nie in staat is of in staat sal wees om al die verpligtinge kragtens die kredietooreenkomste waarby u ’n party is betyds na te kom nie. Wat om te doen wanneer u oorverskuldig is Wanneer u besef dat u oorverskuldig is: • Die eerste stap is om u kredietverskaffer te nader en te probeer om laer paaiemente te beding. • Indien dit nie slaag nie, kontak ’n geregistreerde skuldberader in u omgewing. • ’n Skuldberader is iemand wat deur die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer is om mense by te staan wat finansiële probleme ondervind. Die rol en funksie van skuldberaders word voorgeskryf in die Nasionale Kredietwet, 2005. Wat is die Nasionale Kredietwet? Die Nasionale Kredietwet is ’n nasionale Wet wat deur die Parlement verorden is ten einde die verskaffing van verbruikerskrediet te reguleer en ook sekere onbillike kredieten kredietbemarkingspraktyke te verbied. Hoe beskerm die Nasionale Kredietwet u as ’n verbruiker? Die Nasionale Kredietwet beskerm verbruikers wat kredietooreenkomste aangaan deur hul krediettransaksies te moniteer en te reguleer. Die Wet maak ook voorsiening vir skuldberading om verbruikers te help wat nie in staat is om al hul finansiële verpligtinge teen die vereiste spertye vir betaling na te kom nie. Die Wet stel u in staat om die besittings terug te gee waarvoor u nie meer in staat is om te betaal nie. Kragtens ’n ‘Paaiementsooreenkoms’ of ‘Gesekureerde Lening’ (motor/ huishoudelike ware), het u die reg om, ooreenkomstig die vereiste prosesse, skriftelike kennis aan die kredietverskaffer te gee om die ooreenkoms te beëindig.
kantoor van die verbruikersbeskermer 0800 007 081 tolvry |
9
Wat is die skuldberader se rol? Die Wet vereis van alle skuldberaders om hulle by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) te laat registreer ten einde verbruikers by te staan. Wanneer ’n skuldberader vasgestel het dat u wel oorverskuldig is, sal hy/sy in staat wees om: • Begrotingsadvies aan u te gee; • U skuld te herstruktureer; • Namens u met kredietverskaffers te onderhandel om u paaiemente te verlaag; • U skuld tot bestuurbare vlakke te verlaag met die oog daarop om u algehele finansiële situasie te verbeter; • U van basiese inligting te voorsien wat nodig is om die kredietprobleme wat daagliks ondervind word, op te los; • Bystand te verleen en nasorgdienste soos begrotingsvaardighede aan u te lewer; • U betalings aan kredietverskaffers te moniteer.
Wat moet u doen indien u finansiële probleme ondervind? Moenie wegkruip nie Kontak die skuldinvorderaar indien u rekeninge reeds aan skuldinvorderaars oorhandig is en tref reëlings om te betaal eerder as om weg te kruip. Rente en ander koste word by rekeninge gevoeg wat aan skuldinvorderaars oorhandig is en dit is dus ’n goeie plan om die skuldinvorderaar so gou as moontlik te kontak voordat die koste en rente te hoog word. Ken u regte Voordat ’n kredietverskaffer by ’n hof aansoek doen om u besittings terug te neem as ’n manier om die skuld af te dwing, word regtens van die kredietverskaffer verlang om u vooraf skriftelik te waarsku, en oor die beskikbare opsies in te lig, nl: • Soek hulp by ’n skuldberader; • Soek hulp by ’n alternatiewe geskilbeslegtingsmeganisme; of • Sien toe dat u betalings gedoen is. U het die reg om die ooreenkoms opnuut van krag te maak deur al die verskuldigde bedrae, met inbegrip van wanbetalingsheffings en die redelike koste verbonde aan die afdwinging van die ooreenkoms, te betaal. Moenie daardie brief ignoreer nie Wanneer u ’n waarskuwingsbrief ingevolge artikel 129 of ’n ander aanmaningsbrief of finale kennisgewing van u kredietverskaffer ontvang, moet u nie die brief ignoreer nie: Reageer onmiddellik daarop. Indien u nie die brief verstaan nie, verkry professionele advies van ’n skuldberader of ander professionele persoon. U kan die Nasionale Kredietreguleerder by 0860 627 627 skakel.
10
Laat u
VERBRUIKERSKLAGTE oplos
Wat kan u doen indien u ’n verbruikersklagte het oor ’n produk wat u gekoop of diens waarvoor u betaal het? Selfs versigtige kopers ervaar soms probleme met goedere deur hulle aangekoop of ’n diens deur hulle benut. Indien u ’n verbruikersverwante navraag het, kan u die proses volg wat hieronder beskryf word: Probeer om die probleem self op te los • Kontak die onderneming met wie sake gedoen is so gou as moontlik. • Identifiseer die spesifieke probleem en staaf dit met bewyse soos die beskadigde item, die kontrak of die kwitansies. Wanneer met dokumente gewerk word, moet u die oorspronklikes bewaar en slegs met afskrifte werk. • Stel dit duidelik hoe u die klagte opgelos wil hê. Hou in gedagte wat die winkel se beleid oor terugbetaling is. • Probeer eers om die kwessie regstreeks met die persoon verantwoordelik vir die transaksie op te los. • Indien dit misluk, volg die gesagslyn so ver as wat nodig is (bestuurder, kliëntediensverteenwoordiger, ens.) • Dokumenteer alles wat u doen. Skryf die besonderhede van u klagte neer. Maak ’n aantekening van die name van die persone met wie u gepraat het en die datum waarop daardie gesprekke plaasgevind het. • Wend ’n eerlike poging aan om die geskil self te besleg.
Wat moet u doen indien u pogings om die klagte self op te los, misluk? Kontak die Kantoor van die Verbruikersbeskermer indien u nie die probleem self kon oplos nie. Sien kontakbesonderhede op bl 12
kantoor van die verbruikersbeskermer 0800 007 081 tolvry |
11
Hoe die Kantoor van die Verbruikersbeskermer u kan help • Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer is ’n direktoraat van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering wat daarop ingestel is om verbruikers by te staan om geskille te besleg wat hulle met besighede of instellings het. • Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer ondersoek klagtes ontvang van verbruikers en beoog om dié klagtes vriendskaplik tussen die twee partye op te los. • Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer ondersteun ook 28 Advieskantore in die provinsie. Dié Advieskantore is onafhanklike organisasies sonder ’n winsoogmerk wat verbruikersadviesdienste aan hul gemeenskappe lewer.
Hoe kontak ek die Kantoor van die Verbruikersbeskermer? U kan ’n klagte by die Wes-Kaapse Kantoor van die Verbruikersbeskermer op een van die volgende wyses indien: 1. Skakel die tolvrynommer: 0800 007 081. Dis ’n gratis oproep! 2. Kontak die Advieskantoor in u streek 3. Besoek die kantoor van die Verbruikersbeskermer, Grondverdieping, Waldorf-arkade, St George’s Wandellaan 80, Kaapstad 4. Skryf aan ons: Briewe na Posbus 979, Kaapstad, 8000
Fakse na: 021-483 5872
E-posse na:
[email protected]
Opgeleide verbruikeradviseurs sal na u klagte luister en sal namens u optree in ’n poging om u klagte op te los.
Uitgegee deur: Die Wes-Kaapse Kantoor van die Verbruikersbeskermer, Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Waldorfarkade, St George Wandellaan 80, Kaapstad Tel no 021-483 5133, e-pos:
[email protected] , tolvrye nommer: 0800 007 081