DIE TYDSKRIF VIR DIE JAGTER EN BEWAARDER / THE MAGAZINE FOR THE HUNTER AND CONSERVATIONIST APRIL 2016 NO. 04111
HUNTING
PHILOSOPHY CHANGE?
HERLAAI
VULLERS IN DOPPE
Sy majesteit, koning koedoe
HUNTING OF FATHERS AND SONS
ASE UTRA
gedemp maar duursaam BUFFALO HUNTING
The swamp BULL Koedoekiekies van toekajagte RSA R36.50 (Vat Incl) R39.00 (Foreign Countries) N$39.00 (Namibia)
04111
9 770259 935002
C@ntrol MSS
HUNTING
DIE TYDSKRIF VIR DIE JAGTER EN BEWAARDER / THE MAGAZINE FOR THE HUNTER AND CONSERVATIONIST APRIL 2016 NO. 04111
TEL: 012-485-9000/9382
FAKS: 012-485-9364
Privaatsak X202, Pretoria, 0001 Xcelpark, h/v Lynnwood- en Roderickstraat, LYNNWOOD, 0081
INLIGTING OOR DIE SA JAGTERSEN WILDBEWARINGSVERENIGING Tel: 012-808-9300 faks: 012-808-9344 SAJWV: LEDENAVRAE, Tel: 012-808-9300
REDAKSIE REDAKTEUR: Koos Barnard
[email protected] Tel: 012-485-9401 REDAKSIONELE HOOF: Chris Burgess REDAKSIONELE BESTUURDER (VRYSKUT): Eunia Barnard (Artikelnavrae & taalversorging)
[email protected] Tel: 012-485-9402 SPESIALISREDAKTEUR: Marisa Beeton (Taalversorging)
[email protected] Tel: 012-485-9350 SEKRETARESSE: Rechelle Jarrett (Navrae/Administrasie)
[email protected] Tel: 012-485-9382 Faks: 086-535-4058 UITLEGKUNSTENAARS: Marthie van Dyk –
[email protected] Tel: 012-485-9404 Faks: 086-559-8004 Talita Meyer –
[email protected] Tel: 012-485-9403 BYLAAGREDAKTEUR: Malinda Botha (Advertensie-ontwerp)
[email protected] Tel: 012-485-9405 Faks: 086-535-4073 MEDEWERKERS: Herman Jonker Kassie Kasselman
ADVERTENSIES BESIGHEIDSBESTUURDER: Dirk Lamprecht 012-485-9356 /
[email protected] ADVERTENSIEKONSULTANTE: Jacomien Oosthuizen 012-485-9353/082-495-2909 Jacques Boshoff 012-485-9360/ 079-528-8793
INTEKENARE-NAVRAE:
Tel: 087-740-1018/Faks: 086-457-5916 E-pos:
[email protected] Webtuiste: www.sahunt.co.za
MEDIA24 WEEKLIKSE TYDSKRIFTE
HOOFBESTUURDER: Minette Ferreira UITGEWER: Theuns Venter ADMINISTRASIE: Johan Terblanche SIRKULASIEHOOF: André Stander SIRKULASIE: Armand Kasselman INTEKENARE: Elmarie Eygelaar HOOF MEDIA24-TYDSKRIFTE: Charlene Beukes HOOF FINANSIES-TYDSKRIFTE: Raj Lalbahadur DRUKKER: Paarl Media Cape, 10 Freedom Way, Marconi Beam, Milnerton, 7441. UITGEGEE & VERSPREI: Media24 (Reg. no. 05/038385/06), Heerengracht 40, Posbus 2271, Kaapstad, 8000
© Kopiereg SA JAGTER/HUNTER. Alle regte voorbehou. Menings van medewerkers, rubiekskrywers en korrespondente word nie noodwendig deur SA JAGTER/JAGTER onderskryf nie. Die redakteur behou die reg om artikels en briewe te verander en/ of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen aanspreeklikheid vir die inhoud van advertensies nie.
SA JAGTER/HUNTER ruil nie advertensiespasie of gunstige redaksionele verslae oor produkte en/of jagbestemmings vir gratis jagte of produkte nie.
PHILOSOPHY CHANGE?
INHOUD
HERLAAI
VULLERS IN DOPPE
Sy majesteit, koning koedoe
SA JAGTER/HUNTER | APRIL 2016
HUNTING OF FATHERS AND SONS
ASE UTRA
gedemp maar duursaam BUFFALO HUNTING
The swamp BULL
RUBRIEKE 6 8 12 14 66 76
Koedoekiekies van toekajagte
In my visier Bospos – Sê jou sê Snelvuur Dooierus – Die toekoms is die teiken Bokspog
STEYR staan sterk
RSA R36.50 (Vat Incl) R39.00 (Foreign Countries) N$39.00 (Namibia)
04111
9 770259 935002
OP DIE VOORBLAD: Vir baie jagters is die koedoe ‘n ikoon. Die Steyr Mannlicher-geweer is verskaf deur Savuti Wapens. GEWEERFOTO: Koos Barnard. KOEDOEFOTO: Nic de Bruine.
Vra vir Kassie – Vullers in doppe
ARTIKELS 16 Ase Utra – stil, maar duursaam
Koos Barnard
20 Sy majesteit, koning Koedoe
Koos Barnard
30 Ankers
Herman Jonker
34 Humiditeit en dryfmiddels – die oplossing
Cassie Nienaber
38 Hunting philosophies
Peter Flack
44 A buffalo by another name
Deon Meyer
50 Father and son hunt
Charles Lance
54 Kiekies van koedoes
Zirk Erasmus
60 Steyr staan sterk
SAJWV 64 SA Hunters – Quo vadis?
André vd Merwe
TOETSVERSLAG 70 Dra jou roer gemaklik?
Koos Barnard
SA JAGTER | APRIL 2016
IN MY VISIER
I
Ditjies en datjies
n Dooierus spekuleer Herman Jonker dat ons jagverenigings in skyfskietverenigings ontaard het, terwyl die verenigings se ander aktiwiteite minder aktief is. Dieselfde argument het ek by ander ook al gehoor. Ek wil egter ’n lansie vir die skyfskietlustiges breek. Skietaktiwiteite is gewild ja, dit word goed georganiseer en daar is baie male lekker pryse te wen by skietkompetisies. Daarteenoor is sekere aktiwiteite van sommige verenigings dalk meer aktief op papier as in die praktyk. Maar nou wonder ek net. Wie moet die skuld hiervoor dra? Dis die skyfskietlustiges self in die verenigings wat sorg dat dinge op die skietbaan gebeur. Hulle sit nie en wag vir bestuur om iets aan hul skietlus te doen nie. Dis hulleself wat behoeftes, leemtes en probleme identifiseer en dan aktief aan die werk spring om te sorg dat daar gereeld kruit gebrand word. Moet diegene wat wil sien dat ander aktiwiteite meer aandag kry nie dalk ’n blaadjie uit die skyfskietlustiges se boek neem nie? Bring
6
nuwe belangegroepe op die been of laat ou, minder aktiewes weer herleef. Moenie op jou vereniging se bestuur wag nie, neem ’n slag self die stuur in jou hand en sit skouer aan die wiel. Geen jagtersvereniging se bestuur sal sommer goedsmoeds die pogings van ’n regmatige belangegroep onderdruk nie. Die jaar het nog nie eens behoorlik begin nie of daar was vuurwarm gesprekke oor jagpryse. Op SA JAGTER/HUNTER se facebook-blad het die manne lekker geredekawel oor hierdie onderwerp. Baie jagters voel vanjaar se pryse is heeltemal bo hul vuurmaakplek terwyl ander volhou dit maak nie saak hoe duur wild raak nie, hulle sal bly jag. Op een pryslys wat ons onder oë gehad het word koedoebulle met horings van 40” as trofeë gereken en die prys is R18 000. ’n Ander saak waaroor jagters kla, is dat sommige jagondernemers nie meer bereid is om minder as drie persone per jagtog te neem nie. Wil iemand dus ’n eksklusiewe pa-en-seun jag bespreek, moet hy bereid wees om
op te dok vir ’n ekstra persoon of sy jaggeselskap noodwendig vergroot. ’n Mens kan jagondernemers se minimum vereistes verstaan, want ekonomiese realiteite dikteer dat hulle hul plase en wild maksimaal moet benut om kop bo water te hou. Jag het ’n luukse geword en ons sal eenvoudig keuses moet begin uitoefen oor watter luukshede ons sal wil behou en watter eenvoudig afgeskaal moet word. Die herlisensiëring van vuurwapens is deesdae groot nuus. Volgens die polisie moet hernuwings ten minste 90 dae voor die vervaldatum (of vroeër natuurlik) gedoen word, anders staan eienaars die kans om hul vuurwapens te verloor. Daar is heelwat mense wat te laat wakker geskrik het en nou rondskarrel. Let asseblief op die datums waarop jul lisensies verval en doen vroegtydig aansoek om hernuwing. Van die reservaat waar Cecil geskiet is, hoor ons nou dat daar soveel as 200 leeus te veel is, want jagte daar is opgeskort. Hulle sal geskuif of dalk van kant gemaak moet word. Jagters
het in die verlede die leeugetalle beheer en dit het waarde aan hierdie diere verskaf. Nou ja, hoe nou gemaak? In Suid-Afrika is daar vir 2016 ook ’n moratorium op luiperdjag geplaas. Nou wonder ’n mens net wat gaan gebeur in gebiede waar boere veeverliese ly as gevolg van dié katte. Die voorspelling is dat sommiges die luiperds voor die voet van kant sal maak en gaan stilbly daaroor. Soos die Engelse sê: Shoot, shovel and shut up. Laastens. Ons as jagters moet dalk, meer as ander mense, dink voor ons doen. Bly ten alle tye binne die wet en werk daagliks daaraan om ’n positiewe beeld van jag en alle vuurwapenverwante aktiwiteite uit te dra. Mooi loop!
SA JAGTER | APRIL 2016
BOSPOS
Sê jousê E-pos na
[email protected] WENBRIEF HOLLANDSE BOSVELD
In reaksie op Herman Jonker se Die Bosveld is weer Hollands (Januarie 2016) kan ek net sê “sela”. As jy by my was, het ek vir jou ’n bier gekoop! My onrustigheid lê nie soseer in die borrel wat gaan bars nie, maar in die kleurvariasies wat vasgeteel word. Kleurvariasies was nog altyd ’n onomkeerbare kenmerk by die makmaak van wilde diere – van perde tot parkiete. Die ontstellende feit is dat die kleurvariasies nie vanself weer verdwyn nie, om die waarheid te sê, wetenskaplikes probeer al jare sonder veel sukses om weer die oorspronklike Przewalski-kleurpatroon in perde vas te teel. Dieselfde onomkeerbaarheid van kleurvariasies vind ons in omtrent elke makgemaakte diersoort. Die Bosveld gaan na hierdie borrel beslis so bont wees soos ’n Hollandse tulpeland. JOHAN DREYER Johan wen ’n Safari & Outdoorgeskenkbewys ter waarde van R500.
8
BILTONGJAGTERS
Met verwysing na Johan Steenkamp se brief (Maart 2016). Ek het vir hom slegte nuus... Al versterk die rand weer teen die USD (kanse is maar sleg) bly SA ’n goedkoop bestemming vir buitelandse jagters. Ek is nie ’n wildboer nie, het slegs ’n kleinerig stukkie grond met ’n paar spesies, maar ek kan hom verseker die kostes wat ek al aangegaan het aan wild, heinings, huis, water, krag en arbeid sal ek in my lewe nooit weer verhaal nie. Die rede tans vir die snaakse kleurvariante en die borrel (my opinie) in die buffelbedryf is bloot omdat gewone wildboere probeer om daadwerklik geld te maak. Die wildboer wat staatmaak op biltongjagters kan bloot nie bestaan nie – daar is geen manier dat so ’n boer se somme kan klop nie. So vir Johan Steenkamp wil ek dan vra: Wat verhoed jou om self eiendom te gaan aankoop, dit toe te span, wild aan te koop, jagvoertuie aan te koop, slaggeriewe te bou, huisvesting te bou, arbeid in diens te neem? Jy kan self ’n paar goeie teelbulle en teelramme aankoop – en elke keer met jou hart in jou hand sit as manne die veld invaar nadat jy hulle verduidelik het dat daar wel trofeebokke is wat baie duur was en nie gejag mag word nie. Dan kan jy mos jou plek beskikbaar stel aan die biltongjagters en manne wat hulle seuns wil leer jag? Jy kan jagpakkette opstel wat net vir biltongjagters voorsiening maak – teen pryse wat jy graag self sou wou betaal. As jy dit alles kan regkry sonder om binne vier jaar bankrot te wees, belowe ek plegtig dat ek jou voorbeeld sal volg en ook
net vir biltongjagters voorsiening sal maak.
JOHAN SCHOEMAN
NOG ’N AANGENAME ERVARING
Ek lees in SA JAGTER/HUNTER (Desember 2015-uitgawe), Brand Hugo se skrywe oor sy Nikko Stirling-teleskoop en dit herinner my dat ek ook gedurende die vroeg 80’s by Sentrakoöp in Bloemfontein ’n Nikko Stirling-teleskoop gekoop het, waarvan die gas gedurende ’n jagtog in Gravelotte ontsnap het. Hoekom weet ek nie, want die teleskoop het nie seergekry nie. Met die hulp van die SAJWV kry ek African Hunting Supplies se telefoonnommer en skakel hulle. Wat ’n aangename ervaring. Ek hoef nie die oorspronklike faktuur/bewys van aankoop te toon nie, net die foutiewe teleskoop na Arms and Tackle in George te neem en met Ian te praat. Ek saal toe my perd op en ry na Arms and Tackle, verskaf my naam en kontaknommer en vroeg in Januaie 2016 bel Ian my. My splinternuwe Nikko Stirling-teleskoop het gearriveer! Baie dankie vir julle uitstekende en navolgingswaardige diens en baie dankie ook aan die SAJWV vir julle bydrae in hierdie geval. DJ ERASMUS (GEORGE)
TROTS SUID-AFRIKAANS
Proudly South African... dit bring gemengde emosies in ons huidige politieke bestel. Ek was nogal skepties. Die SAJWV se Kwagga-tak het verlede jaar Noise Reduction Technology van Noise Clipper aan sy lede (waarvan ek een is) bekend gestel. My Noise Clipper het aanvanklik baie goed gewerk, maar my oor het van vorm verander en die eenheid het te ongemaklik geraak om te dra. Noise Clipper het toe my gehoorstuk gratis oorgemaak, maar dit het steeds nie reg gepas nie. Tot my totale verbasing het Kobus (van Noise Clipper) my geskakel, gesê dat hulle ’n Trots Suid-Afrikaanse
produk is en hul kliënte se tevredenheid waarborg, teen ’n maksimum koste van R1 500. Daarom het hy gereël dat mnr. Lowrence na Port Elizabeth toe vlieg om my oor te meet en die probleem reg te stel. Ongelooflik! Baie dankie aan Noise Clipper, julle maak my trots om jul produk te dra en om ’n Suid-Afrikaner te wees – Proudly South African! Koedoe, ek kan jou nog steeds hoor… hier kom ek! CRAIG (Brief verkort en gedeeltelik vertaal.)
MET KOMPLIMENTE VAN ZEISS
’n Klompie jare gelede kon ek uiteindelik vir my ’n tweedehandse .270-jaggeweer aanskaf waarop ’n gebruikte 4x32 Zeiss-teleskoop gemonteer was – nie een van Zeiss se primaprodukte nie. Nadat ek die geweer op 200m ingestel het, was dit nooit nodig om enige wesenlike verstellings aan te bring nie. Die roer het deurentyd geskiet waar die kruisdraad op die teiken geplaas is. Voor die jagseisoen is die roer telkens jaggereed gemaak deur net ’n kliek op of af, links of regs te stel op die skietbaan en die Zeiss het elke keer na wense gereageer. Tot ’n rukkie gelede. Die Zeiss het ’n gevoelige stamp teen die verstelknoppe gekry en die akkuraatheid was daarmee heen – dit het geweier om op enige verstellings te reageer. ’n Nuwe Zeiss is te duur, dus was die logiese alternatief om dit te laat herstel. Die teleskoop is toe aan die Zeiss-agent gestuur en vandaar na die Zeissfabriek in Duitsland. Toe kom die terugvoer: Die lense is nog in ’n goeie toestand, maar die verstellingsmeganisme het ’n ernstige knou weg en moet in geheel vervang word. Die uiteindelike resultaat: Die teleskoop is tans in my besit en so goed soos nuut! Die kostes? “As a token of goodwill – NO CHARGE.’’ Baie dankie, Zeiss! NEELS NEUHOFF (PAARL) »
SA JAGTER | APRIL 2016
» SAJWV SE NAAM MOET VERANDER
Dit is jammer dat ek die volgende opmerking moet maak, maar ek dink die organisasie se naam moet verander na die SA Papierskiet-vereniging. Weereens is daar nog ’n reël wat op ons lede afgedwing word deur die papierskietbrigade: trompremme. Trompremme word op gewere geplaas, en soms word dit op die loop ingelaser sodat die terugskop meer aanvaarbaar is op jou groter kalibers sonder dat dit die geweer onnodig swaar, lank en lomp maak soos wat knaldempers doen. Die wapen is dus nou meer dames- en juniorjagtervriendelik. Trompremme is nie meer welkom nie, ongeag of dit die enigste wapen is waarmee jy jag, die papierskietbrigade met hul money race-wapens het so besluit. Hulle is seker bang die stof wat opgeskop word sal die fancy teleskoop en blink gepoleerde loop van hul handgemaakte, pasmaak-papierskietgewere beskadig. Maar daardie papierskieter se pasmaakgeweer sal die jagveld nooit sien nie. Wat is volgende? Gaan ons onderdak moet skiet met goeie ventilasie en lê op ’n sponsmatras met ’n minimum dikte van 10mm? Dit is klaar erg genoeg dat ons dames en juniors nie eens die vergunning kry om die Bosveldtabel te skiet met ’n 6mm-kaliber nie. Let wel, SAJWV-hoofkantoor, nie almal is in die posisie om ’n kaliber vir elke boksoort onder die son te besit nie. Die meeste lede besit slegs een of twee jaggewere en is net so trots op sy winkelrakgeweertjie soos die lid met sy twaalf pasmaakgewere met ingevoerde teleskope. Daar is tog seker praktiese oplossings sonder om lede onnodig net weg te wys? Is die Vereniging daar vir die 85% ware jagters wat die natuur en sy wonders wil beleef of is die organisasie daar om die 15% papierskieters gelukkig te hou? 10
Ons sal lede verloor en SAJWV sal asseblief weer moet besin oor dié reël en ook oor baie ander reëls wat ons lede wegdryf na ander skietorganisasies waar dinge baie meer eenvoudig is. KOBUS MARAIS
ANDRÉ VAN DER MERWE, BESTUURDER: TAK- EN S K I ET SA K E VA N D I E SAJWV ANTWOORD: Die skietaktiwiteite van SA Jagters (SAJWV) is waarskynlik die belangrikste praktiese aktiwiteit wat die Vereniging vir lede/ jagters bied om hul skietvernuf te verbeter. Dit het tot gevolg dat daar elke Saterdag van die jaar ’n duisend of meer skuts by die 74 takke van SA Jagters regdeur Suid-Afrika op skietbane deelneem aan georganiseerde skietaktiwiteite. SA Jagters het ’n verantwoordelikheid om: 1) te verseker dat die skietaktiwiteite veilig aangebied word en dat toerusting wat gebruik word veilig is en nie nadelige effekte op omstanders het nie of selfs gevaarlik is nie; 2) skuts en lede ingelig te hou oor moontlike risiko’s – in dié geval die nadele wat trompremme inhou. Kobus noem dat ’n geweer met ’n tromprem gebruiksvriendelik is vir die eienaar en ja, natuurlik het trompremme ’n plek – daar is egter ’n ander kant van die munt! Uit navorsing deur die Nasionale Skietkomitee is dit duidelik dat gewere, toegerus met trompremme, ernstige probleme kan veroorsaak op skietbane waar skuts noodgedwonge naby aan mekaar moet posisie inneem as hulle skiet. Naburige skuts word blootgestel aan onaanvaarbare klankvlakke, trompslag, sandkorrels, gras, fyn stof, klippies en onverbrande kruit wat beserings kan veroorsaak as dit “teruggeblaas” word na die skuts. Hierdie probleme is reeds op SAJWV-skietbane ervaar. Die aanhoorbare klank wat die meeste tromp-
remme voortbring, is meer as twee maal harder as wanneer dieselfde vuurwapen daarsonder gebruik word. Die implikasies is dat standaard-gehoorbeskerming meestal nie voldoende is om skuts se ore te beskerm nie. Die navorsing-inligting is beskikbaar op die Vereniging se webwerf – www.sahunters.co.za – by Skietsake: “Vuurwapens toegerus met trompremme”. SA Jagters sal die Vereniging se verantwoordelikheid om veilige skietaktiwiteite vir lede aan te bied, versaak indien trompremme toegelaat word op gewere by SAJWV-georganiseerde skietaktiwiteite. Die Nasionale Skietkomitee het die besluit om trompremme te verbied geneem om die ander skuts te beskerm. Die gebruik van trompremme in die jagveld hou waarskynlik nog ’n groter gevaar in in die hande van jagters wat dit nie oordeelkundig gebruik nie. ’n Skoot wat onverwags naby aan ’n omstander afgetrek word wat geen oorbeskerming dra nie, soos dikwels in die jagveld die geval is, kan onherstelbare skade aanrig aan daardie persoon se gehoor. Hoe vergoed jy iemand daarvoor indien jy die skuldige party was? Jagters het ’n verantwoordelikheid teenoor mekaar en word versoek om bedagsaam en uiters versigtig te wees wanneer hulle jag met vuurwapens wat met trompremme toegerus is. Moenie gidse, jagmaats en ander omstanders onnodig blootstel aan die skadelike gevolge van trompremme op vuurwapens nie. Kobus versoek dat dames en junior lede die Bosveldtabel met ’n 6mm-kaliber kan skiet, en daaroor die volgende: Die skietoefeninge mag met enige kaliber geskiet word, maar skuts sal dan nie erkenning daarvoor kry deur byvoorbeeld skietbalkies te verwerf indien die kaliber kleiner as 6.5 (.264”) is nie. Die SAJWV se jaggebaseerde skietoefeninge dien ook as opleiding en leiding in ver-
band met jag. Die boodskap wat ons met die beperking van kalibers wil uitdra, is dat groter bosveldwild soos die blouwildebees en sebra nie onder normale jagtoestande met kalibers kleiner as ’n 6.5 behoort geskiet te word nie. Daar mag uitsonderings wees, maar onthou ons praat van riglyne wat geld vir al 39 000 lede/jagters. Indien die SAJWV dit sou toelaat vir dames en juniors, mag ’n situasie opduik waartydens ’n junior jagter of dame byvoorbeeld op ’n Bosveldplaas daarop aandring om ’n blouwildebees met ’n .243 Win of selfs .223 Rem te skiet, want, “SA Jagters laat dit toe”. Dieselfde scenario kan vir die grootkaliber-skietoefening geskets word as iemand met ’n .243 Win of .308 Win wil deelneem. Die oorgrote meerderheid van wildplaaseienaars sal nie toelaat dat ’n buffel met ’n .308 aangedurf word nie. Daar is geen doelbewuste poging om sekere mense uit te sluit van deelname en weg te wys van skietbane af nie. Die beperkings is slegs praktiese riglyne by die jaggebaseerde skietoefeninge (wat ook deurgetrek kan word na werklike jag). SA Jagters is ’n jag-, sportskiet- en bewaringsorganisasie en as ons na diereteikens (papierteikens) skiet, is dit bloot gemik op die verbetering van jagters se skietvernuf. As ons jag, streef ons elke keer na ’n eerste skoot, doodskoot. Die verskeidenheid van skietoefeninge en skietkompetisies is deur SA Jagters geskep om vir elkeen ’n geleentheid te gee om op sy/haar belangstellingsvlak deel te neem. Die jagter kan deelneem met sy standaard-jaggeweer en die sportskut kan besluit of sy jaggeweer goed genoeg is en of hy ander toerusting nodig het daarvoor. Op die skietbaan skiet ons almal na papierteikens om ons voor te berei vir jag of sportskiet. Die twee konsepte is nie bedoel of veronderstel om met mekaar te kompeteer nie.