1
Strukture van die NG Kerk Melkbosstrand Inhoudsopgawe 1.Begronding.........................................................................................................................................2 2. Ampte................................................................................................................................................4 2.1 Evangelie bedienaars (Leraars en Jeugwerker.).....................................................................4 2.2 Ouderlinge ............................................................................................................................4 2.3 Diensgroepleiers / diakens.....................................................................................................5 2.4 Diensgroeplede:.....................................................................................................................6 2.5 Mini- Blokleiers.....................................................................................................................6 2.6 Dienswerkers (in wyke):........................................................................................................6 3. Geestelike opsig.................................................................................................................................7 4. Gemeentebediening...........................................................................................................................8 4.1 Bedieningskanale...................................................................................................................8 4.2 Diensgroepe...........................................................................................................................9 5. Bestuurstrukture ..............................................................................................................................12 5.1 Kerkraad:.............................................................................................................................12 5.2 Dagbestuur...........................................................................................................................13 5.3 Gemeentebestuurder en Bestuursdiensgroep........................................................................13
Ligdraers van Jesus
2
1.Begronding Die tradisionele struktuur vir kerkbestuur in ons kerk is reeds eeue oud. Dit is gebaseer op die herder-kudde model waar sekere lede van die Liggaam van Chrsitus (die ampte: leraars, ouderlinge en diakens) as herders optree en die res van die gemeente, die kudde, bedien. Die basis is geografiese wyke wat deur die ampte gepastor word tov geestelike behoeftes (ouderlinge) en materiele behoeftes (diakens). Daar is inherent niks met hierdie model verkeerd nie maar die volgende punte is van belang: •
Belangegroepgemeenskappe: Menslike interaksie het as gevolg van verstedeliking en kommunikasietegnologie verskuif van geografiese gemeenskappe na belangegroepgemeenskappe. Mense leef in verskeie geografiese en belangegroep gemeenskappe op dieselfde tyd; Ek bly in Melkbos maar werk in die stad. Ek is nie meer vriende met die persoon wat langs my bly nie, want ek het 'n telefoon en 'n kar om by iemand wat my belange deel uit te kom. Dit veroorsaak dat die geografiese model nie meer funksioneer soos dit eeue gelede ontwerp is nie.
•
Lidmaatbetrokkenheid: Wanneer 'n mens die Nuwe Testament lees kom jy onder die indruk dat gewone lidmate meer betrokke was as in die herder-kudde model soos dit nou funksioneer. In plaas daarvan dat mense in hulle huise deur 'n herder bedien word word hulle self die dienaars van hulle gemeenskap. Daar is iets soos 22 “Mekaar” versies in die Nuwe Testament!
•
Geestelike groei: Betrokkenheid by diens in die kerk speel 'n belangrike rol in geestelike groei en dissipelskap. Waar diens in die gemeenskap nooit belangriker geag kan word as die transformerende krag van die Evangelie en die inwonende Heilige Gees nie, skep dit tog die omgewing waarin mense meer kontak met die Evangelie het – en hulle self so meer kan oopstel vir die Gees. Die herder-kudde model is geneig om 'n groot groep lidmate te skep wat passief bedien wil word, en dit mag hulle geestelike groei belemmer. (Dit is belangrik om te let dat “werke” 'n ernstige struikelblok in die pad van heiligmaking kan wees. Die korrekte perspektief moet dus altyd behou word!)
Dus is die onderliggende filosofie van die struktuurontwerp die volgende: Om lidmate te mobiliseer om aktief in ware onderlinge gemeenskap en diens in die kerk betrokke te raak, sodat hulle meer kontak met die Woord van God en die Evangelie kan hê, en hulle meer geleentheid kan hê om die Heilige Gees toe te laat om hulle te transformeer om meer en meer die beeld van Jesus te vertoon. Langermyn strategie: Die langtermyn strategie is dat die geografiese wyksisteem geleidelik oor die volgende 5 jaar afgeskaf sal word en vervang sal word met 'n sisteem van klein groepe. Hierdie dokument Hierdie dokument is nie bedoel om finaal te wees nie, maar moet deurentheid deur die kerkraad aangepas word sodat die sisteem deurlopend meer en meer effektief gemaak kan word.
Ligdraers van Jesus
3
Ligdraers van Jesus
4
2. Ampte Daar word drastiese veranderinge aan die ampte aangebring – nie ten opsigte van die tradisionele betekenis van die ampte nie, maar hoe dit prakties in die gemeente gaan funksioneer. Elke persoon in 'n amp sal 'n bepaalde pligstaat hê en onder die opsig van iemand staan wat hom verantwoordelik hou vir sy pligstaat. Dit sal onmoontlik vir iemand in 'n amp wees om stilweg in die houtwerk in te verdwyn, en “rustend” te word, soos dit al eufemisties gestel is.
2.1 Evangelie bedienaars (Leraars en Jeugwerker.) 1. Bedien die evangelie. 2. Geestelike opsig oor individuele ouderlinge. 3. Neem verantwoordelikheid vir spesifieke bedienings, soos vergestalt in die diensgroepe. 4. Is verantwoordelik dat elke diensgroep 'n leier het, en dat elke diensgroep funksioneer soos beplan. Hulle neem verantwoordelikheid, maar doen nie die werk nie behalwe as daar niemand is om na te delegeer nie. 5. Neem verantwoordelikheid vir die geografiese blokke: Dat elke blok 'n blokouderling, mini blokleiers en dienswerkers het en dat die blok funksioneer soos dit moet. 6. Dien op die Dagbestuur en Kerkraad.
2.2 Ouderlinge Hooftaak is geestelike opsig: 1. Waak oor die suiwer leer in die kerk 2. Kerklike tug Die ouderlinge as groep het geestelike opsig oor die hele gemeente, die predikante inkluis maar elke ouderling staan indiwidueel onder geestelike opsig en mentorskap van 'n leraar. Ouderlingsposte: Klein groep ouderlinge: 1. Neem geestelike verantwoordelikheid vir die kleingoepe onder hulle sorg. Verwys asb na die kleingroep leiershandleiding. 2. Geestelike opsig van die klein groep leiers. 3. Hanteer die bestuur van die klein groepsisteem.
Ligdraers van Jesus
5
4. Kleingroep leiersopleiding 5. Maandelikse klein groep leierskrums. Die klein groep leierskrums is 'n leiersgroep
vergadering waar opleiding plaasvind en die klein groep leiers skakel met die diensgroepe. Blokouderlinge (een vir elke leraarsblok): 1. Neem geestelike verantwoordelikheid vir die wyke in sy blok 2. Neem verantwoordelikheid dat daar genoeg dienswerkers in sy blok se wyke is. 3. Geestelike opsig van die mini- blokleiers en dienswerkers in die wyke. 4. Ook verantwoordelik vir kollektering van geld: Delegeer na dienswerkers. Bedieningskoördineerders (x 4): 1. Daar is vier bedieningsgroepe in die gemeente: Jeug, Dames, Mans en Seniors. Elkeen van hierdie groepe het spesifieke behoeftes t.o.v bediening. 2. Bedieningskoördineerders neem geestelike verantwoordelikheid vir hierdie bedieningsgroepe. 3. Koördineerders koördineer diensgroepaktiwiteite om in die spesifieke bedieningsgroepe se behoeftes te vervul verkieslik via die Sondagbediening of die klein groep bediening.
Leier van die leringdiensgroep Lering is 'n geestelike funksie - dit moet dus 'n ouderling wees wat vir lering verantwoordelik is. Leierouderling 1. Word gekies uit die ouderlinge wat 'n “ouderlingdiensgroep” vorm. 2. Sameroeper en Voorsitter by ouderlingdiensgroep vergaderings. (Ouderlinge moet GEREELD saamkom vir gebed en leiding van die Heilige Gees!) 3. Verteenwoordig die ouderlinge op die dagbestuur.
2.3 Diensgroepleiers / diakens 1. Diensgroepleiers vervul die Bybelse rol van diakens, in die sin dat hulle verantwoordelik is om sekere dienste in die gemeente en in die gemeenskap te lewer. Die Griekse woord “Diakonos” verwys na iemand wat diens lewer, daarom word die woord "diaken" vir die Diensgroepleiers gebruik. 2. Daar word nie van hulle verwag om self al die werk te doen nie, maar hulle moet die gewone lidmate betrek om by spesifieke bediening betrokke te raak. 3. Neem verantwoordelikheid vir 'n spesifieke diens, soos deur sy diensgroep se naam verwoord.
Ligdraers van Jesus
6
4. Is saam met die verantwoordelike leraar verantwoordelik om genoeg mense in sy diensgroep betrokke te kry, sodat dit effektief kan funksioneer. 5. Neem leiding in die diensgroep.
Diensgroepleiers kan op twee maniere gekies word: Hulle kan soos die res van die kerkraad deur die kerkraad verkies word of hulle kan deur hulle diensgroepe verkies word, as die diensgroepe reeds bestaan. Dit hang van die indiwiduele diensgroep af. Die kerkraad kies die leierdiaken uit al die diensgroepleiers. Diensgroepe ondersteun die twee hoof bedienings van die gemeente: Die Sondagbediening en die klein groep bediening.
2.4 Diensgroeplede: 1. Diensgroeplede werk saam met die diensgroep leiers/diakens in spesifieke bedienings. 2. Hulle dien nie op die kerkraad nie. 3. Elke diensgroep moet genoeg diensgroeplede hê om hulle take te kan vervul. 4. Dit is die verantwoordelike leraar en diensgroepleier se verantwoordelikheid om genoeg lede te werf.
2.5 Mini- Blokleiers 1. Elke leraar en blokouderling se geografiese blok bestaan uit 3 mini-blokke. Binne hierdie mini-blokke is daar wyke waarin Dienswerkers werk. 2. Elke mini-blok het 'n mini-blokleier. 3. Die mini-blokleier koördineer die werk van die dienswerkers in sy/haar blok. 4. Die mini-blokleier is verantwoordelik aan die blok ouderling.
2.6 Dienswerkers (in wyke): 1. Mense wat nie in klein groepe ingeskakel is nie, moet steeds deur die wyksisteem bedien word. 2. Dienswerkers het twee funksies: 1. Geestelik:
Ligdraers van Jesus
7
1. Hulle moet sensitief wees vir die geestelike behoeftes van die lidmate in hulle wyke, en moet waar moontlik die mense in hulle wyke geestelik bedien, of geestelike behoeftes aan die mini-blokleier of blokouderling oordra. 2. Hulle moet ook gedurig die lidmate in hulle wyke aanmoedig om in klein groepe betrokke te raak. 3. Dienswerkers word aangemoedig om voor en na eredienste saam met klein groep lede wat erediens diens doen in die konsistorie bymekaar te kom. 4. Dienswerkers sal van tyd tot tyd versoek word om in die erediens diens te doen. 2. Materieel: 1. Hulle moet sensitief wees vir materiele behoeftes van lidmate in hulle wyke, en is verantwoordelik om behoeftes via die kerkkantoor aan die Diens van Barmhartigheid diensgroep oor te dra. 2. Hulle is verantwoordelik om maandelikse bydraes te kollekteer van die
bestaande besoekpunte in hulle wyke waar die lidmate steeds verkies om hulle bydraes op dié manier te maak. Hulle moet deurentyd aan dié lidmate die keuse gee om hulle bydraes elektronies per aftrekorder of internet oorplasings te maak. 3. Hulle neem uitdeelstukke soos Visnet na mense wat daaraan behoefte het.
3. Hulle word opgelei om hulle take in die wyke te vervul. 4. Hulle is verantwoordelik aan hulle mini-blokleier. 5. Dienswerkers is nie lede van die kerkraad nie.
3. Geestelike opsig 1. Die ouderlinge is verantwoordelik vir geestelike opsig van die hele gemeente, insluitende die evangeliebedienaars. 2. Die leraars het geestelike opsig oor die indiwiduele ouderlinge wat onder hulle ingedeel is. 3. Klein groep ouderlinge het geestelike opsog oor klein groep leiers, wat geestelike opsig het oor klein groep lede. 4. Blok ouderlinge het geestelike opsig oor die mini-blokleiers wat opsig het oor die dienswerkers en lidmate in die geografiese wyke. 5. Koördineerders neem verantwoordelikheid vir hulle groepe se geestelike bediening.
Ligdraers van Jesus
8
Geestelike opsigters neem verantwoordelikheid vir lidmate se geestelike, emosionele en fisiese welstand. Hulle is verantwoordelik om probleme te hanteer of te verwys, en waar nodig die kerklike tugproses te inisieer. Kerklike tug Die kerklike tug is een van die drie kenmerke van die ware Kerk van Christus. Enige kerk wat die tug versaak sal wegdryf van Christus. Die tug geskied volgens die beginsels van Matteus 18: 15 As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. 17En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel. Beginsels van kerklike tug 1. Dit geskied slegs na gebed, en onder leiding van die Heilige Gees 2. Dit geskied streng volgens Matteus 18 se stappe, behalwe as dit 'n sonde is wat openbare aanstoot gee. 3. Dit word in liefde teen die agtergrond van 'n vriendskapsverhouding gedoen. 4. Meeste tugaksies sal plaasvind waar 'n lidmaat bv 'n klein groep leier of ouderling met 'n vriend in privaat gaan praat, en sal nie verder vorder as dit nie. 5. Die volgende stap is om die verantwoordelike ouderling en leraar te vra om betrokke te raak. 6. Die laaste stap is 'n formele tugaksie deur die ouderlinge volgens die riglyne van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
4. Gemeentebediening. 4.1 Bedieningskanale Alle bedienings in die gemeente word sover dit moontlik is deur twee bedieningskanale gedoen: 1. Die Sondagbediening 1. Eredienste 2. Kategese 2. Klein groep bediening.
Ligdraers van Jesus
9
Indien 'n nuwe bediening oorweeg word moet die volgende vrae beantwoord word: 1. Kan dit deur die Sondag of die klein groep bediening geskied? 2. Indien nie, kan dit aangepas word om wel deur een van die twee bedieningskanale te gaan? 3. Indien nie, sal dit die Sondag of klein groep bediening ondersteun of daarmee kompeteer? 4. Indien dit met die Sondag of kleingroep bediening sal kompeteer, is die voorgestelde bediening van so geweldige belang dat dit wel moet voorgaan? 5. Wat sê die Heilige Gees oor die voorgestelde bediening? Daar moet dus baie sterk motivering wees vir enige bediening wat moontlik met die Sondag of klein groep bedienings kan kompeteer. Byvoorbeeld: Nuwelinge opleiding, woordskool, huweliksverryking ens. kan alles uiters effektief in klein groep verband gedoen word. Indien 'n huweliksverrykingskursus byvoorbeeld op weeksaande aangebied word sal dit met die klein groep bediening kompeteer en sal altwee bedienings daar onder ly.
4.2 Diensgroepe Die diensgroepe ondersteun die twee bedieningskanale (Sondag bediening en klein groep bediening) van die gemeente. Diensgroepe vergader soveel keer as nodig om hulle take te verrig, maar ook ten minste twee weke voor kerkraadsvergaderings. Diensgroepleiers is verantwoordelik om beplanning van hulle aktiwiteite en begrotingsbehoeftes vroegtydig (ten minste twee weke) voor kerkraadsvergaderings by die dagbestuur (gemeentebestuurder) in te handig vir kennisname en plasing op die agenda. Die diensgroepe is as volg: 1. Lering 2. Lofprysing en Aanbidding 3. Gasvryheid 4. Evangelisasie 5. Sending 6. Gebed 7. Pastorale sorg 8. Diens van Barmhartigheid
Ligdraers van Jesus
10
9. Nuwelinge Lering Die Lering diensgroep is verantwoordelik vir die eredienste, Sondagskool, en alle opleiding in die gemeente. Dit val onder die geestelike opsig van die ouderlinge, wat verantwoordelik is vir die suiwerheid van leer in die gemeente. Die leringdiensgroep betrek lede wat direk by lering betrokke is: 1. Evangeliebedienaars 2. Ouderlinge 3. Kategete 4. Enigiemand wat by opleiding betrokke is in die kerk kan gekoöpteer word.
Lofprysing en Aanbidding Verantwoordelik vir lofprysing- en aanbiddingsmusiek in die erediens, by die Sondagskool, en tydens enige ander byeenkomste waar ‘n musiekbediening benodig word.
Die Lofprysing en Aanbiddingsdiensgroep moet voorsiening maak vir die verskillende kulture en behoeftes in die kerk. Gasvryheid Gasvryheid val direk onder die kerkkantoor. Hulle is verantwoordelik om klein groepe en dienswerkers te koordineer om diens te doen by eredienste. Hulle is ook verantwoordelik vir spyseniering by funksies.
Evangelisasie Die Evangelisasiediensgroep bemagtig klein groepe om betrokke te raak by evangelisasie uitreik projekte en persoonlike evangelisasie.
Evangelisasie het 2 doelstellings: Om nuwe mense te nooi na die eredienste en klein groep byeenkomste. Sending Die Sendingdiensgroep bemagtig klein groepe om betrokke te raak by sendinguitreikaksies, sending gebedsaksies en die ondersteuning van spesifieke sendelinge deur gebed en middele.
Gebed Bemagtig klein groepe om betrokke te raak by gebedsaksies.
Pastorale sorg Die Pastorale Sorg diensgroep bemagtig klein groepe om hulle lede pastoraal te versorg. Klein groepe moet byvoorbeeld aangemoedig word om hulle lede in die hospitale te besoek en emosionele en geestelike bystand te gee in krisistye.
Ligdraers van Jesus
11
Diens van Barmhartigheid Die Diens van barmhartigheid diensgroep bemagtig klein groepe om betrokke te raak by spesifieke barmhartigheidsprojekte.
Nuwelinge Hierdie diensgroep se plig is om nuwe intrekkers te verwelkom, te laat tuis voel en om hulle te help om by die gemeente, veral die klein groepe betrokke te raak.
Algemene beskrywing van diensgroepe se werkswyse: 1. Skep bedieningsgeleenthede. 2. Nooi klein groepe uit om by dié bedieningsgeleenthede betrokke te raak 3. Gee opleiding vir die spesifieke bedieningsgeleentheid. 4. Verskaf gereedskap vir die bedieningsgeleentheid. 5. Reël die bedieningsgeleentheid. 6. Sorg vir opvolg. Byvoorbeeld: 1) Die evangelisasie diensgroep besluit om 'n tronkuitreik te hê. Hulle reël dit met die tronkowerheid en doen al die administrasie. Hulle nooi 'n klein groep uit om betrokke te raak. Op die dag van die uitreik gee hulle vir die lede 'n kort 30 minute opleidingsessie oor wat hulle te wagte kan wees en wat om te doen. Hulle gee ook vir die lede traktaatjies, Bybels ens wat hulle in die tronk kan uitdeel (Die gereedskap), Na die uitreik word daar nabetragting gehou, en 'n verslaggie word op die webwerf gepos. 2) Gasvryheid is verantwoordelik vir diens in die erediens: Ontvangs by die deure, opname van kollekte, diens tydens die nagmaal, koffie na die tyd en kuiernet. Hulle stel 'n dienslys op vir kleingroepe om by spesifieke eredienste diens te doen. Hulle kommunikeer met die kleingroepleiers drie weke voor die tyd, en weer in die week voor die tyd. Hulle ontvang die klein groep lede voor die betrokke eredienste en verduidelik wat van hulle verwag word. Hulle stuur 'n bedanking na die diensgroepleier die Maandag na die erediens wat by die klein groep byeenkoms gelees kan word. 3) Lofprysing en aanbidding: Die Dames bedieningskoordineerder beplan 'n Dames konferensie. Die Lofprysing en Aanbiddingsdiensgroep se dienste word benodig en hulle word gekontak. Die L&A diensgroep reel 'n elektroniese orkes, voorsangers, en maak seker dat die klanktoerusting ens in plek is en werk.
Ligdraers van Jesus
12
5. Bestuurstrukture Geestelike bestuur: 1. Evangeliebedienaars. (Leraars en Jeugwerker) 2. Kerkraad 3. Dagbestuur.
Besigheidsbestuur: 1. Kerkraad 2. Dagbestuur 3. Gemeentebestuurder
5.1 Kerkraad: Die kerkraad bestaan uit: 1. Evangeliebedienaars / Bedienaars van die Woord (leraars en jeugwerker) 2. Ouderlinge 3. Diensgroepleiers / Diakens 4. Gemeentebestuurder Funksies van die kerkraad 1. Geestelike bestuur: 1. Maak strategiese en beginselbesluite oor die verskillende bedienings. 2. Oorsig van diensgroep aktiwiteite 3. Strategiese beplanning tov van bedienings. 4. Aanstelling van evangeliebedienaars 2. Besigheidsbestuur: 1. Maak beginselbesluite en doen langtermyn strategiebeplanning 2. Bekragtig sekere dagbestuurbesluite 3. Magtig kapitaal aankope of uitgawes bo R _ bedrag 4. Aankoop / verkoop van vaste bates
Ligdraers van Jesus
13
5. Aanstelling van gemeentebestuurder Kerkraads vergaderings: 1. Vergader 4 maal per jaar 2. Die kerkraad se agenda kom van die leraars, dagbestuur, gemeentebestuurder en diensgroepe.
5.2 Dagbestuur Bestaan uit 1. Evangeliebedienaars. 2. Leierouderling 3. Leierdiaken 4. Gemeentebestuurder 5. Gekoöpteerde diensgroepleiers, soos nodig. 6. Jeugwerker kan gekoöpteer word vir sake wat met jeug te doen het. Funksies van dagbestuur 1. Geestelike bestuur 1. Voer die strategiese beplanning en beginselbesluite van die kerkraad uit. 2. Maak uitvoerende besluite rakende die geestelike bedienings van die kerk. 3. Koöpteer spesifieke diensgroepleiers wanneer spesifieke bedienings betrek word. 4. Lewer verslag aan die kerkraad. 2. Besigheidsbestuur 1. Voer die strategiese beplanning en beginselbesluite van die kerkraad uit. 2. Neem uitvoerende besluite 3. Bekragtiging van aanstelling / afdanking van kantoorpersoneel 4. Bekragtig sekere besluite van die gemeente bestuurder. 5. Kapitaal aankope of uitgawes bo R__ bedrag.
5.3 Gemeentebestuurder en Bestuursdiensgroep Die gemeentebestuurder bestuur die bestuursdiensgroep: Sy verantwoordelikhede is dus identies aan die van die bestuursdiensgroep wat die take uitvoer. Die bestuursdiensgroep sluit in die kantoorpersoneel en enige lede wat die bestuurder mag koöpteer. So sal hy
Ligdraers van Jesus
14
byvoorbeeld die lede van die historiese DVK en finansiële kommissie koöpteer om hom te help. Maar net die gemeentebestuurder is op die kerkraad, nie die gekoopteerde lede of kantoorpersoneel nie. (Skriba sal steeds notule hou)
Take van die gemeentebestuurder en bestuursdiensgroep 1. Besigheidsbestuur 2. Finansiele bestuur, boekhouding 3. Kapitaal aankope 4. Instandhouding van perseel 5. Aanstelling / afdanking van kantoorpersoneel: Vir bekragtiging deur dagbestuur. 6. Kantoorbestuur 7. Kommunikasie 1. Afkondigings 2. Visnet 3. Diensgroep koordinering 4. Webwerf 5. Facebook / Twitter 6. Eposlyste / SMSe 7. Boekwinkel 8. Toesig tydens kollekte opname en tel van die kollektegeld 9. Reël lidmate (klein groepe of dienswerkers) om diens in die eredienste te verrig: 1. Ontvangs by deure 2. Opname van kollekte 3. Bediening by die nagmaal 4. Bid in konsistorie voor en na die dienste 5. Bediening van koffie en tee en opwas.
Ligdraers van Jesus