in hierdie uitgawe ... 3 4 6
Die redakteur skryf Verjaardaghoekie Bybelleesrooster vir Junie 8 Oordenkings vir laerskoolkinders 10 Wie het die Bybel geskryf? 12 Albertus, die draak wat nie kon vuur spoeg nie 13 Slingervel se Dol Definisies
14 15 16 18 19 22 24
SKAAP in Afrikaanse idiome Het jy geweet? Deeg om mee te speel Blokraaisel Kampplek-kopkrapper 'n Nuwe mens! Blokkiesraaisel 447 Boekeblad Oordenkings vir tieners Ons Pretblad
Slingervel, Jaargang 54 Nommer 946, Mei 2013
REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos:
[email protected] Tipografie en uitleg Joey Fourie e-pos:
[email protected] MEDEWERKERS Dr. Nico van der Merwe Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders Marina Kotze Junior Rubrieke en Penmaats Riana Jonker Verjaardaghoekie Susan Lourens Boekeblad Tersia van der Merwe en Rina Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers Attie Venter
2
Wetenskap-Artikels Rika du Plessis en Sophia van der Walt Stories
Intekengeld R177,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit)
Artikelskrywers dié uitgawe Dr. Nico van der Merwe
Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Die Redakteur Posbus 6433, Flamwood 2572
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572 Jaargang 54 Nommer 946, Mei 2013
ISSN 0037 685 X
slingervel mei 2013
Die redakteur skryf ...
Ek is te skaam om vir die Here te getuig Die woord skaam beteken verleë, bedees, beskeie. Skaamwees kan ook beteken bang wees om uitgelag of gespot te word. Skaam kan verder beteken om huiwerig te wees om op te tree omdat jy nie seker is wat om te doen nie.
T
ieners is skaam om voor mense ’n standpunt in te neem. Maar dan is dit ’n baie geselekteerde skaamte. Dit raak net een aspek van jou lewe. Tieners het nie probleme om sterk standpunt in te neem as hulle eie saak benadeel word nie. Vir jou eie goeie naam en dié van jou ouers sal jy selfs in ’n leeukuil spring om dit te verdedig. Om jou huis en jou goed en jou veiligheid te beskerm, bestee mense baie maklik duisende rande, en niks is inderwaarheid vir jou te veel nie.
dat jy ’n oog daaroor knip? Luister net oor die TV! Wat word nie alles bedink om die koninkryk van God skade aan te doen nie, en jy swyg in duisend stiltes sonder om aksie te neem. Watter Christentiener span sy geloofspiere in om ’n stem te laat hoor teen lotery, dobbelary, pornografie, Sondagontheiliging, miskenning van God se wet, vloektaal, swetstaal, ens., ens., ens? Wat is jou reaksie as van jou maats of skoolvriende grappies maak oor God of die kerk? Dit is alles dinge wat God se eer aantas en sy koninkryk skade aandoen, middele in die hande van Satan om God se koninkryk tot ’n val te probeer bring. En uit skaamte, onbeholpenheid, ongeërgdheid doen jy absoluut niks daaraan nie, want jy wil nie die publieke opinie uitdaag nie! Ná Jesus se opstanding uit die dood het die dissipels in angs vir hulle veiligheid gaan wegkruip agter slot en grendel (Joh. 20:19). Toe die Heilige Gees egter in hulle harte uitgestort is, het hulle met vrymoedigheid die boodskap van Christus verkondig (Hand. 4:3). Skiet jy in alles dalk tekort aan gehoorsaamheid aan die Heilige Gees? Elke gelowige moet opnuut sy lewensprioriteite in die lig van sy Christelike roeping vasstel! As die Here en die saak van die Here en sy Woord vir jou belangrik is, sal dit nie ’n probleem of ’n las wees om dié saak met al jou lewensenergie te verdedig nie. Die aanslag van Satan op die Koninkryk van God kan op geen manier afgeweer word nie as net deur die verantwoordelike optrede van God se kinders. SV
Dan kom die geweldige kontras! Jy beskerm en verdedig nie naastenby met dieselfde passie die Naam van God en die bestaan van God se koninkryk en sy kerk nie. As dit by die beskerming van jou geestelike goed kom, is jy maar baie traag. Hoeveel keer word God se Naam in jou teenwoordigheid gelaster of misbruik sonder
slingervel mei 2013
Slingervel se adresse
[email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572 Tel/faks 018 468 1782 3
ho e
ki
e
verjaardag
Die volgende maats verjaar gedurende MEI 2013. Veels geluk aan elkeen, en geniet die dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan my. My adres is Posbus 614, Paardekraal 1752, of e-pos
[email protected] Groete, Tannie Riana Jonker
1
Annelise Correira (Buffeldoorns), Hendri Coetsee (Potchefstroom-Oos), Herman de Jong (Potchefstroom-Die Bult), Milan van Jaarsveld (Randburg), Nthabiseng Machaa (Randburg), Peet Jansen van Nieuwenhuizen (Wolmaransstad), Piet le Roux (De Aar).
2 3
Chris Liebenberg (Barberton), Jan du Plessis (Warmbad), Levonne Roux (Randburg), S an van Werkhoven (Vaalpark).
Buks Buys (Buffeldoorns), Chad Hawkins (Randburg), De Wet Steyn (Secunda), Drikus Prinsloo (Warmbad), Franki Theron (Randburg), Johan Oberholzer (Laeveld), Phillip Venter (Potchefstroom-Oos), Ruhan Strydom (Magol).
4
Donay Swanepoel (Vanderbijlpark-Trinitas), Janus Coetzee (Lindley), Juan du Plessis (Magol), Kaley de Beer (Bergbron), Luca Groenewald (Randburg), Mulné Jansen van Rensburg (Middelburg Mpumalanga), Roger Miles (Warmbad), Storm Chant (Port Elizabeth).
5
David Labuschagne (Gobabis), Dominic Powell (Wolmaransstad), Elbie Swanepoel (Zeerust), Gideon Louw (Vanderbijlpark-Trinitas), Johan Bergh (Heilbron), Koos Celliers (Warmbad), Lisa Louw (Vanderbijlpark-Trinitas), Markus Oosthuizen (Alberton-Wes), Marlien Brown (Randburg), Melisa Harmse (Magol), Paul Chin (Rustenburg).
6
Adriana Coetzee (Hermanus), Aiden Pretorius (Potchefstroom-Die Bult), Barend Kurpershoek (Middelburg Mpumalanga), David-Jan Storm (Boksburg), Hendri Prinsloo (Alberton-Wes), Jaminda van Niekerk (Boksburg-Suid), Jonathan Clements (Krugersdorp), Juan-Pierre Meere (Secunda), Lara Naude (Potchefstroom-Oos), Mpho More (Randburg), Mynhardt Velthuysen (Benoni), Natasha Lotriet (Pretoria-WonderboomSuid), Ockert Venter (Magol), Shae Ha ngh (Randburg).
4
7
Erasmus Smit (Vereeniging-Oos), Henco van Wyk (Rustenburg), Jonelle Oberholzer (Laeveld), Kayla Scholtemeyer (Benoni), Kyle Volschenk (Bergbron), Mika van Gass (Vaalpark), Nadia du Plessis (Randburg), Vonne-Lee Robertse (Rustenburg).
8
Daniëlle du Toit (Port Elizabeth), Erika Prinsloo (Warmbad), Lize Grobbelaar (Barberton), Marcelle Few (Rustenburg), Marnus Boersma (Krugersdorp), Ricardo Heystek (Middelburg Mpumalanga), Venais van Loggerenberg (Buffeldoorns).
9
Anke van Damme (Burgersdorp), Hans Theron (Warmbad), Imke de Beer (Port Elizabeth), Isak van der Berg (Upington), Jana Bornman (Secunda), Josh Fogwill (Waterkloofrand), Kaylie Strydom (Secunda), Kwenahadi Phalane (Randburg), Pierre van der Walt (Kuruman), Riaan Potgieter (Magol), Tiaan Scholtz (Bergbron), Wian Groothof (Warmbad).
10
Jaden van den Berg (Boksburg), Janique van der Schyff (Vanderbijlpark-Trinitas), Janré Lourens (Magol), Lariska Ferreira (Vaalpark), Marlé van Rooyen (Vereeniging-Oos), Mishca Johnson (Benoni), Wilmarie Lubbe (Secunda).
11
Almarie Pelser (Kaapstad), Amone Delport (Potchefstroom-Oos), Carla van der Westhuizen (Vanderbijlpark-Trinitas), Chanél Stemmet (Secunda), Clarice van der Zee (Bulawayo), Eloise Floor (Port Elizabeth), Griffen Devenish (Rustenburg), Isabel van Eeden (Messina), Ma hew Visser (Randburg), Melissa Dreyer (Pretoria-Wonderboom-Suid), Rethabile Motlholwa (Randburg).
12
Annelie van der Linde (Warmbad), Clara-Mari Prinsloo (Bloemfontein-Suid), Duncan Opperman (VereenigingOos), Jana Venter (Port Elizabeth), Migaél van Wageningen (Hermanus), Naudé Schoeman (Potchefstroom-Die Bult), Nina van Rooyen (Randburg), Ruzelle Kemm (Buffeldoorns).
slingervel mei 2013
13
Elani du Preez (Potchefstroom-Oos), Frans (jr) Brand (Lichtenburg), Heinrich Pienaar (Middelburg Mpumalanga), Maria Calitz (Magol), Maryke Jordaan (Alberton-Wes).
Loulah van der Wa (Magol), Neville Hart (Port Elizabeth), Riana Ras (Vaalpark), Simoné van Staden (Vanderbijlpark-Trinitas).
14
Ané Hyman (Boksburg), Ben van Belkum (PotchefstroomDie Bult), Corné van Rooy (Krugersdorp), Erik van Rheede van Oudtshoorn (Bethal), Jana Venter (Middelburg Mpumalanga), Kaylene du Plessis (Buffeldoorns), Lara Jansen van Vuuren (Magol), Lize Jooste (Lichtenburg), Marike Muller (Frankfort), Niél-Henri de Klerk (Boksburg-Suid), Nqobile Cele (Randburg), Reynhardt Greyling (Potchefstroom-Die Bult), Samantha Vorster (Pretoria-Wonderboom-Suid), Sias du Plessis (Magol), Tshegofatso Tshehla Ogd (Randburg).
Daniël Venter (Randburg), Dante da Silva (Rustenburg), Elsce du Preez (Zeerust), Jaco Pienaar (Buffeldoorns), Leoné de Villiers (Potchefstroom-Oos), Robert Mashanda (Randburg).
15
23
Albertus Roux (Ermelo), Amoné Steffen (Nylstroom), Antoine e Willers (Lydenburg), Armand Terblanche (Middelburg Mpumalanga), Corné van Heerden (Boksburg), Johan Pieterse (Wolmaransstad), Joop van der Vegt (VereenigingOos), Jurg Basson (Vanderbijlpark-Trinitas), Kevin van Heerden (Randburg), Marisca Joubert (Lydenburg), Petrus Kleinhans (Port Elizabeth), Pierre Muller (Buffeldoorns), Riana Cloete (Kuruman), Tiaan Potgieter (Magol), Xander Braun (Secunda), Zelna van Staden (Magol), Zoe Rich (Randburg).
24
16
25
17
26
18
27
Eloise van der Walt (Benoni), Heinu van Jaarsveld (Randburg), Hendrik van der Linde (Magol), Ivan Malan (Randburg), Juanet Venter (Laeveld), Marlie Kotze (Bethal), Ryno van der Westhuizen (Vanderbijlpark-Trinitas), SW Steyn (Randburg). Adriaan Booysen (Gobabis), Charl Coetzee (Randburg), Craig Leach (Potchefstroom-Oos), Gerhard Groothof (Warmbad), Hanru du Plessis (Magol), Jonathan Koekemoer (Boksburg-Suid), Loreen van der Linde (Magol), Marnus de Lange (Secunda). Divan Yssel (Benoni), Hardus Snyman (Zeerust), Jacob Labuschagne (Boksburg-Suid), Marnus Ferreira (Laeveld), Vernalee Nel (Waterkloofrand), Wilco Tromp (VereenigingOos).
19
Bianca van der Walt (Warmbad), Bridget Grobler (Bethal), Busisiwe Rankgo (Randburg), Carina du Plessis (Lichtenburg), Corlea Botes (Bethal), Jodine Janse van Rensburg (Boksburg-Suid), Laurika de Wet (Pretoria-Wonderboom-Suid), Rebekah Johnsen (Vereeniging-Oos), Reece Wheeler (Oudtshoorn), Sarel Joubert (Krugersdorp), Stef Fourie (Randburg), Wynand Venter (Magol).
Albert Potgieter (Randburg), Antjie Potgieter (Duineveld), Jaco Smid (Vanderbijlpark-Trinitas), Jaidon Jooste (Port Elizabeth), Marilé Geyer (Bloemfontein-Suid), Melienke Weiss (Welkom-Noord), Paul du Plessis (Nylstroom), Stefan Engelbrecht (Laeveld), Tyla Martens (Zeerust). Casper Dreyer (Potchefstroom-Oos), Cecile Aucamp (Kuruman), Elsa van der Merwe (Ly elton), Geraldine Botha (Rustenburg), Michelle Cornelius (Kuruman), Pieter du Plessis (Magol).
Carla Pretorius (Oudtshoorn), Christo van Heerden (Krugersdorp), Duane de Villiers (Ermelo), Elzaan Hanson (?), Femke Pelser (Montana), Jean Durand (Boksburg-Suid), Kieta Becker (Reitz), Leonard Vermeer (Alberton-Wes), Lisa Barnhoorn (Middelburg Kaap). Caitlin Pelser (Magol), Carmen Nagel (Laeveld), Chariska van der Spoel (Randburg), Chris aan Geldenhuys (Krugersdorp), JJ le Roux (Secunda), Markus Myburgh (Waterkloofrand), Peet Loretz (Nylstroom), Ralph Hart (Port Elizabeth), Stephanie Ha ngh (Bloemfontein-Suid), Thabang Mohale (Randburg), Thomas Dreyer (Vanderbijlpark-Trinitas), Tokologo Moleko (Randburg).
28
Bernard Wiehahn (Hermanus), Esmarie Pienaar (Magol), Keenan Visser (Barberton), Lee-Marie van Riet (Hermanus), Lise Botha (Randburg), Marco Pretorius (Rustenburg), Rouvé Janse van Rensburg (Boksburg), Wynand du Plessis (Magol).
20
29
21
Chenelle Roux (Bethal), Eben van der Merwe (Randburg), Erich van der Merwe (Potchefstroom-Die Bult), Franco van Wyk (Burgersdorp), Hein Marx (Ly elton), Heinrich Vorster (Port Elizabeth), Hendré Burger (Rustenburg), Lara Correira (Buffeldoorns), Wanda McCarthy (Krugersdorp), Zaniah Steyn (Messina).
30
22
31
Brandon Fourie (Alberton-Wes), Chris Briel (Reitz), Driaan du Plessis (Nylstroom), Jace van der Walt (Kuruman), Lea Oosthuizen (Port Elizabeth), Nicole Meere (Secunda), Ruben Field (Welkom-Noord), Stephan Nagel (Nylstroom).
Danie Steyn (Ly elton), Johandre Vermeulen (Gobabis), Mariska Coetzer (Vanderbijlpark-Trinitas), Rudan Heymans (Lichtenburg).
Aliehse Roodt (Bergbron), Annemie Olivier (Reitz), Jacobus Meyer (Boksburg-Suid), Jan Adriaan Louw (Secunda), Kirsten Louw (Waterkloofrand), Krugel Malan (Randburg),
slingervel mei 2013
Divan Erasmus (Krugersdorp), Nikita Reinecke (Kathu), Richard Gibson (Francistown), Ruan Lourens (Magol), Tarironashe Siziba (Randburg). Annélia Turner (Randburg), Deneschka Wentzel (Buffeldoorns), Ivanka Viviers (Magol), Kris de Jager (Laeveld), Llwelyn du Toit (Port Elizabeth), Sumari Badenhorst (Zeerust), Theresa Brummer (Port Elizabeth), Zak Pretorius (Boksburg-Suid).
5
Bybelleesrooster vir Junie
Christentieners lewe volgens G Koninkryk 1
Junie – Lees Matteus 1:18-25 (vs 18) Geboorte van die Koning van die Koninkryk van
13
God.
Junie – Lees Lukas 10:25-35 & Matteus 5:7 As burger van God se Koninkryk is jy barmhartig.
2
14
Junie – Lees Matteus 4:1-11 Die Koning van die Koninkryk van God word aangeval.
Junie – Lees 1 Johannes 3:1-10 & Matteus 5:8 As burger van God se Koninkryk is jy rein.
3 4
15
Junie – Lees Matteus 4:17-25 (vs 17, 23-25) Die Koning stel die Koninkryk van God bekend.
Junie – Lees Matteus 13:24-30 Die oordeel van die Koning van die Koninkryk van God.
5
Junie – Lees Matteus 15:21-28 Die Koning van God se Koninkryk swyg soms om ’n burger te roep.
6
Junie – Lees Matteus 24:11-14 en 23-31 Die Koning van God se Koninkryk en menslike revolusies.
7
Junie – Lees Matteus 20:17-28 Die Koning van God se Koninkryk dien die burgers van die Koninkryk.
Junie – Lees Romeine 12:9-21 & Matteus 5:9 As burger van God se Koninkryk is jy ’n vredemaker.
16
Junie – Lees Johannes 15:17 – 16:3 & Matteus 5:10 As burger van God se Koninkryk sal jy vervolg word.
17
Junie – Lees Matteus 5:13-16 As burger van God se Koninkryk is jy die sout van die aarde.
18
Junie – Lees Matteus 5:17-25 As burger van God se Koninkryk is jy wetsgehoorsaam.
19
Junie – Lees Matteus 5:27-30 As burger van God se Koninkryk is jy werklik
kuis.
8
Junie – Lees Matteus 28:1-10 Die Koning van God se Koninkryk oorwin die dood.
9
Junie – Lees Matteus 5:1-12 As burger van God se Koninkryk is jy van Hom afhanklik.
10
Junie – Lees Jeremia 8:16-19 & Matteus 5:4 As burger van God se Koninkryk is jy die een wat treur.
11 12
Junie – Lees Matteus 11:25-30 & Matt. 5:5 As burger van God se Koninkryk is jy sagmoedig.
Junie – Lees Psalm 42 & Matteus 5:6 As burger van God se Koninkryk smag jy na alles wat reg is. 6
20
Junie – Lees Matteus 5:38-48 As burger van God se Koninkryk het jy ware naasteliefde.
21
Junie – Lees Matteus 6:5-14 (vs 6) As burger van God se Koninkryk bid jy getrou en opreg.
22
Junie – Lees Numeri 20:1 & Matteus 6:9 As burger van God se Koninkryk eer jy God se Naam.
23
Junie – Lees Openbaring 22:12-22 & Matteus 6:10 As burger van God se Koninkryk bid jy vir die Koninkryk se koms.
slingervel mei 2013
dr. nico van der merwe
God se wil en is wenners in die k van God 24
Junie – Lees Johannes 4:27-42 & Matteus 6:10 As burger van God se Koninkryk begeer jy gehoorsaamheid.
25
Junie – Lees Matteus 14:13-21 & Matteus 6:11 As burger van God se Koninkryk bid jy vir daaglikse brood.
26
Junie – Lees Matteus 18:21-35 & Matteus 6:12 As burger van God se Koninkryk vra en gee jy vergiffenis.
slingervel mei 2013
27
Junie – Lees Jakobus 1:12-18 & Matteus 6:13 As burger van God se Koninkryk is jy ’n vry mens.
28
Junie – Lees Matteus 13:44-46 As burger van God se Koninkryk doen jy alles vir die Koninkryk.
29
Junie – Lees Matteus 16:5-12 (vs 6 & 12) As burger van God se Koninkryk pas jy op vir dwalinge.
30
Junie – Lees Matteus 16:13-20 (vs 18) As burger van God se Koninkryk behoort jy aan die kerk.
7
dr. nico van der merwe 37.
Jesus Christus die enigste hulp Lees in jou Bybel Johannes 6:16-21
J
esus se dissipels het op die Galilea See in ’n storm beland. Hulle was baie bang dat hulle skuit sou sink en hulle verdrink. In die stormwind het hulle darem vyf of ses kilometer geroei. Toe sien hulle iemand op die water aangeloop kom. Dit was Jesus, en tog was hulle bang ook toe Jesus al baie naby hulle was. Jesus stel hulle gerus: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.” Hier word nie gesê dat Jesus die storm s lgemaak het nie. Daar word net gesê dat Jesus by hulle in die skuit geklim het en dat hulle daarna veilig by die land aangekom het. In hierdie gedeelte leer ons dat die Here Jesus nie die mense wat in Hom glo, in die steek laat nie. As dit moeilik gaan in jou lewe as kind, kan jy vertrou dat die Here jou krag sal gee. Hy sal nie altyd die gevaar wegneem nie, maar Hy sal jou in die gevaar sterk maak en jou beskerm.
39.
Máák tyd vir God
Lees in jou Bybel Deuteronomium 6:1-9 (vs 7)
E
Wenners! Wenners! Wenners!
Lees in jou Bybel Prediker 9:11-16 (vs 11)
O
m te wen, is vir jou seker baie belangrik. Elke kind wil graag die beste wees en beter doen as sy maats. In jou huisgesin of by die skool is jy in kompe sie met ander kinders, en jy wil die beste daarvan a om. Prediker 9:11 sê vir jou dat dit nie die bestes is wat altyd wen nie. Alles hang nie van die mens af nie. Dit hang nie daarvan af hoe goed jy jou voorberei, hoe goed jy oefen of hoe goed jy innerlik is nie. Waarom gaan dit dan? Alles is in die hand van die Here. God bepaal wat in die lewe van die mens gebeur. Daarom weet net God wat vir jou die allerbeste is. Hy weet wanneer dit vir jou meer voordeel inhou om te verloor as om te wen, hoe jy as kind ook al jouself voorberei het. As jy nie altyd die beste is nie, moet jy jouself afvra hoe God jou in die lewe wil gebruik. Soek die antwoorde in die Bybel.
40.
God help die gelowiges Lees in jou Bybel Lukas 5:17-26
D
k is seker as julle op die paviljoen sit tydens ’n baie belangrike rugbywedstryd en Pappa of ’n oom sê vir jou jy moenie so vloek as jy opgewonde is nie, sal jy sê, los dit, dit is nie nou tyd vir godsdiens nie. Of as julle ’n lekker partytjie by die huis het en Mamma sê julle moenie sulke lelike liedjies sing nie, sal jy ook sê, dit is nie nou die tyd daarvoor nie. Jy maak ’n groot fout as jy dink dat daar net sekere tye is waartydens godsdiens gepas is. Die Here sê ouers moet hulle kinders van God vertel by die huis, op die pad, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Hoekom? Dit is omdat jy in jou hele lewe ’n kind van God is. Op alle plekke en te alle tye is jy ’n kind van God wat gehoorsaam aan die Here moet optree. Daarom is enige plek en enige tyd geskik om oor God se sake te praat en te leer.
ie verlamde man se vriende neem hom na Jesus toe en probeer om hom naby Jesus te bring. Vanweë die baie mense kon hulle dit nie regkry nie. Hulle maak ’n plan en maak ’n opening deur die dakteëls en laat sak die man af tot voor Jesus. Jesus sien die mans se sterk geloof en help hulle. Hy sê vir die verlamde: “Mens, jou sondes is jou vergewe” (vs 20). Dit is vir die man belangriker om van sy sonde verlos te word as om van sy verlamming gered te word. Maar Jesus gee hom altwee. Hy verlos hom van sy sondes en ook van die verlamming. Jesus maak sy spiere gesond en gee hom krag om op te staan en self verder te loop. Onthou, ’n mens kan nie sonder geloof hulp by die Here kry nie. Jy moet die Here nie net in jou nood ken nie, maar jy moet Hom elke dag dien. Dan sal Hy volgens sy wil jou help waar dit nodig is.
41.
42.
J
God versorg sy kinders
Lees in jou Bybel 1 Petrus 5:1-11 (vs 7)
y as kind het seker ook bekommernis in jou hart oor een of ander ding. Dit is deel van die mens se lewe om bekommerd te wees. Jy is bekommerd as Mamma of Pappa siek is, as jy eksamen moet skrywe, as jy aan ’n sportbyeenkoms moet deelneem. Jy is bekommerd omdat jy nie weet hoe die hele saak gaan uitloop nie. Die Here wil nie hê dat gelowige mense bekommerd moet wees nie. Hoekom nie? Omdat God vir jou sorg. Jou lewe word nie bepaal deur Satan nie. Dit is God wat dinge in jou lewe laat gebeur. Daarom is daar net een manier om van jou bekommernis ontslae te raak. In vers 11 staan dat jy die bekommernis en spanning nie alleen moet dra nie, jy moet dit oorgee in die hand van die Here. God weet wat vir jou die beste is, daarom sal Hy sorg dat alles in jou lewe vir jou net vir die beste sal bring.
8
38.
Gelowiges mag plesierig wees Lees in jou Bybel Johannes 2:1-11
J
esus doen nie wonderwerke nie, maar wondertekens (lees: Joh 2:11; 4:45; 6:14; 7:31). Sy wonders beteken iets. Die wonderteken van die water wat in wyn verander het, het dus ’n betekenis. Jesus se eerste wonderteken is water wat Hy in wyn verander. Moes Jesus nie teen die gebruik van drank wees nie? Jesus leer ons om dit te gebruik en nie te misbruik nie. Christus help die bruilofsgaste om vrolik te wees. Jesus se lekker wyn het hulle daarin gehelp. God wil dat die mens vrolik en bly sal wees. Des te meer omdat Hy as die Verlosser van die sondes gekom het. Alles wat God geskep het, mag die mens gebruik – nie misbruik nie. Jy mag die lewe wat God gee, geniet, jy moet vrolik en bly wees. Dit is nie sonde nie. As kind van God kan jy weet dat God jou al die plesier en vrolikheid in die lewe gun.
slingervel mei 2013
43.
Die verkeerde keuse
Lees in jou Bybel Genesis 25:29-34 (vs 34)
A
44.
Jerigo se val en ons verlossing Lees in jou Bybel Josua 6:15-21 (20)
G
s daar een ding is wat vir elke mens baie lekker is, dan is dit ’n lekker ete as jy baie moeg en honger is. Mense doen groot opoffering om lekker te kan eet. Dit was ook die geval met Esau. Toe hy baie moeg en honger by die huis kom na ’n jagtog, vra hy vir Jakob van die lekker sop wat hy gemaak het. Jakob ruil toe die sop vir Esau se eersgeboortereg. Die oudste seun van elke gesin het gewoonlik meer van hulle pa geërf as die ander en dié seun was ook dan die hoof van die familie. Dit was ’n reëling van God. As Esau moet kies tussen die gawe wat God aan hom as oudste seun gegee het en die warm sop, dan kies Esau die sop. Daarmee gooi Esau alles weg wat van betekenis is, net omdat hy baie honger was. As jy tussen plesier en die Here moet kies, kies altyd vir die Here, want dit is die allerbeste.
od bring Jerigo tot ’n val. Die weeklange tog van Israel om Jerigo was die voorspel van wat op die sewende dag gebeur het toe die mure ingetuimel het en Israel die stad kon inneem. In die simbool van die ark was God teenwoordig (vs 12). Die Israeliete het goed verstaan dat dit nie deur hulle slim planne of geweldige leër is dat Jerigo ingeneem is nie, dit was God wat dit gedoen het. Voor die oordeel van God kan die heidene nie staande bly nie. “Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval” (Heb 11:30). Net so is die verlossing uit die sonde nie ’n briljante plan van die mens nie, maar dit is God wat jou sondes wegneem deur Jesus Christus. Al wat jy moet doen, is om in Jesus te glo. God breek vandag steeds die mure van die sonde af, in jou eie lewe, indien jy standvas g in die geloof aan God vashou.
45.
46.
God vra volle gehoorsaamheid Lees in jou Bybel Josua 7:19-26 (12)
W
Noodsaaklike leesstof
Lees in jou Bybel Deuteronomium 17:14-20
N
at met Akan gebeur, was ’n waarskuwing vir die Israeliete om op hulle dade te let. God beveel dat Jerigo met alles wat daarin is, vernie g moet word. Israel mag niks van die goed vir hulle neem nie. Maar Akan luister nie en begrawe van die bangoed in sy tent. Toe verloor Israel die veldslag teen Ai. God sê iemand het gesondig en nou word die persoon, Akan, deur God uitgewys (vs 18-21). Daarom kom God se oordeel oor Akan en alles wat aan hom behoort (vs 25). God sê: “Israel het gesondig en my verbond verbreek” (vs 11). God leer dat ’n heilige land net aan heilige mense kan behoort. Dit leer ons ook dat die oortreding van een mens die hele groep waaraan hy behoort, kan benadeel. As gelowige kindjie van God moet jy in alles doen wat die Here van jou vra. So alleen loop jy die pad wat God wil hê.
iemand se opvoeding is volledig sonder die Bybel nie. Mamma en Pappa, die onderwysers en jou katkisasie-onderwysers kan jou alles onder die son leer, maar as jy nie onderrig is uit die Bybel nie, beteken dit niks. Jy kan al die kennis en die wysheid van die wêreld hê, maar as jy nie die Bybel ken nie, dan weet jy eintlik niks nie. Die Bybel is die manier waarop God met ons praat. As jy wil uitvind wie God is, wat God doen en wat Hy van jou verwag om te doen, sal jy elke dag uit die Bybel moet lees. Om gehoorsaam as kind van God te lewe, moet jy God se Woord lees, want daarin sê God vir jou wat reg is en wat verkeerd is. Dit is baie belangrik dat jy elke dag uit God se Woord lees, en ook nie maar net lees nie, jy moet ook probeer verstaan wat God vir jou in die Bybel sê.
47.
48.
God is in beheer
Lees in jou Bybel Josua 8:18-23 (18)
D
ie inname van Ai word in besonderhede vertel. Dit wil voorkom asof Jerigo ingeneem is deur ’n wonder van God, maar dat Ai ingeneem is deur die vernuf van Josua en sy manskappe. Dit is nie waar nie: Die Here sê vir Josua: “Steek die swaard wat jy in jou hand het, na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Dit is duidelik dat die Here ook die planne van mense gebruik om sy wil te laat geskied. In jou eie lewe is dit ook waar. Kom ons neem die voorbeeld van ’n eksamen. Jy kan nie niks wil leer vir die eksamen en verwag die Here sal sorg dat jy goed sal doen nie. Jy moet getrou jou klaswerk en huiswerk doen. Jy moet intensief vir die eksamen leer, dan gee die Here vir jou sukses deur die inspanning wat jy daarin gesit het. So bewerk God dinge in jou lewe as jy jou verantwoordelikheid nakom.
slingervel mei 2013
God hou sy beloftes
Lees in jou Bybel Josua 21:43-45 (vs 45)
G
od het vir Moses gestuur om as leier op te tree. God wou sy eie volk, die Israeliete, na hulle eie land, Kanaän, lei. In hierdie proses het God belo es aan die volk gemaak. God belowe aan hulle ’n eie land (Deut. 1:8 & 39) en Hy belowe aan hulle ’n rus ge lewe na die tyd van slawerny in Egipte en die 40 jaar van trek deur die woestyn (Deut. 12:10). Josua kan aan die einde van die periode sê: “Nie een van al die goeie beloŌes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervuld gebly nie. Almal is nagekom.” In die boek Josua leer ons dat God baie noukeurig die belo es wat hy maak, nakom. Vir jou as kind van die Here is dit belangrik, want God het aan jou ook belo es gemaak. Laat Pappa en Mamma vir jou vertel wat het God alles belowe toe jy gedoop is. En dit alles sal God vir jou laat waar word.
9
Uit: Die verhaal van die Bybel. Tim Dowley. Lux Verbi.BM Verstaan die Bybel-reeks
10
slingervel mei 2013
slingervel mei 2013
11
Tannie Marjorie Whatley
ALBERTUS die draak wat nie kon vuur spoeg nie
T
oe Albertus wakker skrik, bevind hy hom in ’n digte woud. Waar sou hy wees? wonder hy. Dis nou al vier sonsondergange wat hy van sy blyplek af weg is. Hy is die wye wêreld ingestuur om “homself” te vind. Dít net omdat hy nog nooit soos ander jong drake vuur gespoeg het nie. Sy familie was baie hartseer, maar hulle kon niks daaromtrent doen nie … hy moes draakalleen die wêreld gaan verken. Voor hy nie vuur spoeg nie, mag hy nie terugkeer nie. Só het Koning Draak hom gebied. Vir wat moet hy homself vind? Hy weet mos waar en wie hy is, sug Albertus. Vir baklei en kwaad-word het hy glad nie lus nie. Hy is vriendelik met almal, en almal is vriendelik met hom. As hy nooit vuur spoeg nie, sal dit hom glad nie pla nie. Albertus is baie honger en dors van al die loop. Hy hoor die gekabbel van ’n waterstroom en hoop om knolle en bessies daar te kry. Hy eet nie vleis nie, daarvoor moet hy doodmaak, en dít kan hy nou maar net nie doen nie. Skielik hoor hy ’n vrolike gefluit. ’n Kind met ’n wilde bos rooi hare kom tussen die bome deur aangestap. Hy dra ’n groot mandjie. “Hello, daar!” roep die kind. “Ek het jou nog nie vantevore hier in die woud gesien nie. My naam is Rooie. Ek is op pad na my oupa toe. Hy is siek en ek neem elke dag vir hom gesonde kos en medisyne. My ma pak ook altyd vir my iets lekker in om te eet as ek moeg en honger word. Kom sit hier by my onder die koelteboom, hier is genoeg vir jou ook,” nooi die vriendelike kind. Albertus is baie bly oor die lekker kos wat Rooie vir hom aangee. Veral die heuning en neute. Hulle gesels lekker en hy vertel vir Rooie sy hartseer storie. “Totsiens Albertus, ek moet nou loop, maar ek sal elke dag vir jou uitkyk en iets uit my mandjie gee om te eet,” waai die kind vir hom toe hy vrolik verder stap. Lank kyk Albertus die vriendelike kind agterna. En dan sien hy dit … ’n GROOT, SLUWE WOLF spring voor die kind in. Hy gryp die mandjie en hardloop vinnig daarmee weg. Dis al wat Albertus nodig het. Sy nekare begin te swel. Sy tong swel op en word vuurwarm. ’n Groot wolk van vuurrooi vlamme spuug by sy mond uit. Dit neem lank voor die kwaai-rooi vuurvlamme verdwyn en die lug weer helderblou is. “Albertus, Albertus! Dit was asemrowend. Jy is nou ’n ware draak. Nou kan jy terug na jou familie toe gaan … dis wonderlik. En kyk, die nare ou wolf is skoonveld en daar staan my mandjie met alles nog daarin. Baie, baie dankie, Albertus.”
12
“Totsiens Rooie, ek hoop jou oupa word gou gesond, en ek dink nie Wolf sal jou ooit weer pla nie,” lag Albertus. Nog lank voor Albertus tuis kom, het Duif, Koning Draak se nuusdraer, die blye nuus gebring. Al die drake wag vir Albertus in en verwelkom hom met ’n groot vertoning van kleurige vuurspoeg en drakedans. Daar word groot fees gevier in Drakeland. Albertus is nog steeds die vredeliewende draak. Sy vuurspoeg gebruik hy net vir noodgevalle om ander te beskerm. SV
slingervel mei 2013
Slingervel se
dol definisies! Wat is aptytwekkers? ☺ Dit is klein dingetjies waaraan jy bly kou totdat jou lus vir kos heeltemal weg is.
Wat is ‛n parasiet? ☺ Iemand wat saam met jou deur die draaideur loop sonder om te stoot. Wat is ‛n akker? ☺ ‛n Akker is ‛n eikeboom in ‛n neutedop.
Wat is ‛n blaas? ☺ ‛n Blaas is 'n hakskeen se wraak omdat jy hom gedurig vertrap. Wat is ‛n bankier? ☺ ‛n Pandjieshandelaar met beter klere.
SKAAP in Afrikaanse idiome
oom carel
S
kape het ’n onvervreembare plek in die gemeenskap. Met die verstedeliking sien mense ’n skaap nie anders as die vleis wat hulle koop nie. Maar op plase en plotte het die mens nog direk met skape te doen. Daarom is dit geen wonder dat daar ’n paar Afrikaanse idiome is wat met skape te doen het nie. Kom ons kyk net na ’n paar: Skape aanja = Dronk wees. Een skurwe/brandsiek skaap steek die hele trop aan = Een slegte persoon kan ’n hele geselskap sleg beïnvloed/die stemming bederf. As daar een skaap deur die hek is, volg die ander = Sodra een persoon die leiding neem, volg die ander. Die skape van die bokke skei = Die goeies van die slegtes skei/onderskei. Die swart skaap = Die lid van die familie/groep wat afsteek deur slegtigheid, swak gedrag, ens. Hul skapies bymekaar jaag = Twee gaan trou. Hy het al sy skape op die droë = Hy is veilig. Baie mak skape gaan in een kraal = As mense verwant of bevriend is, kan baie van hulle saam vergader in een huis/ vertrek. Die verlore skaap = Iemand wat van die regte spoor gedwaal het. (Bron: Idiome-woordeboek. 1988)
slingervel mei 2013
13
het jy geweet ...
M
ens aanvaar dat ’n krieketspeler wat links kolf, ook links sal boul, en dat ’n speler wat regs boul, ook regs sal kolf. Maar het jy geweet ... dat in Suid-Afrika daar krieketspelers is wat regs kolf en links boul en ook ander wat links kolf en regs boul? Die volgende internasionale krieketspelers van Suid-Afrika het links gekolf en regs geboul. Hulle is ... À Kepler Wessels, Gary Kirsten, Graeme Pollock, Lance Klusener, Graeme Smith, Albie Morkel en JP Duminy
marina
Die volgende internasionale krieketspelers van Suid-Afrika het regs gekolf en links geboul: Paul Adams, Claude Henderson, Clive Eksteen, Pieter Strydom, en Morné van Wyk
14
slingervel mei 2013
rina
blokraaisel D
ie eerste letter van elkeen van die tien woorde spel dit wat volgens Amos 3:15 saam met die somerhuis platgeslaan gaan word.
1.
Ons moet ons met die gedagte ______ dat wie liggaamlik gely het, met die sonde afgereken het. ( 1 Pet 4:1) 2. Alle_______ (enkelvoud) wat vlerke het en op pote loop, is vir julle verbode (Lev 11:20) 3. Sy het uit Moab teruggekom (Rut 1:22) 4. Jesus was saam met hulle aan ______ (Luk 24:30) 5. Ragel is oppad daarheen begrawe (sonder 2de a) (Gen 35:19) 6. Dit was die dorp van die Jeragmeëliete (1 Sam 30:29) 7. Selfs die hoogste _____ kan God nie bevat nie (1 Kon 8:27) 8. Hy was ’n lid van die Kehat-groep (1 Kron 6:24) (2de naam) 9. Maäseja se pa, ’n Benjaminiet (Neh 11:7) 10. Hulle het die spot met Jesus gedryf en hom ge______ (Luk 22:63).
rina
kampplek-kopkrapper Soek 'n paar van die kampplekke van die Israeliete wat in Numeri 33:315 voorkom in die kopkrapper hierbo. (Rameses, Sukkot, Etam, Pi-Hagirot, Migdal, Mara, Rietsee, Sinai, Dolfka, Alus, Refidim)
slingervel mei 2013
15
Oom Attie Venter
'n Nuwe mens! Klink te goed om waar te wees! Hierdie ou lyf (party (pa s’n ’n darem nog nie te vreeslik oud nie) met sy kneusplekke, e, sy pyne, sy beenbreuke, sy kopsere, sy swak geheue – jy kan die lys so lank maak soos jy wil – van al daardie kwale en skete ontslae? Ek het êrens gelees dat ’n mens so elke sewe jaar ’n heeltemal nuwe stel spiere, bene, vel, ensovoorts, besit. FantasƟes! Miskien ’n wolhaarstorie, maar toe lees ek in ’n koerant ’n advertensie raak waarin die volgende beweer word: “Elke paar sekondes is daar meer as 50 000 nuwe selle in jou liggaam.” Ongelukkig weet ek nie hoeveel sekondes daar in 7 jaar is nie, maar so ’n verandering begin vir my al hoe meer na ’n moontlikheid lyk.
D
ie advertensie lui verder: “Jou liggaam het goeie kos, absorpsie en uitskeiding nodig om hierdie groot werk te doen.” As die spysvertering nie goed werk nie, sit jy met probleme soos lae energievlakke, ’n swak immuunstelsel, geheueprobleme, wanvoeding, velprobleme – die lys gaan aan en aan. Dit bring my by die eintlike gedagte wat by my opgekom het: Jy is baie, baie meer as wat jy in die spieël sien waarin jy elke oggend kyk. Agter daardie vel skuil daar ’n swetterjoel stelsels bestaande uit ’n klomp organe, bestaande uit ’n horde weefsels, opgebou uit ’n byna ontelbare aantal selle. As jy die vorige paragrafie weer lees, sal jy ook tot die gevolgtrekking kom dat hierdie selle, weefsels, ens. as ’n eenheid saamwerk. (“Net soos die liggaam ’n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm …” – 1 Kor. 12:12.) As een van hulle verwaarloos word, funksioneer die ander ook nie na wense nie (lees gerus 1 Kor. 12 vanaf vers 12, veral vers 26 – as een lid ly, ly al die lede saam …). 16
Jou liggaam is ’n “tempel van God … julle is gekoop … julle behoort nie aan julleself nie …” (1 Kor. 6:19-20). Daarom is dit jou plig en voorreg om op ’n verantwoordelike wyse jou liggaam op te pas en gesond te hou sodat al die stelsels vlotweg funksioneer.
Hulpmiddels Elkeen van ons, hoe gesond ons ook al is, ontwikkel een of ander tyd een of ander kwaal of ongesteldheid. En dit gebeur nie net met “oumense” nie. Hoor ’n bietjie wat skryf so ’n bekwaalde persoon: “As kind het ek vir jare gesukkel met swak spysvertering. Die probleem was so erg dat ek nagte lank wakker gelê het en krul van die pyn en niemand kon my help nie.” Die persoon vertel verder dat haar ma haar ook nie kon help nie. Sy het gekyk na haar dieet, en koring, vrugte, suiker en ander kossoorte vermy. Dit het nie die pyn egter heeltemal laat opklaar nie. Saam met die seer maag het sy so ’n eienaardige veluitslag gehad wat gekom en gegaan het om haar mond, haar neus en op haar ooglede. Die dokters het gedink dis ekseem, maar geen behandeling het daarvoor gehelp nie. Ná matriek het sy gaan studeer en uitgevind sy ly aan lae bloedsuiker. Dit het die swak spysvertering veroorsaak wat aanleiding tot die veluitslag gegee het.
Natuurlike geneesmiddel Daarna het sy ’n sekere geneesmiddel A begin gebruik, wat algehele verligting gegee het. A is ’n gekonsentreerde, gefermenteerde (gegiste) wei, ’n byproduk van kaasmaak. In die jaar 400 vC het Hippocrates al wei vir sy pasiënte aanbeveel. Gedurende die 1ste en 2de eeu het daar gesondheidsoorde in Napels ontstaan
slingervel mei 2013
waarheen mense kon gaan vir hierdie natuurlike kuur. Vir eeue al is die mens bewus van die tradisionele gebruik van wei as ’n gesondheidstonikum. Ook in Switserland het oorde ontstaan waarheen mense kon gaan vir wei-behandelings. Mense het van heinde en verre gekom na Appenzell, Switserland, waar die bekende Appenzellerkaas gemaak word.
Voetinfeksie Die storie wat mense oorvertel, is die volgende: ’n Boer was besig om sy kaas te maak en het die wei soos gewoonlik vir sy varke gaan voer. Hy het toe van die wei in sy stewels gemors. Die boer het gereeld gesukkel met ’n swaninfeksie tussen sy tone en onder sy voete. Die gemorste wei het ’n tingel-sensasie veroorsaak toe dit met sy vel in aanraking kom. Die aand sien hy toe sy vel lyk effens beter en hy besluit toe om elke dag die wei aan sy voete te smeer en só het sy velprobleem opgeklaar. Sy buurman se dogter het aan ekseem gely en sy het ook die wei daaraan gesmeer, met goeie resultate.
Groot aanvraag Die nuus het vinnig deur die klein gemeenskappie versprei en later deur die hele Switserland en die res van Wes-Europa. Dr X het hiervan te hore gekom in sy kliniek in Teufen wat so 15 km van Appenzell is. Hy het ’n gekonsentreerde vorm van die wei gemaak sodat mense wat nie Appenzell toe kon kom nie, die wei kon gebruik in hulle eie huise.
Wye toepassing In dr. X se kliniek het hy die middel A aanbeveel vir velprobleme, swak spysvertering, seerkeel en as ’n pankreas-tonikum (opkikker). A is onder andere ryk aan positiewe melksuur (+L-suur), wat van kardinale belang is vir die spysverteringstelsel om die liggaam voor te berei vir die kos wat ons eet. Jy kan in jou lewe 30 000 kg kos eet en 50 000 liter vloeistof drink. Al hierdie kos en drinkgoed moet deur die spysverteringstelsel afgebreek, opgeneem en deels uitgeskei word.
Jou eie flora Die middel A bevoordeel die flora (eensellige plantjies
slingervel mei 2013
in hierdie geval) in die spysverteringskanaal, veral in mense wat sukkel met laktose-intoleransie (mense wie se verteringsappe nie melksuiker kan verteer nie), want dit help om die proteïene en laktose in melk af te breek deur die +L-suur. A help ook om minerale te absorbeer deur die dunderm. Kalsium, yster, sink, magnesium en koper word beter geabsorbeer in ’n +L-suur omgewing. Jou liggaam sal maagsappe en spysvertering-ensieme beter afskei en gebruik met die gereelde inname van A. Moet nie die +L-suur verwar met melksuur nie. Laasgenoemde is wat jy opbou met oefening (’n afvalproduk) en wat die lyf styf en seer laat voel. Positiewe melksuur word gebruik vir energie in die liggaam en om die flora-balans in die liggaam te ondersteun.
Oppas vir te veel medikasie Dit is ook interessant om te weet dat 70% van die immuunselle wat in die liggaam voorkom, in die spysverteringstelsel geleë is. ’n Swak dieet, gereelde, oormatige gebruik van medikasie soos antibiotika, kortisoon en hormone, veroorsaak ’n hoë lading van toksiteit (vergiftiging) in dié area. Dit lei tot ’n wanbalans tussen die “goeie” en “slegte” flora, en dan noem ons dit disbiosa (dysbiosis). Dan oorgroei sekere organismes en word ons siek. Simptome soos opgeblaasheid, hardlywigheid, diarree en intoleransie vir sekere kossoorte volg. Die middel A verhoed dat swamme aan die wand van die spysverteringskanaal kleef en so skakel jou liggaam self die swaminfeksie uit.
Om op te som Die menslike liggaam bestaan uit verskillende stelsels (spysverteringstelsel, asemhalingstelsel …), elkeen met sy eie funksie(s). Almal moet gladweg saamwerk vir die liggaam om te funksioneer. As één van die organe of stelsels verswak of om een of ander rede nie goed funksioneer nie, word die ander ook aangetas, wat dikwels uitloop op ’n kettingreaksie. Kan jy aan ’n voorbeeld of twee dink? Die Skepper het in sy alwysheid genesende chemiese stowwe in sekere plante ingeskape en die mens die kennis en vermoë gegee om dié te ontdek, na te vors, te onttrek en aan te wend tot heil en seën van die mensdom. SV
17
TERSIA
Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572 DWARS: 1. Hierdie tipe persoon praat homself in ’n rusie in. (Spreuke 18:6) 3. Jesus het vir die verlamde man gesê hy moet sy draagbaar_____ en huistoe gaan. (Markus 2:11) 5. Jy moet jou nie ophou met suiplappe en ________ nie. (Spreuke 23:20) 7. Hulle name moet daaruit geskrap word. (Psalm 69:29) 8. Die maand waarin die tempel voltooi is. (Esra 6:15) 10. Hy het in trane uitgebars (2 Konings 8:11) 12. Jesus_____ aan die regterhand van God. (Matteus 26:64) 13. Sy was in ’n bitter swaar stryd gewikkel met haar suster. (Genesis 30:8) 18
AF: 1. Die son kom op en _______ son gaan onder. (Prediker 1:5) 2. Die Here sal die leër van die koning van Babel soontoe vat. (Jeremia 34:22) 4. Die grens van dié plek loop oor die waters van Meriba-Kades. (Esegiël 48:28) 5. Die vrou het Jesus se ________ natgemaak met haar trane. (Lukas 7:44) 6. Een van Midian se seuns. (Genesis 25:4) 7. Die blaasbalk doen dit. (Jeremia 6:29) 9. Dit het uit die aarde gekom volgens Openbaring 13:11. 11. Hy _____ net sê wat Hy wil hoor. (Johannes 16:13)
slingervel mei 2013
tannie susan
Wat kan ek lees? Olten, Wanja. 2012. Nie eens ’n bietjie vuil nie. Illustrasies deur Manuela Olten & uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-571-3.
M
a’s wil soms hê hulle kinders moet skoon en netjies wees en dus gereeld hande was – en dan is ’n mens se hande nie eers regtig baie vuil nie! Ma’s reken daar is baie kieme op jou hande – kieme wat ’n mens kan siek maak. Miskien is dit dalk waar en ’n oorweging om maar tog hande te was – of dalk nie? Hierdie humoristiese storieboek met sy treffende illustrasies sal jong kinders laat skaterlag en is ideaal vir selflees en voorlees.
Cousins, Lucy. 2012. Ek is die beste. Uit Engels vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-519-9.
A
lhoewel Hond lief is vir sy vriende Liewenheersbesie, Mol, Gans en Donkie, kan hy,
slingervel mei 2013
volgens homself, sekere dinge beter doen as party van hulle. Dit vryf hy onder hulle neuse en spog dat hy die beste is. Dit maak hulle hartseer en hulle leer hom ’n les sodat hy kan verstaan dat elkeen goed is (en dus ook die beste kan wees) op sy eie gebied. Hierdie prenteboek is uitstekend vir voorlees en selflees, en jong kinders, wat altyd graag die beste wil wees, sal heerlik met die karaktertjies van die boek kan identifiseer. Speel-speel leer hulle sommer ook ’n lewensles! Die pragtige kleurillustrasies ondersteun die humoristiese verhaaltjie uitstekend.
Dirks, Cor. 2012. Die Uile in die wapad. 4e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 127 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-564-9. (Die Uile-reeks, 9.)
I
n hierdie avontuur is die vyf Uile op ’n fietstoer in die Limpopo-Provinsie. Dit is swaar trap teen die opdraendes uit en warm kry, behendig bestuur tussen die klippe deur wanneer daar met ’n geweldige spoed teen die afdraendes afgevlieg word – maar daar is ook heerlike pret en baljaar wanneer daar vir die nag uitgekamp word. Wat ’n heerlike avontuur! Toe kom soek die moeilikheid die Uile op: hulle word ontvoer om saam met ander gevangenes goedkoop hande-arbeid in ’n myn te gaan doen. Dit is net nie in die Uile se aard om onreg wat gepleeg word, gelate te aanvaar nie. Gou het hulle ’n slim ontsnappingsplan bedink – maar gaan dit werk? Dit mag dalk baie waaghalsig wees, want die skurke huiwer beslis nie om vuurwapens te gebruik nie. Om in lekkerlees-Afrikaans die avontuur saam met ou bekende “vriende” te deel, is ’n heerlike leesavontuur wat ’n mens beslis nie kan misloop nie.
19
Baltscheit, Martin. 2012. Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie. Uit Duits vertaal deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-512-0.
L
eeu wou graag ’n brief aan Leeuwyfie skryf om te sê hoe hy oor haar voel. Die probleem was egter dat hy nie kon skryf nie. Daarom moes die ander diere vir hom die briewe skryf – maar dit was telkens beslis nie wat hy vir die mooi, opgevoede dame van ’n leeuwyfie wou sê nie. Uit pure frustrasie het hy alles uitgebrul wat hy graag sou wou skryf indien hy kon. Gelukkig het sy dit gehoor en hom te hulp gesnel ... Hierdie kostelike storieboek spreek van fyn humor en die pragtige illustrasies, wat die outeur se eie werk is, ondersteun en vul die storie pragtig aan. Kleuters en jong kinders sal hierdie verhaaltjie weer en weer wil hoor en/ of self lees. Dit sal beslis gou ’n treffer op kinders se boekrakke word.
My bietjie-boekie oor: Diere; Helder kleure; Dankie sê; Goeie gewoontes; Hoe ek voel; en Hoe om te tel. 2012. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. Prys: R119,95 vir die stel
20
van 6 boekies. ISBN: 978-1-4316-0395-* -0400-*. (Die My bietjie-boekiereeks.)
H
ierdie stel van ses dik kartonboekies in klein formaat is op kleuters tot ongeveer 3 jaar gerig. Die handige formaat is net reg vir leergierige klein handjies om vas te hou en te leer blaai. Die mooi duidelike kleurillustrasies en grootdrukwoorde maak leer maklik – dit stimuleer ook taal- en leesontwikkeling. Die ses onderwerpe wat gedek word, val binne kleuters se ervaringsveld en bevatlikheidsvlak. Dit handel naamlik oor gevoelens, goeie gewoontes, basiese telwoorde, dankbaarheid, helder kleure en diere. Die verskillende teksverse kom uit Die Boodskap en Die NLV. Die Bybelse boodskap wat uit die boekies se inhoud skyn, laat ook by kleuters die wete posvat dat God en sy Woord by enige onderwerp of lewensterrein inpas en tuishoort. Kleuters sal versot wees op hierdie reeks prettige klein boekies en baie geheg raak daaraan.
Brink, Tania. 2012. Al die meisies hou van Divan
Louw. Pretoria: LAPA Uitgewers. 112 p. Prys: R90,00. ISBN: 978 0 7993 5495 9.
D
ivan Louw se ouers wil vanuit Amerika na Suid-Afrika terugkeer. Hy bly voorlopig by sy niggie Karien-hulle, sodat hy by die nuwe skool kan wees wanneer die skooljaar begin. Divan is ’n oulike hunk en al die meisies in die skool is dadelik mal oor hom. Karin en haar drie maats, Lisa, Jackie en Shireen, word groot maats met Divan. Lisa wil graag mense se probleme help oplos en sy vra vir Divan om haar te help toe dit by haar maats se hartsake kom. Dan is daar ook die skool se jaarlike fantasiebal wat ’n spoggeleentheid is en al die drama wat daarrondom gebeur. In hierdie oulike tienerverhaal is daar sprake van ’n heerlike anderster en onverwagse liefdesverhaal wat baie subtiel en met baie pret ontvou. Die verhaal lees lekker, is humoristies en tieners sal beslis met die karakters kan identifiseer en ook heerlik saamlag oor al die tipiese tienergebeure. ’n Boek vol pret en plesier!
slingervel mei 2013
slingervel mei 2013
21
dr. nico van der merwe 49.
’n Christentiener gedra hom altyd goed Lees: 1 Petrus 2:11-17
Teks: 1 Petrus 2:12
W
50.
’n Christentiener se skoonheid van God Lees: 1 Petrus 3:1-7
Teks: 1 Petrus 3:3-4
M
ord jy soms vies vir jou ouers wat gedurig sê jy moet jou goed gedra? Oorbeklemtoon ouers nie die saak as hulle van jou as ener verwag om altyd voorbeeldig te lewe nie? Dit is Gód wat verwag dat jy jou voorbeeldig sal gedra. Tieners moet vermaan en aangemoedig word, want Satan wil jou van God afvallig maak. Daarby, ’n kind van God kan tog nie ’n slegte voorbeeld stel nie. God wil hê dat selfs die heidene in jou lewe kan sien dat jy ’n kind van God is. Omdat God jou verlos van jou sonde, móét jy jou goed gedra soos iemand wat verlos is. Dit is jou dankbaarheid vir die verlossing. Jou lewe moet ’n voorbeeldige lewe wees, nie om jou ouers tevrede te stel of jou maats te beïndruk nie, maar omdat God dit van jou verwag. Omdat God jou verlos het, kán jy dit doen, want God het dit vir jou moontlik gemaak.
ense is ingestel op liggaamlike skoonheid. Dit is nie die belangrikste nie. “Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word” (Spr 31:30). Skoonheid is nie uiterlik nie, maar innerlik. Skoonheid van jou geloof is belangriker as skoonheid van jou liggaam (1 Pet 3:3-4). God vra jou as ener om eers te sorg vir innerlike skoonheid en daarna vir uiterlike skoonheid. Spandeer meer tyd aan jou innerlike skoonheid as aan uiterlike skoonheid. Jy moet eerstens ’n mooi ener in die geloof wees, dan sal jy ’n mooi ener in die lewe wees. Spandeer genoeg tyd aan die opknapping van jou innerlike skoonheid deur jou Bybel gereeld te lees, gereeld tot God te bid en wat Hy jou beveel in jou daaglikse lewe toe te pas.
51.
52.
Genade maak van binne mooi Lees: 1 Petrus 3:1-6
Teks: 1 Petrus 3:4
G
elowige vroue moet nie hulle ongelowige mans met uiterlike skoonheid beïndruk nie (vs 3). Uiterlike skoonheid is oppervlakkig. Die vroue moet hulle mans met ’n innerlike skoonheid vir God wen (vs 4). Dit geld ook vir mans. Tienerdogters én -seuns wil graag mooi lyk! God sê dat almal innerlik mooi kan lyk. Dit is die skoonheid wat prioriteit behoort te geniet. Innerlike skoonheid is wanneer God se genade uitstraal in jou menswees, in jou woorde en dade. Jou innerlike skoonheid moet selfs die ongelowiges beïndruk. Hulle moet God se teenwoordigheid in jou lewe kan raaksien sodat hulle ook aangespoor word om na God te luister en tot geloof en bekering te kom. Dit is een van die maniere wat God gebruik om mense na Hom te trek. Daarin kan jy ’n ambassadeur van God wees op aarde!
H
53.
54.
Ontvang kritiek met grasie Lees: 1 Petrus 3:8-12
Teks: 1 Petrus 3:9
K
Onderwerp jou aan God se wil Lees: Johannes 14:1-14
Teks: Johannes 14:13
erodes was baie ingenome toe sy s efdogter vir sy gaste dans. Hy sê vir haar: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee” (Mark 6:22). Herodes was vrygewig, maar terselfdertyd ook dwaas, want die dogter vra toe dat hy Johannes die Doper se kop sal a ap en vir haar gee (vs 25). Sy dwaasheid het hom ingehaal. Jesus is ook vrygewig, maar glad nie dwaas nie. Hy sê: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen” (Joh. 14:13). Jy sal seker nou sê dat dit nie waar is nie. Hoeveel keer het jy dalk al tot God gebid en daar het niks van gekom nie. Is jy teleurgesteld in die Here? Die geheim lê in die woordjie “wat”. God gee vir ons wat ons Hom vra in ooreenstemming met sy wil. Die wil van God bewaar ons teen dwase gebede, dat jy dalk ook in die dwaasheid van Herodes beland.
Die goeie is altyd die beste Lees: 1 Petrus 3:13-17
Teks: 1 Petrus 3:13
G
ri ek is nie aangenaam nie. Dit laat ’n bi er smaak in die mond as jy oor jou optrede gekri seer word. Jy sal eerder geprys wil word, want dit is lekker. Kri ek kan nie vermy word nie. God het belang daarby hoe jy kri ek hanteer. 1 Petrus 3:9 is God se prak ese riglyn hoe om kri ek te ontvang. Jy mag nie in eie munt terugbetaal nie. Met ander woorde, moenie van kri ek wat jy ontvang ’n struikelblok maak nie. Jy moenie in jou binnenste met die kri ek stoei en veg asof dit ’n vyand is nie. Omskep die kri ek tot ’n voordeel. Al maak die kri ek wat ander op jou het seer, neem dan uit die kri ek dit waardeur jy kan verbeter. Hanteer kri ek wat jy kry só dat God se seën daaruit gebore kan word. As jy dink kri ek wat jy kry is nega ef, maak dit posi ef. As jy voel dit is a rekend, hervorm dit tot iets opbouend.
elowiges is soms baie nega ef, omdat jy net op die verkeerde in die lewe konsentreer. In Engels sê ons: “Crime does not pay.” Eintlik moet ons sê: “Righteousness does pay.” Petrus druk in vers 13 die vinger op die waarheid. Gelowige eners moet die klem op die goeie laat val. Jy moet die kwaad met die goeie oorwin (Rom. 12:21). As gelowige moet jy jou beywer vir wat goed is, in die proses oorwin jy die kwaad. Die uitgangspunt van jou lewe is dan die posi ewe en die goeie. Op die lange duur seën God jou ywer om te doen wat goed is. Om na die goeie en die posi ewe te streef, moet jou lewensleuse wees. Onthou: die goeie is altyd sterker as die slegte, omdat die goeie in God gewortel is en die kwaad in Satan. Konsentreer dus ywerig in jou lewe op die goeie en strewe in alles na God se wil.
55.
Praat net sowel met die aartappels
56.
Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is onnodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê. Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood? Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie. Jou daaglikse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in alles versorg, is net genade. Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis gekos. Bid om God se genadebrood.
A
’n
22
Lees: Matteus 6:25-34
Teks: Matteus 6:11
Die doel van jou optrede Lees: 1 Petrus 4:7-11
Teks: 1 Petrus 4:11
s ener het jy ’n doel hoekom jy dinge doen soos jy dit doen. Dink daaraan: jy oefen met die doel om fiks te word, jy leer met die doel om kennis te vermeerder, jy eet met die doel om gesond te bly, jy neem aan sport deel met die doel om te ontspan. Telkens moet jy jouself afvra: Wat is die doel waarom ek optree soos wat ek optree? Die apostel Petrus skryf wat die doel van elke daad moet wees: “So moet julle God in alles verheerlik” (vs 11b). Dit maak nie saak WAT dit is wat jy doen en WAAR jy dit doen nie. Jou optrede as Christen ener moet in alle omstandighede wees met die doel om God te verheerlik. Maar dan moet jy lewe volgens God se wil (Rom 12:2). God verbied jou nie om aan die dinge van die lewe deel te neem nie. Jy moet net sorg dat jy só deelneem dat God verheerlik word.
slingervel mei 2013
57.
Geloof onder lyding Lees: 1 Petrus 4:12-19
Teks: 1 Petrus 4:19
M
58.
Genade maak nederig Lees: 1 Petrus 5:1-5
Teks: 1 Petrus 5:5
G
ens dink nie graag oor lyding nie, want dit is die swaarkrydeel van die lewe – pyn, hartseer en rampe. Tog móét jy as ener ook daaraan dink. Satan wil die gelowige van God afvallig maak deur lyding. Satan haat die gelowige om drie redes: 1. Gelowiges behoort aan God en verwerp Satan en sy bose dade. 2. Gelowiges is geheilig in Jesus se bloed en Satan kan dit nie verdra nie. 3. God se koninkryk beteken verlossing vir gelowiges en oordeel vir Satan. Daarom wil Satan gelowiges deur lyding van God afvallig maak. Ook as ener het jy te doen met lyding. Nie altyd liggaamlik nie, maar soms moet jy die “lekker” van die lewe ontbeer en die “sports” vermy, omdat dit jou van God afvallig maak. Dit is deel van lyding. Maar dit maak van jou ’n sterker gelowige as jy dit met geloof en volharding oorwin!
enade vloei soos water van bo na onder en dit is nie vernederend nie. Om voor iemand te buig, kán vernederend wees. Dit is asof jy iets van jouself moet prysgee. Hoe dieper jy onder die genade buig, des te meer ontvang jy. God haat hoogmoed en trots (Spr. 8:13). Christus het dit nie as vernedering beskou om as God in die sondige wêreld gebore te word nie (Fil. 2:5-11). Nederigheid is ’n lewenshouding wat begin in jou verhouding met God (vs 6). Nederigheid bewaar vrede en rus ge samesyn. Gelowiges verdruk nie mekaar nie, maar help mekaar. Gelowiges vervloek nie mekaar nie, maar seën mekaar. Gelowiges ignoreer mekaar nie, maar bid vir mekaar. Hulle trap nie op mekaar nie, maar deel mekaar se vreugde en leed. Nederigheid is ’n geloofshouding, nie papbroekigheid nie.
59.
60.
Hoe om jou bekommernis te hanteer Lees: 1 Petrus 5:1-11
Teks: 1 Petrus 5:7
G
Doen wat in die Bybel staan Lees: Jakobus 1:19-27
Teks: Jakobus 1:22
W
elowiges hoef hulle nie te bekommer nie (Ma . 6:25-30), want God sorg vir almal. Petrus skryf aan mense wat vervolg word vanweë hulle geloof. Hulle bekommernis was of hulle vanaand of môre nog gaan lewe. Bekommernis gaan oor wat jy te wagte is in die toekoms. Jou daaglikse behoe es, siekte, smart, beproewing, leed. So swaar kan die lewenslas word dat jy as ener selfs daaronder wil beswyk. God se antwoord is: “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (vs 7). Die uitkoms vir jou bekommernis lê in die gebed. Vertel God van jou bekomernis. God hou elke minuut van die toekoms in sy hand. Daarom kan jy jou bekommernis afgooi op Hom en Hy sal dit vir jou dra. Jesus het die allerdiepste nood, die kruishout, deurgemaak, daarom kan Hy jou swaar pak bekommernis verstaan en dit vir jou dra.
at die Bybel betref, moet jy nie net lees wat daarin geskrywe staan nie – jy moet dit ook doen. Dit is God wat met jou deur die Bybel praat. Die Bybel is in werklikheid God se stem waardeur Hy direk met jou praat. Elke keer as jy die Bybel oopmaak en daaruit lees, hoor jy God se stem. Jy moet nie net na God luister nie, jy moet ook doen wat God sê. As ’n mens dink dit is genoeg om net te luister na God se Woorde, bedrieg jy jouself. Wat jy hoor, moet jy doen. Dit is wat God van jou verwag. Dit help niks om die Woord van God te hoor en te bly voortleef soos jy altyd geleef het nie. Wat jy uit die Bybel hoor, moet ’n verandering in jou lewe bring. Dit moet jou nader aan God laat lewe. Die Woord van God is die riglyn in jou lewe van hoe God verwag jy as Christen ener moet lewe.
61.
62.
’n Speletjie wat kinders speel Lees: Lukas 7:33-35
Teks: Lukas 7:32
I
n die Bybelse tyd het elke stad en dorpie ’n markplein gehad waar mense hulle groente, vrugte en diere kon verkoop en aankoop. Maar as dié bedrywigheid verby is, het die kinders op die markplein gespeel. Jesus het die kinders so gesien speel. Net soos vandag, het die kinders tydens die speletjie soos hulle ouers opgetree. Jesus sien hulle huis-huis en trou-trou speel. Ander kere het hulle weer begrafnis-begrafnis gespeel. Jesus sê daar sal ’n tyd kom dat hulle op die fluite sal speel, maar die kinders sal nie dans nie. Hulle sal ’n treurlied speel, maar nie huil nie. Toe Jesus gekom het, het die mense ook nie geweet of hulle moet huil of lag nie. Dit het vir hulle nie saak gemaak nie. Dis ’n erns ge saak. As Jesus in jou lewe inkom, kan jy Hom nie ignoreer nie. Jy moet in Hom glo en Hom dien.
A
63.
64.
Gebruik die Bybel as ’n hamer Lees: Jeremia 23:23-29
J
Teks: Jeremia 23:29
ou Bybel is nie alleen ’n swaard nie (Ef. 6:17), maar ook ’n hamer (Jer. 23:29). Die profeet Jeremia sê God se Woord is so sterk “soos ’n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word”. Omdat die Bybel God se Woord is, daarom het dit soveel krag. Dit kan die klipharde hart van ’n mens wat so is vanweë die sonde, stukkend breek en die opstandigste wil ten goede laat verkrummel. As ener moet jy nie God se Woord onderskat nie. In jou gesprekke met maats moet jy die Bybel as hamer gebruik om hardnekkige, verkeerde insigte te breek sodat nuwe gesindhede gekweek kan word. Met die Bybel in die hand as ’n hamer moet jy ook die sondekwaste in jou eie lewe verkrummel en tot niet maak. Jy moet dit ook doen in jou vriendekring sodat die werk van Satan vernie g kan word.
slingervel mei 2013
Gebruik die Bybel soos ’n bril Lees: Romeine 3:9-20
Teks: Romeine 3:20b & 32
s jy nie goed kan sien nie, dra jy ’n bril. Met ’n bril kan die persoon dan duidelik sien wat vroeër vir hom onsigbaar of moeilik sigbaar was. Van nature is die mens blind vir die sonde. Maar God het vir jou ’n bril gegee waarmee jy die sonde duidelik kan sien. Dit is die WET wat in die Bybel opgeteken is. Deur die bril van die wet kan jy die sonde duidelik raaksien en onderskei tussen wat goed en sleg is. In die Bybel is God se wil opgeskryf waaraan jy jou eie lewe kan toets of dit reg is of verkeerd, goed of kwaad. ’n Gelowige moet daagliks deur die bril van die Woord na die lewe kyk, sodat hy goed kan onderskei wat die wil van God is, wat vir God goed en aanneemlik en volmaak is (Rom. 12:2). Jou opdrag is dan om alles wat in God se wil staan, te doen en dit wat teen God se wil stry, te vermy.
Die Bybel is ’n swaard Lees: Efesiërs 6:10-20
Teks: Efesiërs 6:17
O
m ’n vyand te kan teenstaan en jou teen hom te kan verdedig, het jy ’n wapen nodig. Die gelowiges se vernaamste teenstander is Satan. Sonder ’n wapen kan jy Satan nie aanpak nie. Die wapen daarvoor is die Bybel. Die Bybel is die swaard waarmee jy teen Satan veg. Aardse wapens is in hierdie geestelike stryd nu eloos. Net soos wat ’n soldaat geleer word om oorlogwapens te hanteer en doeltreffend te gebruik, moet jy jou oefen om die Bybel as swaard doeltreffend te kan hanteer. Daaglikse oefening is noodsaaklik, anders is jy dom en onhandig met dié swaard. Jy moet elke dag die Bybel lees en jou vaardighede oefen. Dit moet egter nie net by lees bly nie. Jy moet ook die Bybelse waarhede oordink. ’n Suksesvolle manier om dit te doen is om ’n Dagstukkieboek te gebruik. Koop gerus vir jou so ’n boek.
23
ons pretblad Kom ons ns s “kr “kruis” ruis” ’n pa paar aar dinge e en kyk wa wat at ons daaruit uit kry: ☺ Wat kry ry jyy as jyy ’n kabouter kaabouterr met ’n vampier vaampier kruis? Antwoord: oorrd: ’nn Mon Monster nster w wat at bloed uit mense se kknieë nieë suig. ☺ Wat kry jy as jy ’n olifant met ’n vlermuis kruis? Antwoord: ’n Dier wat ’n baie groot grot nodig het om in te slaap. ☺ Wat kry jy as jy ’n olifant met ’n mier kruis? Antwoord: ’n Baie klein diertjie met ses pote en ’n stert waarvan die ore op die grond sleep. ☺ Wat kry jy as jy ’n leeu met ’n muis kruis? Antwoord: ’n Klein, vaal diertjie met dodelike slagtande. ☺ Wat kry jy as jy ’n slang met ’n ystervark kruis? Antwoord: ’n Rol doringdraad. ☺ Wat kry jy as jy ’n besem met ’n lamppaal kruis? Antwoord: ’n Straatlamp met ’n snor. ☺ Wat kry jy as jy ’n rekenaar en ’n aartappel kruis? Antwoord: Mikro-skyfies. Wat het 500 pote, maar kan nie loop nie? ’n Halwe duisendpoot. Waarvoor gebruik ’n mens rubberhandskoene? Om jou hande te was sonder dat dit nat word! Onderwyser: “Coenie, jy het twee albasters in jou sak. Jy verloor een. Wat het jy nou in jou sak? Coenie: “’n Gaatjie, meneer.” Onderwyser: “Wat kan jy my van die Dooie See vertel?” Willie: “Niks nie, meneer, ek het nie eens geweet hy is siek nie!” Rudi sê vir sy ma dat die onderwyser vandag vir hom verskriklik kwaad was. “Nou maar hoekom?” vra sy ma. Rudi: “Omdat ek nie geweet het waar die Maluti’s is nie!” Sy ma: “Wel, sorg net dat jy volgende keer weet waar jy die goed neersit!” Die onderwyser wys vir Sareltjie ’n stukkende rottang. “Weet jy iets hiervan?” vra hy kwaai. “Dis ontwapening in die skool, Meneer,” antwoord Sareltjie. Nuuskierig vra pa vir Wessel: “Hoe vorder jy met jou Wiskunde?” “Goed, Pa,” antwoord Wessel, “ek kry nou al my verbeterings reg.”
24
Die een duisendpoot sê vir die ander een: “Ek haat dit as ek die môre met die verkeerde voet uit die bed opstaan.” Willie: “Pa, sal Pa nie asseblief my Wiskundehuiswerk doen nie?” Pa: “Nee, ou seun, dit sal mos verkeerd wees.” Willie: “Miskien, maar wil Pa nie eers probeer nie?” “Lettie, hoe lank kook ’n mens spaghetti?” “Ag, so ongeveer 20 sentimeter.” Examinvlaters!! ☺ Ou Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarahwoestyn gewoon. Die klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly. ☺ Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry. Hy is dood toe hy nog nie eens by Kanada kon uitgekom het nie. ☺ In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi. ☺ ’n Sirkel is ’n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. ☺ Die maan is ’n planeet net soos die aarde, maar dis selfs nog meer dood. ☺ As jy nie genoeg jodium in jou bloed het nie, kry jy ’n gletser. ☺ Raad by verstikking: Pas kunsmatige asemhaling toe totdat die pasiënt dood is. ☺ Verduidelik die rugstring. Die rugstring is ’n klomp beentjies agter teen jou rug op, en hulle keer dat ’n mens bene tot by jou nek het! ☺ Wilhelm Tell het ’n pyl deur ’n appel geskiet terwyl hy bo-op sy seun se kop gestaan het. Die onderwyser gee vir die klas ’n toets waarop hulle by elke vraag net ja of nee moet antwoord. Hy sien ’n student wat elke keer ’n muntstuk opskiet en vang en dan iets neerskryf. Hy vra die student wat doen hy. Die student sê hy bepaal die antwoorde van die toets. Na ’n rukkie merk die dosent dat die student verskriklik vinnig die muntstuk in die lug skiet, vinnig kyk en dan weer die muntstuk vinnig opskiet. Hy vra wat die student besig is om nou doen. “Nee,” antwoord hy, “ek is net besig om die antwoorde vir oulaas te kontroleer.”
slingervel mei 2013