HUURKONTRAK
aangegaan deur en tussen
SEE-EIKE TRUST (EIENDOMS) BEPERK
en
DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
1
1
PARTYE 1.1
1.2
2
Die partye tot hierdie ooreenkoms is 1.1.1
See-Eike Trust (Eiendoms) Beperk; en
1.1.2
Die Universiteit Stellenbosch.
Die partye kom ooreen soos hierin uiteengesit.
UITLEG 2.1
In hierdie ooreenkoms, tensy die teendeel duidelik blyk, beteken – 2.1.1
“Belle Vue” die eiendom bekend as die Plaas Belle Vue Nr. 631, in die Overstrand Munisipaliteit, Afdeling Caledon, Wes-Kaap Provinsie, Groot 573,294 (vyf honderd drie en sewentig komma twee nege vyf vier) hektaar Gehou kragtens Transportakte Nr. T27850/1967;
2.1.2
“die Berghut” die hut en ander buitegeboue wat ingevolge die bepalings van hierdie ooreenkoms deur die Huurder op die Perseel opgerig gaan word;
2.1.3
“die BTK” die Berg- en Toerklub van die Universiteit Stellenbosch, ʼn klub onder die toesig van die Huurder wat as doel het om bergklim uitstappies, staptoere en kampe te organiseer en daardeur liefde vir die natuur en land aan te wakker;
2.1.4
“dag” enige dag van die week met uitsluiting van Sondae en openbare vakansiedae;
2.1.5
“die Eiendomme” die eiendomme bekend as : 2.1.5.1
Gedeelte 2 (Maanschyn Kop)(‘n Gedeelte van Gedeelte 1) van die Plaas Nr. 633, in die Overstrand Munisipaliteit, Afdeling Caledon, Wes-Kaap Provinsie,
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
Groot 19,5621 HA(neëntien punt vyf ses twee een) hektaar Gehou kragtens Transportakte Nr. T27850/1967; 2.1.5.2
Gedeelte 3 (Maanschynrant) van die Plaas Nr. 633, in Overstrand Munisipaliteit, Afdeling Caledon, Wes-Kaap Provinsie, Groot 215,8039 (twee honderd en vyftien punt agt nul drie nege) hektaar Gehou kragtens Transportakte Nr. T27850/1967; en
2.1.5.3 2.1.6
Belle Vue.
“die Huurder” die Universiteit Stellenbosch van Victoriastraat, Stellenbosch, hierin verteenwoordig deur ... ... ... ... ... ... ... ... ...;
2.1.7
“jaar” ’n tydperk van 12 (twaalf) opeenvolgende maande wat in aanvang neem op die Ondertekeningsdatum waarop hierdie huurkontrak in werking tree of enige verjaardag van daardie datum;
2.1.8
“naweek” beteken die tydperk vanaf 12h00 op Vrydag tot 24h00 op Sondag;
2.1.9
“die Ondertekeningsdatum" die datum waarop hierdie ooreenkoms onderteken word deur die laaste van die Huurder of Verhuurder;
2.1.10 “die Perseel” die gedeelte van Belle Vue, geleë in die Noord-Oostelike kloof, aangetoon op die kaart hierby aangeheg as Aanhangsel “A”; 2.1.11 “die Verhuurder” See-Eike Trust (Edms) Bpk (Registrasie nommer 1967/06679/07), hierin verteenwoordig deur ... ... ... ... ... ... ..; en 2.1.12 “week” beteken die tydperk gereken vanaf 00h00 op Maandag tot 12h00 op Vrydag. 2.2
In hierdie ooreenkoms, tensy die teendeel duidelik blyk, beteken – 2.2.1
na 'n geslag die ander geslagte in;
2.2.2
na die enkelvoud die meervoud in en omgekeerd;
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
2.2.3 2.3
na regspersone natuurlike persone in en omgekeerd.
Die opskrifte is slegs vir verwysingsdoeleindes ingevoeg en word nie by die uitleg van hierdie ooreenkoms in ag geneem nie.
2.4
Indien enige bepaling in 'n definisie 'n substantiewe bepaling is wat regte of verpligtinge aan 'n party oplê, word uitwerking daaraan gegee asof dit 'n substantiewe klousule in die liggaam van die ooreenkoms is, nieteenstaande dat dit slegs in die uitlegklousule vervat is.
2.5
Indien enige tydperk in hierdie ooreenkoms met verwysing na 'n aantal dae beskryf word, word die dae bereken met uitsluiting van die eerste en met insluiting van die laaste dag tensy die laaste dag op 'n Saterdag, Sondag of openbare vakansiedag val, in welke geval die laaste dag die volgende dag wat nie 'n Saterdag, Sondag of openbare vakansiedag is nie, sal wees.
2.6
Enige woord of begrip wat in 'n sub-klousule omskryf word, dra die betekenis daaraan toegeken in die klousule waarvan die sub-klousule deel vorm.
2.7
Hierdie ooreenkoms word beheers deur en uitgelê ooreenkomstig die reg van die Republiek van Suid-Afrika.
3
INLEIDING 3.1
Die Verhuurder besit die Eiendomme.
3.2
Die Huurder beskik oor fondse om ‘n hut en ander buitegeboue op die Perseel op te rig.
3.3
Die partye het ooreengekom dat: 3.3.1
die Huurder op sy eie onkoste die Berghut op die Perseel mag oprig;
3.3.2
die Huurder die Perseel van die Verhuurder sal huur; en
3.3.3
die Verhuurder ook, onderhewig aan die voorwaardes in hierdie ooreenkoms uiteengesit, die Berghut mag gebruik.
3.4
Die Huurder en Verhuurder wens hul ooreenkoms op skrif te stel.
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
4
HUUR EN VERHUUR Die Verhuurder verhuur hiermee en die Huurder huur hiermee die Perseel.
5
TERMYN Die Huurkontrak duur vir ‘n termyn van 9 (nege) jaar en 11 (elf) maande wat begin op die Ondertekeningsdatum en sal afsluit op ‘n datum 9 (nege) jaar en 11 (elf) maande daarna. (Hierna verwys na as die “Aanvanklike Periode”).
6
OPSIE OM TE HERNU 6.1
Na afloop van die Aanvanklike Periode sal die Huurder geregtig wees om die huurtermyn te verleng met 3 (drie) verdere periodes van 9 (nege) jaar en 11 (elf) maande.
6.2
Dit sal geag word dat die Huurder elk van die opsies uitgeoefen het tensy die Huurder ten minste 3 (drie) maande voor die verstryking van elke periode die Verhuurder skriftelik kennis gee dat die Huurder nie die verdere opsie uitoefen nie.
6.3
Na verstryking van die laaste periode waarvoor hierdie huurkontrak verleng kon word, sal die partye ter goeder trou onderhandel aangaande die moontlike sluiting van ‘n nuwe huurkontrak op terme en voorwaardes wesenlik dieselfde as hierin opgeneem.
7
HUURGELD 7.1
Die Huurgeld beloop R 100,00 (een honderd rand) per jaar en is betaalbaar op ontvangs deur die Huurder van ‘n faktuur van die Verhuurder vir die huurbedrag.
7.2
Die partye stel dit op rekord dat die Huurder nie verantwoordelik is vir die betaling van verdere kostes, waarby ingesluit toegangsfooie of permitte, nie.
8
OPRIGTING VAN BERGHUT 8.1
Die Huurder sal geregtig en verplig wees om die Berghut op die Perseel op te rig.
8.2
Die Berghut sal ingevolge die volgende riglyne opgerig word, naamlik dat die Berghut:
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
8.2.1
oornag akkomodasie vir 20 (twintig) persone kan voorsien en in die geval van nood vir 40 (veertig) persone;
8.2.2
tussen ........ (..........) en ............ (...............) vierkante meter groot sal wees;
8.2.3
van staalplate voor die deure en vensters voorsien sal word, ter inbraakvoorkoming;
8.3
8.2.4
van ‘n binnenshuise kaggel en veilige braaiplekke voorsien sal word; en
8.2.5
se slot met yster omhul sal word.
Die Huurder sal die finale planne, uitleg en spesifikasies van die Berghut in ooreenkoms met die Verhuurder finaliseer. Die partye sal poog dat die impak van die oprigting van die Berghut op die omgewing so gering as moontlik sal wees.
8.4
Die Berghut sal verder van genoegsame brandblussers voorsien word.
8.5
Die partye kom ooreen dat sodanige Berghut roerend van aard is, nie deel van die Perseel of Belle Vue sal vorm nie en te alle tye die eiendom van die Huurder sal bly.
8.6
Die Huurder sal geregtig wees om te enige tyd op eie koste tydens hierdie huurkontrak, asook binne 6 (ses) maande na verstryking van hierdie huurkontrak, die Berghut van die Perseel te verwyder en die Verhuurder sal op geen vergoeding geregtig wees nie. Indien die Verhuurder om welke rede ookal nie sy verpligtinge kragtens hierdie kontrak nakom nie, sal die Huurder geregtig wees om gemelde Berghut te verwyder en sal die Verhuurder dan verantwoordelik wees vir die koste van sodanige verwydering.
8.7
Geen verdere verbeterings mag sonder die voorafverkreë skiftelike toestemming van die Verhuurder op die Perseel aangebring word nie.
9
GEBRUIK VAN EN TOEGANG TOT DIE BERGHUT 9.1
Die Huurder sal die Verhuurder van 2 (twee) sleutels tot die Berghut voorsien.
9.2
Die Verhuurder se verteenwoordigers, agente, dienare en kontrakteurs mag te alle redelike tye, sonder dat dit aanleiding gee tot enige eis of aksiegrond aan die kant van die Huurder of enige ander okkupeerder van die Perseel of enige deel daarvan, die
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
Perseel of enige van die geboue binnegaan om dit te inspekteer of om enige ander wettige funksie uit te voer in die bona fide belange van die Verhuurder of die Huurder.
Die Verhuurder moet verseker dat hierdie reg uitgeoefen word met
behoorlike inagneming van en met die minste moontlike hoeveelheid inmenging met die voordelige genot van die Perseel deur diegene wat dit okkupeer. 9.3
Indien enige van die partye of hul gaste skade aan die Berghut veroorsaak, sal die skade deur sodanige party op sy kostes herstel moet word.
9.4
Die Verhuurder sal die Berghut, alle verbeterings, toebehore en toerusting op die Perseel en alle voetpaadjies wat na die Berghut lei, op eie koste in stand hou.
9.5
Die Verhuurder sal op eie koste verantwoordelik wees vir die verwydering van rommel van die Perseel.
9.6
Die Huurder sal geregtig wees om alle aktiwiteite wat redelikerwys verband hou met die verblyf in die Berghut, uit te oefen, wat sal insluit, maar nie beperk sal wees tot wandelinge in die berge op die Eiendomme.
9.7
Die partye onderneem hiermee om toe te sien dat die gebruik van die Berghut en die wandelinge in die berge op die Eiendomme deur die Verhuurder se verteenwoordigers en hul gaste en die lede van die BTK en húl gaste geen negatiewe impak op die omgewing sal veroorsaak nie.
10
VOORKEUR GEBRUIK DEUR DIE HUURDER 10.1 Die Huurder sal voorkeur gebruik van die Berghut hê vir 20 (twintig) naweke in ‘n jaar. 10.2 Die Huurder sal verder vir 10 (tien) weke in ʼn jaar voorkeur tot die gebruik van die Berghut hê. 10.3 Die Verhuurder sal vir die oorblywende tye geregtig wees om die Berghut te gebruik. 10.4 Die datums waarop die Berghut deur die Huurder gebruik sal word, sal jaarliks vooruit deur ‘n lid van die Komitee van die BTK aan die Verhuurder deurgegee word. 10.5 Die jaarlikse skedule van gebruik van die Berghut kan deur ooreenkoms tussen die partye verander word.
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
10.6 Die Huurder sal geregtig wees om, tydens die Huurder se geallokeerde tye, die Berghut vir die gebruik deur ander partye, ingesluit maar nie beperk tot die Oud-Lede Bond van die BTK, beskikbaar te stel.
11
REGISTRASIE VAN NOTARIELE HUURKONTRAK 11.1 Die Huurder behou die reg voor om, in sy eie diskresie, ‘n notariële huurkontrak oor die Perseel te registreer. Die voorwaardes van die notariële huurkontrak sal deur die partye ooreengekom word maar die notariële huurkontrak sal in wese die selfde voorwaardes as hierdie ooreenkoms bevat. 11.2 ‘n Aansoek ingevolge die bepalings van die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970) sal deur die Huurder op eie onkoste gebring word, welke koste sal insluit, maar nie beperk sal wees, tot opmetingskoste nie. 11.3 Die Verhuurder onderneem om alle nodige dokumentasie te onderteken wat redelikerwys nodig mag wees ten einde die notariële huurkontrak soos na verwys word in klousule 11.1 te registreer.
12
BEKENDMAKING VAN HUURKONTRAK EN VERKOOP VAN BELLE VUE 12.1 Indien die Verhuurder te enige tyd tydens die bestaan van hierdie huurkontrak, of tydens enige periode waarvoor hierdie huurkontrak hernu mag word, Belle Vue of enige gedeelte daarvan sou verkoop, onderneem die Verhuurder om die koper van sodanige eiendom of gedeelte daarvan in kennis te stel rakende die bestaan van hierdie kontrak. 12.2 Die geldigheid van hierdie huurkontrak word nie op enige wyse geraak deur die oordrag van Belle Vue deur die verkoop daarvan deur die Verhuurder nie. Dit bly gevolglik, ná registrasie van oordrag van Belle Vue in die naam van die koper, ten volle van krag, behalwe dat die koper dan intree as Verhuurder en al die regte bekom en aanspreeklik word om al die verpligtinge na te kom wat die Verhuurder geniet het of aanspreeklik was om na te kom ten gunste van die Huurder, ingevolge die huurkontrak.
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
13
TOEGANG TOT EIENDOMME 13.1 Toegang tot die Eiendomme sal deur middel van ‘n serwituut van reg van weg wat ten gunste van die Eiendomme geregistreer gaan word, verkry word. 13.2 Die partye plaas op rekord dat dit die Verhuurder se verpligting is om toe te sien dat die lede van die BTK en hul gaste vrye toegang tot die Eiendomme sal verkry. 13.3 Die Verhuurder onderneem hiermee om toe te sien tot die registrasie van sodanige serwituut, welke serwituut voorsiening sal maak dat die lede van die BTK en hul gaste geregtig sal wees om sodanige reg van weg te gebruik.
14
SKADELOOSSTELLING 14.1 Die Verhuurder is hoegenaamd nie aanspreeklik vir enige skade wat deur sy beamptes, werknemers, voertuie of diere, of as gevolg van die verrigting van werksaamhede deur of namens die Verhuurder, of om watter rede ook al, aan die Perseel van die Huurder of sy werknemers of sy kontrakteurs of hulle werknemers aangerig word nie, tensy sodanige skade veroorsaak is deurdat die Verhuurder se werknemers hulle gewone pligte op 'n nalatige wyse verrig het. 14.2 Die Huurder vrywaar die Verhuurder teen enige eis en / of regsgeding ingestel deur homself of enige derde party wat met die toestemming van die Huurder die Berghut en/of wandelroetes gebruik, wat mag voortspruit uit die verlening van regte wat in hierdie ooreenkoms beskryf word en onderneem om die Verhuurder te vergoed vir enige koste wat aangegaan mag word om sodanige eis en / of regsgeding te bestry.
15
KOSTE VAN OOREENKOMS EN SEËLREG DAAROP Alle koste, inbegrepe seëlreg, betaalbaar op hierdie Huurooreenkoms, wat deur die Verhuurder aangegaan is vir die voorbereiding en opstel van hierdie ooreenkoms, plus opmetingskoste en ander toevallige uitgawes sal deur die Huurder gedra word.
16
UITVOERING 16.1 Die partye onderneem om alles te doen, alle sodanige dokumente te teken en alle stappe te neem wat nodig mag wees, strekkend tot of bevorderlik vir die toepassing van die voorwaardes, bepalings en strekking van hierdie ooreenkoms.
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
16.2 In soverre die toestemming van trustees en/of begunstigdes van enige van die partye nodig mag wees vir doeleindes van die uitvoering van hierdie ooreenkoms, onderneem die partye om sodanige toestemmings so spoedig moontlik te verkry. 16.3 Die partye onderneem en bind hul daaraan om met absolute goeie trou die implementering van al die transaksies soos veronderstel in hierdie ooreenkoms deur te voer.
17
ARBITRASIE 17.1 Indien ʼn dispuut van watter aard ook al, voortspruitend uit of ten opsigte van hierdie ooreenkoms, tussen die partye sou ontstaan, sal sodanige dispuut na arbitrasie verwys word vir beslegting. 17.2 “Dispuut” in paragraaf 17.1 sluit in, maar is nie beperk nie, tot die volgende: 17.2.1 enige dispuut betreffende die uitleg of rektifikasie van die ooreenkoms, of hierdie klousule; 17.2.2 enige dispuut betreffende die beëindiging van die ooreenkoms, of van die gevolge van sodanige beëindiging, of gepoogde beëindiging; 17.2.3 enige dispuut betreffende die nietigheid of vernietigbaarheid van die ooreenkoms; 17.2.4 enige teeneis rakende ‘n aangeleentheid waarvoor in die ooreenkoms voorsiening maak, of voortspruitend uit of ten opsigte van die ooreenkoms. 17.3 Dit word spesifiek ooreengekom dat hierdie arbitrasie bepalings skeibaar is van die ooreenkoms. 17.4 Enige arbitrasie wat uit hierdie ooreenkoms mag ontstaan sal na die Arbitrasie Forum Bpk verwys word vir beslegting ooreenkomstig die standaard terme en voorwaardes, en summiere prosedure reëls, dan van toepassing in daardie Forum.
18
KONTRAKBREUK Indien enige party ("die versuimende party") enige bepaling, voorwaarde, waarborg of voorstelling in hierdie ooreenkoms vervat, verbreek, en versuim om sodanige kontrakbreuk
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
reg te stel binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae na ontvangs van 'n kennisgewing waarin verlang word dat sodanige kontrakbreuk reggestel word, is die ander party ("die nieversuimende party") geregtig (maar nie verplig nie) sonder benadeling van enige ander reg wat die nie-versuimende party voortspruitend uit hierdie ooreenkoms of regtens mag hê 18.1 om spesifieke nakoming te eis van al die verpligtinge van die versuimende party ingevolge die bepalings van hierdie ooreenkoms; of 18.2 om te verlang dat die versuimende party aan die nie-versuimende party sodanige bedrag betaal as wat nodig mag wees ten einde die nie-versuimende party in dieselfde posisie te plaas waarin hy sou gewees het indien sodanige kontrakbreuk of wanbetaling, na gelang van die geval, nie plaasgevind het nie; of 18.3 om hierdie ooreenkoms te kanselleer en sodanige skade van die versuimende party te verhaal as wat die nie-versuimende party mag gely het.
19
KENNISGEWINGS EN DOMICILIA 19.1 Die partye kies as hul domicilia citandi et executandi hul onderskeie adresse in hierdie klousule uiteengesit vir alle doeleindes van en wat voortspruit uit hierdie ooreenkoms, by welke adresse alle prosesstukke en kennisgewings wat voortspruit uit hierdie ooreenkoms of die nie-nakoming of beëindiging daarvan geldiglik aan hulle beteken of besorg mag word. 19.2 Vir doeleindes van hierdie ooreenkoms, verkies die partye hulle domicilia citandi et executandi as volg, naamlik 19.2.1
Huurder: te Administrasie Blok “A”, Victoriastraat, Stellenbosch
19.2.2
Verhuurder: te ... ... ... ... ... ... ... ... ...
of by sodanige ander adres waarvan die betrokke party die ander skriftelik in kennis mag stel, met dien verstande dat geen straatadres in hierdie sub-klousule genoem, verander sal word na 'n posbus of poste restante nie. 19.3 Enige kennisgewing wat ingevolge hierdie ooreenkoms gegee word, geskied op skrif en word -
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
19.3.1
indien met die hand afgelewer, geag behoorlik deur die geadresseerde op die datum van aflewering ontvang te gewees het;
19.3.2
indien deur middel van vooruitbetaalde geregistreerde pos gepos, geag deur die geadresseerde op die 8ste (agtste) dag na die dag waarop dit gepos is, ontvang te gewees het;
19.3.3
indien by wyse van faksimilee versend, geag deur die geadresseerde op die dag na die dag van versending daarvan ontvang te gewees het,
tensy die teendeel bewys word. 19.4 Nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat of geïmpliseer in hierdie ooreenkoms word enige skriftelike kennisgewing of kommunikasie werklik deur enigeen van die partye van 'n ander ontvang insluitende by wyse van faksimilee versending, geag 'n voldoende skriftelike kennisgewing of kommunikasie aan sodanige party te wees.
20
HELE OOREENKOMS Hierdie ooreenkoms stel die hele ooreenkoms tussen die partye daar ten opsigte van die onderwerp daarvan en geen verstandhoudings, waarborge of verbintenisse tussen die partye ten opsigte van die onderwerp daarvan wat nie hierin uiteengesit is nie bind die partye nie.
21
WYSIGING Geen byvoeging tot of wysiging, ooreengekome beëindiging of novasie van hierdie ooreenkoms en geen afstanddoening van enige reg wat spruit uit hierdie ooreenkoms of die nie-nakoming of beëindiging van hierdie ooreenkoms is van enige regskrag tensy dit skriftelike geskied en deur al die partye of hul behoorlik gemagtigde verteenwoordigers onderteken is.
22
VERSLAPPING Geen toegewing, tydsverlenging of ander vergunning wat gegee mag word of toegelaat mag word deur enige of beide partye aan enige of die ander party (partye) met betrekking tot
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
23
GEREGTELIKE STAPPE Indien een van die partye geregtelike stappe neem teen die ander voortspruitende uit die bestaan en/of die kansellasie van die ooreenkoms, mag die partye wat slaagkoste bereken op 'n prokureur-en-kliënt basis, van die ander party verhaal.
24
TOESTEMMING TOT JURISDIKSIE VAN LANDDROSHOF Die partye stem hiermee toe, kragtens die bepalings van Artikel 45 van die Wet op Landdroshowe No. 32 van 1944, soos gewysig, tot die jurisdiksie van enige Landdroshof wat jurisdiksie het oor die persoon van elke party kragtens die bepalings van Artikel 28 van die gemelde Wet, nieteenstaande die feit dat enige regsproses wat ingestel mag word uit hoofde van hierdie ooreenkoms, of enige kontrakbreuk daarvan, die jurisdiksieperk van sodanige Landdroshof sou oorskry; op die spesifieke voorwaarde egter dat enige party die reg sal hê om, volgens sy uitsluitlike diskresie, sodanige regstappe in te stel in enige ander Hof met gepaste jurisdiksie soos wat die party goed mag dink.
ALDUS GETEKEN te van
op
hierdie
dag
2008 in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies.
A S G ET UI E S :
1.
2. ............ namens See-Eike Trust (Edms) B p k , b e h o o r l i k d a a r to e g e m a g ti g
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}
ALDUS GETEKEN te van
op
hierdie
dag
2008 in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies.
A S G ET UI E S :
1.
2. ............ namens die U n i v e r s i t ei t Stellenbosch, behoorlik daartoe g e m a g ti g
{MCN/SEE-EIKE TRUST BERGHUT KONTRAK - WYSIGINGS AANVAAR.DOC.DOC/LEA-COMM/H12345}