JOHANNESBURG EAST DISTRICT
DISTRIK EKSAMEN
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE 2011
PUNTE: 80 TYD: 2 UUR
Hierdie VRAESTEL bestaan uit 11 bladsye.
Bladsy 1 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1
INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (VRAAG 1, 2 EN 3)
(30 PUNTE)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 4)
(10 PUNTE)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 5 EN 6)
(40 PUNTE)
2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die VRAE wat jy kies korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Voer die opdragte, by elke vraag wat jy kies, noukeurig uit. 5. Nommer in die middel van die bladsy. 6. Begin ELKE VRAAG op ‘n NUWE bladsy. 7. Skryf met ‘n BLOU PEN. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Trek ‘n streep na elke afdeling.
Bladsy 2 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 AFDELING A – KYK EN LEESBEGRIP VRAAG 1 - INTERNETARTIKEL
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae.
Kate lui nuwe koninklike era in! Deur Charlene Rolls
TEEN die tyd dat jy hier lees, is sy klaar prinses Catherine – ’n bona fide-koninklike, die vrou oor wie die hele wêreld praat. Sy het reeds haar aantreklike prins tegemoet gestap by die troue van die eeu, voor die oë van biljoene TV-kykers, om lid te word van daardie eksklusiefste klub op aarde, die Britse koninklike familie, in ’n seremonie vol prag en praal, pure Engeland. Die Catherine wat daar in die Westminster-abdy ewige liefde en trou aan prins William beloof het, is baie ver van die meisie wat eens op ’n tyd Waity Katie genoem is – die een wat geduldig en gedwee moes wag dat die prins besluit of hy haar wil hê. Catherine Elizabeth Middleton is nou ’n magtige vrou, net so vorstelik soos enige ander koninklike, al vloei daar geen blou bloed deur haar are nie. Maar haar verwelkoming in Buckingham-paleis beteken meer as net die begin van ’n nuwe lewe vir haar en haar bruidegom, sê koninklike kenners – hul huwelik is die begin van ’n nuwe era vir die Britse monargie. Sy en haar aanstaande gaan bekend staan as die hertog en hertogin van Camdridge – eretitels wat hulle by die koningin gekry het. Kate het die potensiaal om die koninklike familie se beeld te verander, iets wat geen ander koninklike nog kon regkry nie. Haar naam is toevallig dieselfde as dié van ’n ander grootse koninklike in die wêreldgeskiedenis, Catherine die Grote, en soos sy, sal Kate dalk nog diep spore vorentoe trap. Verwerk uit Huisgenoot Vrydag 29 April 2011
1.1. Is die titel van die leesstuk ‘n opinie of ‘n feit? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(1)
1.2. Wie het die artikel geskryf?
(1)
1.3. SLEGS EEN van die volgende antwoorde is korrek. Kies antwoord wat korrek is en skryf net die NOMMER en die LETTER neer.
(1)
Engeland is deel van …. a. b. c. d.
Afrika. Noord-Amerika. Suid-Amerika. Die Verenigde Koninkryk.
1.4. Haal een bewys aan wat aandui dat die artikel voor die troue geskryf is.
(1) Bladsy 3 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 1.5. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(2)
Catherine is ‘n opregte koniklike. 1.6. Watter medium van kommunikasie het dit moontlik gemaak vir die hele wêreld om die troue te kon sien?
(1)
1.7. Watter klub is volgens die leesstuk die ekslusiefste klub in die hele wêreld?
(1)
1.8. Kies twee woorde in die hakies en skryf dit neer.
(2)
“prag en praal” in die konteks van die leesstuk beteken die troue en alles wat daarmee saamgaan was (vaal / lelik / pragtig / ongeorganiseerd / vervelig / spoggerig) 1.9. Wat is die naam van die kerk waarin hulle gaan trou?
(1)
1.10. Hoe het Catherine die bynaam “Waity Katie” gekry?
(2)
1.11. Wat is Kate se volle name?
(1)
1.12. Wie voorspel dat Catherine se teenwoordigheid in Buckingham-paleis en haar troue met William ‘n nuwe era vir die koninklikes inlui.
(1)
1.13. Kies die prentjie van die historiese koningin van wie Kate ‘n naamgenoot is.
(1)
A
B
D
C
1.14. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(2)
Catherine gaan definitief die koniklike familie se beeld verander. 1.15. Wat se titel het Catherine en William van die koningin gekry?
(1)
1.16. Wat dink jy is die verskil tussen Cathreine en die ander koninklikes?
(2) [21]
EN Bladsy 4 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 AFDELING A – LEESBEGRIP VRAAG 2 – FILMRESENSIE
Lees die volgende filmresensie versigtig deur.
Superhelde Jeugkomedie. Met Ivan Botha, Andrew Thompson en Rika Sennett. Regisseur: Stefan Nieuwoudt. 13T. Begin 21 April. Ons dink: 3/5 Waaroor gaan dit? ’n Groep bleeksiel-strokiesaanhangers se winkel gaan gesluit word omdat hulle R100 000 skuld. Sal hulle betyds geld kry om sy voortbestaan te verseker? Wie sal hiervan hou? Net koel ouens en meisies onder 25 wat die lewe gemaklik vat, ’n straatslim wikkel in hul stappie het en wat meer van twiet af weet as van die land se politiek.
2.1.
Wat se tipe film is Superhelde?
(1)
2.2.
Verduidelik in ‘n sin hoekom die ouderdomsbeperking 13 is?
(1)
2.3.
Kies die prentjie van dit waarvan die karakters in die film tien teen een versamel.
(1)
A 2.4.
B
C
D
Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(2)
Die tipe persoon wat van die film sal hou, hou nie van politiek nie. [5] EN Bladsy 5 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 AFDELING A – LEESBEGRIP VRAAG 3 – BOEKRESENSIE
Lees die volgende filmresensie versigtig deur.
Voetspore: Casablanca tot in die Kaap Dit lees soos ’n dagboek en bevat interessante strokies en resepte. Lesers het Johan en sy span leer ken op hul avontuurlike reise deur die vasteland. Die jongste boek is ’n verslag oor die sowat 23 000 kilometer wat hulle binne 94 dae tussen Casablanca en Kaapstad afgelê het. “Op die GPS staan ‘Driving on Totally In-sane’. Die Doodsakker is nie ’n speelplek nie. Dit is ’n kusstrook waar die duine van die Namib tot teenaan die see kom. Dit is net met laagwater tydens springgety dat ’n mens op die strand kan ry – ’n afstand van meer as 60 km. En dis juis hier waar die Voetspore-span in 2008 hul moses teëgekom het, skryf Johan Badenhorst. Maar dié keer is dit toegespoel onder die sand en lyk die gevaarlike strook strand kompleet soos “ ’n snelweg”. Skrywer: Johan Badenhorst Foto’s: Stefan Sonnekus. Uitgewer: Protea, Prys: R184,95 Ons dink: 3/5
3.1.
Wat maak die boek anders as ander boek? Haal een feit aan uit die resensie.
(1)
3.2.
Hoeveel kilometer het die span moontlik per dag gereis?
(1)
3.3.
Wat verkies jy: boeke of films? Gee ‘n oortuigende rede vir jou antwoord.
(2)
AFDELING A TOTAAL – 30
EN
Bladsy 6 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 AFDELING B – OPSOMMING VRAAG 4. INSTRUKSIES Skryf SEWE wenke oor wat jy moet doen om beter te slaap. Skryf jou sinne puntgewys neer. Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie. Skryf die getal woorde aan die einde van die opsomming. Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui nie.
Om 'n volle nag se slaap in te kry is net so belangrik as om goeie gesondheid te handhaaf met n goeie dieet en genoeg oefening. 'n Derde van alle Suid-Afrikaners kry minder as 6 ure slaap per nag – veel minder as die aanbevole 7-8 ure. Hier is wenke wat jy dadelik kan gebruik om jou slaap te verbeter. Vermy kafeïen in die namiddag want dit affekteer jou liggaam vir tot 8 uur. Drink dus Kafeïenvrye drankies soos tee na die middagete. Vermy enige drankies wat kafeïene bevat soos gaskoeldrank en en warm sjokolade. Oefening is baie belangrik en sal jou help om rustiger te slaap, maar jou liggaam het tyd nodig om te ontspan na oefening. Moet dus nie oefen net voor jy wil gaan slaap nie. Vermy enige vloeistof voor jy gaan slaap. Gee jou liggaam ten minste 'n uur om van die oortollige vloeistof ontslae te raak anders gaan jy in die middel van die nag wakker word en dan na die badkamer toe wil gaan. Hou by ‘n vaste slaappatroon sodat jy jou liggaam in 'n roetine kan kry. Hou by dieselfde tye van wanneer jy gaan slaap en opstaan, selfs oor naweke en vakansies. Vind jou beste slaapposisie. Op jou rug word aanbeveel. Sit ‘n kussing onder jou bene omdat dit drukking op die lae rug verminder. Gebruik die regte grootte en aantal kussings. Jou kop en nek moet so veel as moontlik in 'n reguit lyn wees terwyl jy slaap. Dra die regte slaapklere sodat die hitte of koue jou nie sal wakker maak of verhoed dat jy deur die nag slaap nie. Hou jou kamer donker is. Skakel die ligte af, maak die gordyne toe, bedek selfs die elektroniese verligting soos ‘n TV, radio of alarm wat jy gebruik om jou wakker te maak. Eet slaap vriendelike peuselhappies soos kalkoen, jogurt, roomys, of grondboontjies. Dit alles het 'n hoë vlakke van triptofaan, wat jou liggaam help om serotonien te produseer wat die ligaam laat ontspan, maar eet ‘n uur voor jy gaan slaap. AFDELING B TOTAAL :
10
EN Bladsy 7 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 AFDELING C – TAAL VRAAG 5 – WOORDGEBRUIK, WOORD- EN SINSTRUKTURE
Die taalvrae wat volg, is op die volgende prentjie gebaseer.
5.1.
Gee die korrekte vorm van die woord in hakies. (Aktief) mans kry nie hartaanvalle nie.
(1)
5.2.
Skryf die getal in die hakies as ‘n woord. Onaktiewe mans bo (40) ontwikkel hartprobleme.
(1)
5.3.
Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede. Die tannie sê: “Ek kry ‘n hartaanval oor hierdie onnnetjiese tuin.”
(4)
5.4.
Skryf die intensiewe vorm van die vertgedrukte woord. Jan se vrou is kwaad vir hom.
(1)
5.5.
Gee een woord vir die twee woorde in hakies. Jan sit net op die stoep en jag vlieë met die (vlieg+plak).
(1)
5.6.
Herskryf die sin met die voegwoord in hakies. Die tuin is regtig verwaarloos en Jan sal iets daaraan moet doen. (daarom) Begin so: Die tuin is…
(1)
[9] EN Bladsy 8 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 VRAAG 6 – WOORDGEBRUIK, WOORD- EN SINSTRUKTURE
Die taalvrae wat volg, is op die volgende prentjie gebaseer.
6.1.
Herskryf die sin en begin die sin met die woord in hakies. Dit gaan ‘n sonnige dag wees. (Vandag)
(1)
6.2.
Kies die korrekte voorsetsel in hakies. (In / by / teen) vanmiddag gaan dit bewolk word.
(1)
6.3.
Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord. Slegs by party plekke is daar wolkies en (miskien) gaan dit daar reën.
(1)
6.4.
Kies die korrkete spelling van die woord in hakies. Noordwaarts is die grens van die (Noordkaap / Noord-Kaap / Noord Kaap).
(1)
6.5.
Gee die oortreffende trap van die woord in hakies. Die heel (warm) plek in die land is Clanwilliam.
(1)
6.6.
Skryf die volgende sin in die passiewe / lydende vorm. Die mense dra vandag hoedens in die meeste dele van die Kaap.
(3)
6.7.
Skryf die volgende sin in die verlede tyd. In Calvinia sit die honde en gaap van die hitte.
(2) [10]
EN Bladsy 9 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 VRAAG 7 – WOORDGEBRUIK, WOORD- EN SINSTRUKTURE
Die taalvrae wat volg, is op die volgende prentjie gebaseer.
7.1.
Herskryf die volgende sin in die indirekte rede Kekkel sê: “Kirpats het vanoggend Kaap toe gevlieg.”
(3)
7.2.
Beantwoord die vraag hieronder in die negatief. Het Kekkel saam met Kirpats Kaap toe gegaan?
(3)
7.3.
Skryf die volgende sin in die verlede tyd. Dis ‘n lang kongres.
(2)
7.4.
Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies. Dit sal ‘n lang vlug Kaap toe wees. Kirpats gaan per vliegtuig. (tensy) Begin so: Dit sal ‘n …
(2)
7.5.
Gee een woord vir die woorde in hakies: Kekkel is ‘n (vroulike hoender) en Kirpats is ‘n haan.
7.6.
a. b. c. d.
(1)
Kies die korrekte woord wat die volgende idiomatiese uitdrukking voltooi? Geen (_________) sal weer daaroor kraai nie.
(1)
Kraai. Hen. Kuiken. Haan
7.7.
Wat sal die vraag wees as die vetgedrukte / onderstreepte deel die antwoord is? Kekkel en Kloek sit buite die hoenderhok en broei.
(1)
7.8.
Gee die korrekte vorm van die woord in hakies. Dit is ‘n (lank) vlug Kaap toe.
(1)
[14] EN Bladsy 10 van 11
GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1 VRAAG 8 – WOORDGEBRUIK, WOORD- EN SINSTRUKTURE
Die taalvrae wat volg, is op die volgende prentjie gebaseer.
8.1.
Kies die korrekte antwoord. Die vrou is ‘n (dokter / verpleegster / veearts / chirurg).
(1)
8.2.
Gee een woord vir die woorde in hakies: Die luislang kry gewoonlik (in die oggende) ‘n paar muise om te eet.
(1)
8.3.
Skryf die volgende sin oor in die aktiewe / bedrywende vorm. Deur wie is die vrou gered.
(2)
8.4.
Herskryf die sin met die aanwysende voornaamwoord tussen hakies. Die hond slaap onder die tafel. Die luislang lê op die tafel. (waarop)
(1)
8.5. Skryf elke keer die ontbrekende woord neer: 8.5.1. Die vrou … wie hy getroud is, het verdwyn. 8.5.2. Links agter is daar ‘n … met inligting oor honde.
(1) (1) [7] AFDELING C TOTAAL :
Vraestel Totaal
40
: 80 Bladsy 11 van 11