Die Vereniging van
Rekenmeesters vir Afrikaans Die Tuiste van die Afrikaanse Rekenmeester
Posbus 219, Wierdapark, 0149 Gouwslaan 50, Raslouw, Centurion Tel. (012) 666 7024 E-pos:
[email protected] www.rva.org.za
8 Oktober 2013 INHOUDSOPGAWE
Nuusbrief Nr 15 BLADSY
Algemene Jaarvergadering (AJV) SEMINARE – Verskeie nuwe seminare MEER OOR INTERAKTIEWE SEMINARE - Die stelsel - Groep Webinare - Privaat Webinare - YouTube - E-posse tydens seminare
1 1
IFRS in AFRIKAANS DIE ERFENISSTIGTING E-FILING A6-belastinggidse Ander tegniese gidse AFRIKAANSE Aktes van Oprigting SAIPA en AFRIKAANS LEDEWERWING
5 5 6 6 6 6 7 7
2 3 3 3 3
***************************************************************************** Geagte Lid ALGEMENE JAARVERGADERING Ons sal u binnekort in kennis stel waar en wanneer die AJV in November gaan plaasvind. U behoort die geouditeerde finansiële state reeds ontvang het. SEMINARE Ons eerste seminaar vanjaar is deur middel van Akademia se tegnologie aangebied en dit was UITERS suksesvol. In Centurion waar ek ook aanwesig was, is geen negatiewe kommentaar gelewer nie. Ons tweede seminaar vanjaar was ongelukkig in tegnologiese opsig teleurstellend. Die rede is dat ons webinare gelyktydig met die intydse interaktiewe tegnologie gekombineer het, wat tot onaanvaarbare klanksteurings gelei het. Hierdie steurings het veroorsaak dat ons moes verseker dat dit nie weer gebeur nie. Ons het nou weer seminare aangebied en die suksesstorie het voortgeduur.
Bestuur: JH van der Merwe (Voorsitter), JP Botha (Onder Voorsitter), CJ Jansen van Rensburg
2
Die derde en vierde seminare het vlot verloop, alhoewel die derde seminaar se middaguitsending laat begin het weens wat ek die leerkurwe noem. Elke persoon in beheer van elke sentrum moes inskakel en dit het bietjie tyd geneem dat almal alles mooi verstaan. Met die vierde seminaar was ons weer op tyd en het dinge baie vlot verloop. Ons het beide die seminare op video opgeneem en is op privaatskakels op YouTube beskikbaar. Seminaar oor Waardasies van ongenoteerde/klein ondernemings gaan op Donderdag, 17 Oktober 2013 gehou word. Registrasies is ook reeds oop en ons nooi u uit om te registreer. Registrasies vir die seminaar blyk populêr te wees. Ons beplan vir volgende jaar ‘n baie vol program vir seminare. Die volgende seminare word onder andere vir volgende jaar beplan: IFRS vir KME’s Maatskappywet Begroting Belasting Administrasiewet Belastingbesware en appèlle BTW Werknemersbelasting Kapitaalwinsbelasting Boedels, Testamente en Trusts Waardasies vir ongenoteerde/klein ondernemings Inleiding tot bestorwe boedelbereddering Wet op Verbruikersbeskerming en Nasionale Kredietwet Excel vir rekenmeesters Belasting van Nie-Winsgewende Organisasies Indien u nog voorstelle vir seminare het laat weet asseblief vir Petra by
[email protected]
MEER OOR INTERAKTIEWE TEGNOLOGIE vir SEMINARE Die Stelsel Ons kom toenemend voor die probleem van onbekostigbare seminaaraanbieders te staan. Hulle het eenvoudig ook nie tyd om tien tot vyftien dae te bestee om op tien tot vyftien verskillende plekke seminare aan te bied nie. Boonop word seminare slegs in die hoofsentra van die land gehou, ten koste van honderde seminaargangers wat ver woon. ‘n Persoon in Kuruman of Springbok moet honderde kilometers aflê en boonop die koste dra om vir een seminaar te oornag. Ons in Pretoria is woerts warts terug op kantoor. Tegnologie, wat behels dat die aanbieder in ‘n ateljee sit, is vreemd, maar eintlik vreemder vir die aanbieder as vir die seminaarganger. Nogtans skik die meeste van die aanbieders hulle gou na die tegnologie. Webinare word ook toenemend algemeen, veral by universiteite. Twee foto’s ter illustrasie:
2
3
Lokaal in Centurion
In die ateljee met prof. Pieter van der Zwan
Die voordele van hierdie tegnologie is dat die aanbieding van seminare maklik en koste-effektief is, wat beteken dat ons meer seminare meer gereeld kan hou. Seminare waarvan die verwagte opkoms laag is, kan dus in elk geval met vertroue gereël word. GroepWebinare (Dis hoe ons nou die middae vir die tydelike sentrums bedien) is nou op klein skaal ingefaseer met sowat 10-12 stasies (aanvanklik hoofsaaklik vir afgeleë sentras), daarna hopelik meer. Hierdie sessie vind tans in die middag opvolgend tot die oggendseminaar plaas. Ons ondersoek ook die opsie om dit dalk ‘n dag of wat later as die aanvanklike seminaar aan te bied deur middel van ‘n DVD of iets soortgelyks (Aflaai vanaf YouTube dalk) – Iets wat die huidige internet afhanklikheid illimineer. PrivaatWebinare is ongelukkig nog nie moontlik soos ons dit graag sal wil hê nie. Ons werk daaraan en ondersoek dit. Daar is baie vraag daarna vanaf almal. YouTube met ‘n vraelys is dalk die opsie? YouTube het ons nou in werking gestel met privaat skakels. Almal wat die afgelope twee seminare bygewoon het sou reeds gratis skakels ontvang het. Om eerlik te wees is ons nog nie seker hoe om dit beskikbaar te stel aan almal sodat VPO ure verdien kan word nie. Ons mededingers verkoop DVDs met vraelyste wat dan die VPO punte regverdig. Ons moet egter ‘n vraelys opstel en dit merk en dit is nog ‘n administratiewe uitdaging maar wees verseker dat ons daaraan werk en hopelik binnekort met ‘n oplossing na vore sal kom. Voorlopig sal ons voortaan die groepwebinare direk ná die oggendseminaar in die middag van 14:00 tot 18:00 hou, om absoluut seker te maak dat die groepwebinare nie weer met die hoofuitsendings bots en klanksteurings veroorsaak nie. Ons laaste seminaar het sonder enige probleme verloop en bewys dat die tegnologie nou ook betroubaar gebruik kan word. Ons hou die groepwebinare op afgeleë plekke en plekke buite die groot sentras, soos Pietersburg, Nelspruit, Groblersdal, Warmbad, Potchefstroom, Bloemfontein, George, Kuruman, SchweizerReneke en Upington. Ander plekke soos Port Elizabeth, Kimberley, en so aan word ook ondersoek. E-posse tydens seminare na
[email protected] : Ons het opgemerk dat seminaargangers nie eintlik vrae vra tydens die seminare d.m.v. die tegnologie nie en het besluit om e-posse in te span. Vandag het bykans almal slimfone en tablette. Baie seminaargangers woon seminare met hulle skootrekenaars by. Dus kan u met elke seminaar die e-posadres
[email protected] gebruik om vrae aan die aanbieder te vra, waarop hy/sy direk op die skerm kan reageer. Ons beoog ook om al die vrae bymekaar te maak en aan alle seminaargangers die lys van vrae en antwoorde na die tyd te epos. Bring dus u tablet na die volgende seminaar saam. Let asseblief daarop dat slegs vrae wat op 3
4
die dag van die seminar gestuur word beantwoord sal word aangesien die seminaarganger hulle moet beantwoord en ons ‘n afsnyding moet hê anders het ons ervaar dat hy heeltyd moet aanhou om vrae te antwoord. Seminare sal in die toekoms by die volgende plekke soggens van 09:00 tot 13:00 aangebied word: Boksburg Centurion Pretoria-Moot Roodepoort Stellenbosch Vanderbijlpark Bellville in proses maar sal hopelik iewers volgende jaar inwerking kom. Seminare sal in die toekoms by die volgende plekke in die middae van 14:00 tot 18:00 aangebied word: Bloemfontein George Groblersdal Kuruman Nelspruit Pietersburg Potchefstroom Schweizer-Reneke Upington Warmbad
4
5
Verbeteringe vir bostaande: Volledige Pastel-integrasie & Multi-taalfunksionaliteit Spesiale bekendstellingsaanbod GreatSoft-kantore R800 per persoon per dag by u werkplek
IFRS IN AFRIKAANS Tydens sy besoek aan Londen in Junie/Julie het RVA se ondervoorsitter met die IFRS-stigting gepoog om namens RVA ‘n ooreenkoms met die stigting te bereik. Die doel hiermee is dat RVA IFRS met die stigting se lisensie kan vertaal, ten einde dit in Suid-Afrika te verkoop. Aangesien daar ‘n nuwe weergawe om die draai is, is die projek tans op die ys maar sal hervat word sodra die nuwe weergawe beskikbaar is. ERFENISSTIGTING Ons herinner u aan genl.maj. Gert Opperman (Besturende Direkteur van die Erfenisstiging) se uitnodiging om die Erfenissentrum (op die terrein van die Voortrekkermonument) as sy gas te besoek. Slegs ‘n paar persone kan geakkomodeer word en ons doen ‘n beroep op lede om ons so spoedig moontlik in kennis te stel as u saam met u wederhelfte die gratis besoek wil meemaak. Ek het so besoek onlangs meegemaak en dit baie insiggewend gevind. Verskeie oorspronklike oudhede asook bv. die dokumentasie van die ossewa brandwag en broederbond word daar geberg. 5
6
Indien u, u familie se stamboom wil kom navors is dit ook die idiale plek aangesien meeste families se stambome daar gedokumenteer is selfs tot in die laaste paar jaar. SAID en E-FILING en BTW Afspraak is uiteindelik na vele gesukkel gekry en daar is bevestig dat SAID wel aan ‘n nuwe taalbeleid werk weens die taalwet wat onlangs tot stand gekom het. Dit is nie seker dat Afrikaans ingesluit sal word nie maar SAID moet in 3 tale werk en die 3 tale wat gekies word moet die nodige tegniese ander ontwikkeling hê wat Afrikaans wel het en ongelukkig vir die ander inheemse tale nog nie in die tale ontwikkel het nie. Ons glo dat Afrikaans wel ingesluit sal word. Indien nie sal ons op daardie stadium daaraan aandag gee en opsies saam ander Afrikaanse organisasies oorweeg. ‘n Nuwe wysiging is oppad wat die registrasies vir BTW o.a. gaan vergemaklik. Die huidige IT77, VAT101 en EMP101 vorms gaan geabandoneer word en een nuwe vorm gaan beskikbaar gestel word. Ons kommer oor slegs Engelse vorms is ook genotuleer en ons glo dit sal aandag kry. RVA as BELASTINGPRAKTISYNSORGANISASIE Na vele versoeke deur lede van RVA rakende RVA as organisasie om by as belastingpraktisyn te kan registreer is daar al hoe meer druk op RVA om te registreer sodat rekenmeesters en boekhouers ook by RVA kan aansluit om as belastingpraktisyn geregistreer te word aangesien die SAID heel moontlik slegs met hierdie organisasies gaan praat en dus dan nie meer met RVA kan praat as ons nie as sodanig registreer nie. A6-BELASTINGGIDSE Ons derde weergawe van die A6-belastinggids is reeds aan alle lede versprei, danksy Absa wat vanjaar ons gidse borg. Gidse is steeds vir lede teen R20.00 elk beskikbaar en vir nie-lede teen R25.00 elk. Stuur ’n e-pos aan
[email protected] indien u belangstel. ABSA het egter laat weet dat hulle nie weer bereid is om RVA te borg nie. Ons is ook afgeraai om in die nabye toekoms weer aansoek te doen. ANDER TEGNIESE GIDSE IN AFRIKAANS Ons is nou al langer as twee jaar besig om die moontlikheid van ander gidse te oorweeg, soos:
Beknopte gids vir Direkteure Beknopte gids oor die nuwe Maatskappywet Beknopte gids oor nuwe Aktes van Oprigting Beknopte gids oor die Wet op Verbruikersbeskerming
Hierdie gidse is onlangs deur die ATKV gratis vir ons vertaal, en sodra ons ‘n borg vir die drukwerk gevind het sal RVA dit teen billike pryse kan verkoop en natuurlik gratis onder lede kan versprei in harde- en elektroniese kopië. AFRIKAANSE AKTES VAN OPRIGTING U dra reeds kennis daarvan dat RVA ook Afrikaanse Aktes van Oprigting aan lede beskikbaar gestel het. Lede kan nou die kort of lang weergawe daarvan gebruik. Hierdie kort en lang
6
7
weergawes is onlangs vir spel en ander taalfoute afgestof en u sal binnekort beter weergawes ontvang. Ons het ook Aktes van Oprigting vir Ingelyfde maatskappye en Maatskappye sonder winsbejag (Vir Huiseienaarsvereniging) binnekort beskikbaar en u sal afskrfte hiervan ook dan ontvang. SAIPA en AFRIKAANS Ons het na navrae van lede oor SAIPA en Afrikaans weer ‘n vergadering met SAIPA gehad wat die keer slegs deur Lester Goldman bygewoon is. Shahied Daniels, die HUB het ander verpligtinge gehad. My versoek aan SAIPA is dat:
Aansoekvorms vir lede tweetalig gemaak word; Cote se aansoekvorms (As belastingpraktisyn by SAIPA registreer) Werkspapiere en voorbeeld Finansiële state in Afrikaans beskikbaar gestel word; Logboeke vir leerlingrekenmeesters tweetalig gemaak word;
Ons versoek juis dat die vorms/dokumente tweetalig gemaak word sodat daar nie weer geskarrel word om ‘n Afrikaanse weergawe iewers onder die stof uitgegrawe moet word nie. SAIPA het intussen na ons teruggekeer en bevestig dat Afrikaanse finansiële state en werkpapiere wel binnekort (teen ‘n prys) beskikbaar gestel gaan word – Ek glo voor die einde van die jaar. Cote vorms word ook vertaal. Ons het nie oor die hangende hofaksie teen SAIPA gepraat nie aangesien dit nie gepas sal wees nie. Vir die van u wat nie hiervan kennis dra nie – In kort gaan dit oor RVA lede wat aan my volmag gegee het om teen die nuwe grondwet se aanvaarding te stem. Ons het ongeveer 220 volmagte gehad maar slegs sowat 26 is aanvaar. Dit het veroorsaak dat die nuwe grondwet met 5 stemme ingestem is. SAIPA weier egter om enige inligting aan ons bekend te stel rakende die ontvangs van die volmagte (dis per epos gestuur) en dus word tans ‘n aansoek voorberei om SAIPA te verplig om die inligting aan ons beskikbaar te stel om te sien waarom die volmagte nie aanvaar is nie. LEDEWERWING Onthou asseblief om ons vereniging te bemark, waar u ook al kom. Ons versoek u vriendelik, soos ons dit ook reeds in die verlede gedoen het, om ons nuusbrief aan soveel mense moontlik te stuur om RVA verder bekend te stel, uit te brei en lede te werf. Van ons lede dui nou al onderaan hulle eposse en op hulle briefhoofde aan dat hulle lede van RVA is. Dit is ’n pragtige voorbeeld wat ons gerus almal kan volg. Ons ledetal het nou reeds die 800-kerf verbygesteek en nou mik ons na 900! Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. Met vriendelike Afrikaanse groete
JACO VAN DER MERWE Voorsitter
7