TYD IN PERSPEKTIEF SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA TYD
SAAMGESTEL VIR ’N LUX MUNDI GROEIGROEP PAUL LE ROUX
2009
1
30/04/2009
Voorwoord Die Woord van God is die “lig” vir die lewenspad, die “kompas” vir die lewensreis waartydens gelowiges God se unieke droom vir sy of haar lewe self ontdek. Die verlossing wat Jesus Christus vir ons gelowiges gegee het bied die beste boodskap van hoop wat mense kan kry. Wat kan jy doen om die passie wat Jesus vir verlore mense het, na vandag se verlore mense uit te dra? Wat doen jy om die blye boodskap van hoop met ander mense te deel? Ons bid en vertrou dat hierdie bybelstudie vir jou ook sal help om die ware hoop met ander mense, wat dit nodig het, te deel. Ef. 1:18 18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 1 In hierdie reeks kyk ons spesifiek na gelowiges se perspektief van tyd en die impak daarvan op die bepaling van ons prioriteite en ons lewensstyl. Die doel is om “die tyd uit te koop” om mekaar te help om weer tyd te maak vir die wesentlike dinge in die lewe. Ons lewe so vinnig en die aardse is in ’n oogwink verby. Tyd wat verby is kry ons nooit weer terug nie. Wat maak ons met die beskikbare tyd? Wat doen ons om voor te berei vir die ewigheid waar tyd nie geld is nie? Kom ons maak weer tyd vir die “klein en onbelangrike” dingetjies wat ons in liefde aan mekaar bind. Kom ons leef stadiger om tyd te maak om stil te word voor God en Sy vrede in ons lewens te ervaar. Beskrywing van die beginsels en proses vir die ontwikkeling van die Leer en Groei Saam Reeks: a) Die reeks is ’n integrale deel van die geloofservaring van ons eie gemeenskap van gelowiges. b) Die beginsel is dat gelowiges, gelei deur die Heilige Gees, mekaar aanmoedig en stimuleer tot groei in geloof en kennis. c) Die materiaal word saamgestel vanuit verskillende Bybel vertalings, bestaande erkende kommentare en literatuur met duidelike verwysings. Persoonlike kommentaar en opinies word duidelik as sulks uitgewys. d) Die ontwikkelingsproses sluit ook die kwaliteitsbeginsel van voortdurende verbetering in. Hersienings word aan datums uitgeken. e) Alhoewel erkenning gegee word aan die oorspronklike samesteller en die insette van elke medewerker is die produk die eiendom van die gemeente. ’n Hersieningspan is verantwoordelik vir die instandhouding, opdatering en verspreiding van die dokumente. f) Die produkte/dokumente is voorwaardelik beskikbaar aan alle medegelowiges binne en buite die gemeente. Voorwaardes vir gebruik van die materiaal: a) Jesus Christus moet die eer kry. Verheerlik Sy Naam. b) Gee terugvoering en kommentaar om die reeks kontinu te verbeter. Stuur kommentaar na
[email protected] c) Materiaal mag nie verkoop word nie. Moet verkieslik elektronies versprei word. Slegs koste van afdrukke kan verhaal word.
1
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Eph 1:18
2
30/04/2009
TYD IN PERSPEKTIEF 1) OORSPRONG EN DOEL VAN TYD 1.1 Oorsprong van tyd. Hoeveel horlosies is daar in jou huis? ............................................................................................................................................................... Bespreek die gedagte “waar kom tyd vandaan?” ............................................................................................................................................................... God het tyd begin met die skepping van die heelal. Die mens het waargeneem dat dag en nag mekaar siklies opvolg en dat daar ook sikliese seisoenale veranderings plaasvind. Die mens meet tyd fundamenteel as die duurte van die relatiewe beweging tussen die aarde en die son en sterre. God het die heelal geskep met ’n orde en ritme wat die grootheid van God verkondig. Die eenhede waarin tyd gemeet word het ook oor die jare ontwikkel na aanleiding of dit relatief kort of lank van duurte is. Die kort duurtes word beskryf relatief tot die rotasie van die aarde om sy eie as terwyl die langer duurtes beskryf word relatief tot die beweging van die aarde om die son en ook die maan om die aarde. Die kort duurtes word gedefinieer as dae, ure, minute, sekondes en fraksies van sekondes. SI definieer die sekonde vandag as 9,192,631,770 bestraling siklusse wat ooreenstem met die oorgang tussen twee elektron spin energievlakke van die Cesium atoom (Cs). Tyd kan dus al akkuraat tot ’n biljoenste van ’n sekonde gemeet word. Die kulture wêreld wyd meet hierdie aspek van tyd dieselfde relatief tot die Greenwich lengtegraad. (0˚). Die moderne instrument wat ons gebruik om “kort” tyd te meet is ’n horlosie en die meeste mense het vandag toegang tot so ’n instrument hetsy persoonlik of gemeenskaplik. Vroeër het gemeenskappe die horlosie en klok gebruik in die kerktoring. Wat die langer duurtes van tyd betref meet kulture tyd baie verskillend. Ons fokus op die Westerse kultuur en die gebruik van die gregoriaanse kalender soos dit in Suid Afrika bedryf word. Tyd word hier gemeet in dag, week, maand, seisoen, jaar, dekade, eeu en millenium. Die jare word gemeet van die geboorte Christus en die Gregoriaanse kalender het ’n siklus van 400 jaar. 1.2 Doel van tyd. Hoekom meet die mens tyd? ............................................................................................................................................................... God het die mens geskep met ’n natuurlike bioritme en ’n fisiese behoefte aan rus en slaap. Ons slaap ongeveer ’n derde van ons lewens om energie ter herwin. Ons slaap ook prakties wanneer dit donker nag is en ons aktiwiteite meer beperk is. God het die ritme van dag en nag ingebou omdat die mens dit fisiologies nodig het. Gedurende die dag is daar ’n magdom van aktiwiteite wat gekoördineer moet word. Die meeting van tyd orden wanneer die aktiwiteite plaasvind. Dink net hoe belangrik is tyd vandag in die ordening van die aktiwiteite wat by ’n moderne lughawe plaasvind. Die mens meet tyd om te beplan en prestasie te meet. Ons verkoop ons werktyd vir geld. Party word per uur vergoed, party per dag ander per maand of per stukwerk of opdrag. Ons meet volwassenheid in jare om risiko te bestuur. Voertuigbestuurlisensie, stemreg en drankgebruik word beperk tot persone ouer as 18 jaar. Mondig om kontrakte selfstandig te sluit 21 jaar. Volgens versekeringsmaatskappye het mans wat ouer as 25 jaar is ’n laer risiko om ’n motor ongeluk te hê. 3
30/04/2009
Ons meet ervaring in jare. Die meeste beroepe vereis ervaring om te presteer. Baie aanstellings word gemaak met ’n vereiste van sekere jare ervaring. Te min of te veel kan ’n probleem wees. Hoekom tree mense af op 60-65 jaar? ............................................................................................................................................................... Ps. 90:10 “10Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe. 2 Mens se energievlakke neem af met tyd. Die vermoë en lus om aan te pas en te verander neem ook af. Die mens se vermoëns is dus net vir ’n beperkte tyd beskikbaar. Dit onderskei ons van God wat dieselfde bly in alle ewigheid. 1.3 Jesus se hantering van ons tyd Lees Mat 20:1-11 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van ’n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.2“Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk. 3Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan, 4en hy sê vir hulle: ‘Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.’5Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen. 6Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: ‘Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?’7Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ ‘Gaan werk julle ook in my wingerd,’ sê hy toe vir hulle.8“Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’9“Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. 10Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. 11Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla 12en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’3 Hoe meet Jesus produktiwiteit en beloning? Is God onregverdig? ............................................................................................................................................................... Wat sê dit van Jesus se meeting van tyd? Respekteer God nie tyd nie? ............................................................................................................................................................... God is verhewe bo aardse tyd. Hy het aardse tyd vir ons geskep om ons lewens te orden. Hoekom sal Hy dit nie respekteer nie? Hy wil dus hier vir ons ’n ander les leer. Koop die tyd uit. Benut elke geleentheid. Behou ’n gebalanseerde prioriteit benadering ten opsigte van ons aardse bestaan, roeping en doelwit. Ons fokus moet op Jesus wees en die ewige lewe by Hom as finale beloning. 1.4 Gebed Bid dat ons God se die doel van tyd sal verstaan en dat ons die orde wat dit bring sal respekteer. Wat is op jou hart om in gebed aan God op te dra? ..............................................................................................................................................................
2 3
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Ps 90:10 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Mt 20:1
4
30/04/2009
2)
MY PRIORITEITE EN GEVOLGLIKE TYDBENUTTING IN PERSPEKTIEF
2.1 Agtergrond Naas slaap, eet en werk, waaraan spandeer jy die meeste tyd in jou lewe en hoekom? .......................................................................................................................................................... Voorbeeld van tydbenutting gedurende ’n normale week. Voltooi eerlik met jouself jou eie tabel en evalueer jouself. Wat is volgens my tydbenutting, my top 8 prioriteite? Week indeling van tyd Totale Beskikbare Tyd
so 24
ma 24
di 24
wo 24
do 24
vr 24
sa 24
Tot 168
% 100
Slaap Was / etenstyd / teetyd Reis Besoldigde Werk Persoonlike stiltetyd Inkopies/sake/administrasie Gemeenskap van gelowiges Sport / oefening / ontspanning Familie tyd / huis take Stokperdjie/ Persoonlike Tyd Dienswerk Ander Totaal
8 2 0.5 0 1
8 2 1.5 9 1
8 2 1.5 9 1
8 2 1.5 9 1
8 2 1.5 9 1
8 2 1.5 9 1
8 2 1 0 1 3
1
1 1
1
1 1
1.5
0.5
0.5
0.5
24
24
24
24
56 14 9 45 7 3 4 5 13 3 8 1 168
33% 8% 5% 27% 4% 2% 2% 3% 8% 2% 5% 1% 100%
3 4 2 3 0.5 24
1 3 4 1 1
1 1 0.5 24
24
Prioriteit
1 3 6 2 7
8 4 5
God het die mens geskep met sekere behoeftes. Maslow het die behoeftes as ’n hiërargie voorgestel. (Verwys na die Lux Mundi Bybelstudie Reeks 6 oor materialisme.) Maslow se behoefte-hierargie en God se Woord. Selfverwesenliking behoeftes Om volle potensiaal as mens te bereik Leef naby God. Leef Sy wil. Rom 12:2 Intelektuele behoeftes Kennis, inligting en estetiese behoeftes Leer daagliks meer van Sy Woord en getuig. Selfbeeld behoeftes Selfrespek, mag, erkenning, leierskap, Ek moet minder word en Jesus moet meer sigbaar word in my lewe. Fil 4:13 Sosiale behoeftes ( Behoefte om interaksie te hê met mense en iewers te behoort ) Maats, vriende, huweliksmaat,kinders ,skool ,kerk , gemeenskap, burgerskap. Deel van Gemeenskap van gelowiges – sorg vir, bid vir en bemoedig mekaar. Naasteliefde Mat 19:21, Rom 12:3 Veiligheid en Sekuriteit behoeftes (Fisiese en emosionele beskerming behoeftes) Veilige woonplek (Primêre beskerming ), werk/inkomste sekuriteit, gesondheid/mediese versorging, Liefde vir God die fokus. 1 Tim 6:17 Fisiologiese behoeftes (Basiese behoeftes ) moet eerste bevredig word om te lewe Water, kos. klere en slaap – Fokus op energiebehoud Werk 100%. Vertrou God 100% vir daaglikse versorging. Wees tevrede as jy genoeg het om te leef. 1 Tim 6: 8
5
30/04/2009
Dit is normaal vir elke mens om primêr deur fisiologiese en sekuriteit behoeftes gedryf te word. Dit is hoe God ons gemaak het. Daar egter twee vrae wat ons onder hierdie tema van tyd wil aanspreek. a) Hoe raak die omstandighede waarin ek lewe die verwesenliking van my behoeftes? b) Is daar balans in my lewe in die bepaling van my prioriteite? 2.2
Omstandighede bepaal my behoeftes Wanneer ons nou eerlik na die balans in ons eie lewens kyk is ons nie onsensitief vir die werklikheid waarbinne ons lewe nie. Ons lewe in tye waar daar steeds geweldige onbalans is in die bevrediging van mense se primêre behoeftes. Die gaping tussen ryk en arm word groter terwyl die owerhede ten doel het om dit kleiner te maak. Regstellende aksie beïnvloed steeds baie blanke mans. Werk geleenthede is beperk en daar is nie balans tussen verwagte inset en uitset nie. Die situasie is nie volhoubaar nie en mense verlaat die land omdat hulle moedeloos raak en hoop verloor. Die groot resessie raak almal se inkomste en baie verloor hulle werk. Dit lyk na ’n baie donker prentjie as jy net in die omstandighede en probleme vas kyk As gevolg van die negatiewe omstandighede hierbo geskets is dit realiteit dat baie mense in ’n oorlewing stryd gedwing word en fokus hulle meer op werk en inkomste. 95% van al die mense op aarde funksioneer waarskynlik in hierdie omstandighede. Kan mens dan bo dit uitstyg? ............................................................................................................................................................... ’n Groot groep mense is ook in die oorwerk posisie omdat hulle deur ons werk-kultuur gedwing word. Die tekort aan sekere vaardighede veroorsaak ’n onbalans in die werkverdeling. Party mense het teveel werk terwyl ander weer te min het. Het mens ’n keuse in hierdie situasie? ............................................................................................................................................................... Daar is mense wat meer as een werk het en dit het ’n impak op hulle slaap en eet patroon. Sien artikel van jong entrepreneurs wat tot 3 werke het. (Sarie van Julie 2008) Het mens ’n keuse in hierdie saak? ............................................................................................................................................................... Baie meer prakties. Die verkeersvolumes veroorsaak dat mense in Gauteng minder slaap omdat hulle die verkeersprobleme probeer hanteer. Wat is die impak van te min slaap op ons? ............................................................................................................................................................... Lees 1 Kor. 7:17-24 17 Verder moet elkeen in die omstandighede bly wat die Here vir hom gegee het. Hy moet bly wat hy was toe God hom geroep het. So skryf ek dit ook aan al die gemeentes voor. 18As iemand reeds besny was toe God hom geroep het, moet hy die teken van sy besnydenis nie ongedaan probeer maak nie. As iemand ’n onbesnedene was toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie. 19Dit kom nie daarop aan of iemand besny is of nie, maar wel of hy die gebooie van God onderhou. 20In die samelewing moet elkeen bly in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het. 21As jy ’n slaaf was toe God jou geroep het, moet jy jou nie daaroor kwel nie. Maar as jy die kans kry om vry te word, maak gerus daarvan gebruik. 22’n Slaaf wat deur die Here geroep is, is immers ’n vrygemaakte van die Here. Net so ook is ’n vry man wat deur die Here geroep is, nou ’n slaaf van Christus. 23Julle is vrygekoop en die prys is betaal; moet dan nie slawe van mense wees nie. 24 Broers, elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het.4 Wat lei jy af is die relatiewe belangrikheid van ons aardse omstandighede vir God? ............................................................................................................................................................... Lees Dan. 2:20-22 20 Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, 21Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die
4
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. 1 Co 7:17
6
30/04/2009
wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, 22wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig.5 Wie is in beheer van ons omstandighede? ............................................................................................................................................................... Kan ek tyd maak om my naaste lief te hê en God te dien ten spyte van my omstandighede? ............................................................................................................................................................... 2.3
Balans in die bepaling van my prioriteite en gevolglike tydbenutting Die meeste mense het ’n werkslewe van 40 tot 45jaar. Dit is die tyd wanneer jy jou beroep vestig en beoefen en ook die tyd wanneer jou gesin vestig en ontwikkel. Dit is die tyd wanneer jy die grootste impak op die lewe van die mense om jou het. Dit is ’n relatief kort venster in tyd. Wat is 40jaar in terme van die ewigheid? Dit is ook waar dat mens na aftrede van die formele werkslewe ’n impak kan maak op ander se lewens. Ons wil hier kyk na die belangrikheid om die beskikbare tyd te balanseer tussen prioriteite. Meeste mense spandeer feitlik al hulle beskikbare tyd aan werk, eet en slaap? Leef ek dan net vir myself? Hoe beïnvloed my gesindheid my ewigheidsperspektief? ............................................................................................................................................................... Die meeste mense wat ’n vaste werksgeleentheid vandag in Suid Afrika het ervaar dat ons ’n kultuur ontwikkel het van werk prioritisering. Ons het ’n oordrewe sin van verantwoordelikheid teenoor die werksituasie ten koste van ander prioriteite in ons lewe. Ons beleef dat sukses, bevordering en vergoeding direk afhanklik is van ons gesindheid in dié verband en die werkgewers misbruik die situasie. Mense met ’n sterk Calvinistiese werksetiek en “Baby-boomer” lojaliteit is veral vasgevang in hierdie situasie. Om goed te werk is deel van ons verantwoordelikheid teenoor God. Lees Mat. 25:14-18 “Verder gaan dit soos met ’n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ’n ander twee, en vir ’n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan. 16 “Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en ’n wins gemaak van nog vyf. 17So ook die een wat twee gekry het: hy het ’n wins gemaak van nog twee. 18 Maar die slaaf wat een gekry het, het ’n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek.6 14
Vir wie werk die mense? Wat sê hierdie gedeelte vir ons in verband met werksetiek? Wat dryf my? ............................................................................................................................................................... My doel op aarde gaan nie oor my nie maar oor God! As ek hard werk, werk ek om God se doel met my lewe te verwesentlik. Balans in my lewe lê in God in my lewe. Lees Efesiërs 5:15-17 15 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. 16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. 17Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.7 2.4
Gebed Bid dat God ons deur die Heilige Gees sal lei om ons prioriteite in balans te kry. Kyk verby die omstandighede en sien Jesus raak. Wat is op jou hart om in gebed aan God op te dra? ..............................................................................................................................................................
5
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Da 2:20 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Mt 25:14 7 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Eph 5:15 6
7
30/04/2009
3) 3.1
GOD EN TYD Agtergrond Hoe oud is God? Wanneer is God dan gebore? Is God dan gebore? Wat sê dit van ons verstaan van God se omgewing en tyd? ............................................................................................................................................................... Die Bybel vertel van die verhouding van Abraham met God. Dit strek sowat 4000 jaar terug. Jesus is sowat 2000 jaar gelede gebore. Deur opgrawings is bevestig dat ’n reuse vloed sowat 4800 jaar gelede in die Tigris en Eufraat riviere voorgekom het. Moontlik verduidelik dit wanneer Noag se vloed plaasgevind het. Ons weet nie. Die oorgelewerde geskiedenis van die mens se verhouding met God kan ons maar sowat 5000 jaar terug neem. Die tydperk wat die mens die vermoë ontwikkel het om te dokumenteer is relatief kort selfs in terme van aardse tyd. Deur middel van koolstof datering kan die mens vandag ongeveer 60 000 jaar terug meet. Deur middel van geofisiese tegnologie het die mens al bepaal dat die Aarde, Maan en Mars ongeveer 4500 miljoen jaar oud is. God die skepper van dit alles is dus ouer as 4500 miljoen jaar. Die mens sukkel om die aardse tyd te verstaan wat nog te sê van die konsep van ewigheid. In die Bybel is daar 613 verse waarin die woord tyd gebruik word. God ken die mens en weet hoe belangrik tyd vir ons is. Tog moet ons God nie binne ons tydraamwerk plaas nie. Ons moet God in ons gedagtes in die ewigheid raamwerk plaas. Lees 1 Pet. 3:8 8 Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. 8 God wat ons tyd geskep het is self verhewe bo ons tyd. As skepper en onderhouer van die skepping bepaal God sekere gebeurtenisse en die tyd daarvoor. Die mens het geen beheer hieroor nie. God het egter ook tyd en ruimte geskep waarbinne dit vir ons onbepaalde keuses en geleenthede bied. Die vraag is hoe hanteer ons die bepaalde en onbepaalde konsep van tyd?
3.2
Ons kan tyd belewe as hopeloos buite ons beheer Net Salomo het iets van die bepaalde en onbepaalde konsep van tyd begin verstaan en het baie sinies daaroor geskryf. Dit het egter vir ons die tyd en geleenthede in ’n Goddelike perspektief geplaas sodat ons God se rol aanvaar en die geleenthede wat Hy vir ons geskep het aangryp. Lees Prediker 3:1-14 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2 daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek, 3 ’n tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red, ’n tyd om af te breek, ’n tyd om te bou, 4 ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans, 5 ’n tyd om klippe weg te gooi, ’n tyd om hulle bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels, ’n tyd om weg te bly van omhelsing af, 6 ’n tyd om aan te skaf, ’n tyd om te laat wegraak, ’n tyd om te spaar, ’n tyd om weg te gooi, 7 ’n tyd om te skeur, ’n tyd om toe te werk, ’n tyd om stil te bly, ’n tyd om te praat, 8 ’n tyd om lief te hê, ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog, ’n tyd vir vrede. 9 Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?
8
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. 2 Pe 3:8
8
30/04/2009
10
Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou. 11God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 12Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. 13Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God. 14Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is: jy kan daar niks byvoeg nie en jy kan daar niks van wegneem nie. God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê.9 Wat sê hierdie gedeelte van die Woord vir jou? ............................................................................................................................................................... Wat verstaan jy onder bepaalde tyd en onbepaalde tyd? ............................................................................................................................................................... Die woord tyd, wat eerder as ’n tydstip of geleentheid verstaan moet word waarbinne die een of ander lewensgebeurlikheid plaasvind, word 29 keer in hierdie gedeelte herhaal. Die slot (3:9) verskaf die finale siniese “bril” waarmee hierdie gedeelte gelees moet word: Die Prediker se antwoord op hierdie retoriese vraag is: niks nie! Jy kry niks vir al jou moeite nie, want jy is uitgelewer aan die gebeurlikhede van die tyd. As slagoffer van die gedurige wisseling van die lewe waaraan jy niks kan doen nie, moet jy dit maar net fatalisties aanvaar. Salomo beleef tyd as buite die beheer van die mens. Hier is dit klaar reeds duidelik dat die Prediker nie voorskryf hoe tyd benut moet word nie, maar beskryf hoe die mens se lewenslot voorbeskik is. Dinge wat binne die tyd of op bepaalde tydstippe gebeur, gebeur net eenvoudig en jy kan daar niks aan verander nie.10 Beleef jy die lewe so? Raak jy moedeloos omdat jy nie in beheer van alle dinge is nie? ............................................................................................................................................................... Aanvaar ons dan nie dat God in finale beheer van tyd is nie? ............................................................................................................................................................... 3.3
Ons kan tyd beleef as ’n geleentheid om hoop te bring d.m.v. ’n ewigheidsperspektief Lees Gal. 4:4-5 Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy Sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en van Sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe 5om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.11 4
God se bepaalde ingryp met Jesus het nuwe geleenthede geskep vir die mens. Lees Joh. 3:16-21 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. 19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”12 16
9
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Ec 3:1 Vosloo, W. ; van Rensburg, F. J.: Die Bybellennium Eenvolumekommentaar Die Bybel Uitgele Vir Eietydse Toepassing. Vereeniging : Christelike Uitgewersmaatskappy, 2000, c1999, S. Ec 3:1 11 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Ga 4:4 12 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Jn 3:16 10
9
30/04/2009
Lees Joh. 12:44-50 44 Toe het Jesus uitgeroep: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. 45En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. 46Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. 47En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. 48Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel. 49Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat. 50En Ek weet dat Sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het.”13 Sê in jou eie woorde wat se geleentheid bied Jesus aan die mens? ............................................................................................................................................................... Hoeveel tyd spandeer ek en jy om mense van Jesus te vertel? ............................................................................................................................................................... Lees Openbaring 10:5-6 5 Die engel wat ek op die see en die land sien staan het, het toe sy regterhand na die hemel toe opgelig 6en ’n eed afgelê by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel en wat daarin is, die land en wat daarop is, die see en wat daarin is, geskep het. Hy het met ’n eed bevestig: “Daar is geen tyd meer oor nie.14 Wat sê hierdie teks vir jou? Is daar onbeperkte tyd vir hierdie geleentheid? ............................................................................................................................................................... Koop die tyd uit. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy het. Daar is ’n dringendheid. Die tyd is min. 3.4
Gebed Bid dat ons die dringendheid sal besef om vir soveel mense as moontlik van Jesus te vertel. Bid dat ons die hoop wat daar in Jesus is met ander sal deel. Wat is op jou hart om in gebed aan God op te dra? ..............................................................................................................................................................
13 14
Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Jn 12:44 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Re 10:5
10
30/04/2009