COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION
o Attribution — You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any reasonable manner, but not in any way that suggests the licensor endorses you or your use. o NonCommercial — You may not use the material for commercial purposes.
o ShareAlike — If you remix, transform, or build upon the material, you must distribute your contributions under the same license as the original.
How to cite this thesis Surname, Initial(s). (2012) Title of the thesis or dissertation. PhD. (Chemistry)/ M.Sc. (Physics)/ M.A. (Philosophy)/M.Com. (Finance) etc. [Unpublished]: University of Johannesburg. Retrieved from: https://ujdigispace.uj.ac.za (Accessed: Date).
~E\O
ZIA,,-\S -
'11
E·VAL·UEERING V AN DIE
HE·LASTlt~{jS'I'RUKTlJlJR
VAN SUID-AFRIKA
SE· INVL·OED OP DIE· EI(ONOMIE DEUR l\rIARTIN JANSEN VAN VUUREN
90/0228/4 SKRIPSIE VOORGELE TER GEDEELTELIKE VERVULLING VAN DIE VEREISTES VIR DIE GRAAD ......
lVl.COM(EKONOMIE)
AAN DIE RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT
INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1 PROBLEEMSTELLING EN METODE VAN ONDERSOEK 1.1. Prob1eemstelling
1
1.2. Metode van ondersoek
1
HOOFSTUK 2 DIE INVLOED VAN BELASTING OP DIE MAKRO-EKONOMIE 2.1. Inleiding
3
2.2. Algemene beginse1s van belasting
3
HOOFSTUK 3 PERSOONLIKE BELASTING 3.1. Inleiding
8
3.2. On t l ed i.ng
8
3.2.1. Doe1 treffendheid
8
3.2.2. Regv e r-df.ghe Ld
11
3.2.3. Administratiewe koste
17
3.2.4. Deu r s Lg t i g he i d
18
3.2.5. Bu Igsaanhe id
19
3.3. Gevo Lg t r ekk i.ng
21
HOOFSTJJK 4 MAATSKAPPYBELASTING 4.1. Inleiding
24
4.2. Ontleding
24
4.2.1. Doe1 treffendheid
24
4.2.2. Reg ve r d Lg he i d
30
4.2.3. Administratiewe koste
33
4.2.4. Deu r s Lg t Ig he i.d
34
4.2.5. Bu i g s aanhe id
35
4.3. Gevolgtrekking
36
HOOFSTUK 5 DOEANE- EN AKSYNSBELASTING 5.1. Ln Le Ld i.ng
39
5.2. On t Led i.ng
39
5.2.1. Doel treffendheid
39
5.2.2. Regv e r d i g he i.d
41
5.2.3. Administratiewe koste
43
5.2.4. Deu r s i.g t i.g he i.d
43
5.2.5. Buigsaamheid
44
5.3. Gevolgtrekking
45
HOOFSTUK 6 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE 6.1. Inleiding
47
6.2. On t l ed i ng
47
6.2.1. Doel treffendheid
47
6.2.2. Regve rd i ghe td
50
6.2.3. Administratiewe koste
53
Deu r s i.g t i ghe i.d
54
6.2.4
6.2.5. Bu igsaamheid
54
6.3. Gevolgtrekking
55
HOOFSTUK 7 SAMEVATTING 7.1. Persoonlike belasting
58
7.2. Maatskappybelasting
60
7.3. Doeane- en aksynsbelasting
62
7.4. Belasting op toegevoegde waarde
63
BIBLIOGRAFIE
66
LYS VAN FIGURE EN TABELLE
Tabel 3.1: Die effek van blokkruiping
9
3.2: Die gemiddelde belastingkoers van Lnkoms t eg r o ep e . . . . • . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 20
4.1: Maatskappybelastingkoerse van lande
32
6.1: Die regressiwiteit van die BTW-stelsel
52
Grafiek 2.1: Die effek van 'n belasting verhoging op die ekonomie
5
3.1: Die lini~e belastinginkomste skedule
12
4.1: Die effek van 'n belastingverandering in 'n perfek mededingende markstruktuur
26
4.2: Die effek van 'n spesifieke belasting met perfekte mededinging ~.
, .. 27
4.3: Die effek van 'n spesifieke belasting in 'n monopolistiese stelsel
28
5.1: Die effek van ad valorem-belasting
41
6.1: Die impak van BTW
49
SUMMARY TITLE: An economic evaluation of the South African tax system CANDIDATE: Martin Jansen van Vuuren SUPERVISOR: Mr R.F. Botha DEGREE: Masters in Commerce DEPARTMENT: Economics LANGUAGE: Afrikaans UNIVERSITY: Randse Afrikaanse Universiteit
One of the components that affects the lives of individuals the most is the tax system. The tax system is therefore evaluated on the criteria of efficiency, equity, administrative cost, transparency and flexibility. The general tax system is broken down into its four main components namely, personal tax; corporate tax; import and excise duties; and value added tax.
A
per~ctly
efficient personal tax system seems impossible.
Bracket creep and income group inequality distort the picture. A simplistic system with one tax table will ensure that the ability to pay as well as the affordability principles are satisfied. Administrative cost can be limited along with the increasing of transparency through tax education. Automatic stabilisers like a progressive tax system increases the flexibility of the system.
The corporate tax system should stop the shifting effect of tax. The tax rate should be low enough to support small enterprizes and should not be used to achieve economic goals. The corporate tax system should be simple to lower administrative cost and raise transparency. Year to year changes raise flexibility in the system but lower trasparency and raise administrative cost.
Import and excise duties are used mainly to protect industries. This protection leads to price and consumption distortions. A single tax rate for a wide range of products would improve the condition of equity and also improve international competitiveness. Administrative cost can be lowered by using highly educated personnel to audit corporations, in order to combat tax evation. Fine tuning of the tax system would increase flexibility, but decrease transparency.
Value
~dded
tax is a consumption tax collected on added
value at each stage of production. Price distortions may occur through the shifting of taxes. The problem surrounding zero rating and exemptions cannot be solved through the implementation of multiple rates for multiple products. The regressiveness of the VAT system van be addressed through the expenditure side of the budget.
The administrative cost of the VAT system may be high but tax evasion is low. This high administrative cost is increased with zero rating and exemptions. It increases flexibility but decreases transparency.
~.
1
HOOFSTUK 1 PROBLEEMSTELLING EN METODE VAN ONDERSOEK "In this world nothing can be said to be certain, except death and taxes." Benjamin Franklin 1.1. PROBLEEMSTELLING Een van die komponente van staatsfinansies wat die individu die meeste raak, is belasting. Die belastingstruktuur, koers en samestelling beinvloed elke individu se lewenstandaard. Vir die staat is dit die belangrikste bron van inkomste. Die belastingstruktuur bepaal die staat se vermoe om in die individu se behoeftes te voldoen. Die belastingstruktuur is een van die bepalende faktore in die ekonomiese beleid van maatskappye. Daar is dus geen sektor in die ekonomie wat nie deur die belastingstruktuur geraak word nie.
n Evaluering van di~ belangrike komponent van staatsfinansies is vir aIle sektore van belang.
n
Eva Luez.i.ng kan probleme met die be Las t Lng s t ru kt.uu r ui twys. Die invloed van die belastingstruktuur op die ekonomie en die verskillende sektore binne die ekonomie kan bepaal word. Voorstelle vir die verbetering van die belastingstruktuur kan dan gemaak word. In die skripsie word so 'n evaluering gedoen.
1.2. METODE VAN ONDERSOEK Die metode van ondersoek neem die vorm aan van 'n
2
literatuurstudie gekoppel met empiriese ontledings. Die studie steun op gegewens uit toepaslike boeke sowel as artikels in toonaangewende ekonomiese tydskrifte. Die studie konsentreer op die huidige tydstip, aangesien die huidige belastingstruktuur ontleed word. Daar word egter weI na belastingstrukture in die verlede verwys.
Die studie evalueer die vier hoofgroepe belasting wat
n
wesenlike bydrae Iewer tot staatsinkomste en wat 'n wesenlike invloed uitoefen op die sektore van die ekonomie. Die vier hoofgroepe is persoonlike belasting, maatskappybelasting, doeane- en aksynsbelasting en belasting op toegevoegde waarde.
Die vier belastings word geevalueer op grond van die vyf kriteria wat gestel word in die boek "Public Finance" van H.S. Rosen. Die kriteria is doeltreffendheid, regverdigheid, administratiewe koste, deursigtigheid en buigsaamheid. Elke belastlngvorm word aan die hand van die kriteria geevaluer. Vergelykings met internasionale standaarde word gegee en empiriese ontledings word gedoen. Aan die einde van elke ontleding word tot 'n gevolgtrekking gekom en voorstelle word gemaak ten opsigte van die moontlike verbetering van die belastingstruktuur.Elke hoofstuk ontleed 'n spesifieke belastingvorm. Die finale hooftuk bied 'n samevatting van die studie. Laastens volg 'n bibliografie.
3
HOOFSTUK 2 DIE INVLOED VAN BELASTING OP DIE MAKRO-EKONOMIE 2.1. INLEIDING Die doel van die' hoofstuk is om
n makro-ekonomiese oorsig
te gee oor die invloed van belasting op die ekonomie. Daar word na belasting as 'n geheel gekyk, sonder om belasting in sy belangrikste komponente te verdeel. Die doel van die hoofstuk is slegs om die leser vertroud te maak met die algemene belastingbeginsels en sekere ontledingsmetodes. In hoofstukke drie tot ses word belasting in sy komponente verdeel.
2.2~
ALGEMENE BEGINSELS VAN BELASTING
Die algemene belastingbeginsels kan ten beste gelilustreer word deur gebruik te maak van die Keyns se sienswyse. J.H. Keyns se siening berus op die vergelyking:
Y
=C +
I + G+ X- Z
waar Y staan vir inkomste of produksie C~staan
vir private verbruiksbesteding
I staan vir investering
G staan vir owerheidsbesteding
X staan vir uitvoer Z staan vir invoer
Die wisselwerking tussen die komponente aan die regterkant van die vergelyking, bepaal die inkome(Y) van 'n land. Deur die komponente te manipuleer kan die inkome(Y) bepaal
4
word. Die mate waartoe Y bepaal kan word, word belnvloed deur die wisselwerking tussen die komponente.
Owerheidsbesteding(G) vorm gewoonlik 'n groot persentasie van die komponente. Die owerheid se rol word dus as belangrik geag in die bepaling van Y. Om G te finansier benodig die owerheid fondse. Die fondse neem die vorm aan van belastings(T). In 'n ideale ekonomie moet owerheidsbesteding gelyk wees aan belastinginkome. Dus G=T. Die owerheid moet dus slegs soveel bestee as wat sy inkome hom toelaat.
Die'belasting wat die staat hef belnvloed die ekonomie op twee maniere. Eerstens verander die besteebare inkome van belastingpligtiges. Tweedens veroorsaak belastings substitusie-effekte wat ontstaan as gevolg van relatiewe prysveranderings. Die invloed op die ekonomie kan met verskeie ontledingsmetodes gelllustreer word. Daar word egter gekonsentreer op die vraag- en aanbodontleding.
Vraag- en aanbodontleding is die eenvoudigste vorm van ontleding. Die vraag- en aanbodkurwes van 'n ekonomie word op 'n grafiek voorgestel met die horisontale as wat inkome(Y) voorstel en die vertikale as wat die prysvlak(P) voorstel. Vraag(V) en aanbod(A) is in ewewig waar die twee kurwes mekaar sny.
5
Die effek van 'n algemene belastingkoers verhoging word in grafief 2.1 voorgestel. p
A
Pt------liir----~
Pt - - - - - - : i J C
'-------+:----:I:-------y
GRAFIEK 2.1: DIE EFFEK VAN 'N ALGEMENE BELASTINGKOERS VERHOGING OP DIE EKONOMIE Die belastingverhoging verlaag die besteebare inkome van die belastingbetalers en 'n inkome-effek vind plaas. Die verlaagde besteebare inkomste verminder die vraag na produkte. Die vraagkurwe(V) daal gevoglik af na links. Die grafiek toon duidelik dat die produksie daal weens die laer vraag na goedere. Die prysvlak moet gevolglik daal weens die laer vraag. 'n Substitusie-effek vind gevolglik plaas. 'n Nuwe ewewig word ook op 'n laer vlak bereik.
Die eenvoudige ontleding toon die invloed van belasting op die ekonomie. In hoofstukke drie tot ses word meer uitvoerig na die belastingkomponente gekyk. Die belastingkomponente 't
word ontleed volgens vyf kriteria. naamlik doeltreffendheid. regverdigheid. administratiewe koste. deursigtigheid en buigsaamheid.
6
n Doeltreffende belasting sal geen newe-effekte op die ekonomie he nie. Die newe-effekte kan insluit inkome-effekte en substitusie-effekte.
'n Inkome-effek vind plaas wanneer
besteebare inkome daal as gevolg van die verandering in belasting. Die substitusie-effek vind plaas wanneer relatiewe prysveranderings na 'n belastingverandering plaasvind. Die twee effekte is reeds in grafiek 2.1 gelllustreer.
Om 'n regverdige belastingstelsel te skep, is
n moeilike
taak. Om regverdigheid te verkry, kan daar na twee beginsels gekyk word. Eerstens na die betaalvermoe van die belastingbetaler. Belastingpligtiges met gelyke betaalvermoens moet gelyk belas word. So word horisontale regverdigheid verkry. Belastingpligtiges met groter betaalvermoens moet progresief groter betalings maak. So word vertikale regverdigheid verkry. Tweedens kan die voordeelbeginsel geld. Die belastingbydraes moet gelykstaande wees aan die voordeel wat die belastingpligtiges kry. Dit gebeur in 'n ideale ekonomie waar G=T. In Suid-Afrika het politieke onregverdigheid in die verlede veroorsaak dat belastingbetalers, wat slegs klein bydraes kan maak, nou groter voordele moet kry om die politieke onregverdigheid reg te stel.
Die kriteria vir administratiewe koste van belasting kan in twee komponente verdeel word. Eerstens behoort
7
belastinginvorderings gepaard te gaan met eenvoudige administratiewe prosedures, sonder die gewone burokratiese ondoeltreffendheid. Tweedens moet die belasting afdwingbaar wees. Die afdwingbaarheid word verkry deur hoogs opgeleide personeel vir invordering te gebruik en streng boetes vir belastingontduiking op te Ie.
n Deursigtige belastingstelsel is 'n belangrike kriterium vir die owerheid.
'n Deursigtige belastingstelsel laat die
belastingbetalers toe om volle insig in die werking van die stelsel te he. Die insig verminder agterdog en verhoog die siening van regverdigheid.
'n Deursigtige belastingstelsel
is ook gewoonlik maklik verstaanbaar en toepasbaar.
n Buigsame belastingstelsel berus op outomatiese stabiliseerders. Outomatiese stabiliseerders verminder die impak van 'n verandering in die belastingkoers. Outomatiese stabiliseerders sluit 'n progresiewe belastingstelsel en werklo~sheidsversekering in.
Indien 'n belastingstelsel baie
buigsaam is, sal die outomatiese stabiliseerders die negatiewe effekte van belastingveranderings demp,
In hoofstukke drie tot ses word belasting verdeel in sy verskillende komponente. Elke komponent word volgens die bogenoemde kriteria ontleed. Uit die ontleding word gevolgtrekkings gemaak en voorstelle gedoen ten opsigte van moontlikke verbeterings in die belastingstruktuur.
8
HOOFSTUK 3 PERSOONLIKE BELASTING "The income tax has made more liars out of American people than golf has." Will Rogers
3.1. INLEIDING Die grootste oorsaak van maagswere is seker persoonlike belasting. Die bostaande aanhaling toon die belangrikheid wat persoonlike belasting in die lewe van belastingpligtiges ingeneem het. Die belangrikheid noodsaak 'n ontleding van die persoonlikebelasting-stelsel. Die ontleding kan die werking van die belastingstelsel verduidelik en sodoende insig en aanvaarding laat ontwikkel. Belastingpligtiges hoef dus nie meer sulke groot leuenaars te wees nie.
3.2. ONTLEDING Die ontleding van die persoonlikebelasting-stelsel, geskied aan
di~·hand
van die kriteria wat in hoofstuk 2 bespreek is.
Die kriteria is doeltreffendheid, regverdigheid, administratiewe koste, deursigtigheid en buigsaamheid.
3.2.1. DOELTREFFENDHEID 'n Doeltreffende persoonlikebelasting-stelsel het geen newe-effekte op die ekonomie nie. 'n Belastingstelsel wat geen-newe effekte op die ekonomie het nie, is egter onmoontlik. Die newe-effekte moet gevolglik tot die minimum
9
beperk word. Een van die grootste newe-effekte van
n
persoonlikebelasting stelsel is blokkruiping.
Blokkruiping ontstaan as gevolg van inflasie. Inflasie herverdeel die inkome van belastingbetalers.
,
Belastingbetalers met konstante reele inkome beweeg dus
progressief op na hoer belastingblokke. Inflasie verhoog die re~le
progressiwiteit van die belastingstelsel deur die
effektiewe hoeveelheid inkomeblokke te verminder. Inflasie verminder ook die effektiewe waarde van persoonlikebelasting-kortings. Die vermindering lei tot stagnasie in die styging in
re~le
inkome terwyl die
re~le
belastingkoers bly styg. TABEL 3.1.
-----_.-
Inkome p.j.
Belasting:sent/R
Feb 1981
81
85
90
6 000
6.6
9.7
9 000
Marginale %
-
Inkome p.j.
95
81
85
90
95
Feb 1995
13.7
17.5
10
19
29
36
31 938
9.1 15.1
20.4
24.5
17
31
39
41
47 909
12 000 .....
12.1 20.3
25.6
29.0
24
38
42
43
63 876
15 000
15.4 24.7
28.9
31.8
31
45
43
43
79 845
18 000
18.6 28.6
31.5
33.6
36, 50
43
43
95 814
i
I I
Bron: SABEK Die effek van blokkruiping word in tabel 3.1 getoon. Tabel
3.1 toon duidelik hoe die marginale belastingkoers van
n
belastingbetaler wat R 31 938 p.j. verdien, in die jaar geeindig 28 Februarie 1995, gestyg het van 10% in 1981 tot
36% in 1995.
--
10
n Oplossing vir die probleem van blokkruiping is 'n jaarlikse aanpassing van die belastingskale. Sabek stel voor dat die persoonlikebelasting-tabelle elke jaar aangepas word om die effek van die Verbruikers Prys Indeks teen te werk. Blokkruiping word sodoende bekamp. Die aanpassing verminder ook oormatige owerheidbesteding en behou fiskale dissipline. Sabek meen dat die aanpassing moet geskied voordat enige veranderings aan die persoonlikebelasting-stelsel gemaak kan word. Die belasting van blokkruiping sal dan onderworpe wees aan die owerheid se goedkeuring. Deursigtigheid word ook so verseker.
n Teenargument teen 'n jaarlikse aanpassing is dat die aanpassing sal lei tot 'n groter begrotingstekort (Gildenhuys, p274). Die argument stel dit dat die aanpassing nie net op inflasie gebaseer moet word nie. Owerheidsbesteding is immers ook onderworpe aan inflasie. Die belastingbasis kan dus verwring word deur die verskilJende vorme van aanpassings.
Die aanpassings se doel is egter am die belastinglas konstant te hou, terwyl inflasie die belastinglas vergroot. 'n Onveranderde vlak van owerheidsbesteding kan dus nog steeds gefinansier word. In die praktyk styg owerheidsbesteding egter elke jaar. Verhogings in die belastingvlak sal dus gemaak moet word.
11
3.2.2. REGVERDIGHEID Die regverdigheid van die persoonlikebelasting-stelsel is 'n subjektiewe saak. In die lig van Suid-Afrika se verlede kan geargumenteer word dat die Suid-Afrikaanse persoonlikebelasting-stelsel onregverdig is. Dit is egter belangrik om te onderskei tussen probleme rakende die regverdigheid van die owerheid en probleme rakende die regverdigheid van die belastingstelsel.
n Bespreking van
die regverdigheid van die owerheid sal polities van aard wees. Daar word hier slegs gekonsentreer op die probleme rakende die regverdigheid van die belastingstelsel.
Die regverdigheid van die persoonlikebelasting-stelsel kan ontleed word aan die hand van ekonomiese modelle wat ontwikkel is. Die modelle is ontwikkel om die optimale belastingkoers te bepaal. Nicholas Stern het in 1976 die liniere belastinginkomeskedule geformuleer (Rosin,1992:343). Stern het aangeneem dat die hoeveelheid belastinginkome van n
pers~on
verkry, bepaal kan word deur die vergelyking:
Belastinginkome
= -@
+ t
*
Inkome
Stern neem aan dat beide @ en t positief is. Die bedrag waarmee die owerheid die belastingbetaler subsidieer word voorgestel deur @. Die marginale belastingkoers word voorgestel deur t. Gestel @
=R
3 000 en t
= 25%.
'n Persoon
met 'n inkome van R 6 000 sal dan 'n negatiewe belastinglas
12
van R 1 500 dra (-R 3 000 + 25%
*
R 6 000). Die persoon sal
dus 'n subsidie van R 1 500 van die regering ontvang. BELASTING INKOME
INKOME
s
,...
GRAFIEK 3,1: DIE LINIERE BELASTINGINKOMESKEDULE BRON: ROSEN
Die werking van die liniere belastinginkomeskedule word in grafiek 3.1 getoon. Indien inkome nul is, is die belastinglas negatief en die belastingbetaler ontvang 'n subsidie·van R @ van die owerheid. Die stelsel is progressief aangesien 'n styging in inkome gepaard gaan met 'n styging in belasting. Die progressiwiteit van die stelsel hang saam met die waarde van @ en t.
Die probleem ontstaan nou om die optimale waardes van @ en t 't
te bepaal. Stern bepaal dat om owerheidsinkome van 20% van T
persoonlike inkome te verkry, moet.t
= 19%.
Die marginale
belastingkoers van 19% maksimeer sosiale welvaart. Die koers
13
is laer as die marginale belastingkoers in die meeste Ontwikkelde lande. Die optimale, marginale belastingkoers word egter ook belnvloed deur morele oorwegings. Die morele oorwegings kan 'n groot invloed uitoefen.
Die betaalvermoe van 'n belastingbetaler is 'n gewilde maatstaf vir regverdigheid in die belastingstelsel. Belastingbetalers met gelyke betaalvermoens moet gelyk belas word om horisontale regverdigheid te verkry. Belastingbetalers met groter betaalvermoens moet progressief meer betalings maak om vertikale regverdigheid te verkry. Die meting van die gelykheid van die belastingbetalers is egter problematies.
Die betaalvermoebenadering moet twee keuses maak. Eerstens moet 'n aanvaarbare maatstaf vir gelykheid bepaal word. Tweedens moet die mate bepaal word, waarmee die belastingbetalings gaan verskil, gemeet aan die maatstaf. Die beste maatstaf vir gelykheid is lopende inkome. Die maatstaf word egter belnvloed deur, onder andere, familiegro'otte, eiendomswaardes en beleggingsinkome. Netto welvaart kan dus eerder as 'n maatstaf gebruik word. Die maatstaf sal egter daartoe aanleiding gee dat die belastinglas beperk word tot 'n paar welvarende persone.
Die mate waartoe belastingbetalings moet verskil kom neer op ~
die keuse tussen 'n progressiewe, regressiewe of
14
proporsionele belastingstelsel.
'n Progressiewe stelsel laat
die belastinglas styg soos die inkome vlak styg. Gildenhuys(1993:231) meen egter dat 'n progressiewe belastingstelsel sosialisties van aard is. Gildenhuys argumenteer dat 'n progressiewe belastingstelsel inkome neem van die rykes en dit herverdeel aan die armes. Hy meen dat dieselfde beginsel geld vir 'n proporsionele stelsel. In die proporsionele stelsel betaal aIle belastingbetalers in dieselfde proporsie belasting. Die progressiewe en proporsionele belastingstelsels voldoen egter aan die vereiste van horisontale en vertikale regverdigheid.
In
'n
regressiewe belastingstelsel betaal belastingbetalers
minder belasting soos hul inkome styg. Gildenhuys(1993:232) meen dat 'n regressiewe stelsel daartoe lei dat aIle inkome groepe min of meer dieselfde hoeveelheid belasting betaal. Die regressiewe stelsel vorm 'n per capita-belastingstelsel waarbinne geen herverdeling van inkome plaasvind nie. Die regress~ewe
belastingstelsel neem egter nie die
betaalvermoebeginsel in ag nie. Vertikale regverdigheid word ook nie verkry nie.
Die voordeelbeginsel dien ook as 'n maatstaf vir regverdigheid. Belastingbetalers betaal slegs vir die voordeel wat hulle uit hulle bydraes ontvang. Geen kruissubsidiering vind plaas nie. In die ideale ekonomie is s
G=T. Openbare dienste kan egter nie doeltreffend
15
onderverdeel word om elke diens se voordeel te bepaal nie. Die belastingbetaal en die voordeel verkry kan nie gekonsolideer word nie. In Suid-Afrika moet kruissubsidieering ook plaasvind om ongelykhede van die verlede reg te stel.
Sabek(1994:5) meen dat al die bogenoemde morele oorwegings in ag geneem moet word in die bepaling van 'n regverdige belastingstelsel. Sabek stel voor dat daar een belastingtabel vir aIle individue moet wees, ongeag hul huwelikstatus of geslag. Die gelykstelling moet gedoen word in die lig van die nuwe grondwet.
Die belastingkoers moet ook geherstruktureer word. Die middelinkomegroep is onderworpe aan 'n swaarder belastinglas as die ander inkomegroepe. Die belastinglas moet dus meer eweredig versprei word oor die inkome groepe. Die nuwe -
belastingkoerse moet internasionaal vergelykend wees met 'n vaste
m~ksimum
marginale belastingkoers vir die hoogste
belastingbetaler.
'n Minimum vlak van inkome moet vasgestel
word op ongeveer R 25 000.
'n Nuwe vlak van marginale
belastingkoerse moet dan in gelyke proporsie bepaal word tussen die maksimum en minimum vlakke.
Die maksimum marginale koers vir individue moet dieselfde wees as die maatskappybelastingkoers. Die bepaling voorkom die bevoordeling van gelnkorporeerde maatskappye bo
16
ongelnkorporeerde eenmansake. In die verlede het die ongelykheid gelei tot die sogenaamde "Labour brokers". Top sakemanne het hul werke bedank en dan maatskappye gestig. Die sakeman was die enigste lid en werknemer van die maatskappy. Die sakeman het dan op 'n kontrakbasis vir sy vorige werknemer gewerk. In sy hoedenigheid as maatskappy kon die sakeman veel meer aftrekkings verkry as in sy persoonlike hoedanigheid. Minder belasting is sodoende betaal.
Sabek(1994:7) stel voor dat die herstrukturering van die marginale belastingkoers ingefaseer word. Die infasering moet' ondersteun word deur die gereelde aanpassing om blokkruiping te voorkom.
n Kontroversiele metode om onregverdigheid van die verlede te herstel is welvaartsbelasting. Welvaartsbelasting kan gesien word as 'n belasting van die rykes, gemeet aan hul kapital~.bates.
Die instelling van 'n kapitaalwinsbelasting
(capital gains tax) word sterk veroordeel. Gildenhuys (1993:332) meen dat die inkome verkry van die belasting baie min is. Die lede van Sabek argumenteer dat die administratiewe koste verbonde aan die belasting, die inkome verdien uit die belasting, ver oortref (Sabek, 1994:16). Die belasting verhoog ook die algemene belastinglas en kompliseer die belastingstelsel.
17
3.2.3. ADMINISTRATIEWE KOSTE Die invordering van belasting is nie
n kostelose taak nie.
Die invordering het kostes tot gevolg vir die staat, wat personeel moet aanstel, en vir die belastingbetaler, wat sy tyd en geld moet opoffer om die belastingopgawe in te vul. Geld moet aan rekenmeesters betaal word om opgawes in te vul. Die kostes kam miljoene beloop. Joel Stemrod en Nikki Sorum het bepaal dat die gemiddelde Amerikaanse familie 29 uur daaraan bestee om opgawes in te vul (Rosen 1992:35). Die geld bestee aan professionele advies is $ 53 en die koste van die 29 uur word geraam op $ 364. Die koste vermenigvuldig met 97 miljoen belastingbetalers lewer 'n koste van $ 3.53 miljard. Die invul van opgawes is dus nie goedkoop nie.
Die kriteria vir administratiewe koste van belastingontleding kan in twee komponente verdeel word. Eerstens behoort belastinginvorderingsprosedures eenvoudig te
wees~.Burokratiese
ondoeltreffendheid moet uitgeskakel
word. Belastingopvoeding kan ook geskied. Die verduideliking van die belastingstelsel aan ongeletterde persone kan lei tot minder foute op opgawes en 'n styging in die verklaarde inkome.
Tweedens moet die belasting afdwingbaar wees. Hoogs opgeleide personeel moet in diens geneem word om belastinginvorderings te doen. Sabek(1994:17) stel voor dat
18
die Ontvanger van Inkomste se status verander moet word om meer onafhanklikheid te skep ten opsigte van salarisse en werksomstandighede, Afdwingbaarheid word ook verkry deur streng boetes vir belastingontduiking. Om die boetes af te dwing moet 'n doeltreffende toesigstelsel geskep word. Belastingouditeure kan indiens geneem word om belastingontduiking teen te werk. Die koste van die indiensname moet egter nie meer wees as die addisionele belasting wat geln word nie.
3.2.4. DEURSIGTIGHEID Deursigtigheid van 'n belastingstelsel vereis dat elke belastingbetaler weet hoeveel belasting hy betaal. Die belastingbetaler moet rekenskap kan eis van die owerheid ten opsigte van die uitgawe van die belasting.
'n Komplekse
belastingstelsel verhoed deursigtigheid. Sabek(1994) meen dat die Suid-Afrikaanse belastingstelsel nie uitermatig kompleks is nie. In vergelyking met internasionale belastiagstelsels is Suid-Afrika se stelsel nie so kompleks nie.
Die probleem kan gevind word in die opvoedingsvlak van die bevolking. Die bevolking van Suid-Afrika is hoogs ongeletterd. Die ongeletterdheid lei tot die wanvertolking van die belastingstelsel. Belastingopvoeding kan lei tot verhoogde vertroue in die belastingstelsel. Kennis van die ;
stelsel verbeter die insig
19
in die stelsel en verhoog deursigtigheid.
Die belastingstelsel kan ook meer deursigtig gemaak word deur dit te vereenvoudig. Die daarstelling van 'n enkele belastingtabel ongeag huwelikstatus en geslag dien as voorbeeld. Vereenvoudiging vereis dat
belasti~g
maklik
bepaal, ingevorder en geadministreer kan word. Vereenvoudiging verminder kostes van beide die owerheid en die belastingbetaler.
3.2.5. BUIGSAAMHEID 'n Buigsame persoonlikebelasting-stelsel berus op ingeboude outofuatiese stabiliseerders. Die outomatiese
stab~liseerders
verminder die negatiewe impak van belastingkoersveranderings op die ekonomie. Die outomatiese stabiliseerders sluit in 'n progressiewe belastingstelsel en werkloosheidsversekering.
n Progressiewe belastingstelsel verseker dat die persone wat ditJ
& Touche
(1994:1) beweer dat 480 310
belastingbetalers 51% van die totale persoonlike inkomstebelasting vir 1993 betaal het.
In die 1993 belastingjaar het 12.1% van die ,
belastingbetalers meer as R 70 000 per jaar verdien. Die
20
groep het R 16 624 miljoen aan belasting betaal, wat gelykstaande is aan 51.7% van aIle persoonlike inkomstebelasting. In 1993 het 2 235 411 belastingbetalers minder as R 30 000 verdien. Hul bydrae was R 3 778 miljoen, wat gelykstaande is aan 11.7% van aIle persoonlike belasting. Die vraag kan egter gevra word of die syfers nie uit proporsie is nie. Die syfers moet egter saamgelees word met die gemiddelde belastingkoers van die inkome groepe. Die gemiddelde belastingkoers van die inkomegroepe word in tabel 3.2 getoon. TABEL 3.2. Inkome groep
Belastingkoers
25 000 - 30 000
12.9%
45 000 - 50 000
20.8%
60 000 - 70 000
25.3%
100 000 - 150 000
31.3%
BRON: DELOITTE
Die
& TOUCHE
out~matiese
stabiliseerder van werkloosheidversekering
speel nie 'n baie groot rol in Suid-Afrika nie. Suid-Afrika se werkloosheidsversekering is nie omvattend genoeg om 'n invloed op die ekonomie uit te oefen nie. In lande soos Engeland speel die werkloosheidsversekering 'n rol. Engeland se werkloosheidsversekering is so omvattend dat werkloosheid n aanvaarbare opsie geword het.
n Faktor wat buigsaamheid kan beperk is die instel van die
21
sogenaamde "sunset clause" in wetgewing. Die klosule beperk 'n belastingtoegewing tot 'n gespesifiseerde einddatum waarby die toegewing sal verval. Die owerheid kan dan op die datum besluit om die toegewing te verleng of te laat verval. Die klousule verhoog sekerheid in die belastingstelsel maar beperk egter die owerheid indien die toegewing veor die einddatum herroep wil word.
3.3. GEVOLGTREKKING 'n Perfekte doeltreffende, persoonlikebelasting-stelsel is onmoontlik om te verkry. Daar kan egter gepoog word om die newe-effekte van belastingverandering uit te skakel. Blokkruiping kan uitgeskakel word deur jaarliks die belastingtabelle volgens die inflasiekoers aan te pas. Die jaarlikse aanpassing kan egter die begrotingstekort verhoog. 'n Verhoging in die belastingvlak mag dus weI nodig wees.
Regverdigheid in die persoonlikebelasting-stelsel is 'n subjekt~ewe
saak. Die liniere belastinginkomeskedule poog om
'n regverdige stelsel te skep. Die bepaling van die interne waardes van die model isegter subjektief. Daar moet na morele waarde-oorwegings gekyk word om 'n regverdige stelsel te skep. Die betaalvermoebeginsel moet met vertikale en horisontale regverdigheid toegepas word. Die maatstaf van die betaalvermoe en die betalings gemaak aan die hand van die maatstaf is egter ook subjektief. Daar moet gekyk word s
na die voor- en nadele van 'n progressiewe, regressiewe en
22
proporsionele belastingstelsel.
Die voordeelbeginsel kan in On ideale ekonomie lewensvatbaar wees. Ongelykhede van die verlede verwring egter die beginsel. Die more Ie oorwegings moet eerder saam met die ekonomiese modelle gebruik word om een belastingtabel vir aIle individue te skep. Die koerse van belasting moet ook geherstruktureer word vir infasering oor 'n tydperk. "Labour brokers" kan sodoende uitgeskakel word. Die gebruik van welvaartsbelasting om regverdigheid te verkry word in die algemeen verwerp.
Die administratiewe koste verbonde aan die persoonlikebelasting-stelsel kan verminder word deur middel van die vereenvoudiging van die belastingprosedures. Die prosedures moet aan die belastingbetalers verduidelik word deur middel van belastingopleiding. Die verbetering van personeelindiensname mag ook administratiewe koste verlaag~:n
Deursigtige persoonlikebelasting-stelsel vereis
belastingopleiding en die vereenvoudiging van die belastingstelsel. Belastingopleiding verhoog vetroue sowel as insig.
On Eenvoudige belastingstelsel verminder kostes
vir beide die owerheid en die belastingbetalers.
Outomatiese stabiliseerders verseker 'n buigsame persoonlikebelasting-stelsel.'n Persoonlikebelasting-stelsel ;
verseker dat belastingbetalers die belasting betaal wat hul
23
kan bekostig. Dit blyk dat Suid-Afrika 'n redelik progressiewe belastingstelsel het. Werkloosheidsversekering speel egter nie 'n rol in die buigsaamheid van die belastingstelsel nie. Die daarstelling van 'n "sunset clause" mag buigsaamheid beperk. maar kan die sekerheid van die stelsel verhoog.
~.
24
HOOFSTUK 4 MAATSKAPPYBELASTING liThe reward of energy, enterprise and thrift - is taxes" William Feather
4.1. INLEIDING Maatskappye mag soms voel dat hul slegs werk om belasting te betaal. Die gevoel word versterk deur 'n ingewikkelde maatskappybelastingstelsel met toelaes sowel as regulasies om misbruik van die toelaes teen te werk.
'n Ontleding van
Suid-Afrika se maatskappybelastingstelsel ondersoek die ingewikkeldheid van die stelsel. Die ontleding dui aan of die stelsel so kompleks is as wat geglo word. Die doeltreffendheid en deursigtigheid van die stelsel word ontleed ten einde tot 'n gevolgtrekking te kom.
4.2. ONTLEDING Die ontleding van die Suid-Afrikaanse maatska~gYbelastingstelselgeskied
aan die hand van die vyf
kriteria wat in hoofstuk 2 bespreek is. Die kriteria is doeltreffendheid, regverdigheid, administratiewe koste, deursigtigheid en buigsaamheid.
4.2.1. DOELTREFFENDHEID In Suid-Afrika word maatskappybelasting menigmaal gebruik om sekere doelwitte te bereik. Die doeltreffendheid van die belasting word dan gemeet aan die effek van die belasting op
25
die doelwit. Belasting word byvoorbeeld gebruik om uitvoere te bevorder. Die uitvoerbemarkingstoelaag (a11bis) is daargestel om uitvoere te bevorder. Die maatskappybelastingstelsel word ook gebruik om beleggings aan te moedig.
Daar is egter verskeie probleme verbonde aan die gebruik van belasting om sekere doelwitte te bereik. Die owerheid vind dit moeilik om die regte maatskappye te identifiseer. Die maatskappye wat geldentifiseer word vir spesiale toelaes, het gewoonlik nie die toelaes nodig nie. Sabek(1994) meen dat toelaes nie as aansporing dien vir nuwe toetreders nie. Die maatskappye wat reeds toegetree het, gebruik net die toelaes om hul wins te bepaal. Die toelaes moet dan ook nie die wins of verlies wat deur die maatskappy gemaak word, bepaal nie.
Die internasionale ervaring toon dat die koste van belastingtoelaes meer is as die beleggings wat aangemoedig ~
word (Tanzi 1992:111). Die rede vir die koste-oneffektiwiteit is dat die toelaes van toepassing is op aIle kwalifiserende beleggings. Die grootste gedeelte van die beleggings sou in elk geval gelnvesteer word. Dit is egter moeilik om die oorblywende marginale beleggings te identifiseer.
26
Die doeltreffendheid van maatskappybelasting word ook belnvloed deur die persone wat uiteindelik die belasting betaal. Die maatskappy mag belasting afwentel na die verbruiker. Die afwenteling hang egter saam met die vorm van belasting sowel as die markstruktuur van die ekonomie. In 'n markstruktuur waar perfekte mededinging heers, word 'n jaarlikse lompsombelasting en 'n progressiewe belasting nie na die verbruiker afgewentel nie. P AZ
P21--_ _~:iK
Pl
.-.-~--t---j(,.
a
GRAFIEK
~:1:
DIE EFFEK VAN
'n
BELASTINGVERANDERING IN
'n
PERFEKMEDEDINGENDE MARKSTRUKTUUR BRON: ECORIG
Grafiek 4.1 toon die effek van die instelling van lompsombelasting en 'n progressiewe belasting in
n n perfek
\
mededingende markstruktuur. Die belasting verminder die . maatskappy se wins. Indien die
maa~skappy
voor die
instelling van die belasting slegs normale wins gemaak het,
27
kan die stygende koste die maatskappy dwing om uit die mark te tree. Die markaanbodkurwe sal gevolglik na links verskuif. 'n Nuwe ewewig sal by 'n laer uitset en 'n hoer prys bereik word. Die belasting sal gevolglik nie baie doeltreffend wees nie.
Die instelling van 'n spesifieke belasting in 'n perfekte markstruktuur vind uiting in 'n gegewe bedrag per eenheid uitset wat geproduseer word. Die marginale koste van die maatskappy styg en die aanbodkurwe skuif na links. Die uitsetvlak van die maatskappy neem dus af terwyl die prysvlak toeneem. Die bykomende belastinglas word gesamentlik deur die maatskappy en die verbruiker gedra.
p A2.
.... P2t-
~~
Pl f-~"£""---~~
Q
\
GRAFIEK 4.2: DIE EFFEK VAN 'n SPESIFIEKE BELASTING MET PERFEKTE MEDEDINGING BRON: ECORIG
28
Grafiek 4.2 toon die afwenteling van die belasting. Die bykomende belastinglas word getoon deur lyn CD. Die gedeelte wat die verbruiker dra word getoon deur die styging in die prysvlak. Die belasting word dus gedeeltelik afgewentel na die verbruiker en ondermyn die doeltreffendheid van die belastingstelsel.
In 'n monopolistiese markstruktuur word oorskotwinste gemaak, bo en behalwe die normale winste wat die monopolis maak. Die koste van die instelling van 'n jaarlikse, lompsombelasting en 'n progressiewe belasting word geabsorbeer deur die oorskotwinste van die monipolis. Die belastings het dus geen uitwerking op die monopolis nie, solank as wat die belastings laer as die oorskotwinste is. p
1-
~~--H~--------MK2
1-
-+_.......;:~------.,;:Jioc.----MKl Q
\
GRAFIEK 4.3: DIE EFFEK VAN
'n
SPESIFIEKE BELASTING IN
MONOPOLISTIESE STELSEL BRON: ECORIG
'n
29
Die instelling van 'n spesifieke soort belasting laat ook die marginale koste van die monopolis styg. Die prysvlak van die monopolis styg terwyl Sy uitsetvlak daal. Die monopolis gee dan ook 'n gedeelte van die belastinglas deur aan die verbruiker. Grafiek 4.3 toon dat die monopolis se marginale koste kurwe (MK) weens die styging in belastings na bo opgeskuif het. Die monopolis se marginale inkome kurwe (MI) en vraagkurwe (V) het onveranderd gebly. Die gedeelte van die belastinglas wat deur die monopolis gedra word, word getoon deur lyn CD. Die verbruiker se gedeelte word getoon deur die styging in die prysvlak. Die belasting word dus weer afgewentel na die verbruiker. Die afwenteling verminder die doeltreffendheid van die belastingstelsel.
n Metode om beleggings binne maatskappye aan te moedig, is die sekondere belasting op maatskappye (SBM). Die belasting word gehef op netto dividende deur 'n maatskappy verklaar. Die doel is om maatskappye te oorrreed om hul winste nie as dividen~ete
verklaar nie, maar eerder om die winste binne
die maatskappy te investeer. Die gevoel in die besigheidsektor is egter dat die SBM koers te hoog is (Sabek 1994:15). Die huidige koers ontmoedig buitelandse beleggers en is dus teenproduktief. Indien die koers te hoog is, is die tipe belasting nie doeltreffend nie. Die belasting kompliseer ook die belastingstelsel, veral binne maatskappygroepe.
30
4.2.2. REGVERDIGHEID 'n Regverdige maatskappybelastingstelsel moet neutraal staan teenoor aIle ekonomiese aktiwiteite (Sabek 1994:4). Daar word egter algemeen aanvaar dat die huidige maatskappybelastingstelsel nie neutraal is nie. In die huidige stelsel sonder neutraliteit, lae belastingkoerse en n vrye markstelsel moet die owerheid 'n belangrike rol speel. Daar word op die owerheid gesteun om aante toon watter sektore van nasionale belang is. Die owerheid moet 'n markomgewing skep waarin maatskappye kan uitbrei en werksgeleenthede kan skep. Die owerheid moet spesifieke sektore vir ontwikkeling uitsonder. Die owerheid moet dus die ekonomiese leiding neem met die belastingstelsel as hulpmiddel.
Die teenstanders van die argument glo dat die owerheid die mag sal misbruik. Die owerheid moet neutraal staan teenoor aIle ekonomiese sektore. Vasgestelde reels en beginsels moet geformu~er
word om die belastingstelsel te administreer.
Die reels en beginsels moet die owerheid se mag beperk. Indien die owerheid sekere sektore vir ontwikkeling in nasionale belang wil uitsonder, mag verskillende maatskappybelastingkoerse vir verskillende sektore gelmplementeer word. Die verskillende belastingkoerse sal egter nie administratief moontlik wees nie. Die definiering van die sektore kan ook problematies wees.
31
Daar is algemene ooreenstemming dat klein sakeondernemings ondersteuning moet kry. Sabek (1994:8) meen dat klein en meduim grootte ondernemings spesiale behandeling moet kry. Die ondernemings kan byvoorbeeld op 'n kontantvloeibasis boekhou. Die kontantvloeistelsel sal toelaat dat die onderneming hul totale handelsdebiteure, tesame met hul koste van verkope en onvoltooide voorraad van hul belasbare inkome kan aftrek. Die ondernemings moet ook 'n 100% beleggingstoelaag kry, waar aIle kapitaale uitgawes as aftrekking kan dien. Dit gee die ondernemings aan die einde van elke jaar meer kontant vir verdere groei en uitbreiding.
n Verskillende belastingkoers word vir klein en meduim grootte ondernemings voorgestel. Die eerste R 150 000 van die belasbare inkome van kwalifiserende ondernemings kan bevoorbeeld teen 'n laer koers belas word. Die daaropvolgende belasbare inkome kan progressief meer belas word, totdat die standaard maatskappybelastingkoers bereik word.
Di~
probleem is egter dat die kwalifiserende
ondernemings moeilik gedefinieer kan word. Alternatiewelik kan aIle ondernemings se eerste R 150 000 teen on laer koers belas word. Die daaropvolgende belasbare inkome word weereens progresief meer belas. Die stelsel verseker progresiwiteit in die belastingstelsel en sal tot voordeel van klein ondernemings strek.
Sabek (1994:15) maak 'n paar voorstelle am die regverdigheid
32
van die maatskappybelastingstelsel te verseker. Eerstens moet die maatskappybelasting internasionaal vergelykbaar wees.
n Internasionale vergelyking is huidig baie
moeilik. Die bronbeginsel moet in ag geneeem word tesame met die konsolidasie van die belasbare en rekenkundige inkome, om Suid-Afrika meer in lyn te bring met internasionale standaarde.
n Relatief lae maatskappybelastingkoers beteken egter nie dat die koers verhoog moet word om aan te pas by internasionale standaarde nie. Faktore soos owerheidsbesteding, administratiewe prosedures en inkomeverdeling moet ook in ag geneem word. Elke land moet op sy eie beoordeel word aan die hand van sy eie omstandighede. Tabel 4.1 toon die vergelykende effektiewe maatskappybelastingkoers vir 1989 vir verskillende lande. Die tabel moet saam gelees word met elke land se eie onderliggende omstandighede.
....
TABEL 4.1. LAND
KOERS
Swede
5.6
Verenigde Koninkryk
13.98
VSA
10.76
Botswana
58.19
Mexico
18.77
Suid-Afrika
19.48
BRON: BOSHOFF
33
Sabek (1994:15) meen tweedens dat maatskappygroepe as 'n geheel belas moet word. Dit vergemaklik boekhouding en die bestuur van 'n groep. Die algemene maatskappybelastingkoers moet oak verlaag word tot vlakke van tussen 25% en 30%. Die SBM vlak moet ook daal soos hierbo genoem. Dubbelbelastingooreenkomste moet gesluit word om die belastinglas van maatskappye te verminder. Die ooreenkomste moet egter met.sorg hanteer word. Die ooreenkomste kan daartoe lei dat maatskappye die meeste van hul belasting in ander lande betaal.
Sabek (1994:15) vra ook vir die afskaffing van valutabeheer en die herinstelling van a12B, waar afskrywing as gevolg van versnelde waardevermindering toegelaat is. Dit behoort die kontantvloei van 'n maatskappy te verbeter.
4.2.3. ADMINISTRATIEWE KOSTE Administratiewe koste verbonde aan stelsel~word
n maatskappybelasting
verhoog indien die stelsel kompleks is. Die
owerheid moet meer personeel aanstel om die belasting in te vorder en af te dwing. Die maatskappy moet betaal vir professionele advies am hul belastingsake te administreer. Die kostes kan miljoene beloop.
n Vereenvoudiging van die
maatskappybelastingstelsel sal dus lei tot 'n verlaging in die administratiewe koste.
34
Die maatskappybelastingstelsel se afdwingbaarheid kan verhoog word deur die indiensname van hoogs opgeleide personeel. Die Ontvanger van Inkomste het reeds aan die saak aandag gegee met die daarstelling van die Gevorderde Belastingkantoor Sandton. Die ontvangerskantoor se doel is om met behulp van die indiensname van gegradueerde personeel,
n kantoor daar te stel wat spesifiek met
maatskappyaanslag gemoeid is. Al die top maatskappye sal by 'n sentrale punt aangeslaan word deur opgeleide personeel. Die kantoor behoort dus die administratiewe koste te verlaag, tesame met die verhoging van belastinginkome.
Die instelling van provinsiale belastings kan bydra tot die verhoging van administratiewe kostes. Die instelling van provinsiale belastings mag voordele inhou vir die aansporing van ekonomiese ontwikkeling. Die belasting sal egter die maatskappybelastingsstelsel kompliseer en lei tot administratiewe probleme. Belastings moet eerder sentraal geadmin1streer word en ingevorder word. Die sentrale administrasie kan dan die belastings volgens 'n aanvaarbare stelsel tussen die provinsies verdeel.
4.2.4. DEURSIGTIGHEID 'n Deursigtige maatskappybelastingstelsel is eenvoudig en maklik verstaanbaar.
'n Belastingstelsel met komplekse reels
en regulasies verhoog slegs die onsekerheid in die belastingstelsel. Politieke drukgroepe mag vorm en druk
35
plaas op die owerheid vir spesiale belastingtoegewings. Die regverdigheid van die belastingstelsel sal gevolglik skipbreuk lei en onwettige besigheidaktiwiteite mag toeneem. Die owerheid word dan gedwing om sekondere oplossings vir die probleme te vind. Die oplossings lei tot meer reels en regulasies en verdere komplisering van die maatskappybelastingstelsel.
Sabek (1994) is van mening dat Suid-Afrika se maatskappYbelastingstelsel, gemeet aan internasionale standaarde, nie uitermatig kompleks is nie. Die probleem is eerder die opvoedingsvlak van die bevolking. Belastingopleiding kan lei tot meer insig en die verbetering van deursigtigheid. Die opkoms van sogenaamde swart besigheid laat groot leemtes vir belastingopleiding. Persone wat in die verlede uit die sakesektor gehou is, moet nou by gestaan word in hul toetrede tot die sakesektor. Daar moet veral op die informele sektor gekonsentreer word. ~.
4.2.5. BUIGSAAMHEID Die mate van buigsaamheid wat in die maatskappybelasting stelsel vereis word is 'n subjektiewe saak.
'n Buigsame
belastingstelsel kan van jaar tot jaar verander word na gelang van die ekonomiese omstandighede. Dit gee die owerheid die kans vir die fyn aanpassing(fine tuning) van die ekonomiese stelsel. Die argument neem egter aan dat die owerheid die belastingstelsel kan gebruik om ekonomiese
36
doelwitte te bereik. In die bespreking hierbo is reeds getoon dat die belastingstelsel nie 'n baie effektiewe manier is om ekonomiese doelwitte te bereik nie. Die jaarlikse veranderings gee ook aanleiding tot bykomende reels en regulasies. Dit lei tot die komplisering van die belastingstelsel.
Die argument teen 'n te buigsame maatskappybelastingstelsel berus op sekerheid.
'n Vaste belastingstelsel skep 'n
sekerheidsgevoel by maatskappye en stel hul in staat om langtermyn- ekonomiese beplanning te doen. Die sekerheid lei ook tot deursigtigheid aangesien daar jaar na jaar met dieselfde belastingstelsel gewerk word. Daar moet egter tuimte wees vir die verandering van toelaes wat nie meer van toepassing is nie. Die veranderings moet egter oor 'n aantal jare ingefaseer word.
4.3. GEVOLGTREKKING Die
ing~wikkeldheid
van die Suid-Afrikaanse
maatskappybelastingstelsel is ontleed aan die hand van die vyf kriteria in hooftuk 2 bespreek. Die doeltreffendheidsontleding het getoon dat die belastingstelsel nie gebruik moet word om ekonomiese doelwitte te bereik nie. Die identifikasie van die kwalifiserende maatskappye en kostes verbonde aan die toelaes skep probleme.
37
Die afwenteling van belasting na die verbruiker ondermyn die doeltreffendheid van die belastingstelsel. Die instelling van 'n jaarlikse lompsombelasting en 'n progressiewe belasting kan maatskappye, in 'n perfek mededingende mark, dwing om uit die mark te tree. Monopoliste se oorskotwinste word verklein.
'n Spesifieke soort belasting, gekoppel aan
die eenheidsuitset, word in beide perfekte en monopolistiese markte na die verbruiker afgewentel.
Die gebruik van sekondere belasting op maatskappye (SSM) het ten doel om beleggings binne maatskappye aan te moedig. Die belasting kan egter teenproduktief wees indien die koers te hoog'is. Die belasting kompliseer ook die belastingstelsel, veral binne maatskappygroepe.
n Regverdige maatskappybelastingstelsel moet neutraal staan teenoor aIle ekonomiese sektore. In die afwesigheid van die neutraliteit moet die owerheid 'n leidende rol speel. Die owerhei~.se
mag moet egter beperk word. Verskillende
belastingkoerse vir verskillende maatskappye kan slegs die belastingstelsel kompliseer.
Klein en meduim groote maatskappye moet ondersteun word deur onder andere kontantvloeibasis-boekhouding en die toelating van sekere aftrekkings.
'n Minimum belasting op 'n
inkomestelsel kan gelmplementeer word. Die stelsel kan progressief styg tot die vlak van die standaard
38
maatskappybelasting. Suid-Afrika se maatskappybelastingkoers moet, met inagneming van die onderliggende faktore, tot 'n internasionaal vergelykbare vlak gebring word. Groepe moet as 'n geheel aangeslaan word teen 'n laer SBM koers en 'n maatskappybelastingkoers van tussen 25% en 30%. Valutabeheer moet afgeskaf word tesame met die toelating van afskrywing as gevolg van versnelde waardevermindering.
n Komplekse maatskappybelastingstelsel lei tot verhoogde administratiewe kostes. Die daarstelling van 'n spesifieke kantoor vir maatskappyaanslag kan die administratiewe koste verlaag. Provinsiale belastings mag voordele inhou vir die aansporing van ekonomiese ontwikkeling, maar die instelling van die belasting is administratief problematies.
n
Sentrale belastingstelsel word eerder bepleit.
n Deursigtige maatskappybelastingstelsel kan verkry word deur die belastingstelsel te vereenvoudig. Belastingopleiding van veral swart besighede in die ~
informele sektor moet aangemoedig word. Buigsaamheid verlaag die deursigtigheid indien veranderings van jaar tot jaar gedoen word.
'n Minder buigsame belastingstelsel wat
sekerheid verhoog word voorgestel. Veranderings aan die belasting stelsel moet oor 'n aantal jare ingefaseer word.
39
HOOFSTUK 5 DOEANE- EN AKSYNSBELASTING "There is no such thing as a good tax" Winston Churchill 5.1.INLEIDING Doeane- en aksynsbelasting is in 1925 vir die eerste keer in Suid-Afrika gelmplementeer. Sedert 1925 het die belasting in 'n komplekse stelsel van
r~~ls
en regulasies ontwikkel.
Doeane- en aksynsbelasting se reels en regulasies is hoofsaaklik gebruik om die ekonomiese beleid van invoervervanging te bevorder. Sederdien het die internasionale markte 'n beleid van vrye internasionale handel aangeneem. Doeane- en aksynsbelasting moet gevolglik verander om tred te hou met internasionale tendense.
5.2. ONTLEDEING Die ontleding van die doeane- en aksynsbelastingstelsel geskied nou aan die hand van die vyf kriteria wat in hoofstu~.2
bespreek is. Die kriteria is doeltreffendheid,
regverdigheid, administratiewe koste, deursigtigheid en buigsaamheid.
5.2.1. DOELTREFFENDHEID Doeane- en aksynsbelasting is in die verlede grootliks gebruik om 'n invoervervangende beleid te bevorder. Die ,.
positiewe handelsbalans die afgelope paar jaar kan as teken van doeltreffendheid gesien word. Daar moet egter ook in ag
40
geneem word dat Suid-Afrika aan streng sanksies onderworpe was. Die sanksies het invoere beperk wat 'n gunstige handelbalans geskep het.
Die doeltreffendheid van die gebruik van die belastingstelsel om ekonomiese doelwitte te bereik is reeds bespreek. Die kostes verbonde aan die implementering van die belasting is meer as die voordele wat uit die belasting verkry is. Sabek (1994) meen dat 'n stelsel soos GElS nie nuwe uitv6erders aanmoedig nie. Geen nuwe uitvoerders tree tot die mark toe nie. Die huidige uitvoerders se wins word slegs verhoog.
Die doeltreffendheid van die doeane- en aksynsbelasting moet saam gelees word met ander ekonomiese faktore. Die dualistiese wisselkoersstelsel belemer handel. Swak ekonomiese groei en politieke onrus skrik beleggers af. Die belastingstelsel moet dus nie in isolasie gesien word nie.
Dit is belangrik om daarop te let dat aksynsbelasting 'n verbruikersbelasting is. Die belastinglas word afgewentel na die verbruiker.
'n Styging in aksynsbelasting lei tot 'n
styging in die eenheidsprys. Aksynsbelasting veroorsaak dus inflasie. Dit belnvloed nie net die doeltreffendheid van die belasting nie, maar ook die regverdigheid van die totale ~
belastingstelsel.
41
Die effek van 'n ad valorem-belasting word in grafiek 5.1. getoon. Die instelling van 'n ad valorem-belasting verhoog die eenheidskoste van die produk. Dit laat die vraagkurwe swaai eerder as skuif. Die vraagkurwe swaai dan van A1 na A2. Die prys wat die verbruikers betaal word deur CE verteenwoordig. Die prys wat die verkoper ontvang word getoon DE verteenwoordig. Die verhoging in die prys van die verbruiker is duidelik sigbaar. Die ad valorem-belasting word. deur CD verteenwoordig. p
P2
Al
Jo..---------~
P1f-
--:::~~
.... GRAFIEK 5.1: DIE EFFEK VAN AD VALOREM-BELASTING BRON: MUSGRAVE
5.2.2. REGVERDIGHEID Die bespreking hierbo toon dat aksynsbelasting na die \:
verbruiker afgewentel word. Aksynsbelasting verwring ook ~
verbruikerspatrone. Die heffing
va~
aksynsbelasting op
sekere produkte kan verbruikerspatrone verskuif. Pryse van
42
die goedere styg buite verhouding weens die nadelige effek op eenheidskostes. Sabek (1994:14) bepleit die afskaffing van aksynsbelasting weens die verwringingseffek van die belasting op die mark.
Invoerheffings staan nooit neutraal teenoor die ekonomie nie. Sekere ekonomiese sektore word altyd bevoordeel. Dit is immers die doel van uitvoerheffings om sekere sektore teen buitelandse mededinging te beskerm. Die beskerming lei egter tot onproduktiwiteit van die sektore. Die ekonomiese sektore word afhanklik van die beskerming en laat produksie koste eskaleer. Die eskalasie lei tot inflasie. Invoerheffings het gevolglik ook 'n verwringingseffek op die mark. In 'n era van 'n nuwe ope internasionale handelsbeleid moet die vorm van beskerming verwyder word. Indien 'n land wil uitvoer moet hy bereid wees om tot dieselfde mate in te voer.
Regverdigheid in die doeane- en aksynsbelastingstelsel kan verbeter~.word
deur te kyk na die basis van belasting. Sabek
(1994:14) ondersteun die bestemmingsbasis van belasting van uitvoere. Uitvoere word gesien as 'n lewenslyn vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en die bronmetode van belasting sal die bepaling van uitvoerpryse nadelig belnvloed. Die bestemmingsbasis van belasting, wat huidig gebruik word, laat Suid-Afrika toe om internasionaal mededingend te wees.
43
Die bronmetode van belasting kan egter gebruik word wanneer handel gedryf word met Suid-Afrika se onmiddellike buurstate. In baie gevalle word die goedere nie fisies na die buurstate uitgevoer nie, maar word dit in Suid-Afrika verkoop. Die uitvoertransaksie is dus slegs 'n boek inskrywing. In sulke gevalle sal die bronmetode van belasting van toepassing wees, Effektiewe grensbeheer moet egter met die metode saam gaan. Dit vereis groter samewerking tussen die Ontvanger van Inkome en die Departement van Handel en Nywerheid.
5.2.3. ADMINISTRATIEWE KOSTE Die doeltreffendheid van 'n land se doeane- en aksynsbelasting hang saam met die land se vermoe om die belastingstelsel effektief te administreer.
'n Komplekse
stelsel sal gevolglik moeiliker wees om te administreer.
Opgeleide personeel en belastingopleiding kan egter die adminis~atiewe
koste verlaag. Die vereenvoudiging van die
belastingstelsel kan ook administratiewe koste verlaag en deursigtigheid verhoog. Die vereenvoudiging van die doeaneen aksynstabelle word voorgestel.
5.2.4. DEURSIGTIGHEID Suid-Afrika se doeane- en aksynsbelastingstelsel word gekenmerk deur tabelle met die belastingkoers vir elke denkbare produk. Die tabelle kompliseer die
44
belastingstelsel. Die instelling van 'n eenvormige belastingkoers vir 'n wye spektrum produkte sal die belastingstelsel vereenvoudig. Sabek (1994:14) stel voor dat die aantal koerse sowel as die aantal produkte nie vermeerder moet word nie. Vereenvoudiging word voorgestaan met die afskaffing van ad valorem-aksynsbelasting.
Belastingopleiding kan ook geskied. In hoofstuk 3 en 4 is die voordele van belastingopleiding reeds bespreek. Die insig van ondernemers in die doeane- en aksynsbelasting stelsel sal die toetrede tot die uitvoerdersmark vergemaklik. Nuwe toetreders sal met hul kennis die uitv6erdersmark met sukses kan betree. Die nuwe toetreders kan groei en werkskepping genereer.
5.2.5. BUIGSAAMHEID Die buigsaamheid van die Suid-Afrikaanse doeane- en aksynsbelastinstelsel word beperk deur ad valorem~~elastings.
Vasgestelde koerse van belastings beperk
die mate van fyn aanpassing(fine tuning) van die ekonomiese stelsel. Die voordele van fyn aanpassing word deur die nadele van onsekerheid beperk. Fyn aanpassing lei tot die vermeerdering van die belasting tabelle. Dit verhoog administratiewe koste en verlaag deursigtigheid. Buigsaamheid moet eerder verkry word deur die verandering van die enkele, eenvormige belastingkoers vir verskeidenheid van produkte.
n
45
Gildenhuys (1992:358) meen dat 'n kortingstelsel buigsaamheid aan die belastingstelsel kan verleen. Volgens die stelsel kan sekere produkte deur geregistreerde vervaardigers op 'n kortingstelsel ingevoer word. Ongeregistreerde vervaardigers moet egter die volle prys vir die ingevoerde produkte betaal. Die buigsaamheid van die stelsel is gesetel in die feit dat sekere produkte en vervaardigers uitgesonder word. Die kortingstelsel moet in samewerking met die bestaande belastingstelsel gebruik word.
Sekere probleme duik egter weer op. Die definiering van die produkte en vervaardigers kan probleme skep. Die kortingstelsel is ook nie neutraal of regverdig teenoor die hele ekonomiese mark nie. Addisionele administratiewe kostes moet aangegaan word vir die verskillende produkte en vervaardigers. Die kortingstelsel verminder ook die deursigtigheid van die belastingstelsel.
5.3. GEVOLGTREKKING Doeane- en aksynsbelasting is sedert die stelsel se implementering in 1925 gebruik om sekere ekonomiese doelwitte te bereik. Die doeltreffendheid van belasting as ekonomiese instrument is egter beperk en moet saam gelees word met die onderliggende ekonomiese faktore van die mark.
Aksynsbelasting verwring pryse en verbruikerspatrone terwyl die belastinglas na die verbruiker afgewentel word. Die
46
afskafing van aksynsbelasting en invoerheffings word dus bepleit. Die doeane- en aksynsbelasting stelsel bevoordeel sekere produkte en sektore. Dit lei tot afhanklikheid en inflasie.
Regverdigheid in die doeane- en aksynsbelastingstelsel kan verbeter word deur die bestemmingsbasis van belasting te behou. Die bestemmingsbasis verbeter internasionale mededingendheid. Die bronmetode van belasting kan gebruik word waar uitvoere slegs 'n boektransaksie is. Dit vereis beter samewerking tussen die Ontvanger van Inkomste en die Departement van Handel en Nywerheid.
Administratiewe koste kan verminder word deur opgeleide personeel en belastingopleiding. Die vereenvoudiging van die belastingstelsel verlaag administratiewe koste en verhoog deursigtigheid. Die daarstelling van 'n eenvormige belastingkoers vir 'n wye verskeidenheid produkte word voorgestel. Die afskaffing van ad valorem-belastings lei dan .~
tot groter buigsaamheid in die belastingstelsel.
Die buigsaamheid lei egter tot die verlies van sekerheid. Fyn aanpassing verhoog administratiewe koste en verlaag deursigtigheid. Die gebruik van 'n kortingstelsel om buigsaamheid aan die belastingstelsel te verleen het soortgelyke probleme. Neutraliteit word opgeoffer en definisieprobleme word ondervind.
47
HOOFSTUK 6 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE "Ward's Law: Pay nothing in tax today that you can argue about tomorrow" Christopher Ward
6.1. INLEIDING Belasting op toegevoegde waarde is 'n belasting wat gehef word op die toegevoegde waarde van 'n produk, in elke fase van die produksieproses. Belasting op toegevoegde waarde is 'n breebasisbelasting wat op aIle vlakke van produksie en belastingbetalers van toepassing is. Die belastingstelsel is onderhewig aan 'n wye spektrum van kritiek.
'n Ontleding van
die belastingstelsel ondersoek die kritiek.
6.2. ONTLEDING Die ontleding van die belasting op toegevoegde waarde (BTW) word gedoen aan die hand van die vyf kriteria wat in hoofstuk.. 2 bespreek is. Die kriteria is doeltreffendheid, ~f"J
regverdigheid, administratiewe koste, deursigtigheid en buigsaamheid.
6.2.1. DOELTREFFENDHEID Sabek (1994:10) meen dat BTW 'n voordelige belastingstelsel kan wees indien die stelsel eenvoudig gehou word. Persoonlike besparing word positief beinvloed aangesien BTW 'n verbruikersbelasting is. Individue het meer segenskap
48
oor die produkte wat hulle koop
~n
die belastingbydrae wat
hulle daardeur maak. Die persoonlike BTW wat betaal word kan dus in 'n sekere mate self bepaal word. BTW is ook op dieselfde vlak as die belastingstelsels- van Suid-Afrika se grootste handelsvennote. Die soortgelykheid verseker dat Suid-Afrika se uitvoere nie nadelig belnvloed word deur die indirekte belastingstelsel van Suid-Afrika nie. Sabek (1994:11) is van mening dat die huidige belastingstelsel en belastingkoerse algemeen aanvaarbaar is.
BTW het ook nadelige newe-effekte en veral pryse word geraak. BTW word oor die hele fase van produksie versprei. Die verspreiding verminder die impak van BTW op die prysvlakke van produkte. Gildenhuys (1992:350) meen dat die verminderde impak dan makliker afgewentel kan word.
n
Gedeelte van die impak kan deur onderhandeling vir laer pryse teruggeskuif word na die leweransier van die produkte. 'n Gedeelte kan, in die vorm van 'n styging in pryse, na die verbruiker afgewentel word,
'n Gedeelte van die impak kan
ook gedra word deur die middelmanne tussen die vervaardiger en die verbruiker. Middelmanne sal egter slegs die gedeelte dra in 'n mededingende mark waar prysmededinging plaasvind.
Grafiek 6.1 toon die effek van BTW in 'n mededingende mark. Die instelling of verhoging van BTW laat die kostes van die ondernemer styg. Die styging word getoon deur die styging in die aanbodkurwe van A1 na A2. Die tot ale impak van die BTW
49
styging word voorgestel deur lyn CD. Die gedeelte van die impak wat na die verbruiker afgewentel word, word getoon deur die prys styging van P1 na P2. Die gedeelte van die impak wat deur die middelmanne gedra word, word voorgestel deur lyn CEo p A2
P2+-
P1
.f-
~....---~
......----------~~
a GRAFIEK 6.1: DIE IMPAK VAN BTW BRON: ECORIG
BTW kan ook die pryse van vervaardigers van intermediere ·goedere verwring. Die insetbelasting van die vervaardigers van intermediere word weI aan hulle terugbetaal. Die terugbetaling neem egter tyd. Die vervaardiger moet dan die insetbelasting in die tussentyd finansier. Die versoeking bestaan dan om die verkoopprys te baseer op die insetprys 't
plus addisionele kostes. Die kostes sluit BTW in. Die metode kom egter nie in die praktyk voor nie. Prysmededinging skakel die metode uit.
51.1
6.2.2. REGVERDIGHEID Die debat rondom die regverdigheid van BTW sentreer om die nulkoersbelasting van produkte, tesame met watter produkte vrygestel moet wees van BTW.
'n Nulkoersbelasting het twee
belangrike gevolge. Eerstens vorder die leweransier belasting teen 'n nulkoers. Effektief word geen belasting op die belasbare produkte gevorder nie. Tweedens mag die leweransier insetbelasting eis op die insette in die vervaardiging van die nulkoersprodukte.
Vrystelling van BTW op produkte het ook twee belangrike gevolge. Eerstens kan die leweransier nie BTW vorder nie. Tweedens kan geen insetbelasting van die owerheid geeis word nie. Die groot verskil tussen nulkoersprodukte en vrygestelde produkte is dus die terugeising van die insetbelasting.
Fourie (1993:297) meen dat dit moontlik is om die nu Lkoe r sp.r odu k t e so te kies dat die verspreiding van die belastinglas gemaksimeer word. Die nulkoersbelasting dra dan by om die regressiwiteit van die belastingstelsel te verminder.
'n Meer regverdigebelasting stelsel word sodoende
geskep. Fourie (1993:297) het bepaal dat nulkoersbelasting die belastinglas van arm huishoudings laat daal van 9.3% van totale persoonlike inkome na 7.6% van totale persoonlike inkome. Die verligting van die belastinglas is egter nie net gesentreer op die lae-inkome groepe nie, maar word versprei
51
deur die hele inkome spektrum.
Sabek (1994:12) meen egter dat daar better meganismes bestaan om belastingverligting te verkry. Studies deur Sabek toon dat nulkoersbelasting die pryse van produkte verwring en sodoende die verbruikerspatrone ontwrig. Nulkoersbelasting lewer ook meer voordele aan die belasting-betaler wat die betaling van BTW kan bekostig. Die lae-inkomegroepe trek dus nie voordele uit BTW nie, aangesien hulle dit nie kan bekostig nie. Sabek (1994:12) is dus gekant teen enige verdere nulkoersbelasting van produkte en die vrystelling van produkte. Die vrystelling van produkte veroorsaak onnodige komplikasies van die belastingstelsel. Die belasting basis word ook verklein wat aanleiding gee tot
n verlies aan inkome.
n Voorstel vir die oplossing van die debat oor die nulkoers en vrystellings is die instelling van veelvuldige koerse. Verskill~nde
koerse moet op verskillende produkte gehef
word. Die probleem van definisie ontstaan weer. Die definiering van 'n produk kan omslagtig en oneffektief wees. Stygende administratiewe koste kan die stelsel oneffektief maak. Drukgroepe mag ontstaan om laer koerse vir sekere produkte te verkry. Die regverdigheid van die stelsel word dus weer bevraagteken.
52
Die regverdigheid van die BTW-stelsel word bevraagteken as gevolg van die regressiwiteit van die stelsel. Die regressiwiteit van die BTW-stelsel word in tabel 6.1 getoon. Die belastinglas vir 1990 as persentasie van persoonlike inkome word getoon teenoor die gemiddelde inkome van die huishouding. Die daling in die belastinglas teenoor die styging in gemiddelde inkome kan duidelik gesien word. Die BTW-stelsel kan dus as regressief gesien word. TABEL 6.1. GEMMIDDELDE INKOME
BTW-KOERS
5 000
7.6
6 000
7.4
9 000
6.6
14 000
6.6
23 000
6.2
38 000
5.8
57 000
5.7
87 000
5.3
181 000
"
4.3
BRON: FOURIE
n Regressiewe BTW-stelsel is teenstrydig met die voordeel en betaalvermoe-beginsels van regverdigheid. Sabek (1994:13) argumenteer dat die totale belastingstelsel in ag geneem moet word. BTW moet nie in isolasie gesien word nie. Die totale belastingstelsel word as progressief gesien. Die totale benadering meen dat regverdigheid bereik moet word
53
deur die uitgawe kant van die begroting, terwyl doeltreffendheid die hoofdoel van die belastingstelsel moet weeSe
6.2.3. ADMINISTRATIEWE KOSTE BTW se administratiewe koste is hoog weens die menige kollekteringspunte van die stelsel. Die groot hoeveelheid punte verhoog die administratiewe koste vir beide die belastingbetalers en die owerheid. Nulkoersbelasting dra by tot die administratiewe las. Die daarstelling van veelvuldige belastingkoerse vir verskillende produkte vra vir die daarstelling van vele tabelle vir al die produkte. 'n Enkelvoudige, bree basis-enkelvoudige belastingkoers is dus nodig om administratiewe kostes te beperk.
Belastingontduiking is moeiliker met BTW. BTW het drie voordele wat belastingontduiking verminder. Eerstens het BTW 'n duidelike ouditroete waar manipulasie van beide inset- en uitsetsyfers makliker opgespoor kan word. Tweedens word 'n groot gedeelte van die belasting by groot maatskappye gekollekteer. Die maatskappye se boekhouding is gewoonlik effektief en deursigtig, wat belastingontduiking moeiliker maak. Derdends is die belasting wat op elke punt gekollekteer word, slegs 'n fraksie van die totale belasting. Die aansporing vir belastingontduiking is dus kleiner.
54
6.2.4. DEURSIGTIGHEID Nulkoersbelasting, die vrystelling van produkte en die instelling van veelvuldige koerse dra alles by tot die komplisering van die belastingstelsel. Die voordele van die komplikasies moet afgespeel word teen die nadele van die stelsel. Onsekere voordele word verkry op produkte waarop die laer belastingkoerse ingestel word. Die moontlikheid ontstaan dat geen inkome van die produkte verkry kan word nie. Die verwringing van verbruikerspatrone, vraag en gevolglik indiensname moet gestel word teenoor die instelling van nulkoerse, vrystelling en spesiale koerse. Die inflasie-effek van BTW kan nie buite rekening gelaat word 'nie.
Belastingopleiding is veral belangrik met die instelling van 'n nuwe stelsel. Voor die instelling van die BTW-stelsel is verskeie opleidingsprogramme onderneem. Die instelling van die BTW-stelsel het dan gepaard gegaan met sekere onkunde verwante probleme. Die huidige BTW-stelsel moet gevolglik ~.~
konstant en eenvoudig gehou word sodat kennis van die stelsel opgebou kan word. Kennis verskaf insig en verhoog deursigtigheid.
6.2.5. BUIGSAAHHEID Gildenhuys (1993:350) meen dat die BTW-stelsel redelik elasties is. BTW word by alke fase van die produksieproses gekollekteer. Die impak van 'n BTW-koersverandering is
55
gevolglik onmiddellik. Die produktiwiteit van die BTW-stelsel is gevolglik hoog.
Die jaar-tot-jaar-hersiening van die nulkoers en vrygestelde produkte kan die buigsaamheid van die BTW-stelsel verhoog. Die ontleding het reeds getoon dat die nadele van buigsaamheid, die voordele mag oortref. Een punt waar buigsaamheidsvoordele egter meer mag wees, is met die registrasievereistes. Die vlak waarop belastingbetalers vir BTW moet registreer vir BTW kan van jaar tot jaar verander word. Die aanmoediging van klein ondernemers kan sodoende geskied. Administratiewe probleme mag weI plaasvind, maar indien die veranderings met sorg hanteer word, kan die voordele die nadele oortref.
6.3. GEVOLGTREKKING Belasting op toegevoegde waarde (BTW) word met elke fase van die produksieproses op die toegevoegde waarde van 'n produk gehef. Die BTW-stelsel kan 'n voordelige invloed uitoefen op besparing en internasionale handel indien die BTW-stelsel eenvoudig gehou word.
Die newe-effekte van die BTW-stelsel is gesetel in die verwringing van pryse. BTW-veranderings kan afgewentel word na die verbruiker, die leweransier en die middelman. Die afwenteling word gedeel tussen die drie vlakke. Die bepaling van uitsetpryse op BTW, met inbegrepe van insetpryse, word
56
in
n mededingende mark bekamp.
Die debat om regverdigheid in die BTW-stelsel sentreer om die nulkoersbelasting van produkte, tesame met die vrysteIIing van produkte. Die verskil is dat vrygestelde produkte nie die insetbelasting kan terugeis nie.
Die siening bestaan dat nulkoersbelasting die verspreiding van die beIastingIas maksimeer, tesame met die vermindering van die regressiwiteit van die stelsel. Die teenargument is egter dat nulkoersbelasting en vrystelling van produkte tot oneffektiwiteit en onregverdigheid lei.
n Oplossing wat
genoem word, is verskillende koerse vir verskillende produkte. Dieselfde probleme van oneffektiwiteit en onregverdigheid word egter weer verkry.
Die regressiwiteit van die BTW-stelsel bevraagteken die regverdigheid van die stelsel. Die BTW-stelsel moet egter nie in isolasie gesien word nie. Die totale beIastingstelsel '.:' .. word as progressief gesien. Regverdigheid moet met die uitgawes van die begroting verkry word, terwyl die belastingstelsel doeltreffendheid nastreef.
Die BTW-stelsel se administratiewe koste is hoog weens die groot hoeveelheid kollekteringspunte. Die moontlikheid van belastingontduiking word egter beperk deur die ouditroete van die groot maatskappye, waar belastingontduiking
57
aansporings klein is.
Nulkoersbelasting, die vrystelling van produkte en die instelling van verskillende belastingkoerse verlaag die deursigtigheid van die BTW-stelsel.
n Eenvormige,
breebasisstelsel wat van jaar tot jaar dieselfde bly word bepleit. Kennis verskaf insig en verhoog sodoende deursigtigheid,
n Eenvoudige, breebasis-BTW-stelsel beperk die buigsaamheid van die stelsel. Die nadele van buigsaamheid is egter meer as die voordele. Die registrasievereistes van BTW kan egter jaarliks verander word om klein ondernemings aan te moedig. Die jaarlikse verandering moet met sorg geskied.
58
HOOFSTUK 7 SAMMEVATTING 7.1. ADMINISTRATIEWE KOSTE 'n Perfekte doeltreffende, persoonlikebelasting-stelsel is onmoontlik om te verkry. Daar kan egter gepoog word om die newe-effekte van belastingverandering uit te skakel. Blokkruiping kan uitgeskakel word deur jaarliks die belastingtabelle volgens die inflasiekoers aan te pas. Die jaarlikse aanpassing kan egter die begrotingstekort verhoog. 'n Verhoging in die belastingvlak mag dus weI nodig wees.
Regverdigheid in die persoonlikebelasting-stelsel is 'n subjektiewe saak. Die liniere belastinginkomeskedule poog om 'n regverdige stelsel te skep. Die bepaling van die interne waardes van die model is egter subjektief. Daar moet na morele waarde-oorwegings gekyk word om 'n regverdige stelsel te skep. Die betaalvermoebeginsel moet met vertikale en horisontale regverdigheid toegepas word. Die maatstaf van die betaalvermoe en die betalings gemaak aan die hand van ..
~
die maatstaf is egter ook subjektief. Daar moet gekyk word na die voor- en nadele van 'n progressiewe, regressiewe en proporsionele belastingstelsel.
Die voordeelbeginsel kan in 'n ideale ekonomie lewensvatbaar wees. Ongelykhede van die verlede verwring egter die beginsel. Die morele oorwegings moet eerder saam met die ekonomiese modelle gebruik word om een belastingtabel vir
59
aIle individue te skep. Die koerse van belasting moet ook geherstruktureer word vir infasering oor 'n tydperk. "Labour brokers" kan sodoende uitgeskakel word. Die gebruik van welvaartsbelasting om regverdigheid te verkry word in die algemeen verwerp.
Die administratiewe koste verbonde aan die persoonlikebelasting-stelsel kan verminder word deur middel van die vereenvoudiging van die belastingprosedures. Die prosedures moet aan die belastingbetalers verduidelik word deur middel van beIastingopleiding. Die verbetering van personeelindiensname mag ook administratiewe koste verIaag.'n Deursigtige persoonlikebelasting-stelsel vereis belastingopleiding en die vereenvoudiging van die beIastingstelsel. BeIastingopleiding verhoog vetroue sowel as insig.
'n Eenvoudige belastingstelsel verminder kostes
vir beide die owerheid en die beIastingbetaIers.
Outomatiese stabiliseerders verseker 'n buigsame ,",' . '
persoonlikebelasting-stelsel.'n Persoonlikebelasting-stelsel verseker dat belastingbetalers die belasting betaal wat hul kan bekostig. Dit bIyk dat Suid-Afrika 'n redelik progressiewe belastingstelsel het. Werkloosheidsversekering speel egter nie 'n rol in die buigsaamheid van die belastingstelsel nie. Die daarsteIIing van 'n "sunset clause" mag buigsaamheid beperk. maar kan die sekerheid van die stelsel verhoog.
60
7.2. MAATSKAPPYBELASTING Die ingewikkeldheid van die Suid-Afrikaanse maatskappybelastingstelsel is ontleed aan die hand van die vyf kriteria in hooftuk 2 bespreek. Die doeltreffendheidsontleding het getoon dat die belastingstelsel nie gebruik moet word om ekonomiese doelwitte te bereik nie. Die identifikasie van die kwalifiserende maatskappye en kostes verbonde aan die toelaes skep probleme.
Die afwenteling van belasting na die verbruiker ondermyn die doeltreffendheid van die belastingstelsel. Die instelling van "n jaarlikse lompsombelasting en 'n progressiewe belasting kan maatskappye, in 'n perfek mededingende mark, dwing om uit die mark te tree. Monopoliste se oorskotwinste word verklein.
'n Spesifieke soort belasting, gekoppel aan
die eenheidsuitset, word in beide perfekte en monopolistiese markte na die verbruiker afgewentel. ~.
Die gebruik van sekondere belasting op maatskappye (SSM) het ten doel om beleggings binne maatskappye aan te moedig. Die belasting kan egter teenproduktief wees indien die koers te hoog is. Die belasting kompliseer ook die belastingstelsel, veral binne maatskappygroepe.
n Regverdige maatskappybelastingstelsel moet neutraal staan teenoor aIle ekonomiese sektore. In die afwesigheid van die
61
neutraliteit moet die owerheid 'n leidende rol speel. Die owerheid se mag moet egter beperk word. Verskillende belastingkoerse vir verskillende maatskappye kan slegs die belastingstelsel kompliseer.
Klein en meduim groote maatskappye moet ondersteun word deur onder andere kontantvloeibasis-boekhouding en die toelating van sekere aftrekkings.
'n Minimum belasting op 'n
inkomestelsel kan gelmplementeer word. Die stelsel kan progressief styg tot die vlak van die standaard maatskappybelasting. Suid-Afrika se maatskappybelastingkoers moet, met inagneming van die onderliggende faktore, tot In internasionaal vergelykbare vlak gebring word. Groepe moet as 'n geheel aangeslaan word teen 'n laer SBM koers en 'n maatskappybelastingkoers van tussen 25% en 30%. Valutabeheer moet afgeskaf word tesame met die toelating van afskrywing as gevolg van versnelde waardevermindering.
n Komplekse maatskappybelastingstelsel lei tot verhoogde .~'
administratiewe kostes. Die daarstelling van 'n spesifieke kantoor vir maatskappyaanslag kan die administratiewe koste verlaag. Provinsiale belastings mag voordele inhou vir die aansporing van ekonomiese ontwikkeling, maar die instelling van die belasting is administratief problematies.
n
Sentrale belastingstelsel word eerder bepleit.
n Deursigtige maatskappybelastingstelsel kan verkry word
62
deur die belastingstelsel te vereenvoudig.Belastingopleiding van veral swart besighede in die informele sektor moet aangemoedig word. Buigsaamheid verlaag die deursigtigheid indien veranderings van jaar tot jaar gedoen word.
n Minder
buigsame belastingstelsel wat sekerheid verhoog word voorgestel. Veranderings aan die belasting stelsel moet oor 'n aantal jare ingefaseer word.
7.3. DOEANE- EN AKSYNSBELASTING Doeane- en aksynsbelasting is sedert die stelsel se implementering in 1925 gebruik om sekere ekonomiese doelwitte te bereik. Die doeltreffendheid van belasting as ekon6miese instrument is egter beperk en moet saam gelees word met die onderliggende ekonomiese faktore van die mark.
Aksynsbelasting verwring pryse en verbruikerspatrone terwyl die belastinglas na die verbruiker afgewentel word. Die afskafing van aksynsbelasting en invoerheffings word dus bepleit~.Die
doeane- en aksynsbelasting stelsel bevoordeel
sekere produkte en sektore. Dit lei tot afhanklikheid en inflasie.
Regverdigheid in die doeane- en aksynsbelastingstelsel kan verbeter word deur die bestemmingsbasis van belasting te behou. Die bestemmingsbasis verbeter internasionale mededingendheid. Die bronmetode van belasting kan gebruik word waar uitvoere slegs On boektransaksie is. Dit vereis
63
beter samewerking tussen die Ontvanger van Inkomste en die Departement van Handel en Nywerheid.
Administratiewe koste kan verminder word deur opgeleide personeel en belastingopleiding. Die vereenvoudiging van die belastingstelsel verlaag administratiewe koste en verhoog deursigtigheid. Die daarstelling van 'n eenvormige belastingkoers vir 'n wye verskeidenheid produkte word voorgestel. Die afskaffing van ad valorem-belastings lei dan tot groter buigsaamheid in die belastingstelsel.
Die buigsaamheid lei egter tot die verlies van sekerheid. Fyn aanpassing verhoog administratiewe koste en verlaag deursigtigheid. Die gebruik van 'n kortingstelsel om buigsaamheid aan die belastingstelsel te verleen het soortgelyke probleme. Neutraliteit word opgeoffer en definisieprobleme word ondervind.
7.4.BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE ~'
Belasting op toegevoegde waarde (BTW) word met elke fase van die produksieproses op die toegevoegde waarde van 'n produk gehef. Die BTW-stelsel kan 'n voordelige invloed uitoefen op besparing en internasionale handel indien die BTW-stelsel eenvoudig gehou word.
Die newe-effekte van die BTW-stelsel is gesetel in die verwringing van pryse. BTW-veranderings kan afgewentel word
64
na die verbruiker, die leweransier en die middelman. Die afwenteling word gedeel tussen die drie vlakke. Die bepaling van uitsetpryse op BTW, met inbegrepe van insetpryse, word in 'n mededingende mark bekamp.
Die debat am regverdigheid in die BTW-stelsel sentreer om die nulkoersbelasting van produkte, tesame met die vrystelling van produkte. Die verskil is dat vrygestelde produkte nie die insetbelasting kan terugeis nie.
Die siening bestaan dat nulkoersbelasting die verspreiding van die belastinglas maksimeer, tesame met die vermindering van die regressiwiteit van die stelsel. Die teenargument is egter dat nulkoersbelasting en vrystelling van produkte tot oneffektiwiteit en onregverdigheid lei.
n Oplossing wat
genoem word, is verskillende koerse vir verskillende produkte. Dieselfde probleme van oneffektiwiteit en onregverdigheid word egter weer verkry.
Die regressiwiteit van die BTW-stelsel bevraagteken die regverdigheid van die stelsel. Die BTW-stelsel moet egter nie in isolasie gesien word nie. Die totale belastingstelsel word as progressief gesien. Regverdigheid moet met die uitgawes van die begroting verkry word, terwyl die belastingstelsel doeltreffendheid nastreef.
65
Die BTW-stelsel se administratiewe koste is hoog weens die groat hoeveelheid kollekteringspunte. Die moontlikheid van belastingontduiking word egter beperk deur die ouditroete van die groot maatskappye, waar belastingontduiking aansporings klein is.
Nulkoersbelasting, die vrystelling van produkte en die instelling van verskillende belastingkoerse verlaag die deursigtigheid van die BTW-stelsel.
n Eenvormige,
bregbasisstelsel wat van jaar tot jaar dieselfde bly word bepleit. Kennis verskaf insig en verhoog sodoende deursigtigheid.
n Eenvoudige, breebasis-BTW-stelsel beperk die buigsaamheid van die stelsel. Die nadele van buigsaamheid is egter meer as die voordele. Die registrasievereistes van BTW kan egter jaarliks verander word am klein ondernemings aan te moedig. Die jaarlikse verandering moet met sorg geskied.
66
BIBLIOGRAFIE AUERBACH, AJ & FELDSTEIN, M eds 1985: Handbook of Public Economics Volume 1. Amsterdam: Elsevier Science Publishers. 484p
AUERBACH, AJ & FELDSTEIN, M eds 1985: Handbook of Public Economics Volume 2. Amsterdam: Elsevier Science Publishers. 621p
BOSHOFF, V 1993: Corporate tax rates and inter-country comparisons. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Ekonomie, 61(4), Des. 1993: 301-316
CULLIS, J & JONES, P 1992: Public Finance and Public Choice, London: McGraw-Hill. 486p
DANZIGER, E & CRONJE, M eds 1992: Belastinghandboek 1992-93; Tweede Uitgawe. Pretoria: Digma. 739p
DELOITTE & TOUCHE 1994: Tax News, Johannesburg: Deloitte & Touche. 24p
ECORIG 1992: Gevorderde mikro-ekonomiese ontleding van die gedrag van die onderneming; Kempton Park: Ecorig. 226p
FOURIE, FCVN & OWEN, A 1993: Value-added tax and regressivity in South Africa. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif
67
vir Ekonomie, 61(4), Des. 1993: 281-300
FOURIE. FCVN
& SMITH, A 1993: Consentration, tariff
protection and industrial performance in South Africa. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Ekonomie, 61(3), Sept. 1993: 116-113
GILDENHUYS, JSH 1993: Public Financial Management, .Pretoria: J.L. van Schalck(Pty)Ltd. 638p
LEWIS, A 1982: The Psychology of Taxation;. Oxford: Martin Robertson
& Company Ltd. 257p
MUSGRAVE, RA
& MUSGRAVE, PB 1989: Public Finance in theory
and practice; Fifth edition. New York: McGraw-Hill. 627p
ROSEN, HS 1991: Public Finance; Third edition. Boston:Irwin. 657p
SABEK 1994: Onderhoud gevoer op 27 September 1994 met 'n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Besigheidskamer in verband met die ontleding van die Suid-Afrikaanse belasting stelsel.
SOUTH AFRICAN CHAMBER OF BUSINESS 1994: Submission to the commission of inquiry into taxation in South Africa (The Katz commission). Johannesburg: Sacob. 18p
68
TANZI, V eds 1992: Fiscal policies in Economies in Transition. Washington DC: International Monetary Fund.359p
TRESCH, RW 1981: Public Finance, A normative theory. Texas: Business Publications. 660p
VAN RENSBURG, BPJ : Tax reform issues in South Africa in the 1990's. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Ekonomie, 58(1), Maart 1990: 1-20
VAN RENSBURG, BPJ : Belasting op Toegevoegde Waarde: Pas dit Suid-Afrika?
Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Ekonomie,
58(1), Maart 1990: 21-40