Gids tot studentebehuising in Potchefstroom
Alles wat beleggers en ouers behoort te weet...
•Waarna om te kyk wanneer jy koop •Waar die gewildste komplekse lê •Hoe om te besluit of jy moet koop of huur?
Bladsy 2
Agtergrond Studentebehuising in Potchefstroom is ‘n gewilde keuse vir beleggers wat fokus op die goeie kapitaalgroei wat moontlik is, sowel as stabiele huurinkomstes. Vir baie ouers wie se kinders by die Noordwes-Universiteit kom studeer maak dit ook sin om ‘n studentewoonstel te koop vir die duur van hul kind se studie, en dit na die tyd te hou as belegging met ‘n huurinkomste, of dit, hopelik, vir ‘n wins te verkoop. Daar is ook ‘n lewendige verhuringsmark met baie studente wat verkies om behuising te huur. Die universiteit het ’n aantal koshuise waarin studente kan woon, mits hulle toelating kry. Daar is elke jaar meer aansoekers as wat behuising beskikbaar is. Studentewoonstelle en studentehuise (kommunes) vervul dus ’n belangrike behoefte vir studente wat nie in die koshuis plek kry nie of nie daar wil woon nie. ‘n Kamer in ’n studentehuis is waarskynlik die goedkoopste opsie en baie van die verhurings van sulke akkomodasie word deur die eienaars self behartig. Die huur van studentewoonstelle word in baie gevalle deur eiendomsagentskappe hanteer en daar word reeds van Augustus af huurkontrakte geteken vir die volgende jaar. In terme van aanvraag is komplekse wat naby die universiteit se hekke geleë is baie gewild, onder kopers en huurders. Dit is die grootste enkele bepalende faktor van koopprys, maandelikse huur, kapitaalgroei en aanvraag, meer so byvoorbeeld as die geriewe wat die kompleks bied.
Bladsy 3
Faktore om na te kyk wanneer jy ‘n studentewoonstel koop • Ligging Ligging is die nommer een faktor waarop ouers moet let. Hoe nader die woonstel aan die naaste universiteitshek is, hoe ‘n beter kopie is dit. Von Wielighstraat, nou Albert Luthulirylaan word oor die algemeen gereken as die afsnypunt vir komplekse wat relatief naby aan die kampus geleë is. Kry ‘n straatkaart en maak seker dat die ligging van die kompleks die beste is wat jy kan bekostig. • Prys Hoe nader aan die kampus, hoe duurder die woonstel gewoonlik. Woonstelle se pryse wissel oor die algemeen van tot R14 000/R15 000 per vierkante meter as dit naby is tot R8 000 per vierkante meter vir woonstelle wat ver weg is. • Toestand van die woonstel Kyk na die datum wanneer die kompeks gebou is. Hoe ouer die kompleks is, hoe meer onderhoud sal dit waarskynlik nodig hê, tensy dit onlangs opgegradeer is. Let op na potensiële probleme soos vogtigheid in die mure, krake ens. • Parkering Baie min van die tweeslaapkamer woonstelle het ook twee onderdakparkerings. Indien ‘n woonstel dit bied is dit ‘n groot bonus. Indien die woonstel net een onderdakparkering het, doen navraag oor waar ‘n tweede motor sal kan parkeer. • Heffing As deeltiteleenhede, is daar ‘n maandelikse heffing betaalbaar. Dit kos normaalweg rondom R8 tot R10 per vierkante meter, maar daar is komplekse wat duurder of goedkoper is. Vind uit wat die koste gaan wees. • Erfbelasting Erfbelasting was aanvanklik by die heffing ingesluit en deur die bestuursliggaam van die kompeks aan die munisipaliteit oorbetaal, maar ‘n nuwe wet bepaal nou dat dit afsonderlik, deur elke eienaar aan die munisipaliteit betaal moet word.
Bladsy 4
Nog faktore om na te let • Kompleks bestuur Wanneer mens deur ‘n woonstelblok loop kan mens dikwels tekens sien indien die blok nie na wense bestuur word nie. Is dit skoon en netjies, word die tuine instandgehou? Dit dui daarop dat ander aspekte soos geraasbeheer ens dalk ook nie die nodige aandag geniet nie. • Verhuringsaanvraag en pryse Gesels met ‘n verhuringsagent oor die kompleks. Wat is die gemiddelde huur wat per woonstel behaal word? Verhuur die woonstelle maklik? Soms kan klein faktore soos die twee kamers van ‘n tweeslaapkamerwoonstel wat nie dieselfde grootte is nie, die verhuurbaarheid daarvan negatief beïnvloed. • Geriewe Kyk na die geriewe wat die kompleks bied. Vir sommige studente is ‘n swembad of braaiarea ‘n bonus, vir ander kan dit ‘n steurnis wees. • Grootte van die kompleks Hoe meer woonstelle daar in ‘n kompleks is, hoe moeiliker is dit om effektiewe toegangsbeheer toe te pas. Kleiner komplekse is egter dalk heeltemal verlate oor vakansietye terwyl daar dan waarskynlik wel studente is wat in groter komplekse rondbeweeg.
Huur of koop? Wanneer mens huur is dit normaalweg goedkoper as die maandelikse paaiement wanneer mens koop. Boonop moet eienaars van woonstelle ook die maandelikse heffing en erfbelasting betaal. Huurwoonstelle moet ook jaarliks ontruim word en daar is nie altyd weer ‘n woonstel in dieselfde kompleks te huur nie. Dit bied dus stabiliteit en gerief vir jou kind wanneer jy koop. Die eienaar van die woonstel is egter verantwoordelik vir onderhoud en instandhouding van die woonstel, wat verdere koste mag meebring. Die belangrikste voordeel daarvan om te koop is dat die eienaar ‘n bate opbou en die kapitaalgroei daarop kan verdien en ook ‘n insae het in die bestuur van die kompleks.
Bladysy 5
Gewildste studentekomplekse
Hoofhek
Dit is baie moeilik om inligting oor die talle komplekse wat rondom die kampus gebou is te gee. Hier is egter basiese inligting oor 20 van die gewildstes. Die universiteit en 4 van die 5 toegangshekke is in op die kaart links aangedui. Die 5de hek is op die hoek van Tomstraat (Chris Hani) en Gerrit Maritzstraat, verder noord.
Boekenvilla, Rissikstraat Afstand van naaste hek: 1 km Aantal eenhede in kompleks: 34 Tipe eenhede: 1 en 2 slk Geriewe: Swembad, braai.
Borcherd House, Borcherdstraat Afstand van naaste hek: 473 m Aantal eenhede in kompleks: 24 Tipe eenhede: Bachelors en 2 slk Geriewe: geen.
Campus Gate, Malherbestraat Afstand van naaste hek: 179 m Aantal eenhede in kompleks: 11 Tipe eenhede: 1 en 2 slk Geriewe: geen.
Chateau Lyon, Venterstraat Afstand van naaste hek: 377 m Aantal eenhede in kompleks:15 Tipe eenhede: 1 en 2 slk. Geriewe: Swembad, braai.
Bladsy 6
Classic Oaks, Chris Hanistraat (voorheen Tomstraat) Afstand na naaste hek: 100 m Aantal eenhede in kompleks: 25 Tipe eenhede: 2 slk Geriewe: geen.
De Jonge Heer Tom, Chris Hanistraat (voorheen Tomstraat) Afstand van naaste hek: 200 m Aantal eenhede in kompleks: 10 Tipe eenhede: 1 slk Geriewe: geen.
Die Wingerd, Goudstraat Afstand van naaste hek: 886 m Aantal eenhede in kompleks: 14 Tipe eenhede: 1 en 2 slk Geriewe: Swembad, braai.
Jonge Molen, Molenstraat Afstand van naaste hek: 770 m Aantal eenhede in kompleks: 23 Tipe eenhede: Bachelors en 2 slk. Geriewe: geen.
Kamdeboo, Rissikstraat Afstand van naaste hek: 660 m Aantal eenhede in kompleks: 50 Tipes: Bachelor, 1 en 2 slk en lofts. Geriewe: Kelderparkering.
Kampus Studios, Silwerstraat Afstand van naaste hek: 136 m Aantal eenhede in kompleks: 177 Tipes: Bachelors, 1 en 2 slk en lofts. Geriewe: Swembad, braai, waskamer.
La Bella Vie, Malherbestraat Afstand van naaste hek: 38 m Aantal eenhede in kompleks: 108 Tipe eenhede: Bachelor, 1 en 2 slk Geriewe: geen.
Magnolia Manor, Rissikstraat Afstand van naaste hek: 590 m Aantal eenhede in kompleks: 10 Tipe eenhede: 1 slk Geriewe: geen.
Bladsy 7
Orchid Manor, Hoffmanstraat Afstand van naaste hek: 315 m Aantal eenhede in kompleks: 30 Tipe eenhede: 1 en 2 slk Geriewe: Swembad, braai.
Presidentpark, Presidentstraat Afstand van naaste hek: 90 m Aantal eenhede in kompleks: 12 Tipe eenhede: 2 slk Geriewe: Braai
Roseleah, Dwarsstraat Afstand van naaste hek: 275 m Aantal eenhede in kompleks: 34 Tipe eenhede: 1 en 2 slk Geriewe: Swembad, braai.
Silwerwoods, Silwerstraat Afstand van naaste hek: 100 m Aantal eenhede in kompleks: 120 Tipe eenhede: Bachelor, 1 en 2 slk. Geriewe: Swembad, braai.
The Stables, Dwarsstraat Afstand van naaste hek: 500 m Aantal eenhede in kompleks: 34 Tipe eenhede: 1 en 2 slk. Geriewe: Swembad, braai.
Varsity Villa, Collegelaan Afstand van naaste hek: 320 m Aantal eenhede in kompleks: 36 Tipe eenhede: Bachelor,1 en 2 slk Geriewe: Braai.
Villa Juventas, Silwerstraat Afstand van naaste hek: 177m Aantal eenhede in kompleks: 145 Tipe eenhede: Bachelor, 1 en 2 slk Geriewe: Braai, swembad.
Urban Vibe, Dwarsstraat Afstand van naaste hek: 215 m Aantal eenhede in kompleks: 46 Tipe eenhede: 1 en 2 slk Geriewe: geen.
Hoe Harcourts kan help: U Harcourts-agent kan u op hoogte hou van wat in die studentemark aan die gang is en kan u ook help met goeie plaaslike inligting. Behalwe vir goeie raad en uitstekende diens kan ons u ook help soek na die regte eiendom vir u, hetsy dit is vir ‘n student wat hier kom studeer of ‘n beleggingseiendom. Harcourts het ’n groot portefeulje eiendomme wat ons verhuur. Indien u ’n eienaar is wat u woonstel wil verhuur sonder die kopseer om huur in te vorder of herstelwerk te moet reël kan Harcourts se verhuringsafdeling, RentalsDotCom u behulpsaam wees. Indien u op soek is na ’n eiendom om te huur kan die verhuringsafdeling u ook help om die regte woonstel te vind. Wanneer u die woonstel weer wil verkoop kan u Harcourts agent u bystaan deur ’n vergelykende markanalise te doen sodat u die woonstel teen die regte prys in die mark sit om so effektief as moontlik vir die hoogste moontlike prys te verkoop. Die agent kan u ook bystaan met praktiese raad om die woonstel so aanloklik as moontlik vir potensiële kopers te maak.
Praat met Harcourts vandag. Harcourts Potchefstroom Retiefstraat 79 Potchefstroom T: (018)294-3385 F: (018)297-4759
Saamgestel deur :
Melanie Britz Verkoopsagent (082)706 4342
[email protected] Kopiereg: Harcourts Potchefstroom